• No results found

BEPAALDE BYDRAES UIT `N PINKSTEROOGPUNT VIR DIE DAARSTEL VAN `N MODEL VIR DIE EREDIENS AS UITDRUKKING VAN DIE DINAMIESE

 Aggressiewe bemarking

7.3 BEPAALDE BYDRAES UIT `N PINKSTEROOGPUNT VIR DIE DAARSTEL VAN `N MODEL VIR DIE EREDIENS AS UITDRUKKING VAN DIE DINAMIESE

ONTMOETING TUSSEN GOD EN MENS.

As raamwerk vir die model word aangesluit by die navorsing wat Letšosa (2005:397) gedoen het om ʼn volledige liturgie vir aanbidding vir die Gereformeerde kerke daar te stel. In samewerking hiermee word daar ook gelet op figuur 86 (p. 172) van hierdie studie. Die gedagte is om die model so saam te stel dat ʼn Pentekostalistiese perspektief op die erediens as ontmoetingsgebeure gestel kan word. Daar gaan ook gelet word op die praktiese implikasies van hierdie model vir die belewenis van die erediens vandag. Die beeld kan soos volg voorgestel word:

Figuur 89: ʼn Pentekostalistiese perspektief op die erediens

Uit die model kan die volgende afleidings gemaak word:

 In ʼn Pentekostalistiese perspektief gebruik ons voorbereiding vir die ontmoeting

asof die voorbereiding die ontmoeting bewerkstellig, terwyl God reeds in ons midde is. God drie-enig word verwelkom, die gemeente word verwelkom. Die grond word bewerk vir ontmoetingsgebeure om in die erediens plaas te vind.

 Die gemeente word aangemoedig om deur aanbidding, sang en musiek, hulself te

verootmoedig. God word geëer vir Sy teenwoordigheid en in respons word daar

Dinamiese ontmoeting Charismata Wonderwerke Genesings Ontmoeting Voorbereiding Verwelkoming Verootmoediging Aanbidding Sang en musiek Versoening Belydenis Danksegging Gesindheid Woorddiens Skriflesing Prediking Uitnodiging Reaksie Lofprysing Liefdesbetoning

Vrug van die Gees

Uitstuur

Dissipelskap

188

gebid, hande opgesteek, uitgeroep en gekniel om hulself te stel as ʼn welgevalle offer vir die goddelike ontmoeting wat besig is om plaas te vind.

 In die heilige teenwoordigheid van God kan die kerkganger nie anders as om intens

bewus te wees van sy eie tekortkominge en sondige natuur nie. Versoening word opnuut bewerk tussen God en die gemeente. Belydenis word gedoen in stilte of selfs luidrugtig en dank word teenoor God uitgespreek omrede Hy toeganklik is vir ʼn ontmoeting. Die gesindheid van die gemeente is een van nederigheid en diepe afhanklikheid.

 Lofprysing en aanbidding word voortgesit deur die woorddiens. Skriflesing berei die

hart van die gemeente voor dat God deur die werking van die Heilige Gees die mens gaan ontmoet. Dinamiese, demonstratiewe prediking roep die gemeente tot inkeer en groei in hul verhouding met God. Die woorddiens word bevestig met ʼn uitnodiging om daarop te reageer, en gehoorsaamheid aan die uitnodiging produseer vrug in die lewe van die gemeente.

 In reaksie loof en prys die gemeente weereens God deur sang, musiek en gebed,

en word die Heilige Gees toegelaat om die gang van die erediens te bepaal. Die gevolg hiervan is ʼn besondere broederskap tussen die gemeentelede omrede die gees van God die gemeente bou en stig. Die vrug hiervan stig nie net die gemeente nie, maar ook die wat leef buite die deure van die kerk. Spontane reaksie is die vrug van die Gees (Gal.5:22) wat die liefde tussen God en Sy mense in die ontmoeting bevestig.

 Die gemeente word aangemoedig om ook kerk te wees buite die deure van hul

kerkgebou. Hierin word die liturgiek van die lewe gedemonstreer deurdat ontmoetings tussen God, Sy gemeente en die mense daarbuite bewerk kan word sodat God se kerk kan groei. Uitstuur is nie ʼn keuse nie, maar wel ʼn opdrag, en hierin word die krag van ʼn ontmoeting gedemonstreer. Ontmoetings met God is haalbaar vir alle mense.

 Die hoofmoment van figuur 89 is sonder twyfel die dinamiese ontmoeting tussen

God en Sy mense tydens die erediens. Hierdie dinamiese ontmoeting word bevestig deur die charismata, wonders en tekens, getuienis en veranderinge wat plaasvind in die lewe van die gemeente as gevolg van hierdie ontmoeting. Daarom word die erediens nooit afgesluit nie, maar bly dit voortleef in die lewe van die mens wat dit deelagtig was.

7.3.1 Die gebruik van die model

Die model kan soos volg vir die erediens aangewend word:

 Wat die voorbereiding van die erediens aanbetref speel gebed ʼn belangrike rol. Die

kinderbediening, jeugbediening, musiekbediening en ander bedieningsgroepe moet tyd saam in gebed deurbring.

 Musiek en sang moet deelnemend wees. Gemeentes word soms bederf met goeie

musikante en sangers in hul geledere. Ontgin hierdie talent deur lof en aanbiddingspanne te ontwikkel. Dit ontgin talent in die gemeente en moedig gemeente-betrokkenheid in eredienste aan.

 Liturgiese personeel behoort voor enige erediens tyd in gebed saam deur te bring,

dit berei die tafel voor vir die ontmoetings.

 Eredienste behoort daarop ingestel te wees dat die teenwoordiges die Here kan

aanbid vanuit hul unieke spiritualiteit. Goeie lering kan hieroor aangebied word en die predikant en liturgiese span behoort leiding daarin te neem.

 Aan die einde van die erediens kan geleentheid vir getuienis gegee word. Hierin lê

dinamika opgesluit:, die bevestiging dat God ontmoet is.

 ʼn Voorstel vir die liturgiese aktiwiteite vir ʼn erediens kan vanuit ʼn Pentekostalistiese

189

- Die ontmoeting van gemeentelede en besoekers voor die erediens met

besondere klem op gasvryheid;

- Die speel van musiek in die kerk voor die erediens; dit bewerk die atmosfeer

vir ʼn ontmoeting;

- Die verwelkoming met die aanvang van die erediens. ʼn Informele gesprek word voorgestel;

- Die lofprysings- en aanbiddingsgedeelte volg waarin ʼn paar liedere saam gesing kan word. Skep ʼn ruimte waar die gemeente geleentheid kry om die woorde van die liedere in hul lewe te verwoord deur aanbidding;

- Die prediking volg hierop. Predikers kan meer demonstratief wees en selfs uiting aan emosies gee. Predikers moet goeie kommunikeerders wees. Die krag van prediking lê juis daarin om die boodskap verstaanbaar aan die kerkgangers weer te gee.

- ʼn Geleentheid vir gemeente-deelname deur sang, getuienis, selfs danse om

die dinamiek van die gemeentelewe te beklemtoom;

- Afsluit en verdaag. Moedig die gemeente aan om na afloop van die erediens

tyd met ʼn paar ander gemeentelede deur te bring voor hulle huiswaarts keer.

7.3.2 Slot

Die erediens is ontmoetingsgebeure waar God se teenwoordigheid aangedui word aan die mens. Die dinamika is daarin opgesluit dat die mens herhaaldelik sal terugkeer om weer so ʼn ontmoeting te ervaar. Hierin lê die uitdaging vir enige kerk: om sy mense te oortuig dat ontmoetings in die erediens plaasgevind het sodat verdere ontmoetings gereël kan word. Die antwoord hierop is in die bywoning, meelewing en ervaring in die erediens.

Binne die Pinksterraamwerk is hierdie ontmoeting bepalend en is die uitkoms van die erediens gevestig in die wyse waarop die teenwoordigheid van God deur die mens beleef word.

Die erediens is ʼn dinamiese ontmoetingsgebeure tussen God en mens. Dit is die hartklop vir voortdurende lewensveranderde oomblikke in menselewens wat hierdie ontmoetings in die erediens meemaak.

190

Hoofstuk 1 van hierdie studie fokus op die ondersoek van die liturgie in die erediens vanuit Pinkster-belewenis. Die aksent van die studie is die erediens as ʼn uitdrukking van die dinamiese ontmoeting tussen God en mens. Hierdie ontmoetingsoomblikke is tref- oomblikke in die erediens wat die erediens ʼn vertoonvenster maak van gebeure soos koinonia, kerugma, musiek, gebed en meelewing wat ervaar word deur alle teenwoordiges. Die dinamika wat in die erediens ter sprake is, het ten diepste met ontmoetingsgebeure te doen. Die studie vind aansluiting by Zerfass se model vir praktiese teologie, naamlik dat eers ʼn basisteorie ontwerp moet word (hoofstuk 2-4) (vgl. Leuschner, 2004:335), waarna perspektiewe uit die metateorie geneem word (hoofstuk 5). Hierdie perspektiewe sluit perspektiewe vanuit ander vakwetenskappe en ʼn empiriese ondersoek (hoofstuk6) na die situasie in die praktyk in. Uiteindelik artikuleer praktykteoretiese perspektiewe ʼn nuwe teorie (Hoofstuk 7). Sodoende word vanuit die twee refleksiedomeine van basisteorie en situasie/werklikheid in hermeneutiese wisselwerking ʼn nuwe praktykteorie ontwerp.