• No results found

4.8.1 Verband tussen art 10 en die internasionale reg

Artikel 10 van die Kinderwet lui soos volg:

Deelneming van kind –

Elke kind van sodanige ouderdom, volwassenheid en fase van ontwikkeling dat hy of sy in staat is om deel te neem aan enige aangeleentheid betreffende daardie kind het die reg om op enige gepaste wyse deel te neem en behoorlike oorweging moet gegee word aan sienswyses wat deur die kind uitgespreek is.

Artikel 10 verleen ooglopend ʼn reg wat onderhewig aan die vermoë is om dit regtens uit te kan uitoefen. Laasgenoemde artikel is in pas met die reg tot deelname soos in beide artikel 12 van die KRK en artikel 7 van die AVRWK verwoord.392 Soos in paragraaf 3.3.4.2 in hoofstuk 3 aangetoon, koppel nie een van hierdie instrumente die kind se reg op deelname aan ʼn sekere ouderdom of ʼn

391 A 3(1) van die AVRWK en a 4(1) van die KRK soos bespreek in hfst. 3. 392 Davel "The child's right to legal representation in divorce proceedings".

spesifieke stadium van ontwikkeling nie. Die kriterium vir bepaling van deelname is steeds die kind se ouderdom, volwassenheid en mate van ontwikkeling.

4.8.2 Wyse van deelname

Die reg op deelname kan verskeie vorme aanneem.393 Artikel 28(1)(h)394 van die Handves identifiseer ʼn vorm van deelname naamlik die reg op regsverteenwoordiging. Laasgenoemde reg word verlang in aangeleenthede waar by gebreke daaraan ʼn wesenlike onreg sal volg.395 Daar moet met omsigtigheid gehandel word om konflik van belange te vermy.396 Die Kinderwet maak in besonder voorsiening vir die gevalle waar die kind se reg tot deelname uitgeoefen word.397

393 A 10 van die Kinderwet maak voorsiening dat die kind die reg het om op ʼn gepaste wyse deel te neem.

394 A 28(1)(h) om, in siviele verrigtinge wat die kind raak, deur die staat op staatskoste van ʼn regspraktisyn voorsien te word indien dit andersins tot wesenlike onreg sou lei;

395 Stewart en Feldhaus "The nature and extent of the duty to provide legal assistance to children at state expense in civil matters".

396 Committee on the Rights of the Child, General Comment No 12, The right of the child to be

heard CRC/C/GC/12 (2009) par. 36.

397 A 60(3) moontlik, in ʼn ontspanne en nie-opponerende atmosfeer gevoer word wat bevorderlik is tot die verkryging van die samewerking van elkeen wat betrokke is by die verrigtinge.

Asook aa 61(1)(a) en (b)

(1) Die voorsittende beampte in ʼn aangeleentheid voor ʼn kinderhof moet ―

(a) ʼn kind wat betrokke is by die aangeleentheid toelaat om ʼn sienswyse en voorkeur in die aangeleentheid weer te gee indien die hof bevind dat die kind, gegewe die kind se ouderdom, volwassenheid en fase van ontwikkeling en enige spesiale behoeftes wat die kind mag hê, in staat is om deel te neem aan die verrigtinge en die kind verkies om dit te doen; (b) die redes notuleer indien die hof bevind dat die kind nie in staat is om deel

te neem aan die verrigtinge nie, of onwillig is om ʼn sienswyse of voorkeur weer te gee in die aangeleentheid; en

55. Regsverteenwoordiging van kinders ―

(1) Waar ʼn kind wat betrokke is by ʼn aangeleentheid voor die kinderhof nie verteenwoordig is deur ʼn regsverteenwoordiger nie, en die hof van mening is dat dit in die beste belang van die kind sal wees omregsverteenwoordiging te hê, moet die hof die aangeleentheid verwys na die Regshulpraad in a 2 van die Wet op Regshulp, 1969 (Wet 22 van 1969).

(2) Die Raad hanteer ʼn aangeleentheid in subartikel (1) bedoel ooreenkomstig a 3B van daardie Wet saamgelees met die veranderinge deur die konteks vereis.

4.9 Gevolgtrekking

Ooreenkomste in terme van artikels 22 en 33 is soos dit in hoofstuk 5 hieronder aan die orde is, in beduidende mate op die uiteensetting van die ouer-kind- verhouding soos in hierdie hoofstuk uiteengesit geskoei. Aspekte wat in hierdie hoofstuk behandel is en wat in hoofstuk 5 onder die loep geneem sal word, sluit die verantwoordelikheid van sorg, kontak met en voogdy oor, en die beste belang van kind in.

In hierdie hoofstuk is daar ook op daarop gewys dat artikel 18(3) vir die gesamentlike besluitneming deur voogde voorsiening maak.

Dit is juis hierdie aspekte is wat by ouerlike regte en verantwoordelikhede ooreenkomste ingevolge artikel 22 sowel as ouerskapsplanne uit hoofde van artikel 33 aan die orde is. Die konstitusionele verpligting om die beste belang van die kind te handhaaf en bevorder in vanselfsprekend 'n kern oorweging by sodanige ouerskapsplanne en ooreenkomste.

Hoofstuk 5

Ouerlike regte en verantwoordelikhede ooreenkomste en ouerskapsplanne 5.1 Inleiding

Uit die voorafgaande hoofstukke blyk dit ten oorvloede toe dat die ouer-kind- verhouding merkbaar ontwikkel het. Die gesag van ouers binne die ouer-kind- verhouding het ontwikkel van die rigiede Romeinse potestas van die pater tot die gesag wat albei ouers in die Romeins-Hollandse reg kon uitoefen.398 Ouerlike gesag was hier deur ʼn kombinasie van ouerlike regte en verantwoordelikhede gekenmerk. Die gesag het tipies ook die verpligting van ouers onderlê om in die belang van hulle kinders op te tree.399 Die vader se voogdy was gemeenregtelik sterker gevestig as dié van die moeder wat meegebring het dat hy alléén regshandelinge ten aansien van kinders waargeneem het. Die posisie is later in die

Wet op Voogdy opnuut heroorweeg en die moeder se voogdy ten aansien van

kinders was inhoudelik gelyk aan dié van die vader gestel. Onder druk van veranderende mores was dit gevolglik onafwendbaar dat die posisie van ouers ten aansien van kinders verder gewysig sou word om sosiologiese werklikhede beter te weerspieël. Ouerlike regte en verantwoordelikhede-ooreenkomste en ouerskapsplanne om sodanige regte en verantwoordelikhede te vestig in gevalle waar dit nie ten aansien van ʼn ouer bestaan nie is 'n vanselfsprekende ontwikkeling om gestalte aan die veranderende mores te gee.

Ter inleiding van die bespreking van ouerlike regte en verantwoordelikhede- ooreenkomste en ouerskapsplanne word die aandag op die uiteensetting daarvan in hoofstuk 1 verwys waar op die verskil in die Afrikaanse en Engelse teks van die

Kinderwet gewys word.

398 Boezaart (red) Child Law in South Africa 62. Daar word by wyse van herhaling dat ter wille van gerief daar met die uiteensetting in die afrikaanse teks van die wet volstaan word. 399 Spiro Law of parent and child 36 42.