HOOFSTUK 3: PSIGONEUROIMMUNOLOGIE
3.3 DIE KOMMUNIKASIEKANALE
Die brein word as die liggaam se eerste linie van verdediging van 'n siektetoestand
gesien en die gedagtes is die voorkomende funksionering van die brein (Ray, 2004).
Die immuunsisteem oefen 'n wederkerige fisiologiese dialoog uit deur twee
geleidingsbane, naamlik : die neurale en endokriene sisteem. By veelvuldige
interseksies is die sentrale en perifêre senuweesisteem in direkte en indirekte kontak
met mekaar en ook met die endokriene sisteem. Die senuwee en die endokriene
sisteem werk saam om homeostase by die liggaam se interne omgewing mee te bring.
kommunikasie, integrasie en liggaamsbeheer uit (Miller, 1992). Die neuro-, immuun-
, endokriene netwerk word deur anatomiese, sellulêre en molekulêre aksies
gekarakteriseer sowel as komplekse sel en weefselpatrone. Vervolgens sal daar na die
neuro-immuun en die endokriene/immuun dialoog gekyk word.
3.3.1 DIE NEURO-IMMUUNDIALOOG
Huidige interdissiplinêre ondersoeke toon dat die outonome senuweesisteem en die
immuunsisteem 'n naby funksionele interverhouding by verskeie nodale interseksies het
(Ader en Cohen, 1993; Besedovsky en del Rey, 1996b; Felten en Felten, 1994; Ottaway
en Husband, 1994; Weihe et al, 1991a). Daar is 'n direkte kontak tussen die outonome
senuweesisteem en al die hoof immuunorgane, die timus, milt, limfnodes en selfs die
beenmurg. Die senuwee/immuunkonneksie is uiters omvattend wat beide vertakkings
van die outonome senuweesisteem (naamlik die simpatiese en parasimpatiese) insluit
(Rinner en Schauenstein, 1991). Dit beteken dat sowel spanning as ontspanning 'n
direkte betrokkenheid op die immuunrespons het.
Die neuro-immuundialoog vind plaas deur neurale boodskappers wat as die neuro-
oordragstowwe, sitokines en neuropeptiede bekend staan. Hulle reageer direk op die
immuunselle deur te bind met 'n spesifieke immuunselreseptor of indirek deur die
aktivering van 'n sekondêre boodskapper by ondersteunde selle (Schedlowski en
Tewes, 1999). Die fasilitering van die samevoegende integrerende respons van die
hele organisme is in staat om 'n homeostatiese ewewig voort te bring (Saperstein et al,
1992; Terao et al, 1993; Lyson en McCann, 1992). Dit is belangrik om daarop te let
dat die immuun en die senuweesisteem deur dieselfde meganismes leer en albei kan
Dit blyk verder dat die oordragstof sitokine, die neurale funksie beide in die perifere
en sentrale senuweesisteem indirek beïnvloed. Die strukturele ooreenkomste tussen
die senuwee- en immuunsisteem is verder genoegsaam om die liggaam en gedagtes as
een identiteit te sien (Masek et al, 2000; Saperstein et al, 1992; Lyson en McCann
1992).
Die volgende tabel 3.2 toon die oordragstowwe van die senuweesisteem aan wat op
die immuunselle reageer en boodskappers van die immuunsisteem wat weer die
senuweesisteem beïnvloed.
Tabel 3.2 Boodskappers in die Neuro-immuundialoog
BOODSKAPPERS VAN DIE SENUWEESISTEEM Klassieke neuro-oordragstowwe
Noradrenalien (post-ganglioniese simpatiese neurone) Asetielcholien (post-ganglioniese parasimpatiese neurone)
Opwekkende aminosure
Neuropeptiede
Substansie P
Kaliftonien gene-verband peptiede
Neuropeptiede 1
Vasoaktiewe ingewande polipeptiede Opiate
Groei faktore
BOODSKAPPERS VAN DIE IMMUUNSISTEEM Sitokines
Neuropeptiede
Groei faktore en neurotrofien
Uit : Schedlowski en Tewes, Psychoneuroimmunology-An interdissiplinary
Introducution, 1999:169
3.3.2 DIE ENDOKRIENE-IMMUUNSISTEEMNETWERK
Daar vind 'n duidelike tweerigting interaksies tussen die immuun en endokriene
wat die immuunfunksies moduleer as die hormone daarmee bind. Daarenteen word
sitokinereseptore ook gevind op selle en weefsel van die endokriene sisteem en hulle
kan die aktiwiteit van die endokriene sisteem moduleer (Song en Leonard, 2000).
Blalock (1984) se vroeër teorie toon 'n tweerigting kommunikasienetwerk tussen die
immuun en senuweesisteem, latere werke toon dat die immuunmolekule 'n goeie
stimulus tot die pituïtêre selle is en dat die vrystelling van die anterior pituïtêre
hormone positief deur die vrystellingshormone van die hipotalamus beheer word. Dit
is dan ook die begin van die anatomiese verbinding tussen die drie sisteme. Die
studies van Buske-Kirschbaum et al (1997) toon voorts dat die brein ook die
immuunsisteem deur die hormone van die spanningsrespons beheer. Spanning het
dus die vermoë om die brein-immuniteit kommunikasie te wysig.
Van belang hier is die spanningsrespons wat deur die hipotalamiese-pituïtêre adrenale
as (HPA-as) en die simpatiese adrenomedullêre as (SAM-as) bemiddel word. Tydens
die sensoriese herkenning van spanning sal die hoër sentrums van die sentrale
senuweesisteem (SSS) kognitiewe stimuli voortbring wat die hipotalamus stimuleer
om die hormoon kortikotropien (CRF) vry te stel. Dit sal die sekresie van die
hormoon adrenokortikotropien (ACTH) asook kortisol deur die adrenale klier
stimuleer (Sternberg 2000). Spanning stimuleer ook die produksie van sitokines en dit
verswak die immuunsisteem. Daar is ‘n duidelike verhouding tussen spanning en die
sitokinesekresies van die brein (Kronfol en Remick, 2000; Maes, 1999).
Soos reeds gesien is die sitokines 'n belangrike oordragstof en hulle staan soms ook as
die hormone van die immuunsisteem bekend, wat beide as immuun en
neuromoduleerders optree (Plotnikoff et al 1999). Sodat sitokines egter as
immuunboodskappers na die brein kan beweeg moet die nodige sitokinereseptore in die
brein voorkom. Haas en Schauenstein (1997) toon dat daar baie sitokine reseptore in die
sommige van die reseptore moduleer. Behalwe van die ekspressie van sitokinereseptore
in die brein, sal sekere sentrale senuweeselle ook sitokines produseer. Navorsing toon
verder dat sitokine die HPA-as, veral tydens infeksie beïnvloed (Berkenbosch et al,
1987). Dit is veral interleukin-1 (IL-1) 'n familielid van die breinsitokines wat deur
makrofages geaktiveer word en 'n rol by infeksie speel (Maier et al, 2001). Navorsing
aangaande spanningsvolle situasies wat immuunsisteme beïnvloed deur Mc Clelland et
al (1980) en Jemmott et al, (1983) toon dat sIgA sekresies tydens spanning verlaag.
Navorsing aangaande respiratoriese infeksie wat verband hou met spanning is deur
Cohen et al (1991) Cohen et al (1999) en Takkouche et al (2001) gedoen wat almal 'n
positiewe korrelasie tussen spanning en respiratoriese infeksie toon.
Van belang is dat die twee spanningasse beheer word deur sitokines. Analitiese werk
deur Hanisch (2001) op die serebrale effek, geleidingsbane, interaksies, reseptore en
meganismes van aksie van die twee spanningsasse bevestig dit. Dit ondersteun ook
die moontlikheid dat sitokines as 'n neuroregulerende meganisme kan optree en
gedrag kan beïnvloed.
Dit beteken dus dat daar 'n duidelike verband tussen infektiewe toestande en spanning
is. Sitokine is 'n moduleerder van die endokriene sisteem omdat dit die hipotalamus
stimuleer en ook daardeur 'n invloed op die pituitêre en adrenale klier uitoefen en so
die spanningsasse tot aksie bring (Kiecolt-Glaser en Glaser, 1992). Dit beteken dat die
persepsie van spanningstoestande en die aanleer van spesifieke hanteringsmetodes