• No results found

Afdeling 3: Die praktiese toepassing van die tug

3.2. Die tughandeling vanaf Moses tot die Ballingskap

Die volk is deur God as Sy eie volk aangeneem; die gevolg hiervan was dat die volk onder die tug van die wet gestel word. “Deze tucht neemt nu een meer vasteren vorm aan in den ban, die

37Jansen (1913: 2) 38Die Bybel (1983) 39

25

zoowel de verhouding tot de omwonende volkeren der wereld naar buiten, als het eigen leven naar binne regelt.”40

Die woord ban is die vertaling van die Hebreeuse woord “Cherem” םרח wat volgens vertaling afsnyding beteken. Die woord dui eerstens die ban-gelofte aan, die gevolg hiervan is dat mens en besitting so onherroeplik aan die Here toegewyd is en bly, dat daar geen loskoping is nie. ‟n Voorbeeld van so ‟n gelofte kan gevind word in Num. 21:2 wat soos volg lees: “Israel het ‟n gelofte aan die Here gedoen: „As U hierdie volk en hulle stede in ons mag gee, sal ons hulle stede as banoffers aan U offer.‟”41 Ons lees ook in Deut. 13:13-18 dat die Here Harad en sy volk, aan sý volk, Israel, sal oorgee. Hier sien ons dat nie alleen besittings, nie maar ook die vee en mense by die banoffer ingesluit word.

In die tweede plek dui die Hebreeuse woord “Cherem” op “Theocratische straf”42

wat deur God

beveel word in sy wet, en wat sowel na buite teen die Heidense volke gerig word as na binne waar dit spesifiek van toepassing gemaak word op die volk Israel. As ons kyk na die impak van die “teokratiese straf” na buite, soos wat Jansen dit noem, sien ons dat die Here beveel het dat die Kanaänitiese nasies deur die ban uitgeroei moes word. “Ongetwijfeld stond de Cherem, hoe ontsettend zijne toepassing ook was, in dienst van het verbond, dat Jehovah met Israël sloot.”43

Volgens Jansen is die ban die roede van die verbond waarmee God die nasies verslaan en sy eie mense beskerm; het enigste afdoen middel om vermenging van Israel met die omwonende Kanaäniete te voorkom. Deut. 7:3 en 4 lui soos volg in hierdie verband “Jy mag nie met hulle ondertrou nie: jou dogter mag jy nie aan een van hulle seuns gee nie en vir jou seun mag jy nie een van hulle dogters as vrou vat nie, want hulle sal jou kinders wegrokkel van die Here af en hulle sal ander gode dien. Dan sal die toorn van die Here teen jou ontvlam en Hy sal jou gou uitdelg.”44 40 Jansen (1913: 6) 41 Die Bybel (1983) 42Jansen (1913: 7-8) 43Jansen (1913: 9) 44 Die Bybel (1983)

26

Soos reeds aangedui werk die “Cherem” ook na binne met die doel om die sonde uit die midde van die volk te verwyder. Die gevolg hiervan is dan juis om die volk te beskerm teen die gevaar van sonde.

“Deze wijse van regering is met recht genoemd Theocratie (Godsregering), die bij geen enkel ander volk heeft bestaan of kan bestaan.”45

Ou Israel ken dus geen skeiding van iets soos kerk of staat of die skeiding van godsdiens en die staatslewe nie. Die gevolg hiervan was dat die godsdiens nie geskei was van die daaglikse lewe nie, maar dat die lewe self godsdiens was. Hieruit volg dat die verskillende lewensterreine nie met mekaar vermeng is nie. Verder kan die lewensterreine nie geskei word nie, maar moet dit wel onderskei word.

Die tug volgens Jansen is nog meer verwaarloos in die tyd van die rigters. Elkeen het gedoen wat reg was in sy oë. Dit was elke stam se prioriteit om die verowering van ander volke voort te sit. “De Heere gebruikte dan ook de omwonende volken als een roede, waarmee Hij Zij eigen volk sloeg, opdat het leeren zou zich tot Hem bekeeren.”46 In die volgende tydperk van die koningskap tot met die skeuring van die ryk is duidelik dat die volk weens nalatigheid self deur God gestraf word omdat hulle nie na sy wil luister nie.

In die Na-Eksiliese tydperk is dit duidelik dat daar streng tug is wat in die hande van die oudstes van die volk was. “Met angstvallige nauwgezetheid waakte men voor de heiligheid van de wet; wie naar haar niet wilde leven werd door den ban uitgestooten uit de gemeente.”47 Dit was dus vir die volk na die Ballingskap van onuitspreekbare belang om hulle te onderhou aan die tug. Dit sien ons ook uit die feit dat die tug nog steeds in die tyd van Jesus bestaan, volgens gedeeltes soos Luk.6:22; Joh. 9:22; 12:42 en 16:2, om maar net ‟n paar te noem. Dit is dus duidelik dat die tug ‟n pertinente rol gespeel het in die fondasie wat gelê is in die volkslewe van Israel in die tyd van die Ou Testament. Hierna word gekyk na die impak al dan nie van die tug in die Nuwe Testament. Dit word beredeneer in die volgende paragraaf.

45Bouwman, (1912: 25) 46Jansen (1913:12) 47

27

4.

’n Nuwe-Testamentiese perspektief oor die Kerklike Tug

Nadat ons ‟n blik op die tug in die Ou Testament gehad is dit nodig om ook te let na wat die Nuwe Testament aan ons bekend maak oor die tug. Alhoewel daar baie tekste gebruik kan word let ons op Matt. 16:13-20. Meer spesifiek moet daar gekyk word na vers 19 wat natuurlik die kern is waaroor ons beredeneer in die Nuwe Testament.