• No results found

Die nuanses van godsdiensvryheid

HOOFSTUK 3 GODSDIENSBEOEFENING EN KONSTITUSIONALISME

3.4 Die nuanses van godsdiensvryheid

In hierdie afdeling word godsdiensvryheid as 'n beskermde reg van naderby beskou. Hierdie ontleding word gedoen sodat die verskillende komponente van godsdiensvryheid geïdentifiseer kan word in 'n poging om die mees gepaste staatsbenadering tot godsdiensvryheid te identifiseer.

Heyns en Brand165 beskryf godsdiensvryheid as 'n basiese mensereg wat bestaan

uit twee hoofkomponente wat soms teenoor mekaar, maar ook komplementerend tot mekaar is. Aan die een kant behels godsdiensvryheid die behoefte om metafories uitgelos te word in jou oortuigings en aan die ander kant behels dit die behoefte om met ander in interaksie te wees. Eersgenoemde gaan oor persoonlike outonomie in die sin dat elke individu self mag besluit wat om te glo en hoe om dit uit te leef. Om hierdie behoefte te bevredig, moet die individu beskerm word teen dwang om enige van die bogenoemde te moet doen. In die Prince-saak het regter Ngcobo dieselfde in verband met die grondwetlike reg op godsdiensvryheid in artikel 15(1) van die Grondwet gesȇ:

Implicit in the right to freedom of religion is the "absence of coercion or restraint". Thus "freedom of religion may be impaired by measures that force people to act or refrain from acting in a manner contrary to their religious beliefs.166

Dit is gebaseer op die aanname dat oortuigings slegs betekenisvol kan wees indien dit die ware geloof van die persoon reflekteer. Sowel godsdienstiges as nie- godsdienstiges behoort saam te stem op hierdie punt.167

Die tweede aspek van Heyns en Brand168 se benadering het die belange van

groepsuitlewing van godsdiens voor oë. Dit beoog om die belange van gemeenskappe te beskerm waar geloofsoortuigings van een geslag na die volgende oorgedra word. Dit is gebaseer op die uitgangspunt dat godsdiens en oortuiging nie geheel en al slegs van die individu se vrye keuse afhang nie. Vrye wil is belangrik, maar die sosiale karakter van die mens sal veroorsaak dat die

165 Heyns en Brand 2000 Emory International Law Review 703. 166 Prince-saakpara 38.

167 Heyns en Brand 2000 Emory International Law Review 703. 168 Heyns en Brand 2000 Emory International Law Review 703.

88

gemeenskap wel 'n invloed op sy lede sal hȇ, veral dan ook met betrekking tot godsdiens en oortuiging. Vrye wil is daarom in hierdie opsig beïnvloedbaar. Daar moet egter in gedagte gehou word dat die behoefte om deel te wees van iets wat groter as jyself is by sowel godsdienstiges as nie-godsdienstiges gevind kan word. Dus is dit nie net godsdienstiges wat gemeenskappe vorm met ander wat hulle oortuigings deel nie maar ook nie-godsdienstiges.169

Die liberale regstaat plaas gewoonlik meer klem op die individu se reg om beskerm te word teen staatsinmenging in persoonlike kwessies en vind gewoonlik meer aanklank by die Westerse wȇreld.170 John Locke se idees het dit selfs geregverdig

om geweld revolusie te voer indien die staat sy perke oorskry en inmeng met die individu se gewetensake en ander vorms van vryheid:

In his defence of the "Glorious Revolution," Locke argued that threats to "life, liberty and estate" could be invoked to justify the claim by citizens that the State has failed to honour its obligations under the social contract, and that as a result ordinary people were no longer required to obey the State and could protect their own interests. Resistance, according to this approach, could also be active: not only non-cooperation, but violence too, could in principle be justified.171

Die kommunitaristiese idee van die staat lȇ weer meer klem op die komponent van godsdiensvryheid wat voorsiening maak vir interaksie of groepsgebaseerde uitlewing van godsdiens en vind meestal meer aanklank in die Afrika- wȇreldbeskouing.172 Soos dit hieronder173 ook verduidelik sal word, kan elemente

van albei tegelyk betrokke wees en daarom moet 'n regsfilosofiese benadering tot godsdiensvryheid ook voorsiening maak vir albei.

Heyns en Brand174 beskryf verder die twee vrae wat in die kern lȇ van die

onderneming om 'n gepaste staatshantering van godsdiens te vind. Die eerste vra

169 Beide godsdienstige en nie-godsdienstige gemeenskappe het daarom die vermoë om deur

sosiale druk ander rondom hulle te beïnvloed met hulle oortuigings. Daarom is hierdie 'n argument ten gunste vir die gemeenskaplike uitoefening van godsdiens ten behoewe die behoud van die vrye beoefening van godsdiens. Dit kan egter nie gebruik word as argument om slegs godsdienstiges te verbied om hulle oortuigings in gemeenskap met ander in die openbaar uit te leef nie; sien para 4.3.2.3 onder vir 'n uitbreiding op hierdie punt.

170 Heyns en Brand 2000 Emory International Law Review 703. 171 Heyns en Brand 2000 Emory International Law Review 701. 172 Heyns en Brand 2000 Emory International Law Review 703. 173 Sien para 3.4.3.1 bo.

89

die vraag oor hoe ver die staat se reg om in te meng met godsdienstige oortuigings en praktyke strek; die tweede behels die vraag oor die mate waartoe die staat toegelaat mag word om godsdiens te ondersteun en te bevorder.

Hulle175 brei uit op hierdie vrae deur te sȇ dat die bevordering van godsdiens deur

die staat direk of indirek kan wees. Direkte bevordering kan wees die bevordering van die idee van godsdiens oor die algemeen of dit kan die bevordering van 'n spesifieke godsdiens as die amptelike staatsgodsdiens behels.176 Indirekte

bevordering is waar die staat spesifieke ruimte vir godsdiens en godsdiensbeoefening skep deur die gebruikmaking van staatsplatforms. Dit kan wees vir die bevordering van die idee van godsdiens of om die geleentheid aan spesifieke godsdienste te gee om hul godsdiens te bevorder deur die gebruikmaking van staatsplatforms. Verskillende benaderings is moontlik in hierdie verband, wat dan aansluit by die vraag oor hoe ver die staat se reg om met godsdienstige oortuigings en praktyke in te meng, strek. Die eerste is waar die staat vyandig is teenoor godsdiens. In so 'n geval sal individue nie toegelaat word om beswaar te maak teen die inmenging van die staat in die vrye beoefening van godsdiens nie. Dit sal ook vereis dat die staat geen godsdiens mag ondersteun nie. Die tweede is waar die staat streng sekulȇr is. Soos reeds hierbo177 verduidelik is, is 'n streng

sekulȇre staat 'n staat waar daar 'n skeidsmuur tussen die staat en godsdiens bestaan. Die een mag glad nie inmeng op die terrein van die ander een nie. Dit beteken dat die staat nie mag inmeng met die vrye beoefening van godsdiens nie, maar die staat mag ook nie steun aan godsdiens bied in enige vorm nie. Die derde is 'n semi-sekulȇre staat. In hierdie staatsmodel sal daar nie 'n skeidsmuur tussen godsdiens en die staat bestaan nie. Staatsinmenging by godsdienskwessies word nie toegelaat nie, maar die staat word wel toegelaat om godsdiens te ondersteun, onderhewig aan sekere voorwaardes. Direkte ondersteuning van 'n spesifieke godsdiens sal buite die kwessie wees, maar die ondersteuning van die idee van godsdiens sal toelaatbaar wees. Die staat kan ook sy platforms beskikbaar stel om

175 Heyns en Brand 2000 Emory International Law Review 704-705.

176 Hierdie sienings kan ook waargeneem word in staatsbenaderings wat onderskeidelik meer klem

op kommunitarisme of individualisme sal plaas; sien para 3.4.3.1 bo.

90

gebruik te word deur godsdienstige groepe vir die bevordering en verkondiging van spesifieke godsdienstige oortuigings, onderhewig aan sekere voorwaardes.

'n Land se staatsbenadering kan uit 'n kombinasie van hierdie benaderings bestaan en word uiteindelik ook beïnvloed deur die mag van individue en groepe in kultuurvorming en die historiese konteks van die spesifieke land, soos dit aan die begin van hierdie hoofstuk beskryf is.178 Na aanleiding van die bespreking van

neutraliteit en sekularisme179 kan daar wel afgelei word dat geen staatsbedeling

wat óf neutraliteit óf sekularisme nastreef, regverdig met godsdienspluralisme kan handel nie. Dieselfde geld vir sekulȇre benaderings wat 'n leë ruimte in die vorm van 'n openbare sfeer laat waar enige van die bogenoemde twee benaderings in 'n meerdere of mindere mate kan inkruip.