• No results found

hulle dit nie misbruik nie. Die gemeenskap het ten doel om die inisiant te vorm (Turner, 1969:103). Die konsepte van stilte en ’n “nuwe begin” figureer dus by beide Venter as skrywer en in sy werk. Hy verkies om in afsondering te skryf: “Die stilte gee my die geleentheid om dinge te verteer en te verwerk” (Venter in Terblanche, 2016). In Ek stamel ek sterwe is daar baie verwysings na die kleur wit (Jude se rusbank, die woonstel, die beddeken, ensovoorts) – simbolies van die tabula rasa van die tussenfase.

Tussen communitas en struktuur is ’n dialektiese spel. Die onmiddellikheid van

communitas maak plek vir die bemiddeling van strukture, terwyl die individue in rites de passage die struktuur verlaat om by ’n communitas aan te sluit, net om weer terug te keer

na die struktuur as ’n “nuwe” mens met nuwe ervaringe. Die een kan nie sonder die ander nie. Om die struktuur te oorbeklemtoon, mag dalk lei tot die vorming van ’n communitas wat buite die wet funksioneer. Insgelyks kan sterk beklemtoning van die communitas (veral in geloofs- en politieke bewegings) weer aanleiding gee tot despotisme, burokrasie en struktuur. Van belang hier is die Benediktynse monnike wat in absolute outoriteit lewe, onderhewig aan streng reëls en leierskap. Dus, om communitas ten volle te beoefen, kan lei tot gedwonge struktuur, wat weer aanleiding gee tot die vorming van ’n nuwe

communitas. Hierdie ossilasie word in die meeste kulture waargeneem (Turner,

1969:128-129).

2.4.1 Drie tipes communitas

Communitas is die verhouding tussen konkrete, historiese, ideosinkratiese individue.

Hierdie individue word nie gegroepeer volgens die rol wat hulle speel of hulle status nie, maar is op gelyke voet. Dit is ’n direkte en onmiddellike interaksie van verskillende identiteite, maar hierdie spontaneïteit en onmiddellikheid van communitas kan, volgens Turner, nie vir ’n lang tydperk volgehou word nie. Dit het tot gevolg dat communitas self ook ’n struktuur ontwikkel wat normgedrewe verhoudings tot gevolg het. Daarom deel Turner communitas in drie groepe: 1) eksistensiële of spontane communitas (’n “happening”); 2) normatiewe communitas, waar dit nodig raak om die eksistensiële

word, en 3) ideologiese of utopiese communitas, wat die eksistensiële probeer omskryf. Laasgenoemde twee is reeds onderhewig aan struktuur en volgens Turner is dit die lot van alle spontane communitas om uiteindelik te verval tot strukture en wette (Turner, 1969:132). Ideologiese en spontane communitas, in beide die alledaagse en die religieuse omgewings, het die volgende ooreenkomste: aan die een kant is daar liminaliteit, strukturele ondergeskiktheid, lae klas wat status betref en buitestanderskap, en aan die ander kant universele waardes soos vrede en harmonie tussen alle mense, vrugbaarheid, gesondheid, geregtigheid, kameraadskap en broederskap, gelykheid voor God en die wette vir alle mans en vroue, oud en jonk, van alle rasse en etniese groepe. En die gemene deler van al hierdie utopiese formulerings is gelykheid en armoede. Maar dit is net moontlik in ’n utopiese, ideale wêreld (wat nie bestaan nie), want in sekere dele van die wêreld sou mense moes werk bloot om warm en aan die lewe te bly. Dit sou daarop neerkom dat hulpbronne verkry moes word wat onder mekaar verdeel en versprei moes word. Laasgenoemde het weer tot gevolg dat mense georganiseer en gegroepeer moet word om die werk te verrig, wat lei tot die ontstaan van ’n struktuur en wette om orde te handhaaf (Turner, 1969:134-135). Foxtrot van die vleiseters speel af in die tyd van die noodtoestand – ’n periode wat tot gevolg gehad het dat die reëls verval en mense buite die wette en aanvaarde sosiale norme opgetree het. Dit gee aanleiding tot ’n aantal spontane

communitas (die swart gemeenskap wat mekaar opstook, roof en plunder, en

terselfdertyd die wit gemeenskap wat “laer trek” teen die “swart gevaar”). In ’n poging van die wit regering (“struktuur”) om die oproerige swart communitas (“antistruktuur”) te onderdruk, is daar byvoorbeeld martelkampe geskep, wat ten doel gehad het om, in die woorde van El Turco, die “subversiewes” “bang te maak” en hulle “te laat verdwyn” (Venter, 1993:85). Die volmag wat die operateurs (RooiPietie, ensovoorts) van die martelkampe gehad het (“Maar hy wat generaal Konstantyn is, wil sy hande met die klas goed nie besmet nie” [Venter, 1993:87]), het egter as ’t ware ’n nuwe antistruktuur/

communitas tot gevolg gehad. Hierdie individue het gesamentlik “buite die reëls”

opgetree, aangesien hulle vrymag gegee is om te martel en te moor, iets wat andersins ontoelaatbaar en onaanvaarbaar is. Die plaaslike gemeenskap in Foxtrot van die vleiseters se “onkunde” aangaande hierdie martelkampe maak hulle as ’t ware kop in een mus met hierdie wetteloosheid. Daar is dus eintlik min verskil tussen die swart gemeenskap wat

plunder en moor, en die wit gemeenskap wat die gedrag van die regering (wat martel en moor) aanvaar. Hierdie gebeure het bevestig dat ’n ideologiese (utopiese), ideale wêreld nie bestaan nie, want die broederskap, kameraadskap, geregtigheid en gelykheid voor God vir alle rasse en etniese groepe het geheel en al verval en wanorde en chaos het oorgeneem. Die Christelike geloof en Calvinisme kan gesien word as ’n normatiewe communitas waar sosiale beheer oor die lede verkry moet word om orde te handhaaf, maar dit word dikwels misbruik soos duidelik blyk uit die magsvergrype. Van Coller en Van Jaarsveld (2005:211) wys daarop dat dade van magsvergryp verklaar word as versoenbaar met Bybelse beginsels, dat: “alle onmenslike dade geoorloof [is], omdat geglo word dat daar ’n ‘opdrag van God’ bestaan dat daar geveg moet word vir volk en vaderland”. Talle van die karakters in Venter so romans skuil agter hul Christenskap om ook hulle dade te regverdig (vergelyk die swart werkers wat verkluim agter op die bakkie, en later weggejaag word en dan beskuldig word van skaapdiefstal, Hendrik wat knielend bid tot God vir “sy grond” en “sy mense”, Ouma Lalie wat bly lê en maak of sy slaap om nie die swart meisie te help nie, en wat later in die Appendiks erken dat sy nooit die ruiker vir April sou gee nie, die kos wat by die skouterrein deur en vir die swart mense gegryp en gegooi word, ensovoorts).

Pogings om eksistensiële of spontane communitas te skep of aan te moedig, word aangetref in die “beat generation” en die hippies. Hulle steun gewoonlik op die eklektiese en sinkretistiese gebruik van simbole en liturgiese dade van ’n verskeidenheid gelowe, asook die gebruik van dwelms, “rock”-musiek en flikkerende ligte wat gedagteverbreding (mind-expansion) tot gevolg kan hê in ’n poging om algehele geestelike samehorigheid te bereik. In Foxtrot van die vleiseters se diskopaleis herinner die dawerende musiek, rasende volume, “dansend en drukkend, die daggarokers en die kokaïensnuiwers” (Venter, 1993:126-12) aan ’n poging tot só ’n communitas. Mihaly Csikszentmihalyi, ’n psigoloog, beskryf die positiewe toestand waar individue se kreatiewe fases byna ’n alternatiewe realiteit tot gevolg het, as “flow”. Wanneer iemand hom/haar ten volle inleef is in ’n taak, intensief konsentreer en geheel en al geabsorbeer is in dit waarmee hy/sy besig is, kan hierdie toestand van “flow” bereik word. Dit word soms ook “being in the zone” genoem (Oppland, 2019). “Flow” kan beskryf word as ’n

ekstatiese gevoel, buite die alledaagse realiteit, waar tyd onbelangrik is en die individu sigself as ’t ware verloor. Alhoewel Csikszentmihalyi se beskrywing van die toestand gewoonlik saam met ’n positiewe ervaring gegaan het, het Turner gevoel dat daar binne ’n communitas ’n “altered state of being” kan bestaan, wat hy die “flow experience” genoem het waar beide positiewe en negatiewe ervarings gedeel kan word. Dit is ook in hierdie fase en toestand dat die triekster dikwels na vore tree. Viljoen en Van der Merwe (2007:13) beskryf Du Plooy se siening van hierdie proses in die letterkunde, en spesifiek binne die konteks van Niggie en die trauma van die Anglo-Boereoorlog wat daarin vervat is soos volg:

“As elsewhere in Winterbach’s work a free flow of thought – a ludic recombination of elements – seems to be necessary for healing to take place. The trickster archetype that plays a central role in the novel represents such a ludic element, since it embodies both a yearning for meaning and healing through creativity and even hints at a savior.”

Du Plooy (2006:14) stel dit so:

“Wat meermale in Winterbach se oeuvre na vore kom, is die gedagte dat ’n vrye vloei van nadenke en besinning nodig is om psigologiese stagnering en emosionele beletsels te transendeer. As die individu sigself toelaat om sulke prosesse te ondergaan, kan daar wel genesing intree.”

Konstant se besoek aan Gordana, ’n heldersiende vrou wat deur Ava-Marie aanbeveel is, en waar hy telkens ’n “altered state of being” beleef het, sluit hierby aan. Ook van toepassing is Konstant (en Petrus) se meditasiesessies, wat dikwels ’n gedagtestroom- taalgebruik (of “vrye vloei van nadenke en besinning”) tot gevolg het. Binne die negatiewe antistruktuurrealm word al die konfronterende aksie aangetref, veral wanneer die individu hom-/haarself byvoorbeeld vermom met maskers en kostuums en wanordelik optree (Turner, 1969). Laasgenoemde sluit weer aan by Johannes/John-John en die diskopaleis in Johannesburg (Venter, 1993).

Vir die hippies en diesulkes is hierdie transformerende ervaring waartydens raakpunte in wese gevind en gedeel word, die alfa en omega van menslike bestaan/wese. Volgens die siening van pre-industriële gemeenskappe, is dit egter net ’n oorgangsfase om ten volle betrokke te raak by die rolverdeling binne die struktuur. Mense is daarvoor verantwoordelik om in mekaar se behoeftes te help voorsien, byvoorbeeld met kos en water, klere, kennis, ensomeer, wat behels dat menseverhoudings georden moet word en dat mense ’n goeie kennis van die natuur moet hê (Turner, 1969:138).

Eksistensiële of spontane communitas kies om buite die struktuur te funksioneer, word soms gekenmerk deur verslete kleredrag, ag persoonlike verhoudings belangriker as sosiale verwagtinge en Zen Boeddhisme vorm dikwels die uitgangpunt vir hul gedrag: “all is one, one is none, none is all” (Coupe, 2007:7). Let daarop dat Venter hom ook tot Boeddhisme gekeer het vir antwoorde op eksistensiële vrae. Die sosiale struktuur van hiërargie en ongelykheid word uitgedaag deur die communitas wat glo aan ’n alternatiewe realiteit en fokus op die idee van opregte broederskap (Coupe, 2007). Die mens se sosiale lewe is ’n reeks prosesse wat radikaal van mekaar verskil en waarvan liminaliteit een is. Die grootste versoeking vir, onder andere, utopiese individue, is om in hierdie fase te kleef aan die goeie en plesierige eienskappe, eerder as om ’n volgende fase te betree wat moeilik en “gevaarlik” is. Die lewe binne ’n spontane communitas is prettig, terwyl ’n gestruktureerde wêreld gevul is met uitdagings soos om besluite te neem en opofferings te maak ter wille van die behoud van die groep. Fisiese en sosiale struikelblokke moet oorkom word ten koste van die self. Spontane communitas beskik oor iets magies, die gevoel van oneindige mag. Hierdie mag moet egter transformeer om toepassing te vind binne die sosiale bestaan waar dit oor helder denke en volgehoue wilskrag handel. Terselfdertyd kan die struktuur meganies en vervelig raak as diegene wat daarbinne is nie somtyds blootgestel word aan die regeneratiewe bodemlose put van

communitas nie. Wysheid, volgens Turner, word gevind in die verhouding tussen

struktuur en communitas, om die verskillende modaliteite te aanvaar en om dit dan weer te laat vaar wanneer die tyd reg is (Turner, 1969:139).

Volgens Turner is communitas altyd verbygaande (behalwe in die religieuse konteks): “Spontaneous communitas is a phase, a moment, not a permanent condition” (Turner,

1969:140). Die mens keer altyd weer terug na struktuur omdat dit kulturele betekenis gee aan die waardigheid en vryheid van individue. Spontane communitas is nie bloot “natuur” nie, maar eerder natuur in gesprek met struktuur, gebonde aan mekaar soos ’n man en vrou. Tesame gee hulle lewe, die een deur krag en die ander deur vrugbaarheid (Turner, 1969). Die hoofkarakters in Venter se romans huiwer dikwels op die grens tussen communitas en struktuur. Beide Johannes en Petrus neem deel aan die plaas- en apartheidstruktuur (weermag, skuldgevoel teenoor die ouers, kies kant vir hul eie volk), maar terselfdertyd verlaat hulle die plaas en staan krities teenoor die swart-wit opset. Konstant volg dieselfde pad en verlaat selfs die land, maar vestig hom dan weer binne die stadsraam en sisteem van ’n ander land deur by ’n restaurant te gaan werk. Sy homoseksualiteit (en emigrantstatus) plaas hom weer in ’n ander communitas, maar terselfdertyd hou hy vas aan die konvensionele idee van ’n verhouding (“aan ’n statiese konsep van ’n verhouding vashou”). Robert huiwer ook tussen ’n lewe waarin hy vryheid het om te doen wat hy wil, en ’n gevestigde werk binne die sisteem. Sy homoseksuele ervaring is nog ’n voorbeeld van ’n (tydelike) spontane communitas, terwyl hy terselfdertyd ’n meer konvensionele verhouding met ’n vrou het.

Turner se tweede kategorie van communitas, ideologiese communitas, behels ’n stel teoretiese konsepte wat ten doel het om die interaksies van spontane communitas te probeer beskryf/formuleer. Hier gaan dit oor dit wat onthou word van die communitas, die geheue van die individu wat reeds van die communitas-ervaring gedistansieer is. Hierdie tipe communitas is minder spontaan aangesien die “flow” van die spontane gebeurtenis reeds verbreek is sodra taal en kultuur toegepas word om die gebeurtenis te beskryf (Turner, 1974b).

Normatiewe communitas daarenteen verduur die sosiale sisteem, maar vorm ’n subkultuur of groep wat poog om die verhoudings van spontane communitas permanent te onderhou. Om dit reg te kry, moet die groep hulself losmaak van die natuur, want spontane communitas is gebaseer op grasie en nie reëls nie. Spontane communitas is die uitsondering, nie die reël nie; die wonderwerk, nie die reëlmaat nie. Maar die ontstaan van normatiewe communitas is tog anders as ’n groep wat natuurlik ontstaan, byvoorbeeld ’n familie. Vryheid, bevryding en liefde is eienskappe waaraan normatiewe

tot baie streng sisteme. Die strengheid ontstaan dikwels omdat communitas kwesbaar voel wanneer hulle voor die geïnstitusionaliseerde groepe wat hulle omring, te staan kom. Dit is ’n beskermingsmeganisme wat dikwels sterker raak algaande meer druk op die groep geplaas word om dit te probeer vernietig: “They become what they behold” (Turner, 1974b:80-81). Hierdie groepe ontstaan byvoorbeeld dikwels tydens ’n religieuse herlewing (Turner, 1974b). Binne die konteks van Venter se romans, is die deurlopende Christenskap-motief van die wit gemeenskap verwysend na só ’n normatiewe

communitas. Dit is veral binne die konteks van die noodtoestand in Foxtrot van die vleiseters dat daar feitlik ’n religieuse herlewing ontstaan het. Wanneer daar na die gedeelde kenmerke van inisiante in verskeie liminale fases (kleiner kulture, hofnarre, heilige bedelmonnike, goeie Samaritane, “Dharma bums”, matriargale sisteme binne ’n patriargale konteks en vice versa, en kloosterordes) gekyk word, is die algemeenste eienskappe van al die individue dat: 1) hulle beginsels in die tussenruimtes van die sosiale struktuur val; 2) hulle op die rand van die gemeenskap en dus gemarginaliseerd is; en 3) hulle op ’n sosio-ekonomiese vlak laer geag word as die algemene samelewing. Communitas is in wese nie dit wat langs mekaar, of bo of onder mekaar is nie, maar eerder dit wat saam met mekaar is. Communitas is waar gemeensaamheid plaasvind.

Communitas is dus geneig om meer inklusief te wees, terwyl sosiale struktuur meer

eksklusief, selfs snobisties, is. Binne die sosiale struktuur word die samesyn en gelykheid van communitas verruil vir kategorisering en onderskeid tussen ons/hulle, die in- groep/uit-groep, hoog/laag, beter/slegter, ensomeer (Turner, 1974b).

Dat Venter se karakters hulself dikwels op die grens tussen “ons” en “hulle”, “hoog” en “laag”, “beter” en “slegter” bevind, kom duidelik na vore in die narratief van veral die plaasmilieu. Ons-en-hulle is nêrens méér prominent as tussen wit en swart nie, en die karakters (veral Petrus) vind dit moeilik om kant te kies: hy is gelyktydig deel en nie deel nie van beide die wit en die swart gemeenskappe. Binne die konteks van “hoog” en “laag”, “beter” en “slegter” is daar ook Petrus se verhaal in Foxtrot van die vleiseters oor GrootMan, GrootVrou, GrootBul, GrootHuis VetStert, ensovoorts (met die Groot Krag), teenoor Madala met sy 42 kinders (met hulle Groot Stilswye) wat die kollektiewe naam

van Hout kry, HoutKind, DrupStert, ensomeer. Die kosmopolitaanse groep werkers in Shane se restaurantkombuis, wat ’n aantal emigrante insluit, vorm ook ’n tipe

communitas. In hierdie geval is die grens hoofsaaklik tussen “vleiseters” en vegetariërs.

Daarbenewens is ook die homoseksuele groep ’n communitas van buitestanders, en insgelyk al die terminaal siekes. Hoër en laer klasse is veral aan bod in My simpatie, Cerise, waar die Cox-familie hulself bo die meeste ander mense stel, maar veral bo ’n normale sisteem. Hulle vorm as ’t ware ’n alternatiewe communitas wat die sisteem gebruik tot hulle voordeel, maar dit terselfdertyd ondermyn. 2.4.2 Buitestanders, marge en emigrante In Passages, Margins, and Poverty: Religious Symbols of Communitas argumenteer Turner dat communitas ’n realiteit in alle menslike ervarings is. Dit staan sentraal in religie, literatuur, drama en kuns, en elemente daarvan word aangetref in wette, etiek, verwantskappe en ekonomie. Dit kan veral gesien word in stamrites, millenniabewegings, kloosters, kontrakultuur en verskeie informele geleenthede (Turner, 1974a:231). Die drie groeperings van kultuur wat veral deurtrek is van rituele, simbole en gelowe wat nie- struktureel is sluit liminale individue, buitestanders en ondergeskiktes in. Breed (2007:117) verduidelik dat Turner veral die oorgangsidentiteit van die individu binne ’n gemeenskap beklemtoon: “Hy noem dit ‘pilgrimage’, aangesien ’n persoon in oorgang tussen die verskillende kategorieë op soek na ’n identiteit binne een van die gemeenskapskategorieë is.” Voorts wys sy daarop dat so ’n pelgrim/individu in ’n toestand van “vertrek” en “aankoms” verkeer. “Soms gebeur dit ook dat die persoon in oorgang hom nie weer in ’n bepaalde kategorie vestig nie, maar hom eerder op die grense (die ‘margins’) van die gemeenskap gaan vestig.” Dit het tot gevolg dat die pelgrim “wegraak” uit die gemeenskap en dat sulke individue op die rand van die gemeenskap leef. “Voorbeelde van hierdie soorte individue is dikwels die skrywers, kunstenaars, filosowe, environmentaliste en homoseksueles” (Breed, 2007:117-118). In Venter se romans is daar verskeie karakters, spesifiek die hoofkarakters, wat aan hierdie eienskappe voldoen, byvoorbeeld Petrus wat self erken dat hy nêrens inpas nie, Johannes wat in die stad “verdwyn”, Konstant wat as emigrant homself vereenselwig met ander

soortgelyke randfigure (gays, vegetariërs, ensomeer) en Robert wat ook binne die wêreld van die ryk mense, as emigrant en handearbeider, ’n buitestander is.

Human stel dit dat ’n pelgrim wat wel die liminale drumpel oorsteek, “terugkeer na die bekende wêreld as iemand wat onherroeplik deur sy ervarings beïnvloed en selfs verander is” (2016:988). Liminale drumpels is dus, eenvoudig gestel, grense waar die persoon of persone wat die drumpel oorsteek ’n proses van noemenswaardige en onomkeerbare verandering ondergaan.

Ander vorme van communitas sluit ook individue in wat binne die struktuur gesien word as swakkelinge, of van ’n laer klas.14 Hulle is ook ’n bedreiging vir die samelewing en word

dus as “gevaarlik” beskou omdat hulle die sisteem uitdaag, asook, tradisioneel, oor heilige kwaliteite beskik (byvoorbeeld soos gode). Soos voorheen aangedui, verkry inisiante heilige eienskappe wanneer hulle binne die liminale fase afgekraak en verneder word.

Volksliteratuur is deurtrek van simboliese figure soos heilige bedelaars, haweloses, die misterieuse vreemdeling en ander eenvoudige mense, wat die pretensieuse hooggeplaasdes stroop van hul hoë rang en reduseer tot die vlak van die alledaagse en sodoende die ekwilibrium herstel. Bekende sodanige karakters in die letterkunde sluit die goeie Samaritaan (Lukas 10:25–37), Rothschild se Joodse vioolspeler (Anton Chekhov), Jim, die slaaf en storieverteller (Mark Twain), en Sonya, die prostituut (Fyodor Dostoevsky) in. Hierdie mitiese karakters is almal marge (marginale personasies of randfigure), wat meer verlig is wat morele waardes betref, en dus ’n bedreiging inhou vir