• No results found

Hoofstuk 5. Grammatieshistoriese interpretasie

5.1.2. Die Brief

Paulus89 het die eerste Korintiërbrief in die lente van 55 of 56 geskryf terwyl hy tydens sy 3e Sendingsreis90 in Efese gewerk het. Die aanleiding vir die skryf van die Brief was:

Paulus het ’n mondelinge rapport gekry van Chloë se mense oor rusie (ἔριδες) en verdeeldheid (σχίσματα) in die gemeente in Korinte (1 Kor 1:11-12);

 Die Korintiërs het vir Paulus ʼn brief met verskillende vrae geskryf (1 Kor 7:1);  Paulus kondig ʼn nuwe besoek aan (1 Kor 16:10-11);

 Laatste nuus het ingekom via Stefanas, Fortunatus en Agaïkus wat waarskynlik die eerste rapport aangevul het (1 Kor 16:17-18).

Korinte was in daardie tyd ʼn bloeiende en kosmopolitiese hawestad. Vanweë die strategiese ligging op die landengte tussen Griekeland en die Peloponnesos en die hawes aan die Egeïese See in die ooste en die Ioniese See in die weste, het die stad al die handelsverkeer tussen oos en wes gedomineer.

In dié Romeinse Kolonie was die invloed van die Romeinse kultuur baie sterk91. Die bestuur van die stadstaat was op die Romeinse model geskoei. Die kern van die

89

Dit word algemeen aanvaar dat die 1 Korintiërsbrief deur Paulus geskryf is (Utley 2000:52; Pop 1965:429). Twee keer word sy naam uitdruklik in die Brief as die outeur genoem: 1:1 en 16:21. In sy brief aan die Korintiërs (95/96 AD) getuig Klemens van Rome van die Pauliniese outeurskap (1 Klemens 47:1-3). In die Kanon Muratori (180-200 AD), die oudste bekende lys van boeke van die Nuwe Testament uit Rome, word 1 Korintiërs selfs as eerste van die geskrifte van Paulus genoem, wat die belang van hierdie brief laat blyk.

90

In 16:5-12 vertel Paulus van sy reisplanne wat ook Korinte sal insluit, maar dan skryf hy in vers 8: “Ek sal egter tot pinkster in Efese bly”. Wanneer dit in verband gebring word met Handelinge 20:31, moet Paulus dit geskryf het in die laaste jaar van sy driejarige verblyf in Efese, êrens in die lente van 55 of 56 AD (Radmacher 1997).

65

bevolking het bestaan uit Romeinse veterane en amptenare, en Latyn was die amptelike taal – soos blyk uit tallose inskripsies in grafte en op geboue.

Die stad was welvarend. Handel en verkeer het gebloei en die basis gevorm vir ʼn uitgebreide dienstesektor, soos banke, allerlei vorms van ontspanning, kuns en kultuur, onderwys, en dies meer. In hierdie dinamiese werklikheid was daar ruimte vir kompetisie en loopbaanontwikkeling (Meeks 1983:68-70).

In hierdie bruisende plek het Paulus tydens sy tweede Sendingsreis, ongeveer 52 nC, aangekom en achttien maande saam met sy kollega-tentmaker Aquila en sy vrou Priscilla gewerk om die goeie nuus oor Jesus Christus te verkondig (Hand 18:1-18) – eers in die sinagoge van Korinte, later vanuit die huis van Titius Justus. Al was dit nie altyd gemaklik nie (18:6, 9-10, 12-17), het hy die belang van hierdie stad vir die verspreiding van die Evangelie duidelik gesien:

 Daar was ʼn aansienlike Joodse gemeenskap;

 Via die vele handelsbetrekkinge van die stad sou die boodskap van Jesus Christus vinnig verder kon versprei;

 Vanweë die handelsverkeer en die Isthmiese Wêreldspele wat juis in daardie tyd elke twee jaar in Korinte plaasgevind het, was daar ʼn groot vraag na Paulus se werk as tentmaker. Dit was dus maklik om ekonomies onafhanklik te wees.

 ʼn Sterk gemeente in Korinte sou die aansien en invloed van die nuwe godsdiens in die hele wêreld baie vergroot;

 Ten slotte was hierdie kosmopolitiese, pluriforme plek ʼn goeie proeflopie vir die kontekstualisering van die Evangelie in ander kulture.

Paulus het onderaan die maatskaplike leer begin. Hy het homself in Korinte nie voorgedoen as ʼn groot en gevierde redenaar (wat uitstekend sou aansluit by die toenmalige kompeterende kultuur) nie, maar hy het sy brood verdien met die

vervaardiging en herstel van tente: handearbeid wat nie in hoë aansien gestaan het nie, maar hom wel geleentheid gegee het om onafhanklik te wees en juis met die onderkant van die samelewing in kontak te kom. Hy het daarby besluit om niks anders te verkondig as die gekruisigde Christus, wat ook vir die Korintiërs op dwaasheid sou neerkom (1 Kor 1:18). Die gemeente in Korinte het dan ook nie

bestaan uit die rykes en invloedrykes van die stad nie, maar juis uit die armer lae van die stadsbevolking (1 Kor 1:26).

ʼn Anderhalf jaar het hy in Korinte geveg vir die Evangelie van Jesus Christus, totdat die teenstand van sy volksgenote só groot begin word het, dat hy nie meer goed kon werk nie (Hand 18:12-18). Toe hy vertrek, was daar ʼn klein maar dinamiese

gemeente in Korinte. Nie veel later nie het die charismatiese Christen-skrifgeleerde Apollos, wat deur Priscilla en Aquila in Efese (Handelinge 18:26) verder onderrig was, uit Antiochië hom daar as voorganger in die gemeente opgevolg.

Uit die briefwisseling met Paulus blyk dit dat hierdie nuwe sendinggemeente wat bestaan het uit Jode en nie-Jode, ryklik geseën was met gawes en talente, maar dat hulle ook geworstel het om in die dinamiese, amper ‘post-moderne’ konteks Jesus te volg (Thiselton 2000:33). Die probleem in die gemeente was nie die verdeeldheid nie

91

Dit vorm ʼn goeie verklaring vir byvoorbeeld die diskussie oor die hoofbedekking van vroue (1 Kor 11:2-16), maar ook die wanpraktyke by die Nagmaal (1 Kor 11:17-34) (Thiselton 2000: 5).

66

(Mitchell 1993:67), maar ʼn wêreldse waardesisteem (1 Kor 3:3-4) wat allerlei vrae en probleme na vore laat kom.

Paulus korrigeer hierdie verdraaide waardesisteem nie deur kerkordelike bepalings en prinsipes neer te lê nie, maar deur alles onder die kritiek en die lig van die kruis van Christus te stel. In hierdie lig word alles anders (1 Kor 1:26-31) en staan almal op dieselfde voet (1 Kor 4:7). Ekklesiologie staan nie sentraal in hierdie Brief nie, maar die soteriologie92.

Die oorkoepelende tema van 1 Korintiërs is die verkondiging van verlossing deur die dood en opstanding van Christus, waardeur ʼn mens deel kry aan die geloof, aan die genade en aan die gawes van die Heilige Gees en waardeur ʼn nuwe werklikheid ontstaan wat bepaal word deur respek en liefde vir mekaar (Pop 1965:432). Dit bring ʼn nuwe waardesisteem aan die lig wat sigbaar word in die hele lewe93

. Die indeling van die Brief is dan soos volg (du Rand 1993):

A. INLEIDING (1:1–9)

B. PAULUS PRAAT OOR DIE KERK SE PROBLEME (1:10–6:20) 1. Verdeeldheid in die kerk: partyskappe (1:10–4:21)

2. Onenigheid in die kerk oor misbruike: onsedelikheid, hofsake (5:1–6:20) C. PAULUS BEANTWOORD VRAE UIT DIE GEMEENTE (7:1–15:58)

1. Leiding ten opsigte van die Christelike huwelik (7:1–40)

2. Leiding ten opsigte van Christelike vryheid: offervleis en offermaaltye (8:1– 11:1)

3. Leiding ten opsigte van die erediens (11:2–14:40) 4. Leiding ten opsigte van die opstanding (15:1–58) D. SLOT (16:1–24)

1. Kollekte vir Judea (16:1–4) 2. Paulus se reisplanne (16:5–12)

3. Laaste versoeke en groete (16:13–24)