• No results found

Data-insamelingsprosedure

Hoofstuk 3 Metode van navorsing

3.5.2.2 Data-insamelingsprosedure

Die toetse is tydens normale skoolure afgeneem nadat die nodige skriftelike toestemming verkry is. Die navorser het vooraf persoonlik 'n besoek by die hoofde van die skool afgelê om:

 die navorsingsprobleem aan die hoofde te verduidelik;

 reëlings te tref om die toetse gedurende normale skoolure af te neem; en

 hoofde van die nodige toestemmingsvorms wat deur die ouers van proefpersone onderteken moes word, te voorsien.

Die toetse is soos volg geadministreer:

 Tydens die loodsstudie wat in 2010 gedoen is, is daar opleiding aan die toetsafnemers gegee en afneemprosedures is verduidelik. Toetsafnemers het drie uur opleiding ontvang en is deur die projekleier en monitors by skole gemonitor.

 Die leesbegriptoetse het in groepverband geskied.

 Die fonemiese bewustheid-, leesvlotheid- en woordeskat toetse het individueel plaasgevind, een uur per leerder.

 Die kwantitatiewe data is deur die navorser van hierdie studie en opgeleide toetsers by die skool ingewin. Lokale vir individuele toetsing is deur die hoofde van die skole beskikbaar gestel.

3.6 Finale studie

3.6.1 Deelnemers

'n Trossteekproef is by laerskole in en om Potchefstroom in die Dr. Kenneth Kaunda- distrik, waarvan die onderrigmedium Afrikaans is, getrek. By 'n trossteekproef kan die navorser 'n spesifieke aantal skole kies en al die leerders in die geselekteerde

Hoofstuk 3: | Metode van navorsing 77

skole toets (Cohen et al., 2007). Daar is vier skole geselekteer waarvan twee ewekansig gekies is om deel van die finale studie te wees. Om etiese redes sal daar na die skole verwys word as Skool 1 en Skool 2. Die totale graad 3-populasie van Skool 1 en Skool 2 is geneem om getoets te word. Die onderstaande aantal graad 3-leerders van die onderskeie skole het deel uitgemaak van die steekproef.

 Skool 1: 64 leerders; en

 Skool 2: 60 leerders.

Daar het dus altesaam 124 leerders in graad 3 aan die studie deelgeneem waarvan 64 dogters (51.6%) is en 60 seuns (48.4%) is.

Skool 1 het dus 51.6% van die steekproef uitgemaak, terwyl Skool 2 48.4% uitgemaak het. Die proefpersone van Skool 1 en 2 was oorwegend wit leerders, maar daar was ook swart en bruin leerders in die groep. Die sosio-ekonomiese status van die ouers van leerders van Skool 1 en 2 was laag tot hoog. Al die onderwysers van albei skole Skool 1 en Skool 2 is wit.

3.6.2 Data-insamelingsmetodes

3.6.2.1 Meetinstrumente

Die onderstaande siftingsinstrumente, soos ontwikkel deur navorsers in die SANPAD-projek, is gebruik om leerders se fonemiese bewustheid, leesvlotheid, woordeskat, woordherkenning en leesbegrip vas te stel.

 Fonologiese bewustheid:

Vermenging van woorde (Blending) (bogwoorde):

Ek gaan ’n woord sê van ’n vreemde/onbekende taal, maar ek gaan die woord stadig sê, sodat jy al die klanke wat in die woord is, kan hoor. Ek wil hê jy moet die vreemde/onbekende woord sê wat ons kry as ons die klanke saamsit. Byvoorbeeld, as ek sê /p/ (stilte) /u/ (stilte) /r/, dan wil ek hê jy moet sê: PUR. Goed? Is dit reg so? Kom ons probeer nog een.

Hoofstuk 3: | Metode van navorsing 78 /g/ /e/ /p/ - gep /m/ /a/ /r/ - mar (Regte woorde): /m/ /a/ - ma /l/ /i/ /g/ - lig /s/ /oe/ /n/ - soen

Fonemiese segmentasie (bogwoorde):

Ons gaan vandag ʼn woordspeletjie speel. Ek gaan ʼn woord sê van ’n vreemde/onbekende taal en ek wil hê jy moet die woord in dele opbreek. Jy gaan die woord stadig sê om vir my elke klank in die woord in die regte volgorde te sê. Byvoorbeeld, as ek sê DOS, dan wil ek dat jy sê /d/ (stilte) /o/

(stilte) /s/. Kom ons probeer ’n paar woorde saam.

ep - /e/ /p/ feen - /f/ /ee/ /n/ rup - /r/ /u/ /p/ (Regte woorde): af - /a/ /f/ wel - /w/ /e/ /l/ fout - /f/ /ou/ /t/

Fonemiese weglating (Deletion) (bogwoorde):

Hierdie taak gaan daaroor dat een vreemde/onbekende woord verander moet word om ʼn ander vreemde/onbekende woord te maak. Sê wat ek sê: LUPMAR. Goed, nou gaan ons ʼn ander woord maak. Sê LUPMAR weer, maar nou sonder MAR.

sep sonder /s/ - ep smig sonder /sm/ - ig dalp sonder /p/ - dal

Hoofstuk 3: | Metode van navorsing 79

(Regte woorde):

sonskyn sonder /skyn/ - son piekniek sonder /niek/ - piek meet sonder /m/ - eet

Dekodering (Decoding) (Bogwoorde):

Lees hierdie woorde so goed jy kan. Lees die woorde hardop.

ap zif tum (Regte woorde): hy van lief  Woordeskat:

Verduidelik wat die volgende woorde se betekenisse so goed as wat jy kan.

dou sop

absorbeer

Kies die korrekte antoniem en sinoniem vir elk van die volgende woorde.

koud vinnig hartseer

Hoofstuk 3: | Metode van navorsing 80

Kies die korrekte woord in konteks. Lees hierdie sin:

Om pap te maak is heel eenvoudig. Wat beteken die onderstreepte woord? A lekker

B maklik C interessant D moeilik

 Leesvlotheid:

Lees die volgende asseblief hardop. As jy vashaak, dan sal ek die woord vir jou sê sodat jy kan aanhou lees. Wanneer ek “stop” sê, kan ek jou vra om vir my te vertel wat jy gelees het, so jy moet op jou beste lees. Begin hier:

 Leesbegrip

Lees die volgende stories saggies vir jouself. Nadat jy die stories gelees het, moet jy ʼn paar vrae oor die stories beantwoord. Lees die vraag mooi en omkring dan die regte antwoord. Daar is slegs een korrekte antwoord vir elke vraag.

Hoofstuk 3: | Metode van navorsing 81

o Die vrae by die stories is gebaseer op die beginsels van die PIRLS 2011 Reading Assessment Framework (Mullis et al., 2009:14), nl.:

 teks-ekplisiet is (eksplisiet gestel in ʼn enkele sin)

(20%)

 teks-implisiet is (geïmpliseer deur inligting wat in twee of meer sinne aangebied word)

(30%)

 interpreteer en integreer idees en inligting

(30%)

 ondersoek en evalueer inhoud, taal en tekstuele elemente (20%)

Hoofstuk 3: | Metode van navorsing 82

3.6.2.1.1 Cronbach-alpha koeffisiënt

Die koeffisiënt wat gebruik word om die interne betroubaarheid van ʼn instrument te meet, staan as die Cronbach-alpha koeffisiënt (α) bekend. Dit is op inter- itemkorrelasies gebaseer (Cohen et al., 2007:148). Cronbach-alpha is ʼn maatstaf vir interne betroubaarheid of konsekwentheid, met ander woorde “how closely related a set of items are as a group”. ʼn Statistiese metode is gevolglik gebruik om die Cronbach-alpha koeffisiënt te bereken om die interne konsekwentheid van die verskillende toetse te assesseer (SPSS ). As die items sterk met mekaar korreleer, is die interne betroubaarheid hoog en sal die Cronbach-alpha koeffisiënt naby aan 1 wees. As die items swak geformuleer is en nie sterk korreleer nie, sal die alpha koeffisiënt naby aan nul wees. ʼn Waarde van groter as 0.7 dui op ʼn betroubare instrument (Cohen et al., 2007:506), alhoewel kleiner waarders (0.5 en hoër) ook oorweeg kan word.

Die Cronbach-alpha koeffisiënt is vir elke toets bepaal om die betroubaarheid daarvan te bepaal. Tabel 3.1 dui die Cronbach-alpha waardes van die onderskeie toetse aan:

Tabel 3.1: Die Cron bach -al pha w aardes vir di e vers killen de toetse

Meetinstrumente α Fonologiese bewustheid 0.60 Dekodering 0.97 Woordeskat 0.85 Leesvlotheid 0.97 Leesbegrip 0.77

Hoofstuk 3: | Metode van navorsing 83

3.5.2.2 Data-insamelingsprosedure

Die toetse is tydens normale skoolure afgeneem nadat die nodige skriftelike toestemming verkry is. Die navorser het vooraf persoonlik besoek by die hoofde van die skole afgelê om:

 die navorsingsprobleem aan die hoofde te verduidelik;

 reëlings te tref om die toetse gedurende normale skoolure af te neem; en

 hoofde van die nodige toestemmingsvorms wat deur die ouers van proefpersone onderteken moes word, te voorsien (Sien Aanhangsel A vir die brief van mnr. Mvula en Aanhangsel B vir die brief aan die ouers.).

Die toetse is soos volg geadministreer:

 Die leesbegriptoetse het in groepverband geskied.

 Die fonemiese bewustheid-, leesvlotheid- en woordeskattoetse het individueel geskied, een uur per leerder.

 Die kwantitatiewe insameling van data is deur die navorser van hierdie studie en opgeleide toetsers by die skool ingewin. Lokale is deur die hoofde van die skole vir individuele toetsing beskikbaar gestel.

Die onderstaande prosedures was belangrik vir die afneem van die onderskeie toetse:

Algemeen:

 Die toetsers moes hou by die toetsinstruksies.

 Die toetser moes seker maak dat die leerder die oefenvoorbeelde verstaan en indien nie, nog voorbeelde verskaf totdat hy of sy oortuig is die leerder verstaan die aktiwiteit.

 Die toetsers mag die oefenvoorbeelde slegs tydens die betrokke aktiwiteit aan leerders verduidelik het. Die toetsers mag geen hulp verleen of verder verduidelik het nadat die toetsitems begin het nie.

 Toetsers moes seker maak dat die antwoordboeke korrek en volledig ingevul is.

Hoofstuk 3: | Metode van navorsing 84

Toetsspesifieke prosedures:

 Fonemiese bewustheid

o Die toetsers moes al die klanke korrek en duidelik uitspreek.

o Toetsers moes klanke of woorde herhaal indien dit duidelik was dat die leerder nie die klank of woord korrek gehoor het nie.

o Toetsers moes seker maak dat daar duidelik op die antwoordblad aangedui is hoekom ʼn leerder ʼn betrokke punt behaal het. Indien ʼn leerder een of twee klanke verkeerd gehad het, moes dit duidelik wees watter klanke verkeerd was.

 Dekodering

o Toetsers moes die tyd wat dit leerders geneem het om die woorde te lees, aandui.

o Toetsers moes saam met die leerder volg terwyl die leerder lees om te verseker dat die leerder nie woorde oorslaan of by ʼn spesifieke woord stilstaan nie. Indien die leerder ’n woord ná 3 sekondes nie korrek gedekodeer kon kry nie, moes die toetser die woord vir die leerder lees en aandui dat hy of sy moes voortgaan.

 Leesvlotheid

o Toetsers moes leerders slegs vir een minuut laat lees en aandui tot by watter woord die leerder in die minuut gelees het.

o Toetsers moes saam met die leerder volg terwyl die leerder lees om te verseker dat die leerder nie woorde oorslaan of by ʼn spesifieke woord stilstaan nie. Indien die leerder ’n woord ná 3 sekondes nie korrek gedekodeer kon kry nie, moes die toetser die woord vir die leerder lees en aandui dat hy of sy moes voortgaan.

 Woordeskat

o Toetsers moes toetsitems vir leerders stadig en duidelik lees en ʼn pen gebruik as aanwyser om leerders te help om te volg waar die toetser lees.

o Toetsers moes oefenvoorbeelde herhaal indien leerders nie verstaan het nie.

 Leesbegrip

Hoofstuk 3: | Metode van navorsing 85

o Toetsers het die teks aan die leerders gewys en hulle gevra om dit stil vir hulself te lees. Nadat al die leerders die leesstuk klaar gelees gehad het, moes elkeen die betrokke vrae oor die leesstuk self antwoord.

o Toetsers moes verseker dat leerders hul eie werk doen.