• No results found

DIE AMPTE/DIENAARS AS GAWES AAN DIE KERK EN GEBED BASISTEORETIESE PERSPEKTIEWE AFGESTEM OP DIE IUS

INSTRUMENT FUNKSIONEER VIR DIE BEDIENING VAN DIE CHRISTUSREGERING BASISTEORETIESE PERSPEKTIEWE

6. DIE AMPTE/DIENAARS AS GAWES AAN DIE KERK EN GEBED BASISTEORETIESE PERSPEKTIEWE AFGESTEM OP DIE IUS

______________________________________________________________________________________

(3 mv. aor. 2 med. van ηιθημι) beteken “aangestel vir „n spesifieke taak” (Louw & Nida 1988:483). Dit korrespondeer met 1 Kor 12:28, en 2 Tim 1:11 waar ampsdraers telkens van Godsweë aangewys/aangestel (1 Tim 2:7) of verkies is, of in die bediening gestel is (1 Tim 1:12).

Daar moet veral ook op die meervoudsvorm van ouderlinge/opsieners in die hele perikoop gelet word wat nie op die enkeling nie, maar op die ouderlinge as kerkregeerders in korporatiewe verband betrekking het.

Die erns van die roeping word deurentyd beklemtoon wanneer Paulus eers oor sy eie lewenstaak uitwei en die wens uitspreek om sy dienswerk te kan “voltooi” en “klaar te maak” (vs 24) waarna hy in vers 26 verklaar “... dat dit nie my skuld

is as enigeen van julle verlore gaan nie ...” en net hierna beklemtoon Paulus in

vers 28 die erns van die ouderlingekorps se roeping om op hulself en die kudde ag te gee (regering) en te versorg (pastoraal) (Nicoll, vol. 2, 1979:435).

Die ouderlinge (meervoud) is deur die Heilige Gees geroep en aangestel om naas pastorale werk ook die Christusregering te bedien. Hiervoor is die ouderlingekorps van die Heilige Gees afhanklik vir die uitvoering van hul funksie kragtens hul “aanstelling” deur Hom, „n afhanklikheid wat alleen biddend (vgl. vs 36) uitgeleef kan word.

5.2.2.1 GEVOLGTREKKINGS:

5.2.2.1.1 Ouderlinge is kragtens hul “aanstelling” deur die Heilige Gees geroep om as opsieners op hulself en die gemeente ag te gee.

5.2.2.1.2 Die regeertaak in die gemeente is toevertrou aan die ouderlinge as liggaam om as instrument te funksioneer vir die bediening van die Christusregering.

5.2.2.1.3 Die ouderlingekorps is van die Heilige Gees afhanklik vir die uitvoering van hul dienswerk.

6. DIE AMPTE/DIENAARS AS GAWES AAN DIE KERK EN GEBED

- BASISTEORETIESE PERSPEKTIEWE AFGESTEM OP DIE IUS

CONSTITUENDUM.

6.1 INLEIDING:

Christus as Hoof rus die kerk as sy liggaam toe deur gawes (charismata) en dienste (diakonia). Hierdie “dienste” berus op roeping of aanstelling deur die Heilige Gees (Hand 20:28; Van der Walt, 1976:146,154). Die Heilige Gees bevestig hierdie roeping tot die amp met die verkiesing daartoe deur die gemeente (Hand 14:23; vgl. bevestigingsformuliere vir predikante, ouderlinge en diakens) so anders as wat die Roomse Kerk ampsdraers hiërargies aanwys.

“Die gesag van die dienste in die kerk vloei uit die roeping voort en nie uit die

gawes (of persoon) van die ampsdraer nie” (Van der Walt, 1976:61).

Ampsdraers is “organe in sy liggaam waardeur Christus as Hoof die gemeente

bedien” (Van der Walt, 1976:61) en regeer en opbou (Ef 4:12). Daarom is alle

ampsbediening bediening van die Woord en toetsbaar aan die Woord en word die mag en gesag van die kerkregeerders afgegrens deur “die opdrag aan die

ouderlinge: wees „n herder” (Van der Walt, 1976:84) in gehoorsaamheid aan die

Woord.

Roeping gaan die diens eweneens vooraf sodat die dienaar se afhanklikheid van die innerlike roeping deur die Heilige Gees die dienaar tot voortdurende gebed bring soos blyk uit die eendersklinkende eerste vrae van die bevestigingsformuliere vir die verskillende ampte: “Is u in u hart daarvan oortuig

dat u ... deur God self ... geroep is”.

In artikel 4 van die Kerkorde van die GKSA word die verband tussen roeping en die gepaardgaande bediening direk gekoppel aan die gebed waar dit handel oor die “wettige beroeping en toelating” van bedienaars van die Woord: “ten eerste,

die verkiesing na voorafgaande gebede ...” Hierdie verband word ook in die

onderskeie bevestigingsformuliere gelê as daar agtereenvolgens oor roeping, die inhoud van die dienswerk en die toewyding daaraan gehandel word en dit laat uitloop in gebed: “Maar omdat niemand uit homself tot hierdie dinge in staat is

nie, laat ons met danksegging tot God bid” (bevestigingsformulier predikante)

soos ook in die bevestigingsformulier vir ouderlinge en diakens: “Maar omdat ons

dit uit onsself nie kan doen nie, laat ons die almagtige God aanroep.”

Daar is „n kongruensie wat vanaf die Ou Testament deurloop na die Nuwe Testamentiese ampsbegrip en eventuele kerkregering as bediening (ministerium) waarby die gebede onlosmaaklik deel is van die diens as λειηοςπγια. In die Septuaginta word die “diens” van die dienaars aangedui met die woord

λειηοςπγια. Aanvanklik het λειηοςπγια die betekenis gedra van vrywillige

staatsdiens deur die ryker mense in die samelewing as „n erefunksie wat hulle vervul het, maar later het dit uitgebrei na staatsamptenare en selfs om die diens van „n slaaf aan sy heer te beskryf (Bronkhorst, 1947:47,48). Dit het in die kultus in „n tegniese term ontwikkel wat deur die Septuaginta opgeneem is as vertaling van die Hebreeuse schéréth (dien/bedien) om die priesterdiens te definieer waarbinne die gebede en die studie van die Tora ressorteer (Bronkhorst, 1947:47,48). Van belang vir ons studie is die besondere band wat daar bestaan tussen Skrifstudie, die diens van die gebede en die dienswerk van die ampsdraers. Dit is ook opmerklik dat die kerkregering nou verweef is met die liturgie. Dié besondere verhouding tussen kerkregering en liturgie word duidelik in die talle kerkordelike verwysings dat sekere liturgiese handelinge en seremonies moet geskied volgens die formulier wat daarvoor vasgestel is met die gebede as inherente deel daarvan.

Basisteoretiese perspektiewe afgestem op die ius constituendum Hoofstuk 2 ______________________________________________________________________________________

In hul gebede behoort kerkregeerders volgens die gereformeerde verstaan van die Skrif dit in gedagte te hou dat gesag nie in die ampsdraers en ook nie in die kerklike vergaderinge as deel van die ampsbediening rus nie, maar alleen as dit bediening van Christus se gesag is (Smit, 1985:95).

In alle gebede wat gerig is op die kerkregering behoort Calvyn se uitspraak dat dit “Christus se reg (is) om die Voorsitter van alle kerklike vergaderings te wees

...” in ag geneem word veral as hy verder verklaar dat Christus eers Voorsitter is

wanneer “die hele vergadering deur sy Woord en Gees regeer word” (Calvyn iv, 9, 1).

Teenoor die Roomse ubi papi, ubi ecclesia (waar die pous (priester) is, is die kerk) glo gereformeerdes dat Christus gawes en kragte in sy kerk tot groei en opbou diensbaar stel (Van der Walt, 1976:59; Ef 4) en dat die ampsdraers se bevoegdheid in hulle roeping rus om die Woord te bedien, maar ook weer deur hul roeping in hulle mag (bevoegdheid) beperk word. Hierdie gawes behoort biddend aangewend te word in die regering en opbou van die kerk. Ampte is dus nie gesagsposisies in die kerk wat op oorheersing berus nie, maar op diens. “Die Here openbaar die krag van sy Gees deur hulle diens” (Van der Linde, 1984:4, vgl. Inst. IV,3,2,3).

Spoelstra (1989:28) is oortuig dat die kerk „n bepaalde resultaat is van die koms van die koninkryk waarvan die dienaar net “‟n instrument in die hand van Koning

Christus (is) waardeur Hy met sy Woord en Gees die gelowiges roep, vergader en bou”. Daarvoor gebruik Hy “verskillende mense in verskillende bedieninge van lering, vertroosting, vermaning, versorging, liefdesbetoon, regering en tug (Rom 12:4-8; 1 Kor 12:27-31; Ef 4:11-16)” (Spoelstra, 1989:28).

Die dienste (diakonia) gaan die kerk vooraf en in hierdie opsig wys Spoelstra (1989:28) dat die Kerkorde eers oor die dienste en daarna oor die vergaderings van die dienaars handel. Christus is die “absolute Opsiener” (Spoelstra, 1989:31) van die kerk aan Wie die dienaars diens verrig met „n “verteenwoordigende” karakter deur wie Christus self by die gemeente teenwoordig is met gevolglike verantwoordelikheidsbetoon van die dienaar aan Christus (vgl. Spoelstra, 1989:31; Inst IV,3,1). Diens wat alleen in biddende afhanklikheid verrig kan word.

Eweneens is die inhoudelike samestelling van die gebede in die bevestigings- formuliere in „n duidelike volgorde waar die roeping voorop staan en direk met die werk van die Heilige Gees in verband gebring word sowel wat die skenk van gawes (charismata) betref as die uitoefening van die diens (diakonia) met die oog op die koms van “die ryk van u Seun Christus” (vgl. bevestigingsformuliere).

Ten opsigte van meerdere vergaderings behoort “ampswerk ... biddende begin,

voortgaan en sluit” (Spoelstra, 1989:203). Die ganse vergadering vind dus as‟t

ware biddend plaas. Die bedoeling dat die ampsdraer “in die Naam van”

Christus handel, beteken nie dat die ampsdraer Christus vervang of Hom “verteenwoordig” (Kleynhans, 1984:10) nie, maar deur Hom gebruik word.

6.1.1 GEVOLGTREKKINGS:

6.1.1.1 Die Heilige Gees stel die ampsdraers aan om as organe van die Hoof in die kerk as liggaam te dien.

6.1.1.2 Ampsbediening is bediening van die Woord in sy verskillende gestaltes waaronder kerkregering.

6.1.1.3 Ampsbediening is onlosmaaklik verweef met en afhanklik van gebede. 6.1.1.4 Gebede self is deel van die dienswerk van ampsdraers.

6.1.1.5 Gebede het dusdoende ook naas andere „n kerkregerende rol met die oog op die koms van die koninkryk

6.2 SKRIFTUURLIKE VERANTWOORDING:

6.2.1 Efesiërs 4:11,12 “En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete,

ander as evangeliste, ander as herders en leraars, om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, ...”

Hierdie is een van die klassieke gedeeltes waar die verhoogde Christus ampsdraers as „n gawe aan die kerk gegee (εδωκεν) het wat Hy uit die kring van die gelowiges “gerecruteerd” het (Floor, 1995:151) om aan hulle take te gee vir die stigting, opbou en versterking van die gemeente. Letterlik skryf Paulus dat Christus ampte gegee het tot (ππορ) die toerusting van die gelowiges, tot (ειρ) diensbetoon en tot (ειρ) die opbou van die kerk met die verklaring “de ambten zijn

gegeven om de heiligen toe te rusten, deze toerusting is gericht op het ontwikkelen en stimuleren van het dienstbetoon door die heiligen en dit algemeen dienstbetoon is op zijn beurt tenslotte weer gericht op de opbouw van het lichaam van Christus” (Floor, 1995:153).

Hierdie gedagte dat Christus gawes aan sy kerk gee, stem ooreen met 1 Kor 12:28 met die verskil dat Ef 4:11 na hulle verwys as gawes (εδωκε) daar in 1 Kor 12:28 verwys word as aanstellings (εθεηο) van Christus (Nicoll, vol. 2, 1979:329). Beide verwysings dui op Goddelike roeping, verkiesing en toerusting tot hul taak (Nicoll, vol. 2, 1979:329). Tog bly die persone en nie die amp nie die fokus wat „n spesifieke taak in die kerk moet vervul.

Terwyl “apostels, profete en evangeliste” „n meer universele roeping gehad het, was dit anders met die “herders en leraars” wat aan bepaalde kerke verbonde

Basisteoretiese perspektiewe afgestem op die ius constituendum Hoofstuk 2 ______________________________________________________________________________________

was en nie rondreisend of evangeliserend nie. Die afwesigheid van die ηοςρ δε voor διδαζκαλοςρ dui aan dat ποιμένερ en die διδαζκαλοι nie twee onderskeie voorskrifte was nie, maar die benoeming van dieselfde mense in verskillende funksies (net soos ππςεζβςηεποι en επιζκοποι in Hand 20:28 en 1 Pet 2:25 & 5:2) (Nicoll, vol. 3, 1979:330). Eersgenoemde omskryf hulle ten opsigte van hul amp van toesig en laasgenoemde volgens hul diens van lering en leiding.

6.2.2 1 Timoteus en Titus.

Wanneer Paulus aan Timoteus en Titus die vereistes vir ampsdraers noem, moet ons die struktuur van die briewe in ag neem omdat die struktuur insig bring t.o.v. die dienaars as gawes aan die kerk en die gebed.

Coetzee (1980:104) meen dat die tema van 1 Timoteus iets sou wees soos: “Hoe

om „n goeie dienaar van Jesus Christus te wees”. Dit skyn asof Paulus geweet

het dat hy nie weer in Efese sou kom nie daarom dat hy in hoofstuk 1:8 die taak aan Timoteus oordra om voortaan alleen daar te arbei. In hoofstukke 2-6 volg pastorale opdragte aan Timoteus:

Hoofstuk 2:1-8: oor die gebed in die gemeente. 2:9-15: oor die plek van die vrou in die gemeente. 3: oor die vereistes vir ouderlinge en diakens.

4: oor toegewyde prediking en weerlegging van dwalinge.

5:1-16: oor die pastorale versorging van bejaardes en weduwees. 5:17-6:10: oor die onderlinge tug (kerkregering) in die gemeente. (Coetzee, 1980:105).

Dieselfde tendens kom in die struktuur van Titus voor ten opsigte van pastorale opdragte.

Hoofstuk 1:5-9: oor die verkiesing van en vereistes vir ouderlinge. 1:10-16: oor die weerlegging van dwalinge.

2:1-10: oor pastorale versorging van bejaardes, jongmense, slawe. 2:11-3:7: oor die Christelike lewenswandel van die gemeente.

3:8-11: Oor die tug (kerkregering) in die gemeente. (Coetzee, 1980:105).

6.2.3 GEVOLGTREKKINGS:

6.2.3.1 Daar bestaan „n eenheidslyn in die briefstrukture wat eventueel die vereistes/gawes en verkiesing van ampsdraers(1 Tim 3; Tit 1:5-9) aan gebed (1 Tim 2:1-8) sowel as aan kerkregering (1 Tim 5:17-6:10; Tit 3:8-11) bind.

6.2.3.2 In al drie briewe is die uitgangspunt die gawes wat lei tot verskillende funksies. Soos die onderskeie funksies van διδαζκαλοςρ en ποιμένερ onderskeidelik op toesig en op lering en leiding dui, so dra die geroepenes naas ander ook die verskillende funksies van gebed en kerkregering.

6.2.3.3 Die een roeping (vgl. die eenheidgedagte in Ef 4) lei tot verskeie funksies wat interafhanklik van mekaar bedien word, sodat gebed en kerkregering nie

losstaande van mekaar is nie.

6.3. IMPERATIEWE AAN AMPSDRAERS OM TE BID.

6.3.1 ALGEMENE IMPERATIEWE AAN ALLE GELOWIGES WAT UITERAARD OOK OP AMPSDRAERS BETREKKING HET.

Luk 11:9 “Bid en vir julle sal gegee word.”

Luk 11:13 “... die hemelse Vader (sal) die Heilige Gees gee aan die wat Hom

bid.”

Luk 18:1 Jesus vertel „n gelykenis “... dat mens gedurig moet bid en nie

moedeloos word nie.”

Ef 6:18 Paulus skryf: “... terwyl julle met alle gebed en smeking by elke

geleentheid bid in die Gees ... smeking vir al die heiliges en vir my, sodat „n woord my gegee mag word ...”

1 Tess 3:10 “... nag en dag baie ernstig bid om ... te voltooi wat aan julle geloof

ontbreek.”

1 Tess 5:17 “Bid sonder ophou.” 1 Tess 5:25 “Broeders, bid vir ons.” 6.3.2 SPESIFIEKE IMPERATIEWE:

1 Tim 2:1-8 Paulus dring daarop aan “... dat smekinge, gebede, voorbedes gebid

moet word vir alle mense ...” as deel van sy pastorale brief aan Timoteus.

Jak 1:5 “En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid ...”

6.3.3 GEVOLGTREKKINGS:

6.3.3.1 Naas die algemene gebede wat vir alle gelowiges geld, is daar vir die ampsdraer as‟t ware „n intensifisering daarvan as hy as voorganger gebede bedien.

6.3.3.2 Hierdie imperatiewe geld uiteraard vir die kerkregeerder dat gebed geen opsionele saak is nie, maar deel van die kernbesigheid van die ampsbediening en kerkregering.

7. DIE KERKORDE EN GEBED - BASISTEORETIESE PERSPEK-

Outline

GERELATEERDE DOCUMENTEN