• No results found

Amount Discription Debit: Bank account; Credit Cash account

wegskryf. Die program sal laastens die saldobedrag van die toepaslike krediteur in die “KredM.DB”-meesterlêer met die faktuurbedrag opdateer.

Indien die betalingsopsie gekies word, sal die program die lys van alle krediteure wat op die “KredM.DB” (verwys na 5.2.3) meesterlêer gestoor is deur middel van ʼn “dropdown” spyskaart vertoon. Die gebruiker moet dan kies na watter krediteurrekening die betaling gedebiteer moet word. Daarna sal die program die gebruiker vra om die bedrag in te voer en om te kies of dit ʼn kontant- of internet/tjekbetaling was. Vir kontantbetalings word die kontant-op-hande- rekening gekrediteer en vir internet/tjekbetalings word die bankrekening gekrediteer. Vervolgens sal die program, gebaseer op bogenoemde betaling, die transaksie korrek na die “AlgGroM.DB” meester (verwys na 5.2.5) toe wegskryf. Die program sal laastens die saldobedrag van die toepaslike krediteur in die “KredM.DB” meesterlêer met die betalingsbedrag opdateer.

Figuur 5.6: Krediteure (Skrywer)

4. Creditors

Invoice

List of all creditors - dropdown menu (KredM.DB) Expense dropdown menu Debit: Expense account; Credit: Creditor account

VAT test (see above)

Debit: Vat control account; Credit:

Payment

List of all creditors - dropdown menu (KredM.DB) Amount Cash or EFT/Cheque? Debit: Creditor account; Credit: Cash control account Debit: Creditor account; Credit: Bank account

Indien opsie 5 (Debiteure) gekies word, sal daar ʼn “dropdown” spyskaart verskyn, wat aan die gebruiker die keuse gee om tussen ʼn faktuur of ontvangste te kan kies (sien figuur 5.7 hieronder).

Indien die faktuuropsie gekies word, sal die program die lys van alle debiteure wat op die “DebM.DB” (verwys na 5.2.2) meesterlêer gestoor is deur middel van ʼn “dropdown” spyskaart vertoon. Die gebruiker moet dan eenvoudig kies aan watter debiteur die faktuur uitgemaak was. Daarna sal die program vir die gebruiker vra om die bedrag van die faktuur in te voer. Die program sal dan toets of die gebruiker se besigheid vir BTW geregistreer is (verwys na 5.2.1 se “Business VAT number” veld). Indien die besigheid vir BTW geregistreer is, sal die program vir die gebruiker vra of BTW op die betrokke faktuur van toepassing is. Vervolgens sal die program self die korrekte uitset BTW-berekening doen (indien van toepassing) en gebaseer op bogenoemde invoere, die transaksie korrek na die “AlgGroM.DB” meester (verwys na 5.2.5) toe wegskryf. Die program sal laastens die saldobedrag van die toepaslike debiteur in die “DebM.DB” meesterlêer met die faktuurbedrag opdateer.

Indien die ontvangste opsie gekies word, sal die program die lys van alle debiteure wat op die “DebM.DB” (verwys na 5.2.2) meesterlêer gestoor is deur middel van ʼn aftuimellys spyskaart vertoon. Die gebruiker moet dan kies van watter debiteurrekening die ontvangste gekrediteer moet word. Daarna sal die program die gebruiker vra om die bedrag in te voer en om te kies of dit ʼn kontant- of internet/tjek-onvangste was. Vir kontant-onvangste word die kontant-op- hande-rekening gedebiteer en vir internet/tjek-betalings word die bankrekening gedebiteer. Vervolgens sal die program, gebaseer op bogenoemde ontvangste, die transaksie korrek na die “AlgGroM.DB”-meester (verwys na 5.2.5) toe wegskryf. Die program sal laastens die saldobedrag van die toepaslike debiteur in die “DebM.DB” meesterlêer met die ontvangstebedrag opdateer.

Invoice Receipt

Figuur 5.7: Debiteure (Skrywer)

5.3.2 “Masters”

Onder meesters gaan die gebruiker tussen vier opsies moet kies afhangende van watter meesterlêer, wat op die bediener gestoor is, verander moet word. Die opsies is soos volg:

1 Business information 2 Employees 3 Debtors 4 Creditors 5. Debitors Invoice

List of all debitors - dropdown menu

(DebM.DB)

Debit: Debtor account; Credit:

Sales account

VAT test (see above) Debit: Sales account; Credit: VAT control account Payment

List of all debitors - dropdown menu

(DebM.DB)

Amount

Cash or EFT/Cheque?

Debit: Cash control account; Credit: Debitor account

Debit: Bank account; Credit: Debitor account

Indien opsie 1 (Besigheidsinligting) gekies word, sal daar ʼn “dropdown” spyskaart verskyn wat vir die gebruiker die volgende keuses gaan gee (sien figuur 5.8 hieronder):

New Edit

Indien die nuwe (“New”) opsie gekies word, gaan die program sekere inligting van die gebruiker vra. Die program gaan oor elke veld wat in die “Binlig.DB” (verwys na 5.2.1)-meesterlêer voorkom vir die gebruiker vra wat van toepassing op die betrokke veld is. Die gebruiker sal dan die nodige inligting moet invoer soos wat dit aangevra word.

Indien die “verander” (“Edit”) opsie gekies word, gaan daar ʼn “dropdown” spyskaart verskyn van al die velde wat op die “Binlig.DB” (verwys na 5.2.1) meesterlêer voorkom. Die gebruiker gaan dan moet kies watter veld verander moet word en daarna gaan die verandering ingevoer moet word.

Figuur 5.8: Besigheidinliging (Skrywer)

1. Business New Input of new business information (Binlig.DB) Edit List of all businesses (Binlig.DB) Change desired business information

Indien opsie 2 (Werknemers) gekies word, sal daar ʼn “dropdown” spyskaart verskyn wat vir die gebruiker die volgende opsies gaan gee (sien figuur 5.9 hieronder):

New Edit Delete

Indien die nuwe (“New”) opsie gekies word, gaan die program sekere inligting van die gebruiker vra. Die program gaan oor elke veld wat in die “WerkM.DB” (verwys na 5.2.4)-meesterlêer voorkom vir die gebruiker vra wat van toepassing op die betrokke veld is. Die gebruiker sal dan die nodige inligting moet invoer soos wat dit aangevra word.

Indien die “verander” (“Edit”) opsie gekies word, gaan daar ʼn “dropdown” spyskaart verskyn wat al die werknemers lys wat op die “WerkM.DB” (verwys na 5.2.4) meesterlêer voorkom. Die gebruiker gaan dan moet kies watter werknemer se inligting verander moet word. Dan gaan daar ʼn verdere spyskaart van velde wat op die “WerkM.DB” (verwys na 5.2.4) meesterlêer voorkom, verskyn. Die gebruiker gaan dan moet kies watter veld verander moet word en daarna gaan die verandering ingevoer moet word.

Indien die “verwyder” (“Delete”) opsie gekies word, gaan daar ʼn “dropdown” spyskaart verskyn wat al die werknemers lys wat op die “WerkM.DB” (verwys na 5.2.4) meesterlêer voorkom. Die gebruiker gaan dan moet kies watter werknemer verwyder moet word. ʼn Boodskap sal opkom wat die gebruiker vra of hy/sy seker is dat die werknemer verwyder moet word. Indien die gebruiker “ja” antwoord, sal die toepaslike werknemer van die “WerkM.DB” meesterlêer verwyder word.

Figuur 5.9: Werknemers (Skrywer)

Indien opsie 3 (Debiteure) gekies word, sal daar ʼn “dropdown” spyskaart verskyn wat vir die gebruiker die volgende keuses gaan gee (sien figuur 5.10 hieronder):