• No results found

Hoofstuk 7: Algemene samevatting, gevolgtrekkings en aanbevelings

2.3.1.6. Data analise

Die data wat deur middel van die voltooide vraelyste verkry is, is deur die NWU se Statististiese Konsultasiediens verwerk. Hierdie data word in hoofstuk 4 bespreek.

33

2.3.2. Enkelstelselontwerp

Volgens Grinnell (1993:115-116) kan die enkelstelselontwerp soos volg omskryf word: “The single system design provides a valuable means of evaluating both agency-based social work programs and the services provided to clients by social workers …and can be used in virtually all types of social work practice models; in work with couples, families, small groups, communities and organizations.” Strydom (2011:159) haal verskeie skrywers aan en beskryf die enkelstelselontwerp as “the ideal way to evaluate the effectiveness and impact of treatment intervention to establish the existence of a cause-and-effect relationship between variables”. Dit behels volgens Ruben en Babbie (2005:80) die bestudering van ʼn subjek/groep op herhalende grondslag. Die kwantitatiewe metode is tydens hierdie studie gebruik omdat die adolessent met selfmoordneigings verskillende redes aanvoer waarom hy selfmoord probeer pleeg en deur die gebruik hiervan kon sy agtergrond, vrese, drome, siening, houding en toleransie vermoë bepaal word. Navorser het groepwerk as metode van maatskaplike werk gekies om bogenoemde aspekte aan te spreek.

Die enkelstelselontwerp is ook gebruik omdat dit volgens De Vos et al. (2011:365) voor, na of tegelyktydig met die kwantitatiewe proses gebruik kan word. In hierdie studie is dit na die kwantitatiewe proses gebruik.

2.3.2.1. Proefpersone

Die aard van die navorsingsondersoek was kwantitatief (Neuman, 2000:28). Die vraelys is deur Perspektief Kollege opgestel en by die skool aan 20 leerlinge uitgedeel. Aanvanklik is daar beplan om 40 leerlinge in die voor-toets te betrek, maar slegs 37 het as deel van die enkelstelselontwerp aan die voor- en natoets deelgeneem waarvan slegs 20 gebruik is. Tussen 14 en 17 leerders het aan die groep deelgeneem. Die verskil in die 37 leerders het ontstaan omrede die onderwyser nie die getal kon bereik met die leerders wat vooraf geselekteer was nie. Hierdie leerders is uit die Lewensoriënteringklas van Seiphemelo Hoërskool geselekteer.

Die leerlinge is gesamentlik as groep ontmoet en die doel van die ondersoek is aan hulle verduidelik. Hulle is die keuse gegee om deel te neem en diegene wat aangedui het dat hulle deel wil wees van die groep het na afloop van hierdie sessie

34

agtergebly vir verdere verduideliking oor hoe die groep gaan funksioneer. Die hoof se samewerking het daartoe gelei dat die onderwyser wat vir die Lewensoriënteringsklas verantwoordelik is leerders vanuit daardie klas geselekteer het om deel van die program te wees. Die seleksie van deelnemers kan volgens Rubin en Rabie (2005:244) sistematies geskied. Daar is gepoog om 20 meisies en 20 seuns as deelnemers te kry, maar dit was volgens die onderwyser nie moontlik nie. Die kriteria wat gebruik is om die deelnemers te selekteer het met hul intellektuele en begripsvermoë verband gehou. Gedragsprobleme is ook ingesluit wat tot ʼn selfmoordpoging kan lei, asook hul sosiale funksionering veral op aspekte van probleemoplossing.

2.3.2.2. Meetinstrument

Die meetinstrument wat gebruik is, was die Personal Multi-Screening Inventory oftewel PMSI (2005:1-11), ʼn persoonlikheidstoetsvraelys wat aan die begin en aan die einde van die proses toegepas is. Die leerders moes die vraelys voltooi.

ʼn Kort selfopgestelde - vraelys (aangeheg) wat uit kort en oop vrae bestaan het, is ook as meetinstrument in die ondersoek gebruik (selfopgestelde meetinstrument).

2.3.2.3. Prosedures

Die navorser het die skool genader om toestemming te verkry om die leerders as steekproef te gebruik. Die skool is gekies omdat dit die skool is wat hoër presteerders het en wat aanvanklik deelgeneem het aan die Noordwes universiteit se navorsingsprojek. Die skoolhoof het ingestem en die ouers is ook genader vir toestemming.

Die onderwyser van die Lewensoriënteringsklas is deur die hoof versoek om die navorser by te staan. Die beplanning om ʼn groep van 40 leerders te betrek het gefaal, soos alreeds vermeld is. Tydens die eerste byeenkoms is aan hulle verduidelik wat die ondersoek behels en hoe die voltooiing van die PMSI-vraelys werk.

2.3.2.4. Etiese aspekte

Toestemming is vanaf die ouers van die leerders wat deel van hierdie ondersoek

was verkry. Die ouers is deur die skool verwittig van die projek en het ingestem dat die leerders kon deelneem. Creswell (2008:64) beklemtoon die belangrikheid van

35

vrywillige deelname, en die leerders het die groepbyeenkomste vrywillig bygewoon.

Vertroulikheid is aan die leerders verseker en is deurentyd handhaaf.

Daar is verseker dat daar geen gevaar of probleme kon ontstaan vir dié wat aan hierdie ondersoek deelgeneem het nie. Die proses het geen gevaar self ingehou nie. Die lokaal (klaskamer is gebruik) was veilig en gepas vir die deelnemers se gebruik. Die navorser het op drie belangrike aspekte gelet: die ras en taal- (leerders is almal Tswana sprekend selfs die Kleurling was die taal magtig), etniese en

kulturele raamwerk van die groep (soos reeds vermeld is die leerders almal van

Ikageng woonbuurt); die implikasies van die uniekheid van hierdie groep (hierdie leerders het een of ander gedragsprobleem gehad); en die bemagtigingsproses wat die einddoel van die studie was (Hepworth et al., 2010:434).

2.3.2.5. Data-analise

Die PMSI-vraelys is aan die deelnemers gegee vir voltooiing per hand, en die data wat daaruit verkry is, is deur die NWU (Potchefstroom Kampus) se Navorsingsafdeling verwerk. Volgens De Vos et al. (2011:415) “one should determine how useful the data are in illuminating the questions being explored and how central they are to the story that is unfolding about the social phenomenon being studied”. Die analisering van data orden die inligting wat bekom is in die soeke na antwoorde.