• No results found

Hoofstuk 6 Die aanstelling van M Prinsloo as bevelvoerder 152

2. Rang tot en met die bepaling van die krygstrategie 153

2.1 Die Winburg-kommando 154

Dit is nodig om die posisie van die Winburg-kommando, waarvan Prinsloo met die uitbreek van die oorlog die kommandant was, te beskou. Hoofstuk XXVIII van die

Wetboek van den Oranjevrijstaat lys Winburg as een van die distrikte en gevolglik

ook as een van die kommandantskappe van die OVS. Die Winburg-distrik is op sy beurt in vier wyke, en daarom ook vier veldkornetskappe verdeel: Winburg,

Taaiboschspruit, Zandrivier, Vetrivier en Onder-Wittebergen.7

Gedurende die verloop van die oorlog word daar ook na die Senekal-kommando, met sy eie kommandant, verwys. Die wetboek maak nie voorsiening vir so 'n kommando nie. Hieronder word aangetoon dat die kommandant van die Winburg- kommando en die kommandant van die Senekal-kommando òf as een en dieselfde persoon, òf in ander gevalle as twee afsonderlike persone gesien word. Hierdie

4

Vir 'n soortgelyke argument sien W.J. de Kock (red.), Suid-Afrikaanse biografiese woordeboek 1, p. 691.

5

Sien onderafdeling 3, infra.

6

Sien onderafdeling 6.3.1, hoofstuk 5, supra.

7

verwarring mag moontlik die gevolg van artikel 5 van Wet 33/1899 wees. Laasgenoemde bepaal dat wanneer die burgers van een distrik in twee of meer rigtings uitgestuur sou word, dié gedeelte van die burgers waar die kommandant van die distrik nie teenwoordig was nie, geregtig was om 'n tydelike kommandant te verkies. Die tydelike kommandantskap het verval wanneer die kommando later weer herenig is.8

By gebrek aan enige amptelike bronne is dit besonder moeilik om die presiese plasing van die Winburg-kommando te bespreek. Die volgende blyk egter wel uit die beskikbare bronne. Die Winburg-kommando moes aan die begin van die oorlog in twee verdeel gewees het. Dit blyk uit die teenwoordigheid van die Winburg- kommando in Natal, sowel as aan die Wesfront. Aan die Wesfront het J.P.J. Jordaan as tydelike kommandant bevel gevoer. Jordaan is ook met die oorgawe van P.A. Cronjé te Paardeberg gevange geneem. Veldkornet J.W. Kok van die Winburg- kommando vermeld dat hy ook later vir krygsdiens opgeroep is. Met sy vertrek is hy tot 'n tydelike kommandant verkies. Net soos Jordaan, is Kok ook met die oorgawe

van Cronjé krygsgevange geneem.9

In Natal is Prinsloo, die kommandant van die Winburg-kommando, tot die rang van

hoofkommandant van die OVS Natal-krygsafdeling verkies.10

Die verkiesing van Prinsloo tot hoofkommandant het beteken dat 'n ander kommandant in Prinsloo se plek as kommandant van die Winburg-kommando verkies moes word. Vanweë die feit dat ’n gedeelte van die Winburg-kommando in Natal was, word H. Theunisen in die plek van Prinsloo verkies. Twee moontlikhede bestaan vir so 'n verkiesing: die eerste is om 'n waarnemende kommandant te verkies, wat in die plek van die

kommandant sal staan tot en met sy terugkeer,11

of om 'n nuwe kommandant

8

Wet omtrent het kiezen van Hoofdkommandant en aanvulling van de Krijgs- en Kommandowet.

9

Oorlogsmuseum van die Boererepublieke (OMBR), 1679: “Herinneringe van J.W. Kok, kommandant van die Winburg-onderafdeling”, pp. 1, 3-4, 22; T. van Rensburg (red.), Oorlogsjoernaal van S.J. Burger, p. 31; M.C.E. van Schoor (red.), “Dagboek van Hugo H. van Niekerk”, Christiaan de Wet-annale 1, Oktober 1972, p. 18. Sien ook J.H. Breytenbach, Die geskiedenis van die Tweede Vryheidsoorlog in Suid-Afrika 1899- 1902 2, p. 39. Jordaan is as die waarnemende kommandant vir die veldkornetskappe Vetrivier en Taaiboschspruit verkies. Hierdie twee veldkornetskappe onder bevel van Jordaan is na Boshof gestuur. De Express, 13.10.1899.

10

Gouvernements Courant van den Oranjevrijstaat, 13.10.1899 (No. 542-1899); C.R. de Wet, De strijd tusschen Boer en Brit: de herinneringen van den Boerengeneraal Chr. de Wet, p. 5; De Express, 13.10.1899; Breytenbach, 1, p. 158; Delport, p. 1.

11

Sien artikel 25 (Wet 10/1899): “Wanneer de vaste commandant van een district verhinderd is zich aan het hoofd der uit zijn district tot publieken dienst opgeroepene burgers te plaatsen, kiezen zij een provisioneelen commandant [...].”

kragtens die bepalings van Wet 9 van 1899 te verkies.12

Dit is interessant om daarop te let dat De Express vermeld het dat A.P. Cronjé, wat op die stadium van die verkiesing van Prinsloo 'n lid van die krygskommissie was, na Natal vertrek het om die plek van Prinsloo as kommandant van die Winburg-kommando in te neem. Uit

die beriggewing blyk dit dat Cronjé tot die posisie verkies is.13

Dit kom voor of die bronne mekaar hier weerspreek. Voorts is dit nie duidelik of die rang van veggeneraal reeds aan die begin van die oorlog bestaan het nie. Dit mag selfs wees dat die rang later eers deur die krygskommissie ingestel is.

'n Hoofkommandant, net soos die kommandant-generaal, is vir drie maande tot die rang verkies, waarna 'n moontlike nuwe hoofkommandant in die plek van die

uittredende hoofkommandant verkies kon word.14

Die veronderstelling is daarom dat Theunisen as 'n waarnemende of tydelike kommandant in die plek van Prinsloo verkies is, en dat Theunisen weer uit hierdie rang sou tree wanneer Prinsloo uit sy rang as hoofkommandant sou tree. Net so sou Jordaan ook uit sy rang as waarnemende of tydelike kommandant tree indien die verskillende gedeeltes van die Winburg-kommando later weer herenig.

'n Reeks gebeure in hierdie tyd het dit moeilik gemaak om die militêre posisie van Prinsloo, na die einde van sy termyn as hoofkommandant, te bepaal. Die eerste is die onttrekking van die Winburg-kommando aan die Natal-front, in Februarie 1900, wat geïmpliseer het dat die kommando waaraan die hoofkommandant (in dié geval Prinsloo) verbonde was, die krygsafdeling verlaat het. Kort hierna, aan die einde van Februarie 1900, word Theunisen as waarnemende kommandant van 'n gedeelte van die Winburg-kommando aan die wesfront gevange geneem. S.G. Vilonel word, volgens 'n telegram van C.R. de Wet aan die staatspresident, in die plek van

Theunisen verkies.15

12

Wet betrekkelijk de wijze waarop de verkiezing van eenen Staatspresident, Lid van den Volksraad, Veldcommandant en Veldcornet zal geregeld worden.

13

The Friend, 17.10.1899; De Express, 17.10.1899.

14

Artikel 4 (Wet 33/1899). Die ampsduur van die kommandant-generaal word in artikel 23 van die Krijgs- en Commandowet (Wet 10/1899) gereël.

15

De Wet, pp. 44, 62-63, 67; M.C.E. van Schoor (red.), “Seven months of commando by Alfred Lester Thring”, ongepubliseerde manuskrip, Christiaan de Wet-annale, hoofstuk 16 [met dank aan me. E. Wessels van die Oorlogsmuseum van die Boerepublieke, wat die manuskrip tot my beskikking gestel het]; J.N. Brink, Ceylon en de bannelingen, p. 90; Breytenbach, 3, p. 394; Breytenbach, 4, p. 485.

In teenstelling met C.R. de Wet verwys De la Rey en Kestell na Vilonel as die

kommandant van Senekal.16

Enkele maande later het Vilonel uit die posisie bedank na aanleiding van 'n geskil wat tussen hom en C.R. de Wet ontstaan het. Dit is verder interessant om hier na Kestell te verwys, wat die bedanking van Vilonel soos volg omskryf: “Die kommandant van Winburg, onder wie die Senekallers was, het nou groot moeite aan generaal De Wet gegee [...] Generaal De Wet het hom eers verdra, maar naderhand raak sy geduld op. Hy het toe aan die kommandant gesê dat as hy sy bevele nie wil gehoorsaam nie, dat hy dan sou moet bedank, anders sou hy ontslaan word. Die kommandant het toe dadelik sy bedanking uitgeskryf. Daar was nou geen tyd om 'n plaasvervanger te kies nie, en generaal De Wet het die veldkornet Gert van der Merwe, as waarnemende kommandant aangestel. Toe teen sononder die bevel gegee is om op te saal, was die Senekallers sonder hulle

kommandant.”17

Dit kom na aanleiding van die herinneringe van Thring voor of Vilonel hom hierna op die staatspresident beroep het, en dat die staatspresident gelas het dat Vilonel as kommandant na sy kommando moes terugkeer. Volgens Thring, was dit vir C.R. de Wet onaanvaarbaar en hy het geweier om die heraanstelling te kondoneer. Hy het selfs gedreig om te bedank as die

staatspresident met die heraanstelling van Vilonel sou voortgaan.18

C.R. de Wet het, volgens sy eie herinneringe, na die bedanking van Vilonel vir veldkornet G.S. van der Merwe tydelik in die posisie van kommandant van Winburg

aangewys.19

Wat die posisie van Van der Merwe bemoeilik, is die feit dat hy na

homself as die kommandant van Senekal verwys.20

Daarenteen verwys C.R. de Wet, veggeneraal P.H. Roux en adjudant J.N. Brink ook na Van der Merwe as die

kommandant van Winburg.21

Van der Merwe word kort na sy aanstelling swaar gewond. Die vraag ontstaan wie bevel van die Winburg/Senekal-kommando oorgeneem het, aangesien Van der Merwe eers aan die einde van Junie/begin Julie

16

A.W.G. Raath, De la Rey: 'n stryd vir vryheid, p. 286; J.D. Kestell, Christiaan de Wet: 'n lewensbeskrywing, p. 68.

17

Kestell, Christiaan de Wet, p. 68. My kursivering.

18

Van Schoor (red.), “Thring”, hoofstuk 16; De Wet, pp. 44, 62-63, 67; Brink, Ceylon en de bannelingen, p. 90; Breytenbach, 4, p. 485.

19

De Wet, pp. 62-63.

20

M.C.E. van Schoor (red.), “The diaries and recollections of Jacob Abraham Jeremias de Villiers”, Christiaan de Wet-annale 8, 1990, p. 96: S.G. van der Merwe (verklaring).

21

Vrystaatse Argiefbewaarplek (VAB), Roux-versameling (A305): P.H. Roux, “De overgawe van Prinsloo”, p. 5; Brink, Ceylon en de bannelingen, p. 83.

1900 na sy kommando teruggekeer het.22

Veldkornet I.A. Meyer maak in hierdie tyd

melding van 'n kommandant Bornman.23

Thring verwys weer na 'n kommandant Fourie, wat op 30 Maart 1900 bevel oor die Winburg-kommando gevoer het. Fourie is aan die begin van die oorlog as waarnemende kommandant van die

veldkornetskappe Moroka en Boven-Modderrivier gekies.24

Wat die toestand van die Winburg-kommando aan die einde van Mei 1900 betref,

vermeld C.R. de Wet dat talle burgers in die distrik reeds die wapens neergelê het.25

Gedeeltes van die Winburg-kommando was ook onder aanvoering van Jordaan en Kok, wat by die oorgawe van Cronjé ingesluit is. Brink vermeld die teenwoordigheid van gedeeltes van die Winburg- en Senekal-kommando’s, maar noem nie enige bevelvoerders van die oorblywende gedeeltes van die kommando van Winburg en Senekal nie.26

Luitenant-generaal A. Hunter meld ook dat die Winburg-kommando in die oorgawe op 30 Julie 1900 ingesluit is. In een stel dokumente vermeld hy egter nie die naam van die kommando nie, terwyl hy op 'n ander plek skryf dat die kommandante Van der Merwe en Rautenbach, onderskeidelik van Senekal en

Winburg, op 31 Julie 1900 oorgegee het.27

Dit kom gevolglik voor of die Wet omtrent het kiezen van Hoofdkommandant en

aanvulling van de Krijgs- en Kommandowet28

ruimte gelaat het om distrikte in

meerdere kommandantskappe te verdeel. Hierdie beweegruimte het om bepaalde redes bly voortbestaan, hoewel dit nooit amptelik deur wetgewing erken of gekondoneer is nie. C.R. de Wet het in die groter krygsvergadering van die Zuid- Afrikaansche Republiek (ZAR) en OVS, wat op 17 Maart 1900 gehou is, soos volg verklaar: “Sommige districten hebben meer dan een commdt. noodig, bijv. Kroonstad, om maar een groot districht te noemen, heeft 4 commandanten. Allich

22

De Wet, p. 67; Brink, Ceylon en de bannelingen, p. 83.

23

VAB, Renier-versameling (A119/1056): I.A. Meyer, “Die ervaringe van 'n veldkornet in die Engelse oorlog 1899-1902”, p. 16. C.J. Bornman was die Volksraadslid vir Onder Rhenosterrivier, Kroonstad. (Sien Aanhangsel B, infra.) Dit is egter nie seker of hierdie Bornman en kommandant Bornman hierbo dieselfde persoon is nie.

24

Gouvernements Courant van den Oranjevrijstaat: 27.10.1899 (No 560-1899); De Express, 13.10.1899; Van Schoor (red.), “Thring”, hoofstuk 14. Meer besonderhede kon egter nie oor Bornman gevind word nie. Dit mag wees dat Fourie die P.J. Fourie kan wees wat later as veggeneraal aangewys is.

25

De Wet, p. 93. Sien ook J.N. Brink, Oorlog en ballingskap, p. 58.

26

Brink, Oorlog en ballingskap, p. 57.

27

The National Archives (TNA), War Office (WO), 32/7998: “Statement regarding the number of Boers surrendering in the Caledon Valley”; TNA, WO 32/7998: “Operations of Sir A. Hunter’s force from 28/6 to 1/8” [hierna TNA: WO 32/7998: Hunter-verslag], p. 6.

28

krijgt men dan minder geschikten als commdt.”29

Volgens Hoofstuk XXIX van die

Wetboek van den Oranjevrijstaat is die distrik Kroonstad in die wyke Midden-

Valschrivier, Onder-Valschrivier en Onder-Rhenosterrivier verdeel.30

Dit is onseker of C.R. de Wet ten gunste of teen die gebruik van die verdeling van 'n distrik in meerdere kommandantskappe was. Die aanhaling bied getuienis oor die verdeling van 'n distrik in meerdere kommandantskappe. Dit bevestig die gevolgtrekking dat die Winburg-distrik teen Maart 1900 ook in meerdere kommandantskappe verdeel is, waarvan een so 'n kommandantskap die Senekal-kommando ingesluit het.