• No results found

HOOFSTUK 4: PERSEPSIES VAN DIE CDC-LEDE

4.2.2. Aktiewe rol in beplanning

In hierdie studie word aktiewe rol in beplanning só gedefinieer:

Die ontwikkelende gemeenskap van Rundu se insette behoort gereflekteer te word in die planne wat die CDC eindelik maak (sien Tabel 3.2).

Daar was nie ʼn algemene konsensus onder die CDC-lede oor die rol wat die ontwikkelende gemeenskap behoort te speel ten opsigte van beplanning nie. Dit blyk asof die gemeenskap se deelname aan die beplanning van CDC-ontwikkelingsinisiatiewe nie deur die CDC-lede as belangrik beskou is nie.

Soos in die vorige afdeling bespreek, wil dit voorkom asof die gemeenskapsvergaderings baie swak bygewoon word, wat die vraag laat ontstaan van hoeveel gemeenskapsinsette werklik ingewin word voordat planne saamgestel word.

65 Een van die CDC-lede het die situasie soos volg beskryf:

That’s supposed to be the big idea, even though the community is the ones who are failing to turn up at those meetings in order to make proper contributions … We are not getting the proper solutions. Hierdie (beweerde) nie-bywoning van CDC-gemeenskapsvergaderings kan duidelik daartoe bydra dat die gemeenskap se stem nie gehoor word nie. Die vraag kan seker ook gestel word of dit al wyse is waarop die CDC die mening van die gemeenskap kan hoor.

Voorts het die CDC-lid uitgebrei oor gemeenskapsdeelname aan beplanning:

When any development (idea) is brought to the community it is presented to the community, its leadership and the CDC. It is now up to the community to approve or disapprove these plans. If we approve, we have to move forth with the plan; that means the community has to bring their input towards the planning… It is up to all parts (of the community) to come together and share ideas.

Hierdie CDC-lid het ook aangevoer dat die gemeenskap se insette genoegsame deelname aan die beplanningsproses is. Hierdie deelname van die gemeenskap se kant is dikwels bloot daarop gemik om kennis te neem van planne, of dit goed te keur wat reeds gemaak is. Hierdie planne word dus net aan die gemeenskap voorgelê; die gemeenskap kan nie (of wil nie) aktief daaraan deelneem om planne op die tafel te sit nie.

Die gedagte dat die deel van gemeenskapsinsette op reeds bestaande planne genoegsaam is, is verder problematies omdat dit die CDC en streeksraad onder geen verpligting plaas om hierdie insette in ag te neem of uit te voer nie. Hierdie situasie kan daartoe lei dat die ontwikkelende gemeenskap se insette nie weerspieël word in beplanning nie.

Die afleiding kan gemaak word dat die CDC-lede meen dat die gemeenskap nie aktief deel gemaak word van die beplanningsproses nie, maar dat die meeste van die beplanning deur die streeksraad en die CDC geskied. Dit kom verder voor asof sommige van die CDC-lede nie juis bekommerd is oor hierdie gebrek aan deelname nie en dit nie as belangrik beskou word nie.

Een van die ander CDC-lede se beskrywing van die situasie sluit nou aan by die vorige aanhaling:

The community is sometimes included, not always. Sometimes they (the town council) will plan alone and call us and tell us that this is on the table; they just tell us to go tell the community.

Vanuit bostaande wil dit voorkom asof die gemeenskap meestal nie deelneem aan beplanning nie, maar dat reeds geformuleerde planne aan die gemeenskap voorgelê word waarop daar dan terugvoer gegee kan word.

66 Toe daar gevra is hoe die beplanningsproses werk, het een van die CDC-lede dit soos volg verduidelik:

As a CDC we have our own meetings, sitting around the table and making our plans. So after that meeting, or after our planning, we say: ‘Mr Chair or Mr Secretary, you are going to talk about plan A. This is how you have to share it with the community.’ These are the plans we as leaders have, so we have the input from the community, what are they thinking, regarding the ideas that the leader or the CDC has brought to the table. So now we see the community bring in their ideas and we have to consider all the ideas that comes in.

Hierdie persepsie oor die gemeenskap se deelname aan die beplanning van CDC- ontwikkelingsinisiatiewe, verskil effens van dié van die ander deelnemers. Alhoewel hierdie CDC-lid dit duidelik maak dat daar ʼn geleentheid vir die gemeenskap is om deel te neem aan die beplanning, blyk dit steeds duidelik dat daar planne gemaak word sonder die gemeenskap se insette en dat hierdie planne dan slegs aan die gemeenskap voorgelê word vir goedkeuring. ʼn Verdere kwessie wat in hierdie verband ontbloot is, is die feit dat daar nie genoegsame terugvoer aan die gemeenskap gegee word nie. Terugvoer is belangrik omdat dit vir die gemeenskap ʼn bewys is dat die CDC en die dorpsraad na hulle geluister het en hulle voorstelle of persepsies in ag probeer neem. Wanneer terugvoer nie ʼn belangrike deel van die beplanningsproses is nie, kan daar nie gedeelde mag wees nie. Hierdie gebrekkige terugvoer kan bydraend wees tot die gemeenskap se persepsie dat dit hulle nie baat om CDC- vergaderings by te woon nie en hul keuse om dit nie by te woon nie.

Dus kan die gevolgtrekking gemaak word dat dit die persepsie van die CDC is dat die planne wat hulle uiteindelik maak nie die insette van die ontwikkelende gemeenskap van Rundu genoegsaam reflekteer nie aangesien die gemeenskap nie van die begin af deelneem aan die beplanningsproses nie.