• No results found

BENUTTING VAN TEORETIESE PERSPEKTIEWE TYDENS DIE LEWERING VAN KINDERBESKERMINGSDIENSTE

GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS 5.1. INLEIDING

5.2. GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

5.2.3 BENUTTING VAN TEORETIESE PERSPEKTIEWE TYDENS DIE LEWERING VAN KINDERBESKERMINGSDIENSTE

Die gevolgtrekkings en aanbevelings oor teoretiese uitgangspunte in kinderbeskermingsdienste wat deur maatskaplike werkers benut word, word vervolgengs bespreek.

Literatuur wat tydens kinderbeskermings dienslewering benut word

Deelnemers was onseker oor die literatuur wat tydens kinderbeskermingsdienste benut word. Sommige deelnemers het aangedui dat geen literatuur benut word nie asook dat hulle wel bewus is van literatuur, maar dat dit nie in praktyk, wanneer dienste aan kwesbare gelewer word, benut word nie. Ander deelnemers het aangedui dat literatuur wel tydens die lewering van kinderbeskermingsdenste benut word, alhoewel sommige van hierdie deelnemers onseker was oor watter literatuur benut word.

Deelnemers wat wel literatuur benut tydens die lewering van kinderbeskermingsdienste het die volgende teoretiese perspektiewe geidentifiseer: Ekologiese perspektief, ontwikkelingsfases (Erikson) en die sterkte perspektief.

Die gevolgtrekking wat gemaak word, is dat deelnemers nie bewus is van die literatuur wat benut word tydens die lewering van kinderbeskermingsdienste nie.

Aanbeveling

Die belangrikheid van die integrasie van literatuur in maatskaplike werk praktyk reeds op universiteitsvlak beklemtoon moet word.

Die benutting van literatuur tydens maatskaplike werk dienslewering en veral kinderbeskermingsdienslewering tydens supervisie in die praktyk meer aandag moet kry.

Organisasies verwag dat aanbevelings en gevolgtrekkings wat maatskaplike

werkers in verslae maak, met literatuur gestaaf word.

Kursusse oor maatskaplike werk en kinderbeskermingsdienslewering op ʼn

gereelde basis deur maatskaplike werkers wat kinderbeskermingsdienste lewer, bygewoon word sodat die nuutste navorsing oor kinderbeskermingsdienste bespreek word om sodoende die kwaliteit kinderbeskermingsdienste wat gelewer word, te verbeter.

Opleiding oor die ekologiese perspektief en die benutting van hierdie teorie in praktyk aan maatskaplike werkers (veral maatskaplike werkers wat kinderbeskermingsdienste lewer) na afloop van universiteit, aangemoedig moet word.

5.2.4 DIE ASSESSERINGSFASE BY DIE LEWERING VAN

KINDERBESKERMINGSDIENSTE

Gevolgtrekkings en aanbevelings oor die assesseringsfase by die lewering van kinderbeskermingsdienste, word bespreek.

5.2.4.1 Beskrywing van assessering

Die beskrywings van assessering deur deelnemers het hoofsaaklik gefokus dat assessering die eerste stap in intervensie is, om die holistiese beeld van die probleem of behoefte te kry en om dit te gebruik vir verdere besluitneming oor dienslewering. Deelnemers was ook onseker oor die beskrywing van assessering en ander het uitdagings geidentifiseer soos beperkte tyd en hoe gevalleladings.

Die gevolgtrekking word gemaak dat deelnemers insig toon in die begrip en doel van assessering. Assessering oor die algemeen nie effektief geïmplementeer word soos daaraan deelnemers voorgeskryf word nie as gevolg van bogenoemde en verskeie ander uitdagings met die gevolg dat kinders en ouers se regte in sommige gevalle geskend kan word.

Aanbeveling:

Daar word aanbeveel dat:

Daar indiensopleiding aan maatskaplike werkers gebied word ten opsigte van die stappe van assessering en ‘n gestandardiseerde assesseringsraamwerk gevolg word.

5.2.4.2 Protokol vir assessering by die lewering van kinderbeskermingsdienste

Die meerderheid deelnemers het aangedui dat hulle bewus is van die verwante assesseringsprotokol van die Nasionale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, maar dat dit nie deur almal benut word, as gevolg van beperkte tyd en onvoldoende opleiding. Hierdie deelnemers het ook aangedui dat hulle meer vertroud is met die risiko-assessering as die ander twee stappe van die assesseringsprotokol. Deelnemers het ook aangedui dat hulle gebruik maak van die organisasie se assesseringsprotokol by die lewering van kinderbeskermingsdienste. Die protokol wat die kinder-en gesinsorgorganisasie volg is om ‘n vorm 22 of eerste aanmelding op te volg met ‘n tuisbesoek of deur die ouers te kontak. Hierdie opvolg moet binne 24 uur geskied wat ook deur die Kinderwet (Wet 38 van 2005, soos gewysg wet 41 van 2007) aangedui word. Daarna moet maatskaplike werkers volgens die organisatories protokol die ingesamelde inligting aan die supervisor deur gee om ten ‘n besluit van verwydering te maak. Sekere deelnemers volg ook die Kinderwet (Wet 38 van 2005, soos gewysig wet 41 van 2007) Artikel 150 en 151, as ‘n assesseringsprotokol by die lewering van kinderbeskermingsdienste. Dit bied ‘n riglyn vir maatskaplike werkers om te bepaal op watter kriteria ‘n kind sorg en beskerming benodig. Sekere deelnemers het ook deurgegee dat hulle geen protokol volg tydens assessering by die lewering van kinderbeskermingsdienste nie. Die gevolgtrekking is dat daar nie ‘n gestandardiseerde assesseringsprotokol bestaan in die Suid-Afrikaanse maatskaplike werk konteks, wat deur elke kinder- en gesinsorgorganisasie uitgevoer word nie. ‘n Ander gevolgtrekking is dat die deelnemers nie almal dieselfde opleiding ontvang het nie. Deelnemers benut ook nie enige assesseringsprotokol nie, wat beteken dat assessering nie eenvormig geskied nie.

Aanbeveling

Daar word aanbeveel dat:

‘n Gestandardiseerde assesseringsprotokol benut word en dat alle

Suid-Afrikaanse maatskaplike werkers indiensopleiding daarvoor ontvang.

Maatskaplike werkers voortgaan om opleiding te ontvang ten opsigte van die Kinderwet (Wet 38 van 2005, soos gewysig wet 41 van 2007) wat veral fokus op die riglyne van Artikel 150 en 151, vir assessering by die lewering van kinderbeskermingsdienste.

Die kinder-en gesinsorganisasie toesien dat al die maatskaplike werkers

dieselfde assesseringsprotokol volg asook vertroud is met die organisasie se assesseringsprotokol.

Maatskaplike werkers indiensopleiding ontvang en gereelde supervisie sodat daar gemonitor kan word dat maatskaplike werkers ‘n assesseringsprotokol benut wat deur die Kinderwet (Wet 38 van 2005, soos gewtsig wet 41 van 2007) rig en nie hulle eie protokol volg nie.

5.2.4.3 Benutting van verskillende assesseringsvorms by die lewering van kinderbeskermingsdienste

Die onderskeie deelnemers het geidentifiseer en verduidelik dat hulle gebruik maak van die verskillende assesseringsvorm soos die uitruilingsvorm, prosedurele-, narratiewe-, uitruilings-sterkte-gebaseerde en die ontwikkelingsgerigte vorm van assessering. Die meerderheid van die deelnemers het die risiko assessering uitgewys wat hul ken as ‘n vorm van assessering, maar dat dit nie altyd prakties is om uit te voer nie, weens hoe gevalleladings en beperkte tyd. Dit moet uitgewys word dat deelnemers onseker was oor die omskrywing van die narratiewe vorm van assessering asook watter inligting uitgeruil word tydens assessering aan kwesbare gesinne. Hierdie aspek benodig aandag aangesien kwesbare gesinne ondersteuning benodig vanaf maatskaplike werkers om hulle lewens te verander.

Die gevolgtrekking wat gemaak word, is dat deelnemers in praktyk bewus is van verskillende vorms van assessering end it outomaties toepas. ‘n Verdere gevolgtrekking wat gemaak kan word, is dat deelnemers onseker is oor watter inligting hulle aan kwesbare gesinne moet bied tydens die lewering van kinderbeskermingsdienste. ‘n Ander gevolgtrekking is dat deelnemers vertroud is met die risiko asssessering, maar hierdie vorm van assessering prakties moeilik is om uit te voer.

Aanbeveling

Gesien in die lig van die feit dat die sukses van die deelnemers wat die meerderheid van die verskillende vorms van assessering uitvoer, word die volgende aanbevelings gemaak tydens die lewering van kinderbeskermingsdienste.

Daar word aanbeveel dat:

Maatskaplike werkers indiensopleiding ontvang oor spesifieke assesseringsvorms, soos byvoorbeeld die narratiewe en uitruilingsvorm van assessering.

5.2.4.4 Implementering van stappe in assessering

Verskeie tipe stappe van assessering bestaan volgens literatuur. Vir die doeleindes van hierdie studie was die stappe van assessering volgens Compton, Galaway & Cournoyer (2005) benut. Daar was bevind dat ‘n aantal deelnemers nie assessering stapsgewys uitvoer nie aangesien hulle nie kennis dra van enige formele struktuur nie en ander het nie tyd om dit volgens spesifieke stappe uit te voer nie. Deelnemers het verder deurgegee dat beplanning nie geskied vir assessering nie as gevolg van beperkte ty den krisis-bestuur. Die meerderheid van die deelnemers kon identifiseer dat hulle sekere van Compton, Galaway & Cournoyer (2005) se stappe van assessering benut, maar nie ‘n enkele deelnemer het al die geidentifiseerde stappe gevolg nie. Dit is kommerwekkend aangesien assessering nie holisties kan plaasvind nie. Die gevolgtrekking word gemaak dat die kinderbeskermingsdienste nie volgens stappe in assessering, gebaseer op literatuur, uitgevoer word nie.

Aanbeveling:

Daar word aanbeveel dat:

Meer indiensopleiding en supervisie aan maatskaplike werkers gebied word ten opsigte van die stappe van assessering by die lewering van kinderbeskermingsdienste.

Eenvoudige dokumentasie opgestel word vir maatskaplike werkers om te kan

monitor of die stappe van assessering gevolg word tydens kinderbeskermingsdienste.

5.2.4.5 Benutting van assesseringshulpmiddels

Deelnemers is gevra om aan te dui watter assesseringshupmiddels die kinder-en gesinsorgorganisasie voorskryf. Alhoewel die meerderheid deelnemers aangedui het dat assesseringshulpmiddels gebruik word, soos die genogram en die ekokaart, kon hulle nie die praktiese benutting en doel van hierdie assesseringshulpmiddels omskryf nie. Enkele deelnemers het ook aangedui dat daar geen assesseringshulpmiddels benut word nie. Dit is kommerwekkend aangesien literatuur aandui dat die voordeel van die benutting van verskillende assesseringshulpmiddels is om kwesbare gesinne met geskikte dienste te verbind. Die gevolgtrekking is dat alhoewel assesseringshulpmiddels deur die kinder-en gesinsorgorganisasie voorgeskryf word, deelnmers dit nie benut nie en beskou as ‘n administratiewe taak wat ook tyd in beslag neem.

Aanbeveling

Daar word aanbeveel dat:

Maatskaplike werkers indiensopleiding ontvang ten opsigte van die suksesvolle benutting van assesserignshulpmiddels.

Dat die kinder-en gesinsorganisasie assesseringshulpmiddels identfiseer wat deel uit maak van die assesseringsfase by die lewering van kinderbeskermingsdienste en vereis dat dit benut word.

5.2.4.6. Vaardighede vir assessering by die lewering van kinderbeskermingsdienste Maatskaplike werkers moet oor spesifieke vaardighede beskik tydens die assessering by die lewering van kinderbeskermingsdienste. Deelnemers het saamgestem met literatuur dat spesfiekee vaardighede tydens assessering benut moet word. Die meerderheid van die deelnemers het uitgelig dat onderhoudsvaardighede, waarneming, professionele oordeel en algemene kommunikasie uiters belangrik is.

‘n Gevolgtrekking word dus gemaak dat maatskaplike werkers vertroud is met vaardighede en die toepassing daarvan tydens assessering.

Aanbeveling

Daar word aanbeveel dat:

Maatskaplike werkers indiensopleiding ontvang oor die benutting van vaardighede vir assessering by die lewering van kinderbeskermingsdienste.

5.2.5 STRUIKELBLOKKE WAT MAATSKAPLIKE WERKERS TYDENS

ASSESSERING BY DIE LEWERING VAN KINDERBESKERMINGSDIENSTE ERVAAR

Hierdie afdeling van die ondersoek het gefokus op die uitdagings en struikelblokke wat tydens assessering by die lewering van kinderbeskermingsdienste ervaar word asook die invloed hiervan op die kwaliteit diens wat gelewer word. Daar is ook aan deelnemers die geleentheid gegee om aan te dui wat sal moet verander om in die ideale omstandighede kwesbare gesinne te assesseer.

5.2.5.1 Struikelblokke in gesinne en gemeenskappe tydens assessering by die lewering van kinderbeskermingsdienste

Deelnemers het uitgewys dat die ouers se reaksies moeilik is om te hanteer en dat verwydering van kinders vir hulle ook traumaties van aard is. ‘n Ander belangrike aspek wat deelnemers aangedui het, is die gebrek aan hulpbronne in die gemeenskap. Daar is veral ‘n tekort aan plek van veiligheid waar kinders in krisitye geplaas moet word en die gemeenskappe is gevaarlik, en deelnemers voel dat hulle, hulle lewe in gevaarstel. Daar word geen ondersteuning van ander professionele hulpbronne ontvang tydens assessering nie.

‘n Belangrike gevolgtrekking wat gemaak kan word is dat deelnemers nie assessering moeilik beskou nie, maar om die verwydering te doen na die voltooing van die assessering, wat ook vir hulle ‘n traumatiese ervaring is. ‘n Laaste gevolgtrekking wat gemaak kan word is dat gemeenskappe meer geweldadig raak en ‘n gevaar inhou vir deelnemers om kinders te beskerm.

Aanbeveling

Die kinder-en gesinsorgorganisasies meer ondersteuning bied aan maatskaplike werkers tydens die verwyderingsproses en dadelike trauma berading bied aan maatskaplike werkers deur ‘n geregistreerde sielkundige of berader.

Dat daar meer hulpbronne in die gemeenskap geidentifiseer kan word om

dienslewering tydens kinderbeskerming te vergemaklik.

‘n Professionele en ondersteuningsverhouding met die SAPD gehandhaaf word in gemeenskappe om maatskaplike werkers te vergesel na verwyderings in geweldadige en bendegedrewe gemeenskappe.

5.2.5.2 Struikelbokke in die kinder-en gesinsorgorganisasie tydens assessering by die lewering van kinderbeskermingsdienste

Deelnemers het ook aangedui dat hulle struikelblokke in die kinder-en gesinsorgorganisasie ervaar, soos onvoldoende supervisie en hoe gevalleladings, wat veroorsaak dat deelnemers onder druk werk asook beperkte tyd.

‘n Gevoltrekking wat gemaak kan word, is dat deelnemers kinderbeskermingsdienste as ‘n uitdaging beskou aangesien daar onvoldoende ondersteuning gebied word van die kinder-en gesinsorgorganisasie en dat deelnemers onder baie werksdruk besluite neem.

Aanbeveling

Daar word aanbeveel dat:

Die kinder-en gesinsorgorganisasies meer ondersteuning bied aan maatskaplike werkers tydens die verwyderingsproses en dadelike trauma berading bied aan maatskaplike werkers deur ‘n geregistreerde sielkundige of berader.

Maatskaplike hulpwerkers aangestel word om ondersteuning aan maatskaplike

werkers te bied om gevalleladings te verlaag.

5.2.6 AANBEVELINGS TEN OPSIGTE VAN VERBETERINGE VAN

ASSESSERING TYDENS DIE LEWERING VAN KINDERBESKEMINGSDIENSTE