• No results found

DSVW-model getoets met infeksie dae, tydperk 1998 2003

HOOFSTUK 5 TOETS VAN DSVW-MODEL

5.4.1 DSVW-model getoets met infeksie dae, tydperk 1998 2003

Die resultate van die Metos-2 model kom net voor by die oneweredige figuur nommers van Figure A.1 - A.71 (Aanhangsel A), terwyl die DSVW-model se resultate weer by al die eweredige figuur nommers van Figure A.2 - A.72 voorkom (Aanhangsel A). Al die figure in Aanhangsel A is opgestel, om sodoende die DSVW- model se voorspellings te vergelyk met die van die Metos-2 model. Vir elk van die figure in Aanhangsel A word die aantal primêre en sekondêre infeksies vir ’n tydperk van drie weke elk aangedui.

Vir elk van die vyf weerstasies se weerdata wat ingesamel was, is primêre en sekondêre infeksievoorspellings met die Metos-2 en DSVW-model gedoen. Die Metos-2 model se aantal daaglikse voorspellings vir die betrokke tydperk (Tabel 5.1), is gesommeer en uitgedruk as die aantal daaglikse primêre en sekondêre infeksies, wat

in ’n spesifieke periode voorspel was. Indien meer as een uurlikse voorspelling per dag voorgekom het, was dit as een daaglikse voorspelling beskou. Die rede hiervoor is dat die model nie die aantal ure per dag aandui nie en verder word donsige skimmel voorspellings ook op ’n daaglikse en nie uurlikse basis, aan die bedryf verskaf. Die Metos-2 model dui nie die infeksieperiodes aan in ’n persentasie of klasse nie en derhalwe is die aantal dae wat primêre en sekondêre infeksies in die onderskeie tydperke voorspel is, bymekaar getel en as aantal dae van moontlike infeksies aangedui (Tabel 5.1). Die rede agter die daaglikse aantal infeksies was sodat die siektevoorkoms en die voorspelde infeksies, makliker op ’n daaglikse basis met mekaar vergelyk kon word.

Tabel 5.1 Werklike siektevoorkoms (%) wat geheers het in die Stellenbosch en Robertson streek vir ’n paar seisoene, teenoor die aantal dae wat elke model primêre en sekondêre infeksies voorspel het.

DSVW-model se voorspelling Metos-2 model se voorspelling Gemete siektevoor koms (%) Aantal prim. infek. dae Aantal sekond. infek. dae Aantal prim. infek. dae Aantal sekond. infek. dae Area, weerstasie en tydperk van werklike gemete siektevoorkoms

van donsige skimmel

3 0 0 0 Robertson - Le Chasseur

Okt. 2000 - Des. 2000 1 - 34 %

(Lae

voorkoms) 6 8 0 0 Robertson - Vinkrivier

Okt. 2000 - Des. 2000

9 4 5 0 Robertson - Le Chasseur

Nov. 1998 - Des. 1998 35 - 74 %

(Medium

voorkoms) 11 11 2 0 Nov.1998 - Des. 1998Robertson - Goree

7 12 1 1 Robertson - Klaasvoogds Okt. 2001 - Nov. 2001 75 - 100 % (Hoë voorkoms) 7 44 1 18 Stellenbosch - Nietvoorbij Okt. 2002 - Feb. 2003 TOTAAL 43 79 9 19

In die eerste kolom van Tabel 5.1 kom die werklike gemete siektevoorkoms van donsige skimmel voor. Tydens die 2000 seisoen is lae werklike siektevoorkoms (1 - 34 %), aangeteken naby Le Chasseur en Vinkrivier in die Robertson omgewing. Gedurende 1998 het die omgewing by Le Chasseur en Goree in Robertson gemiddeld

’n matige siektedruk in die seisoen ondervind en het die voorkoms van die siekte gewissel vanaf 35 % tot 74 %. Die omgewing van Klaasvoogds in Robertson en die omgewing van Nietvoorbij in Stellenbosch, se siektevoorkoms was beide hoog en in die orde van 75 % tot 100 %, in onderskeidelik 2001 en 2003. Die DSVW-model se infeksievoorspellings word uitgedruk in die aantal dae van infeksie. Die Nietvoorbij weerstasie by Stellenbosch se infeksievoorspellings is net bereken in die maande toe daar ’n hoë siektedruk (optimum weerstoestande vir infeksies) geheers het.

Volgens Tabel 5.1 dui die DSVW-model deurgaans meer infeksie-dae aan as die Metos-2 model, by die aantal primêre sowel as die sekondêre infeksies. Die gesamentlike aantal primêre en sekondêre infeksies van die DSVW-model neem toe, soos wat die werklike voorkoms toeneem van ’n lae voorkoms na ’n hoë voorkoms. By die primêre infeksie kolom is die aantal infeksie-dae by die medium siekte voorspellingsry, vir beide modelle, meer as vir die hoë siekte voorspellingsry. Met die aantal sekondêre voorspelde infeksie-dae vir beide modelle, is die meeste infeksie-dae egter voorspel by die hoë siekte voorspellingsry. Daarmee saam het die grootste verskille ook hier tussen die DSVW-model en die Metos-2 model voorgekom. By die hoë siekte voorspellingsry het die DSVW-model vir Klaasvoogds 12 sekondêre infeksie-dae voorspel, teenoor die Metos-2 model se een, en vir die Nietvoorbij weerstasie, 44 sekondêre infeksie-dae teenoor die Metos-2 model se 18 sekondêre infeksie-dae. As die primêre en sekondêre kolomme van beide modelle met mekaar vergelyk word, is dit duidelik dat die DSVW-model regdeur meer infeksie-dae uitwys, vergeleke met die Metos-2 model. Tydens die waarskynlike lae siektedruk (1 - 34 %) wat in Robertson geheers het, om uiteindelik ’n lae siektevoorkoms van donsige skimmel te toon, het die Metos-2 model hier geen primêre of sekondêre infeksie-dae aangedui nie. Die DSVW-model het hier in totaal vir Le Chasseur en Vinkrivier, nege primêre infeksie-dae en vir Vinkrivier alleen, agt sekondêre infeksie-dae uitgewys.

Daar kan nou tereg gevra word hetsy die DSVW-model se voorspellings nie dalk te veel berekende infeksievoorspellings dae gee nie en of dit nie dalk eerder nader aan die waarheid is nie? As daar gekyk word na die Metos-2 model (Tabel 5.1), het dit tydens die lae siektevoorkoms (primêre infeksies), geen voorspellings gemaak nie en tydens die hoë siektevoorkoms, gesamentlik slegs twee primêre voorspellings gemaak.

Daarenteen het die DSVW-model (Tabel 5.1) gesamentlik vir twee weerstasies, nege primêre infeksie-dae (lae voorkoms kolom) en 14 sekondêre infeksie-dae voorspel (hoë voorkoms kolom), in die ooreenstemmende tydperke. Eweneens het die Metos-2 model ook geen sekondêre infeksie-dae voorspel tydens die lae en medium siektevoorkoms periode nie, maar die DSVW-model het hier onderskeidelik, agt dae in totaal vir Le Chasseur en Vinkrivier se lae voorkoms ry en 15 dae in totaal by Le Chasseur en Goree se medium voorkoms ry voorspel. November en Desember is juis twee maande waarin meer sekondêre infeksies as gewoonlik in die praktyk plaasvind (warm, vogtige nagte) (Vermeulen, pers. komm. 2003). Dit wil dus sover blyk asof die DSVW-model deurgaans elke keer infeksies (primêr en/of sekondêr) aandui, voor die uitbreek van werklike donsige skimmel, terwyl die Metos-2 model in dieselfde tydperk dan minder of geen infeksies, veral sekondêre infeksies, vooraf voorspel het nie. In totaal is daar oor die verskillende gebiede, met beide die DSVW-model en die Metos-2 model, meer sekondêre infeksies (79 en 19), as primêre infeksies (43 en 9) bereken (Tabel 5.1).