• No results found

HOOFSTUK 5: DIE INVLOED VAN DIE AGSTE BYLAE

5.3 Toepassing van die relevante woordomskrywings binne die Agste Bylae

5.3.2 Leweringskontrakte gehou tot vervaldatum

5.3.2.2 Beskikking

Ingevolge paragraaf 1 van die Agste Bylae, sluit ’n beskikking enige gebeurtenis, daad, toegeeflikheid of werking van die reg beoog in paragraaf 11 in. Die omskrywing van ’n beskikking, in ooreenstemming met die omskrywing van ’n bate, is baie wyd uitgelê. Volgens McAllister (2010:65) is die rede hiervoor om te voorkom dat sekere gebeurtenisse buite die reikwydte van die Agste Bylae val, ten spyte daarvan dat die wetgewer bedoel het om ook sodanige gebeurtenisse in te sluit. Die toepaslike uittreksel is vervat in paragraaf 11(1) en omskryf ’n beskikking soos volg:

[...] enige gebeurtenis, daad, toegewing of werking van die reg wat die skepping, wysiging, oordrag of vernietiging van ’n bate tot gevolg het en sluit in—

(a) die verkoop, skenking, onteiening, omskakeling, verlening, sessie, uitruil of enige ander vervreemding of oordrag van eienaarskap van ’n bate [...] (eie beklemtoning). Dit is duidelik dat ’n verkoop van ’n bate ingesluit word onder paragraaf 11(1)(a). In die voorafgaande afdeling is die gevolgtrekking bereik dat die aandele, onderliggend aan ’n enkel-aandeeltermynkontrak, die bate verteenwoordig vir die doeleindes van die Agste Bylae. Dit volg dus dat die verkoop van die onderliggende aandele wel as ’n beskikking bestempel sal word aangesien dit toepassing vind binne paragraaf 11(1)(a).

Nadat daar vasgestel is of daar in der waarheid ’n kapitaalwinsgebeurtenis plaasgevind het, naamlik die beskikking van ’n bate, moet bepaal word op watter tydstip hierdie gebeurtenis plaasvind. Paragraaf 13(1) van die Agste Bylae hanteer die tydstip waarop beskikkings ingevolge kontrakte of ooreenkomste plaasvind en die toepaslike uittreksel daaruit lees soos volg:

Die tydstip van beskikking oor ’n bate by wyse van—

(a) die verandering in eienaarskap uitgevoer of uitgevoer te word van een persoon aan ’n ander as gevolg van ’n gebeurtenis, daad, toegewing of deur die werking van die reg is, in die geval van—

(i) ’n ooreenkoms wat onderhewig aan ’n opskortende voorwaarde is, die datum waarop daardie voorwaarde nagekom word;

(ii) ’n ooreenkoms wat nie aan ’n opskortende voorwaarde onderhewig is nie, die datum waarop daardie gesluit is [...] (eie beklemtoning).

Die tydstip van beskikking word derhalwe bepaal na aanleiding van die vraag of daar ’n opskortende voorwaarde is al dan nie. McAllister (2010:105) verskaf die volgende beskrywing van ’n opskortende (“suspensive”) en ontbindende (“resolutive”) voorwaarde binne ’n kontrak:

A suspensive condition suspends the full operation of the obligation under a contract and renders it dependent on an uncertain future event. A clause stating that the sale will only be confirmed if a mortgage bond is granted is a typical suspensive condition [...]. A resolutive condition on the other hand is one in which the continuance of the operation of the agreement is made to depend upon the happening of an uncertain future event. In the case of a resolutive condition there is no postponement of the disposal.

Die standaardterme en voorwaardes van ’n leweringskontrak bepaal dat lewering op die vervaldatum sal geskied. Die belastingpligtige mag egter voor die datum besluit om die kontrak af te sluit (verwys afdeling 5.3.3 vir ’n bespreking van die kapitaalwinsbelastinggevolge in hierdie geval). Ten einde afsluiting te laat geskied, bekom die belastingpligtige ’n kontrak met ’n teenoorgestelde posisie. Die belastingpligtige besit derhalwe twee kontrakte, naamlik ’n lang-posisie en ’n kort-posisie. SAFEX verreken in hierdie geval beide posisies. Die aanvanklike posisie word weens die verrekeningsproses gekanselleer en gevolglik het die belastingpligtige geen verdere verantwoordelikheid om te presteer in terme van enige van die twee kontrakte nie. Die JSE (2010a:14) omskryf die afsluitingsproses, oftewel verrekening, soos volg:

[...] the cancellation of a position in one direction with an equal and opposite position (e.g. a long position in an exchange contract is cancelled by a short position in the same exchange contract) [...].

Die skrywer is gevolglik van mening dat die moontlike afsluiting nie ’n opskortende of ontbindende voorwaarde binne die enkel-aandeeltermynkontrak daarstel nie. Laasgenoemde is bloot ’n keuse wat die belastingpligtige mag uitoefen ten einde die

bestaande kontrak te kanselleer en sodoende enige verdere verpligtinge ingevolge die kontrak te negeer.

Dit word derhalwe aan die hand gedoen dat die tydstip van beskikking, ingevolge paragraaf 13(1)(a)(ii) van die Agste Bylae, die datum is waarop die kontrak aanvanklik aangegaan word. McAllister (2010:107) voer aan dat die gemenereg bepaal dat toevalling, in die geval van ’n uitgestelde koopooreenkoms, eers plaasvind op die datum waarop lewering van die onderliggende bate plaasvind. Ten spyte hiervan veroorsaak paragraaf 13(1)(a)(ii) egter dat die lewering reeds plaasvind op die datum waarop die kontrak aanvanklik aangegaan is. Die volgende aanhaling uit die SAID se kapitaalwinsbelastinggids verskaf die volgende breedvoerige verduideliking (McAllister, 2010:107):

Under paragraph 13(1)(a)(ii) the time of disposal of an asset by a change of ownership effected or to be effected is, in the case of an agreement which is not subject to a suspensive condition, the date on which the agreement is concluded. The effect of this rule is to create a legal fiction that the asset has been transferred or delivered on the date on which the agreement is concluded. Prof Gerrie Swart comments on this rule as follows: ‘A legal fiction is created, in other words, that the asset involved is transferred or delivered to the person entitled thereto on the date on which the unconditional right to claim such transfer or delivery arises, even though the actual transfer or delivery may be effected only at a later date (including a date falling in a later tax year, or which might, due to unforeseen circumstances, never occur). This artificial rule is of profound importance. By treating the transfer or change of ownership of an asset as having taken place on the date on which and during the tax year in which the contract is concluded or becomes unconditional, the fictional change of ownership precedes the actual change of ownership. The rule therefore operates prospectively, with the result that the change of ownership is drawn back and recognized in the tax year in which the initial contractual right arises. The actual transfer or delivery of the asset in a later tax year is ignored as it does not qualify as a disposal in that year.’

Under the common law it has been held that there is no accrual until delivery. But since para 13(1)(a)(ii) deems delivery to have occurred on conclusion of the agreement, any delay in actual delivery will not delay an accrual of proceeds or the incurral of expenditure.

The fact that delivery is deferred and requires performance on the part of the seller does not make delivery a suspensive condition. Delivery is merely a term of the contract. A breach of the contract by failing to deliver gives rise to ordinary contractual remedies of a compensatory nature, that is, (depending on the circumstances) specific performance, damages, cancellation or certain combinations of these.

Gegewe die gevolgtrekking bereik in afdeling 5.3.2.1, naamlik dat die onderliggende aandeel die bate verteenwoordig in terme van die Agste Bylae, word dit aan die hand gedoen dat die kort-posisiehouer die verkoper verteenwoordig en op die datum waarop die kontrak aangegaan word, oor die onderliggende bate, oftewel aandele, beskik. Die skrywer is verder van mening dat die lang-posisiehouer gevolglik die koper verteenwoordig en geag word die onderliggende aandele te bekom op dieselfde tydstip. Gegewe die feit dat ’n beskikking noodsaaklik is alvorens ’n belastingpligtige enige verpligting kan oploop in terme van die Agste Bylae, volg dit dat die lang-posisiehouer of koper geen kapitaalwinsbelastingverpligting oploop nie. Die skrywer beklemtoon weereens die feit dat die klaringshuis, in alle transaksies, optree as die middelman tussen kopers en verkopers en sodoende die teenparty vir beide die koper en die verkoper verteenwoordig (verwys afdeling 2.4.5).