• No results found

Holistiese hantering van die pasiënt soos deur die konseptuele raamwerk op bls 27aangedui word. Dat aandag gegee word aan die pasiënt in sy totaliteit.

Gereelde indiensopleiding/ voortgesette professionele ontwikkeling Rekordering en dokumentasie (insluitende die ambulante sorg boek:

'n ambulantesorgboek aan elke nuwe diabetes mellitus tipe 2 pasiënt voorsien moet word omdat dit die dokumentasie bevat van elke pasiënt wat op primêre

gesondheidsorgvlak gekonsulteer word. Wanneer die pasiënt se eerste boek vol is, behoort die pasiënt weer van ‘n nuwe boek voorsien te word. Die geskiedenis behoort in so ‘n geval weer geneem te word, aangesien gedeeltes van die vorige data verouderd mag wees en nuwe data aangeteken moet word. Raff en James (2003:8), beklemtoon die belangrikheid van rekordering. Dit vorm die hoeksteen van verdediging in geval van wanpraktyke. Die volgende stelling is dus van toepassing: Wat nie gerekordeer is nie, het nie plaasgevind nie

(Raff & James, 2003:8).

 Tekortkomig is die ambulante boek is die kontrolering van rook gewoonte en drank gebruike. Die gematige gebruik van alkohol, (een sopie per dag vir vrouens en 2 vir mans) saam met ete, affekteer nie die bloedsuiker in ‘n groot mate nie, maar gaskoeldranke, bier en soetwyn kan die bloedsuiker verhoog omdat al die middels koolhidrate bevat. Alkohol het geringe voedingswaarde en kan verhoed dat pasient gewig verloor en eerder bydra dat pasient gewigs aansit (McCulloch, 2008:np.). Volgens McCulloch (2008:np.) verhoog pasiënte met diabetes mellitus tipe 2 se risiko van kardiovaskulêre siektes, hipertensie, neuropatie nefropatie en ulkusse as hulle rook.  Elke gesondheidswerker die ambulantesorgboek volledig moet invul wanneer daar

spesiale toetse soos oogtoetse of verwysings gedoen word, sodat daar beter kontrole kan wees oor die spesiale ondersoeke wat gedoen is. Die KVP is verantwoordelik daarvoor om seker te maak dat die pasiënt met diabetes mellitus tipe 2 vroegtydig vir roetine diagnostiese ondersoeke verwys word, soos nodig.

 Die ambulantesorgboek deeglik en volledig ingevul moet word om ‘n deeglike rekorderingstelsel te verteenwoordig. Die pasiënt sal die afskrif hou indien reis en/of tydelik verhuis vir werk doeleindes.

 Duidelike notas in die lêers gemaak word met detail oor opvolgbesoeke. Aspekte soos byvoorbeeld wanneer daar ‘n voetletsel is moet aandag geniet deurdat dit aangeteken moet word, ook tydens die opvolgbesoeke, sodat praktisyns tydens die volgende besoek kan bepaal of daar vordering plaasgevind het al dan nie.

 Kontrole lys wat met elke besoek ingevul moet word en in die lêer geplaas word wanneer met diabetes mellitus gediagnoseer is.

 Daar ‘n stempel gemaak word met die essensiële data wat met elke besoek op die rekorderingsblad aangebring kan word, sodat net ‘n regmerk gemaak hoef te word wanneer die KVP belangrike inligting van die pasiënt moet verkry.

 Daar proefhandtekeninge op die pasiënt se dokumentasie aangebring behoort te word sodat onderskei kan word of dit ‘n geneesheer, dieetkundige, oogkundige of KVP is wat die pasiënt gekonsulteer het.

Kennis van komplikasies van diabetes mellitus tipe 2 en die morele steun

 Klubs gestig sal word vir diabete om tussen doktersbesoeke die nodige gesondheidsinligting, motivering en multidissiplinêre aandag te kan geniet ten einde 'n positiewe verskil te kan maak in die voorkoming van komplikasies en hantering van diabetes mellitus tipe 2 as leefstylverwante toestand.

Fisiese ondersoeke :

 Pols- en temperatuurmeting op 'n gereelde basis saam met die bloeddruklesing, urinetoets en HGT geneem moet word. Die liggaamstemperatuur styg omdat die makrofage en granulosiete interleukin 1 vrystel om te reageer teen die indringende mikroörganismes volgens Waugh en Grant (2005:377) en daar is ‘n verhoogde

bloedvoorsiening na die beskadigde weefsel vir voedsel en suurstofvoorsiening aan die weefsels.

 Aangesien ons in die era van tegnologie lewe, is die rekenaar een oplossing om data vinnig te kan insamel. Alhoewel die kliniek gebruik maak van die identifikasieplakker op elke lêer, is dit moontlik dat meer inligting deur middel van die rekenaar aangebring kan word. Die biografiese en sosiografiese date kan tot voordeel wees indien dit vir die hele spektrum van klinieke beskikbaar is wanneer die pasiënt verhuis of met vakansie gaan. As data soos geskiedenis van die pasiënt onmiddellik beskikbaar is op die rekenaar, bespaar dit tyd en maak dit, dit vir die volgende gesondheidsversorger soveel maklike om diagnose en behandeling te gee.

BMI meting:

 Elke pasiënt met diabete mellitus tipe 2 van ‘n grafiekkaart voorsien word waarop die gewig en lengtemeting aangeteken kan word. Dit sal enige persoon wat toegang tot die lêer het, onmiddellik in staat stel om te kan evalueer of die pasiënt se BMI normaal is. Die formule vir die berekening van BMI is die gewig in kilogram oor die lengte in meters kwadraat (Klisiewicz, 2010:14).

Voetsorg:

 Praktiese sessies oor voetsorg gereël moet word en KVPs bevoeg gevind moet word in voetsorgverlening aan die pasiënt

Invloed van kultuur en leefstyl op diabetes mellitus:

 'n verdere studie onderneem word ten opsigte van wyses ter motivering tot leefstylaanpassings vir die vetsugtige persoon.

 Stig van klubs vir pasiënte met kroniese siektes sodat pasiënte gedurende die ses maande opgevolg kan word om komplikasie vroegtydig op te spoor en gesondheidsinligting te kan gee om deur die multidissiplinêre gekonsulteer te kan word en om ’n ondersteuning netwerk met ander in dieselfde posisie op te bou

Opleiding van die KVP,s:

 Die KVP sal kennis neem van die belang van sosio-ekonomiese aspekte soos behuising, inkomstebronne en beroepsgesondheidstatus.

 wanneer medikasie aan ‘n pasiënt uitgereik word, daar op die konsultasieblad verwys moet word na die medisynekaart, sodat die volgende praktisyn dadelik kan weet indien daar wel medikasie aan die pasiënt voorsien is

 Daar 'n aanduiding moet wees of die pasiënt gediagnoseer is met tipe een of tipe twee diabetes mellitus, sodat die korrekte inligting aan die pasiënt verskaf kan word.

 Gereelde professionele ontwikkeling moet geskied ten opsigte van die komplikasies van diabetes mellitus wat insluit die herkenning en hantering daarvan. Dit kan dien as deel van CPD punte.

 Gereelde formele indiensopleiding ten opsigte van dokumentasie moet plaasvind en die wetlike en etiese implikasies vir die KVP moet duidelik gemaak word.

 Weens die oorerflikheid van die toestand diabetes mellitus tipe 2 die KVP spesifiek aandag gee aan die toetsing van pasiënte se kinders vir die siekte.

 'n Opvolgstudie onderneem word om die redes wetenskaplik te bepaal vir onvoldoende rekordering op primêre gesondheidsveld.

 Opleiding ten opsigte van kennis van kulture om die pasiënt beter te verstaan (Leininger : 2002)

Verder navorsing

 Persepsies van KVP’s hoekom hulle nie kronies pasiënt holisties hanteer nie  Menslike hulpbron situasies in die Distrik /Subdistrik/Weskaap

 Opleiding van KVP’s

 Die rede vir swak rekordering te identifiseer  Ideale pasiënt KVP ratio te bepaal