• No results found

HOOFSTUK 4 SPELER IN DIE GLOBALE WÊRELD

4.3 DIE MAKROVLAK

4.3.2 ʼn KULTUUR VAN VIRTUELE WERKLIKHEID

Vir baie sosioloë beeld kultuur al die maniere van die mens se denke, gedrag en kunswerke uit. Dit word van geslag tot geslag oorgedra. In ʼn daaglikse konteks verwys dit na spesifieke intellektuele, kunstige en estetiese bekwaamhede in musiek, skilder, literatuur, film en ander vorme van uitdrukking. “Culture in this sense is particularly rich in imagery, metaphors, signs and symbols” (Cohen & Kennedy 2000:26).

In ʼn noue verhouding met kultuur moet ons ook nadink oor die groeiende belangrikheid van kennis met betrekking tot die abstrakte verstaan van sisteme. Die gevolg hiervan is dat ʼn groter wordende groep lidmate se denk- en leefwêreld ingrypend verdiep of verbreed het en hulle binne nuwe denksisteme geplaas het. Die diversiteit van die gemeente verbreed hierdeur.

Cohen en Kennedy (2000: 27) sê deur die menslike geskiedenis heen is kultuur en kennis hoofsaaklik aangeleer en versterk deur informele, daaglikse leersituasies, wat beïnvloed is met nabye verhoudings in familie, kerk en gemeenskaplike lewe. Hul blootstelling aan ander sosiale kontekste het baie stadig en fragmentaries

plaasgevind, deur byvoorbeeld oorsese reise, die ekonomiese wêreld asook godsdienstige proselietmakery

Die gemeenskap van die Koue Bokkeveld is gevorm deur families wat in dié streek ingetrek het. “Dit wil dus voorkom of die Van der Merwes en die Du Toits die eintlike baanbrekersboere in daardie kontrei was” (Van der Merwe 2011:2). Die families woon oor geslagte heen in die gebied. Die oudste familie-besigheid in die land is hier gevestig. Die Van der Merwes van Boplaas dateer uit 1742. Families het gevestigde regte en voorregte. Gesinsbande was sterk. Die rol van die pa, as patriarg, kan in die verband nie onderskat word nie.

Klein plaasskole (gewoonlik eenmanskole) was orals.

Aanvanklik was daar plaasskole op Baliesgat, Tandfontein, Bokfontein en De Bos. Nadat die skole van Tandfontein en Baliesgat gesluit het, het Albert Hanekom van Waboomsrivier aangebied om ʼn gebou op Appelfontein op te rig om te dien as woning vir ʼn onderwyser, slaapkamers vir leerlinge, en twee klaskamers is in 1927 geopen met F.N. Marais as skoolhoof (Van der Merwe 2011:54-55).

Dit is duidelik dat kultuur en kennis versterk is deur informele, daaglikse en lokale leersituasies.

Vanweë afstande is die kerk nie gereeld bygewoon nie. Buitedienste en basaars was deel van die gemeenskaplike lewe. Die mense het saamgewerk en saamgekuier.

Aangesien die Koue Bokkeveld nog steeds ʼn Afgeleë gebied was, is daar in lidmate se kerklike behoeftes voorsien deur gereelde buitedienste op plase soos Tandfontein, Elim en De Keur. De Keur was die eintlike “kerkplaas” en daar is tydens buitedienste kinders gedoop en selfs katkisasie klasse aangebied. In die onderskeie Kerkraadswyke is bidure gehou wat deur ouderlinge waargeneem is (Van der Merwe 2011:16).

Die jaarlikse trek met vee na die Ceres Karoo (as gevolg van die lang nat koue winters in die Koue Bokkeveld) het die kultuur en stories van die gemeenskap sterk beïnvloed. Daar is te voet getrek. Dit was feitlik die reël dat elkeen wat ʼn plaas in die Koue Bokkeveld het, ook ʼn Karoo-plaas besit. Die trek kon tot vyf na ses dae duur (Van der Merwe 2011:87, 98 en 99).

Eenvoud en storievertelling was kenmerke van die kultuur. Die mense het na aan die natuur en aan mekaar gelewe. Hulle het oor en weer gekuier. Storievertelling was aan die orde van die dag. Boerneef is van die kontrei en het na my mening, deur sy gedigte iets probeer vasvang van die wêreld. Daar word vandag nog met groot respek van sy werk gepraat. Soos Boerneef, het talle ander kinders uit die omgewing verder aan universiteite en kolleges gaan studeer. Die wat teruggekom het, het ʼn ander blootstelling gehad. Die plaasskole (blanke skole) het later in twee skole saamgesmelt. Baie boere het met die onderwyseresse, wat hier kom skoolhou het, getrou.

Waar ʼn reis oorsee vroeër net vir enkeles beskore was, het mense al hoe meer, vanweë hul werk, oorsee begin gaan. Hulle het blootstelling van ander kulture en hoe dinge gedoen word gekry. Die kulturele interaksie wat voortgespruit het uit die

toenemende kontak tussen mense, het stadig maar seker alle mense blootgestel aan die kulturele betekenis en kennis van ander samelewings.

ʼn Geweldige kennisontploffing wat verbind is aan wetenskap en die groeiende beskikbaarheid van massa- en formele opvoeding het plaasgevind. Die geskrewe brief-kommunikasie is uitgebrei deur die telefoon, die faks- en elektroniese netwerke wat kommunikasie vinniger en kragtiger gemaak het. Die eerste koms van ʼn handsentrale in die Koue Bokkeveld was ʼn groot gebeurtenis. Dit is gevolg met die outomatiese sentrale terwyl daar vandag is die gebied selfoonontvangs is. Elke plaaskantoor en huishouding het internet toegang. Waar daar eers reusagtige televisieskottels opgerig is vir ʼn paar TV kanale, beskik omtrent elke huishouding oor DSTV en het toegang tot die internet. Inligtingstegnologie het die Koue Bokkeveld radikaal verander. Die virtuele realiteit is ʼn kunsmatige omgewing en ervaring wat deur die sensoriese stimuli van die rekenaar en die tegnologie opgeroep word en wat ʼn mens self kan manipuleer. Alles word in die ervaring van die oomblik saamgetrek. Jy word weggeneem uit die fisieke wêreld. Die waarneming van die navorser is dat veral die kinders fisies minder speel en meer tyd deurbring met die tegnologie en nie ingestel is op die belewing van die mooi natuurskoon van die omgewing nie. Dit beïnvloed verhoudings en kommunikasie ook.

Al die bogenoemde het verskillende gevolge:

1. It has become increasingly possible to lift cultural meanings out of their original societal contexts and transplant them to other societies.

2. We now have the means to access rapidly far greater quantities of cultural meaning of every kind than ever before and from a multiplicity of sources.

3. We obtain full pictures of other lifestyles.

4. It is increasingly possible (and necessary for our survival) to know about other people’s cultures. If we do not, we run the risk of being excluded from many potential benefits.

5. The electronic mass media of communication, along with fast transport, have the capacity to affect all those who are exposed to it, and to incorporate them into a single experience.

6. We are made conscious that we live in a pluralist, multicultural world and are invited to participate in its many different possibilities embodied, for example, in cuisine, music, religious practices and marriage customs.

7. This last point notwithstanding, it appears that, certainly at present, Western and especially US influences dominate the volume and the character of cultural and knowledge flows (Cohen and Kennedy 2000:27-28).

ʼn Nuwe kultuur word ʼn realiteit waar persoonlike kontak nie meer die sleutel is nie. Mense het ewe skielik ontdek dat ons sonder mekaar kan klaarkom. Ons kan op ons eie aangaan. Ons skep ons eie wêreld met die tegnologie. Die gemeente se

onderskeidingsprosesse het egter hierdie tendens raakgesien en sinvol daaroor besin.