• No results found

menseregte nodig is nie. Hulle betrokkenheid in teorievorming met betrekking tot die bevordering en implementering van menseregte kan die bou van ’n menswaardiger samelewing aanhelp.

Teorie en teorievorming is van groot belang in die bou van ’n gemeenskap waar die beginsels van menseregte beliggaam word. Smit wys daarop dat teorie en/of teorievorming ’n invloed het op die verwikkelinge en implementering van beleid, wetgewing en algemene transformasie. Hy laat ook die fokus val op wat hy “theoretical drag” noem. Sy bydrae is veral vanuit ’n teologiese perspektief (Smit in Van der Walt, 2005).

Hierdie bydrae van die akademici, veral die teologie, ten opsigte van teorievorming lê volgens Smit in ses verskillende vorme opgesluit. Met betrekking tot die oriëntering van teorievorming bring die teoloë ’n eskatologiese bewustheid tot die debat van teorievorming. Hier val die klem op ’n taal van hoop, wat die aktiviste van geregtigheid en gelykheid inspireer en die slagoffers van onregverdige optredes bemagtig om nie moed en hoop te verloor en hulle lot bloot te aanvaar as norm nie. Die relevansie van hierdie bydrae is omdat dit almal herinner dat die geregtigheid wat nou ervaar word, nie noodwendig die finale vorm van geregtigheid is nie, maar dat geregtigheid iets is wat in die proses van vervolmaking is.

Die direkte gevolg van dié bydrae is volgens Smit die feit dat dit kritieke en self-kritiese denke stimuleer. Hierdeur word veral alle rolspelers vir politieke, ekonomiese

115 Afgesien van morele vorming in en deur die kerk, vind morele vorming ook in ander instellings plaas: die burgerlike samelewing, media, politiek en ekonomie. Die kerk moet met hierdie instansies saamwerk.

en wetlike geregtigheid ondersteun met die wete dat alle beleidstukke, wetgewing en konstitusies oop is vir kritiese evaluering en as sulks ook vir verbetering.

Die bydrae van die akademici, veral dié van die teoloë tot teorie-vorming, is die sterk bewustheid van die gemarginaliseerdes se posisie. Hierdeur word die persone verantwoordelik vir teorievorming, herinner om die mense op die randjie van die samelewing te onthou as mense wat ook belangrik is, en wat deel sal wees van die menswaardiger samelewing. Uitvloeiend hiervan is die verdere bydra in teorievorming, naamlik dat die wetgewende departement nie net die gemarginaliseerdes as mense moet onthou nie, maar veel meer: om hulle vorm van pyn, onderdrukking, ongeregtigheid ontkenning, uitsluiting, verwerping, geweld en misbruik ernstig op te neem en dit op te los.

Bogenoemde grens aan die bewustheid van die menswaardigheid van die mens, iets wat ook in die teorievorming vir ’n beter, menswaardige gemeenskap ter sprake kom en wat as sulks as basiese rede dien vir die transformering van die gemeenskap. Geen ander rede kan en mag groter voorkeur geniet vir die daarstelling van ’n beter, vreedsame, leefbare, waardige en mensliker samelewing nie.

Dus, in die lig van voorafgaande, is dit te verstane dat die akademici enige teorie waarin menseregte sentraal staan, sal ondersteun, juis omdat, soos Smit dit stel, “human rights provide perspectives of a human world” (2004:12). Smit argumenteer verder:

It would therefore – at least from this theological perspective – be totally consistent with the faith, confession and theology of the Christian church if the South African ecumenical church, denominations and congregations, including church leaders and individual believers, would show very strong commitment to support the increased implementation of these social and economic rights, and would be very concerned with slow social transformation and delivery. To the extent that the South African church – understood in this comprehension way – is not eagerly involved in supporting such implimentation and does not contribute to the formation of public opinion and thereby practical policies in this direction, this would indeed be inconsistent with the faith, confession and theology of the church, and would raise the question of theoretical drag (2004:12).

Volgens Smit kan “theoretical drag” bydra tot die vertraging in die implementering van sosiale en ekonomiese geregtigheid. Dit in sigself veroorsaak dat die realiteit van ’n menswaardige samelewing óf op die langer baan geskuif word óf selfs nooit tot realisering kom nie. Smit meen die oorsake tot vertraging is onder ander die feit dat wette en die wetgewende stelsel redelik betroubaar is en daarom as sulks stadig verander. Dit kan toegeskryf word aan die karakter van die wet om sekuriteit aan die publieke verwagting te verleen. Die feit dat die publieke verwagting en opinie nie altyd heeltemal gereed is vir wetgewing wat sosiale en ekonomiese geregtigheid beliggaam nie, dra ook by tot “theoretical drag”. Dus kan die rol van die akademici in die teorievorming nie onderskat word nie.

Koopman (2005b) deel die uitgangspunt van Smit dat die akademici, in dié geval veral en besonderlik in die teologie, kan help met teorievorming met die doel vir die daarstelling van ’n menswaardiger samelewing. Alhoewel Koopman noem dat teologie ’n positiewe en konstruktiewe116 bydrae kan lewer met die teorievormingsproses, erken hy ook dat teologie (godsdiens) in die verlede al ook ’n negatiewe117 en destruktiewe rol gespeel het.

Koopman (2005b) benadruk egter wel dat indien sosiale en ekonomiese regte vervul gaan word, en wat as sulks dan die realiteit van ’n menswaardiger samelewing sal kan laat realiseer, is die interaksie tussen die teologie, akademiese instellings, die media en gemeenskapsorganisasies byvoorbeeld van kritiese belang. Die kardinale vraag wat die interaksie met betrekking tot teorievorming moet begelei, is die vraag Hoe gaan dit die kwesbaarste (gemarginaliseerdes, armes van die armstes) van die gemeenskap raak? (Koopman, 2005b).

Koopman (2005b) waarsku ook dat teologie nie net die rol van ’n waghond (soos dit die geval was in die dae van apartheid) moet speel nie. Teologie moet ook nie as ’n gekoöpteerde tot die agenda van die regering gebruik word nie, maar moet as ’n volwaardige agent tot die debat van teorievorming toetree.

116

Oor die konstruktiewe rol van teologie, veral in Suid-Afrika, sien onder andere Walshe, in Elphick en Davenport (1997:383–399), en De Gruchy (1997:445–454) asook Koopman (2003:1–19). Sien ook die werk van Küng met betrekking tot die potensiële opbouende en konstruktiewe rol van teologie, onder meer Küng (1996) asook Küng en Kuschel (1993).

117 Sien Huntington (1997). Vir verdere insig oor die negatiewe uitwerking van teologie (godsdiens) met betekking tot sosiale en ekonomiese geregtigheid, sien Berger (1999) asook Green en Neusner (1996).

Teologie as volwaardige rolspeler in die teorievormingsproses se besondere impak is op die gebied van moraliteit. Teologie kan, volgens Koopman, alle rolspelers help om te sien en te verstaan dat die implementering van menseregte nie net ’n politieke, sosiale, wettiese, filosofiese en sosiologiese uitdaging alleen is nie, maar dat dit ook ’n morele uitdaging is. Sy argument is: “Morality has to do with the wellbeing, happiness and wholeness of human beings and other creatures. Something is morally good when it serves this wellbeing and it is morally bad if it does not” 118 (2005b:7).

Gustafson meen dat teologie op vier maniere die teorievormingsproses tot hulp kan wees. Die vier maniere kan as die profetiese, narratiewe, etiese of tegniese, en beleidsdiskoers geïdentifiseer word. Hierdie vier maniere ondersoek onder meer die wortels van morele en sosiale probleme, maar wys ook na die moontlikheid van ’n beter morele en sosiale gemeenskap. As sulks sluit Gustafson aan by Smit, wat meen dat teologie ’n eskatologiese uitkyk bybring wat as sulks dan die element van hoop tot teorievorming voeg. Verder meen Gustafson119 dat die narratiewe diskoers veral belangrik is vir teorievorming, juis omdat dit mense help onthou. Volgens Gustafson vorm stories120 ook mense se gewete en karakter. Dit help om duidelikheid te verleen en kan so help met die teorievorming. Die etiese of tegniese diskoers gebruik konsepte wat gewoonlik deur Christelike oortuigings ondersteun word, maar wat terselfdertyd ook met ander geloofsoortuigings gedeel kan word. Die beleidsdiskoers worstel met vrae soos Wat is nou eintlik die wenslike binne die raamwerk van wat wel moontlik is?; Het ons die mag om verandering te beïnvloed?; en Wat is die tydsraamwerk waar binne doelwitte bereik moet word?

Die teorievormingsproses vir die transformering van vervalle, gebroke en hopelose gemeenskappe kan nie waag om die belangrikheid van konsepte soos geregtigheid, sosiale en ekonomiese bemagtiging te onderskat nie. Vir die massas wat vroeër deur die politieke bestel gemarginaliseer is, kon politieke regstelling en die verkryging van menseregte swaar geweeg het. Met sosiale en ekonomiese ongelykhede wat nog ervaar word, kan die klem verskuif van politieke gelykheid na veral die genot van sosiale en ekonomiese geregtigheid. Politieke regte en menseregte beteken maar min in die aanwesigheid van sosiale en ekonomiese ongelykhede. Koopman beklemtoon dit op ’n

118 Vir ’n definisie van moraliteit in terme van die idee van sekuriteit en welstand, sien Birch en Rasmussen, 1989:38–39.

119 Vir ’n breër insig, sien Gustafson, 1988a en 1988b.

120 Met betrekking tot die rol en belangrikheid van stories, was Hauerwas sekerlik die teoloog en etikus wat stories weer op die voorgrond geplaas het. Sien van sy belangrike werke: Hauerwas, 1974; 1977 ; 1981; 1983, asook sy ander werke.

uitsonderlike manier (2005b). Sy keuse om veral geregtigheid te verstaan as “compassionate justice” werp selfs groter lig op en beklemtoon weereens die belangrikheid van die rol van die akademici in teorievorming. Koopman argumenteer:

‘Justice has two dimensions that can be derived from two different words for justice in Hebrew. Tsedaqah refers to the sacrifice that is required to transform people into just people and into people who are also willing to make sacrifices for the sake of the other. Mispat refers to forensic justice that is enforced by legal measures. These measures would include contemporary notions like human rights. Compassionate justice therefore would argue that legal justice and the ethos of compassion and sacrifice, cooperate to bring forth a life of justice and dignity for all humans and the environment (2005b: 8).

Die transformasie van gemeenskappe kan, soos bo geargumenteer is, deur die vorming van teorieë wat die implementering van menseregte bevorder, aangehelp en selfs versnel word. Dit alleen is egter ook nie genoeg nie. Dié inisiatief moet verder gerugsteun word deur die hersiening van bestaande wette. Dit sal in die volgende paragrawe geargumenteer word.