• No results found

2 Soorte trusts

4.2 Begunstigdes se regte teen die trustee

5.2.1 Artikel 13 van die Trustwet

Artikel 13 van die Trustwet gee aan howe die bevoegdheid om ʼn trust te wysig of te herroep. Artikel 13 bepaal die volgende:

Indien ʼn trustdokument ʼn bepaling bevat wat gevolge teweegbring wat die oprigter van ʼn trust na die hof se oordeel nie beoog of voorsien het nie en wat –

(a) die bereiking van die oprigter se oogmerke belemmer; of (b) die belange van bevoordeeldes benadeel; of

(c) in stryd met die openbare belang is,

kan die hof op aansoek van die trustee of enige persoon wat na die hof se oordeel voldoende belang by die trustgoed het, enige sodanige bepalings skrap of wysig of ten opsigte daarvan enige bevel gee wat daardie hof billik ag, met inbegrip van ʼn bevel waarby bepaalde trustgoed deur bepaalde ander goed vervang word, of ʼn bevel wat die trust beëindig.

Artikel 13 bepaal dus dat daar aan bepaalde kriteria voldoen moet word voordat die hof sal besluit om ʼn trustbepaling te wysig of enige ander bevel kragtens artikel 13 te maak. Eerstens moet dit uit die aansoek blyk dat die trustakte ʼn bepaling bevat wat gevolge meebring wat in die opinie van die hof nie deur die oprigter van die trust beoog of voorsien was nie. Hierdie word die subjektiewe maatstaf genoem.238 Tweedens moet dit duidelik

237 Honoré en Cameron 2007 Trusts 515.

50

wees dat die bepalings in die trustakte die oprigter belemmer om die doel van die trust te realiseer óf dat die belange van die begunstigdes benadeel óf teenstrydig is met die openbare belang. Dít word die objektiewe maatstaf genoem.239 Daar moet aan beide die subjektiewe sowel as die objektiewe maatstaf voldoen word alvorens die aansoek sal slaag.240 Die hof word beklee met ʼn wye diskresie en kan ʼn bevel maak om nie net die trust te wysig of ʼn bepaling te verwyder nie, maar ook enige ander bevel maak wat die hof as regverdig en billik ag. Dit sluit die diskresie in om die trust te kanselleer in plaas daarvan om net die trust te wysig.241

Ingevolge artikel 13 kan ʼn aansoek geloods word in gevalle waar die oprigter van die trust oorlede is en daar aan die trustees geen bevoegdheid verleen is om die trust te wysig nie. Dit kan ook gebeur indien die trustees wel die bevoegdheid het om die trust te wysig of te herroep, maar die uitoefening van daardie bevoegdheid deur die begunstigdes of ʼn ander persoon met ʼn belang in die trust betwis word.242

Voordat die hof betrokke raak en ʼn wysiging aanbring, moet die oprigter se wense en oogmerk vir die trust oorweeg en gerespekteer word.243 Hierdie aspekte sal in die ondersoek van Potgieter v Potgieter NO en Ander244 ʼn wesenlike rol speel.

239 Geach en Yeast 2007 Trust Law and Practice 148; Honoré en Cameron 2007 Trusts 517-518; Du Toit 2007 SA Trust Law 55; Ex party President of the Conference of

the Methodist Church of Southern Africa NO: In re William Marsh Will Trust 1993 (2)

SA 697 (K). In hierdie saak het die hof die subjektiewe en objektiewe maatstawwe op die gegewe feite toegepas. Die testateur van ʼn testamentêre trust het die trust in 1899 opgerig met die doel om huise te bou in samewerking met die Katolieke Kerk vir behoeftige “wit” kinders. Die situasie het mettertyd in Suid-Afrika verander deurdat die hoeveelheid wit kinders wat na die huise gestuur is, afgeneem het. Die Katolieke Kerk het ʼn aansoek op grond van a 13 van die Trustwet gerig om die diskriminerende woord “wit” uit die trustakte te verwyder op grond daarvan dat dit in stryd met die openbare belang is en ook sodat enige behoeftige kind, ongeag sy ras, voordeel uit die trust kon trek. Die hof het beslis dat daar aan beide die subjektiewe sowel as die objektiewe maatstawwe voldoen was. Die aansoek het geslaag.

240 Du Toit 2007 SA Trust Law 54. 241 Honoré en Cameron 2007 Trusts 518.

242 Geach en Yeast 2007 Trust Law and Practice 154: Sien ook Du Toit 2007 SA Trust

Law 50-52. Persone wat ‟n voldoende belang sal hê en gevolglik ‟n aansoek voor

die hof sal kan bring is begunstigdes en krediteure van die trust. 243 Geach en Yeast 2007 Trust Law and Practice 154.

51

Du Toit lewer ernstige kritiek op artikel 13. Hy voer aan dat die Suid- Afrikaanse kontraktereg op die beginsel van kontraktuele outonomie funksioneer. Hierdie beginsel word gebaseer op die beginsel van kontraktuele vryheid. Kontraktuele vryheid hou in dat elke persoon vry is om te besluit of hy ʼn kontrak wil sluit, met wie hy/sy ʼn kontrak wil sluit en watter terme in daardie kontrak moet verskyn. Kontraktuele vryheid plaas ʼn verpligting op die howe om bestaande kontrakte af te dwing.245 Daar word wel nog nie verklaar hoe dit steeds moontlik kan wees dat ʼn trustakte deur middel van ʼn hofaansoek gewysig kan word nie. Olivier is van mening dat die hof se bevoegdheid om die trustakte te wysig, beperk moet word tot die administratiewe elemente van die trust. Hy voer aan dat die identiteit en tipe begunstigdes nie binne die trefwydte van die hof se diskresie behoort te wees nie en dat wanneer die trustbegunstigdes geïdentifiseer is, dit finaal is. Olivier is van mening dat die beste oplossing sal wees dat oprigters van trust voorsiening moet maak vir veranderende omstandighede deur ʼn bepaling in die trustakte te sit wat voorsiening maak vir latere wysigings aan die trustakte.246