• No results found

ʼn Besliste speek in die wiel van Orania as ʼn tuiste vir Afrikaner-identiteit, was die siening en houding van Afrikaners in die res van Suid-Afrika volgens die mening van Carel(iv)Boshoff. Volgens hom het die posisie van die Afrikaners oor die afgelope twaalf jaar (sedert 1994) in Suid-Afrika nie slegs in staatsinstellings nie, maar ook in die privaatsektor drasties verander. As

60 Dokument: “Kultuur en Etnisiteit”, Orania Beweging.

gevolg van die magsverskuiwing waarby hulle betrokke was, het hulle selfbeeld gevolglik ʼn verandering ondergaan sodat hulle van ʼn eens doelgerigte gemeenskap waarmee rekening gehou moes word, tot ʼn losse bondel individue wat “tussen nostalgie en opportunisme rondgeslinger word”, ontbind het.62 Boshoff was van mening dat Afrikaners buite Orania miskien nie die ware begrip van vryheid geag het nie, want in Orania is vryheid gesien as selfstandigheid wat erkenning geniet. Vryheid was gevolglik nie iets wat ʼn individu kon vermag nie, maar dit het in die verhouding tussen mense in die gemeenskap gelê met ander woorde “…tussen die self en ander.”63 Van die verwagtinge dat duisende Afrikaners hulle by die Orania-gedagte sou skaar, het niks van gekom nie en dit was duidelik dat die beroep op selfbeskikking nog betreklik min aftrek onder hulle gekry het. Dat Afrikaners die oorgang nog nie verreken het of wou verreken het nie, verklaar deels waarom meer ingrypende alternatiewe soos ʼn beroep op selfbeskikking nog betreklik min aftrek gekry het. Hy het die vraag uitgespreek of daar nog Afrikaners was wat Afrikaners wou wees en of hulle bereid sou wees om die dinge te doen wat dit van hulle sou verg.64

In ʼn artikel getiteld, “Nuwe Orania wil bydra tot SA”, het Frans de Klerk, Hoof-Uitvoerende Beampte van die Orania Beweging, geskryf dat daar teen 2006 twee beelde van Orania na vore gekom het, naamlik ʼn ietwat negatiewe een en ʼn ander een wat meer positief was. Hy het erken dat Orania hom nie algemeen aanvaarbaar kon maak by ander Afrikaners en by Suid-Afrikaners in die breë nie. Orania is deur te veel mense beskou as ʼn dorp wat op rassisme gebou is en wat sy inwoners van die buitewêreld wou afsonder.65 In ʼn dokument, “Kultuur en Etnisiteit”, wat tydens die inburgering van nuwe inwoners aangewend word, is daar definisies van “ras” wat verwys na die fisiese veranderlikheid van die mens en “rassisme” wat ontstaan indien lede van ʼn ras hulleself as meerderwaardig ten opsigte van ander rasse sou beskou.66 Orania het hard probeer om die beeld, dat die meeste inwoners rassisties was, af te skud. Mnr. Prinsloo Potgieter, die burgemeester van Orania, het onder andere gesê dat hulle die beeld van Orania as laaste

62 C(iv)Boshoff: “Orania en Suid-Afrika”, De Vrye Afrikaan, Januarie 2006, p. 14.

63 Voorgrond, Orania Beweging, Augustus 2005, p. 15 (Gedagtes oor die pad wat Orania moet loop). 64 C(iv)Boshoff: “Orania en Suid-Afrika”, Die Vrye Afrikaan, Januarie 2006, pp. 14-15.

65 F. de Klerk: “Nuwe Orania wil bydra tot SA”, http://wwworania.co.za (Geraadpleeg op 7.10.2006). 66 Dokument: “Kultuur en Etnisiteit”, Orania Beweging.

vesting van apartheid wou afbreek.67 Dit was gevolglik belangrik dat die beeld wat Orania na buite uitgedra het, beslis nie een van rassisme sou wees nie. Uit die onderhoude wat met inwoners gevoer is, het dit egter geblyk dat net soos in die res van Suid-Afrika, daar wel nog inwoners was wat aan die apartheidsideologie vasgeklou het. Die volgende aanhaling is ʼn uittreksel uit ʼn artikel van Arjen van der Ziel met die titel, “Een volkstaat zonder swartman”, wat op 30 Julie 2004 in die Nederlandse blad, Trouw, verskyn het: “Lopend over de bouwplaats, begint hij aan een racistische klaagzang. Het zit in de aard van de swartman om te stelen, verkrachten en moorden. Het is net als met een jakhals. Je kunt denken dat je een jakhals hebt geleerd om op je vee te passen. Maar als je hem tussen je diere zet, zal hij zich niet kunnen beheersen. Dat zit in zijn genen. Hij vreet ze toch op …De meeste inwoners houden er racistische ideeën op na. Kaffers sparen niet en denken niet vooruit, zegt hij, een timmerman met een rossige baard, lopend door zijn werkplaats. Ze bouwen niks op.”68

Daar was in 2005 geen swart of bruin inwoners wat in Orania gewerk of gewoon het nie, alhoewel talle bestuurslede dit beklemtoon het dat enigiemand wat voldoen het aan die vereistes om in Orania te kon woon, ongeag kleur, daar kon intrek. Vestiging op Orania is slegs tot Afrikaners beperk. ʼn Dokument, “Inburgering van Nuwe Intrekkers”, het ʼn addendum wat getiteld: “Kultuur en Etnisiteit”, en daarin word verwys na ʼn etniese identiteit waarvan die belangrike eienskappe van so ʼn identiteit genoem word, naamlik dat daar ʼn verbintenis met ʼn besondere gebied moes wees; ʼn gemeenskaplike kultuur en geskiedenis moes gehandhaaf word; daar moes ʼn groepsnaam aan verbonde wees; daar moes ook ʼn gevoel van groepsolidariteit wees; simbole moes vir almal dieselfde betekenis hê; almal moes dieselfde taal praat en van dieselfde genetiese afkoms wees.

Alle Oraniërs is aan ʼn keuringsproses onderwerp en moes ʼn onderneming onderteken waardeur die volkstaatideaal bevorder sou word, dat ʼn Christelike lewenspatroon gehandhaaf moes word en dat godsdienstige vakansiedae, sowel as die ander kulturele herdenkingsdae, onderhou sou word.69 Daar bestaan gevolglik tans (2005) ʼn homogene gemeenskap in Orania wat nie noodwendig positief is nie, want soos reeds tevore in die Afrikaner se geskiedenis bewys is, kan Afrikaners hewig onder mekaar verskil en Orania is in hierdie opsig geen uitsondering nie.

67 Rapport, 22.05.2005, p.11 (Troue Oraniërs vra dat ‘brekers’ hul goed pak en trek). 68 Dokument: “Kultuur en Etnisiteit”, Orania Beweging.