• No results found

Die navorsingspopulasie was beperk tot die geselekteerde hoërskole in die Helderberg- area. Hierdie area word in geheel deur agt publieke hoërskole bedien. My steekproefpopulasie het uit ses opvoeders wat in diens van die WKOD is, bestaan. Twee van die deelnemers was verbonde aan 'n hoërskool wat in 'n hoë sosio- ekonomiese area geleë is. Hierdie skool, 'n tradisionele blanke skool, is van uitstekende hulpbronne voorsien en die meerderheid leerders is afkomstig uit huisgesinne wat

finansieel welgesteld is. Een opvoeder was verbonde aan 'n skool wat leerders afkomstig uit 'n woonbuurt met 'n gemiddelde sosio-ekonomiese status, bedien. Hierdie skool was ook 'n tradisionele blanke skool met 'n diverse leerdersamestelling wat wissel van leerders uit lae inkomstegroepe tot leerders uit bogemiddelde inkomstegroepe. Die oorblywende drie opvoeders het onderrig verskaf aan tradisionele nie-blanke skole wie se leerders hoofsaaklik in minder gegoede woonbuurtes woonagtig is. Hulpbronne vir hierdie drie opvoeders is ook beperk. Drie opvoeders was manlik en drie vroulik. Almal was ervare opvoeders wat gemiddeld 21 jaar in die onderwys is. Tabel 4.1 verskaf relevante demografiese data van die deelnemers.

Tabel 4.1: Demografiese inligting van deelnemers

Deelnemer Geslag Tersiêre Kwalifikasies Jare verbonde aan huidige skool

Annemarie* Vroulik B.A., HOD, Diploma in Jeugweerbaarheid Diploma in Tegnologie

15 jaar Bertha Vroulik B.A. Tale, HOD 14 jaar

Heleen Vroulik B.Sc. 20 jaar

Jan Manlik Laer Sekondêre Onderwysdiploma, B.Ed., tans besig met M.Ed.

3 jaar, maar altesaam 25 jaar werksaam in die onderwys Chris Manlik B.Soc.Sc., HOD, M.Ed. 8 jaar, maar altesaam 30 jaar

werksaam in die onderwys

Deon Manlik B.Sc., HOD 21 jaar

*Skuilname is vir die deelnemers gebruik

4.2.2 Implementering van die navorsing

Aangesien al ses die deelnemers werknemers van die WKOD was en die navorsingsvraag pertinent inligting wat op die WKOD betrekking het, impliseer, moes ek vooraf skriftelike toestemming van die WKOD bekom om die navorsing te doen. Die WKOD het goedkeuring vir navorsing gedurende die tydperk 1 Mei 2007 tot 30 September 2007 in ses voorafgeïdentifiseerde skole verleen. Gedurende Mei 2007 het ek met die verskillende skole se skoolhoofde vir toegang onderhandel. Die meerderheid skoolhoofde was positief ingestel teenoor die navorsing en het aangedui dat hulle die tema ondersteun. Een van die skoolhoofde was egter agterdogtig oor die keuse van sy

skool vir die navorsing en het aangedui dat ek hom op 'n latere stadium kon kontak, wanneer ek eerder met hom 'n onderhoud moes voer. Hierdie skool is nie verder by die res van die navorsing betrek nie. Opvoeders by die deelnemende skole het vrywillig aan die navorsing deelgeneem.

Onderhoude met die opvoeders het gedurende Junie 2007 plaasvind. Gedurende hierdie tydperk het opvoeders aan 'n landswye staking vir beter salarisse deelgeneem. Die ses opvoeders met wie ek onderhoude gevoer het, was egter steeds elke dag by hul werk en volgens hulle het verrigtinge by hul onderskeie skole relatief normaal voortgegaan. Twee van die opvoeders het aangedui dat hulle deur die beheerliggaam en die skoolhoof geïntimideer is om nie aan die staking deel te neem nie terwyl die ander vier opvoeders aangedui het dat hulle verplig voel om 'n diens aan die skool en die gemeenskap te lewer en dus nie kan staak nie. Al die opvoeders het egter die rede vir die staking ondersteun.

Die ses opvoeders met wie onderhoude gevoer is, het ook ingewillig om tydens Julie 2007 'n reflektiewe dagboek te hou van hul ervaringe. Hulle is aangemoedig om refleksies oor emosies wat met spesifieke gebeure gedurende die dag geassosieer word, in die dagboek aan te teken.

4.2.3 Data-analise en interpretasie

Die data wat ingesamel is, het bestaan uit getranskribeerde onderhoude, notas, dokumentasie en reflektiewe joernaalinskrywings. Die verskillende vorme van dataversameling wat in hierdie navorsingsprojek gebruik is, het gelei tot die akkumulasie van 'n geweldige hoeveelheid data. Dit was noodsaaklik om hierdie data te verminder om die interpretasie daarvan te vergemaklik, maar die proses van datavermindering moes ook op 'n verantwoordbare wyse geskied sodat belangrike inligting nie verlore gaan nie. Gevolglik het ek van oop kodering (Patton, 2002) gebruik gemaak om die data tot betekenisvolle eenhede te verminder (Sien Aanhangsel D vir 'n lys van die kodes wat gebruik is). Ek het ook kleurkodering vir die uitwysing van verbandhoudende temas gebruik (sien Aanhangsel E vir 'n voorbeeld van oop en kleurkodering). Nadat alle data

deur oop en kleurkodering verminder is, kon die temas en subtemas van die bevindinge uitgewys word.

Aparte tabelle vir die verskillende temas met die onderskeie subtemas is opgestel. Response en waarnemings wat by elke tema en subtema gepas het, is in hierdie tabelle aangeteken. Die oorsprong van die response vanuit die versamelde data is ook in die tabelle aangedui (sien Aanhangsel F). 'n Voorbeeld van so 'n aanduiding is (O:D1/22) wat verwys na 'n respons van deelnemer 1 tydens 'n onderhoud op bladsy 22 van die getranskribeerde notas. Aanhalings gemerk met 'n R, OB en G se oorsprong is respektiewelik in die reflektiewe dagboeke, observasies en 'n gedig. Nadat al die data verminder en in tabelvorm georganiseer is, was dit moontlik om my bevindinge aan die hand van temas en subtemas te bespreek.

Nadat die data gekodeer is, is dit in vyf hooftemas georganiseer. Hierdie temas was die volgende:

• Opvoeders se refleksies ten opsigte van hul emosionele welsyn. • Invloed op ander dimensies van welstand.

• Rolspelers wat 'n invloed op opvoeders se emosionele welsyn het.

• Toegewydheid aan die beroep.

Voorstelle ter verbetering van opvoeders se emosionele welsyn. Vervolgens word elkeen van die temas se data voorgelê en bespreek.

4.3 OPVOEDERS SE REFLEKSIES TEN OPSIGTE VAN HUL EMOSIONELE