• No results found

METODE VAN ONDERSOEK HOOFSTUK3

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "METODE VAN ONDERSOEK HOOFSTUK3"

Copied!
28
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

METODE VAN ONDERSOEK

In hoofstuk drie word gefokus op die aard van die studie, die data-insamelingsprosedure, die deelnemers asook die navorser. Daar word aandag geskenk aan kwantitatiewe en kwalitatiewe metodes van ondersoek, asook die uiteensetting van die verloop van hierdie prosedures.

3.1

DOEL VAN DIE ONDERSOEK

Die navorsing het primer ten doel om meer lig te werp op die emosionele belewing wat met ongehude swangerskap gepaard gaan, veral ten opsigte van verwerpingsbelewing en wel vanuit 'n Afrika-kultuurkonteks. Sekondere doelwitte wat data-insameling sal bevorder is:

• om deur middel van 'n literatuurstudie te bepaal hoe tienerswangerskap in die Afrika-kultuurkonteks gesien word;

• om te bepaal watter redes deur mede-leerders aangevoer word waarom tienermeisies swanger word terwyl hulle op skool is;

• om vas te stel wat die mede-leerders se gesindhede en gedrag teenoor swanger me1s1es Is; en

• om te bepaal hoe 'n groep swanger leerders tienerswangerskap ervaar, asook of verwerpingsbelewing by hulle voorkom.

(2)

3.2

NA VORSINGSONTWERP

Die ondersoek is kwantitatief asook kwalitatief van aard (De Vos, Strydom, Fouche & Delport, 2005; Glesne & Peshkin, 1992; Me Millan & Schumacher, 2001; Terre Blanche & Durrheim, 1999). Sodanige ondersoek staan ook as 'n gemengde metode (mixed method) bekend (Creswell, 2009).

3.2.1 Die navorsingsdeelnemers

Die navorsingsdeelnemers is verkry uit al die sekondere skole in twee onderwysdistrikte, naamlik Gauteng Sedibeng-wes Streekkantoor van Onderwys asook die Noord Vrystaat Fezile Dabi Streekkantoor. Die respondente by Vraelyste 1 en 2 is al die leerders van beide geslagte in graad 11 aan sewe sekondere skole in die bogenoemde twee onderwysdistrikte (N=341):

Noord Vrystaat:

Gauteng:

Vaal Christian Secondary School Pele ya Pele Secondary School Beverly Hills Secondary School The Vaal High School

Suiderlig Secondary School Suncrest Secondary School Tsolo High School

Die deelilemers by Vraelys 3 is meisies afkomstig uit bogenoemde sewe sekondere skole en wie swanger was ten tye van die ondersoek (N=28).

Die onderhoudvoering in fokusgroepverband is met 12 swanger meisies aan twee sekondere skole gevoer, te wete Vaal Christian Secondary School (Free State Province) en Tsolo High School (Gauteng). Daar is dus van 'n beskikbaarheidsteekproef of ondersoekgroep gebruik gemaak.

(3)

3.2.2 Die uitvoerbaarheid van die ondersoek

Die uitvoerbaarbeid van die ondersoek is onder meer bepaal deur:

• Die swangerskapbeleid van die Departement van Onderwys (GDE, 2000) wat daarvoor voorsiening maak dat swanger skoolgaandes op verantwoordbare wyse aan die openbare omgang blootgestel moet word, asook dat bulle aangewys is op berading binne die formele onderwys- en opvoedingskonteks.

• Die Vrystaatse Onderwysdepartement wat navorsing wat tot voordeel van die onderwys geskied, verwelkom.

• Die onderskeie skoolboofde asook die ouers/voogde bet saamgewerk om die ondersoek moontlik te maak. Laasgenoemde bet skriftelik toestemming daartoe verleen dat bulle kinders aan die navorsing mag deelneem.

• Die 341 graad 11-leerders aan die sewe sekondere skole wat samewerking en instemming tot deelname gegee bet, ook die 28 swanger meisies wat Vraelys 3 voltooi bet en die 12 deelnemers aan die gesprekke.

Etiese gedragskodes wat vir navorsing van die aard geld is nagekom:

• navorsingsdoelstellings en -prosedures is v66r die aanvang van die ondersoek aan alle deelnemers verduidelik;

• ingeligte instemming tot die voltooiing van Vraelyste en/of deelname aan gesprekke is bekom;

• alle inligting is vertroulik gebanteer, terwyl alle deelnemers anoniem sou bly; • slegs vrywillige deelname is ingesluit;

• toestemming van aldie onderskeie skole (Bylaag 8), sowel as die betrokke ouers/voogde (Bylaag 9) is verkry; en

• alle etiese beginsels soos vereis vir 'n ondersoek van bierdie aard en soos

(4)

3.3

DIE NA VORSER

As onderwyseres by 'n hoerskool het die vraag by my ontstaan waarom skoolgaande meisies swanger word en hoekom hierdie verskynsel aan die toeneem is. Die skool waarby ek betrokke is het slegs leerders uit die Afrika-kultuur wat nog meer vrae ontlok het. In die lig daarvan dat ek as wit Afrikanervrou by verskeie geleenthede betrokke was by die hantering van swanger skoolgaandes, het ek begin wonder ofverwerpingsbelewing by swanger swart meisies in die Afrika-kultuurkonteks voorkom, veral as in aanmerking geneem word dat die inheemse Afrika-kultuur van nature kollektief georienteerd, mens-gerig en verdraagsaam is. Wat my belangstelling verder aangewakker het, was die waameming dat, ongeag die kommunale kultuur waaruit hierdie leerders kom, dit voorgekom het asof die begrip en verdraagsaamheid wat oenskynlik eie is aan so 'n kultuur nie noodwendig realiseer nie. Dit het gelei tot 'n bewustheid van die moeilike omstandighede wat hierdie meisies moet ervaar, afgesien van die onderwysdepartement se verdraagsame beleid aangaande die hantering van sulke gevalle.

3.4

DATA- INSAMELING

Om te probeer vasstel of verwerpingsbelewing aanwesig is by swanger skoolgaande tienermeisies, hetsy v66r die swangerskap of tydens die swangerskap, is daar van kwantitatiewe- en kwalitatiewe data-insamelingsmetodes gebruik gemaak.

Om die portuurgroep se mening oor die oorsake van tienerswangerskap vas te stel, asook die portuurgroep se gesindheid en optrede jeens swanger skoolgaande meisies te bepaal, is in die besonder van kwantitatiewe navorsingsmetodes gebruik gemaak.

(5)

3.5

KWANTITATIEWE ONDERSOEK

3.5.1 Die Vraelyste

Die data is aan die hand van drie vraelyste bekom en om bruikbaarheid en toepaslikheid te verseker, is:

• die vraelyste wat met die ondersoek verband hou ooreenkomstig bestaande literatuur en reeds beproefde vraelyskonstruksiemetodes, deur die navorser opgestel (Breakwell, Hammond & Fife-Schaw, 1995; Creswell, 2009; De Vos, Strydom, Fouche & Delport, 2005; Glesne & Peshkin, 1992; Maree, 2007; Me Millan & Schumacher, 2001; Rosnow & Rosenthal, 1996; Terre Blanche & Durrheim, 1999);

• die aard en inhoud van die vraelyste deur die studieleiers aan die Noordwes-Universiteit, V aaldriehoekkampus nagegaan;

• Vraelys 1 en Vraelys 2 is aan 'n voorlopige toetsgroep (N=30) gegee om voorkomsgeldigheid en voorlopige betroubaarheid te bepaal; en

• die vraelyste is in Engels opgestel en afgeneem, aangesien dit die voertaal van die leerders by die skole is.

Vraelys 1 (Bylaag 1) doen by die respondente navraag oor hulle mening na die redes vir

swangerskappe onder skoolgaandes. In hierdie vraelys word 23 moontlike redes vir tienerswangerskappe wat hoofsaaklik in die literatuur voorkom, aangebied (Baron & Byrne, 1996; Bartollas, 1993; Bezuidenhout, 1998; Botha, 2006; Dobson, 2001; Van Dyk, 2005; Woolfolk, 2004). Aldie leerders in graad 11 aan die sewe sekondere skole is versoek om in orde van prioriteit vyfredes aan te dui (1; 2; 3; 4; 5). Daarbenewens, kry die respondente ook die geleentheid om enige ander rede(s) wat nie op die vraelys verskyn nie, by te voeg (item 24). Die tweede deel van die responsblad (Bylaag 2) maak voorsiening vir die ordening van response volgens prioriteit, byvoorbeeld, 13; 2; 15; 18; 4. Die responstyd met Vraelys 1 het tussen 20 tot 30 minute geduur en daar was min navraag deur die respondente ter verheldering van die inhoud gewees. Die navorser het self die vraelyssessies bestuur..

(6)

Vraelys 2 (Bylaag 3) doen navraag oor die respondente se opinies oor voortydige tienerswangerskap, asook hul eie gedrag teenoor diesulkes by die skool. Vraelys 2 word as volg gestruktureer: vyf items (afdeling A) doen navraag oor die respondente se

kognisies oor swanger skoolmeisies; 5 items (afdeling B) handel oor die respondente se

qffek ten opsigte van swanger skoolgaande meisies in 'n formele opvoedings- en onderwysopset; 5 items (afdeling C) verken optrede teenoor swanger meisies op skool. Die response word telkens op 'n 5-puntskaal aangedui wat strek vanaf 'n negatiewe (5) belewing tot 'n positiewe belewing (1).

Vraelys 1 is tydens dieselfde sessie deur Vraelys 2 opgevolg en onder toesig van die navorser afgeneem. Die responsduurte vir Vraelys 2 was ongeveer 15 minute sonder dat die respondente enige navraag oor die inhoud van die vraelys-items gedoen het.

Vraelys 3 (Bylaag 5) is s6 saamgestel dat swanger meisies aan sewe sekondere skole te kenne kon gee hoe hulle voel oor hulle eie swangerskapgebeure, met klem op verwerping

wat hulle moontlik kon belewe het in interpersoonlike verhoudings met hul portuurgroep; onderwysers; hulle ouers/voogde. Vraelys 3 bevat 35 stellingitems wat s6 aangebied word dat die swanger respondente 'n aanduiding kon gee in welke mate die stellings vanuit hul eie belewing ALTYD WAAR (4), DIKWELS WAAR (3); SOMS WAAR (2), of

NOOIT WAAR (1) is. Die vraelys-items is s6 saamgestel dat items 1-15 verhoudingsaspekte dek gedurende die tydperk v66r die swangerskap; terwyl items 16-35 verhoudingsaspekte dek tydens die swangerskap. Die bedoeling van hierdie verdeling is om vas te stel of daar alreeds v66r die swangerskap sprake van verwerpingsbelewing aanwesig was en of dit eers nadat swangerskap ingetree het, ervaar is.

Response op items 1; 4; 7; 10; 13; 16; 19; 22; 25; 28 reflekteer die swanger respondente se verhouding met hulle vriende;

Response op items 2; 5; 8; 11; 14; 17; 20; 23; 26; 29 gee 'n aanduiding van die respondente se verhouding met hulle onderwysers;

Response op items 3; 6; 9; 12; 15; 18; 21; 24; 27; 30 reflekteer die verhouding met die respondente se ouers; en

(7)

Response op items 31; 32; 33; 34; 35 is daarop ingestel om 'n aanduiding te gee van die respondente se siening ten opsigte van hulself en die toekoms te midde van hulle swangerskapsituasie.

Die responstyd op Vraelys 3 was ongeveer 30 tot 40 minute. Die navorser het die vraelyste afgeneem en die respondente het geen navrae oor die vraelys-items gehad nie.

3.5.2 Statistiese analise

Die kwantitatiewe data in hierdie ondersoek is in samewerking met statistiese konsultasiedienste aan die Noordwes-Universiteit, Vaaldriehoekkampus verwerk om betroubaarheid en geldigheid te versker. Die STATISTIKA-rekenaarprogram is gebruik om beskrywende statistiese resultate te verkry.

3.6

KWALITATIEWE ONDERSOEK

3.6.1 Die doel van die studie

My doel om 'n diepgaande begrip van die groep deelnemende swanger tienermeisies se belewing van verwerpmg te ontwikkel, kon slegs binne 'n kwalitatiewe navorsingsparadigma bereik word. Ek het gestreef na diepgaande begrip en verklaring ("erklaren") wat meer is as blote beskrywing (''verstehen") (Henning, Van Rensburg & Smit, 2004).

3.6.2 Filosofiese grondslae van kwalitatiewe navorsing

In kwalitatiewe navorsing is die doel om deelnemers se leef- en ervaringswereld diepgaande te ondersoek (Nieuwenhuis, 2007b) en 'n verslag wat 'n getroue weergawe van die deelnemers se stories is met die hulp van die deelnemers te konstrueer (Babbie,

(8)

2007; Creswell, 1994; Gubrium & Holstein, 1997; Holstein & Gubrium, 1995). My interpretatiewe navorsing gaan van die ontologiese aanname uit dat daar meervoudige weergawes van werklikheid is en dat mense se ervarings vir hulle werklik en geldig is en daarom word die deelnemers se subjektiewe ervarings met respek en ems bejeen (Creswell, 1994; Guba & Lincoln, 1989; Ponterotto, 2005). Ek aanvaar en hou in gedagte dat die deelnemers se ervarings deur verskeie faktore beYnvloed word soos onder andere sosio-kulturele milieu, religieuse oortuigings, ouderdom, persoonlike potensiaal en toekomsperspektief; derhalwe is hulle ervarings konteksgebonde.

3.6.3 Navorsingsproses

3.6.3.1 Navorsingsjoernaal

In kwalitatiewe navorsing IS die navorser die belangrikste navorsingsinstrument (Creswell, 1994). Ten einde bewustelik my eie oortuigings, ervarings, waardes en vooroordele te verreken, het ek hierdie subjektiewe data in 'n navorsingsjoemaal aangeteken. Notas oor waamemings by skole, informele gesprekke met onderwysers, en eie reaksies en refleksies rakende die navorsing is ook in die navorsingsjoemaal geskryf. Die joemaalinskrywing is gebruik as databron tesame met die data verkry uit fokusgroepgesprekke. Hierdie konteksgebonde inligting is geYntegreer met toepaslike literatuur tydens die interpretasie van die getranskribeerde onderhoude (Henning et al, 2004; Terre Blanche, Durrheim & Painter, 2006).

3.6.3.2 Steekproefneming

In die Jig daarvan dat slegs swanger tienermeisies in die navorsing ingesluit kon word, is van 'n beskikbaarheidsteekproef gebruik gemaak wat vanuit die sneeubaltegniek ontwikkel het (Babbie, 2007; Nieuwenhuis, 2007). Ek het by die hoofde van sekondere skole in die twee onderwysdistrikte navraag gedoen of daar swanger meisies is wat bereid sou wees om deel te neem aan gespreksessies oor tienerswangerskap in die algemeen,

(9)

maar veral oor hulle eie swangerskap in die besonder. Kontak is met die meisies gemaak deur die samewerking van die onderskeie onderwysers gemoeid met Lewensorientering by twee skole. Afsprake is aanvanklik deur die onderwysers gereel. Daarna het ek onderling met die meisies afgespreek vir daaropvolgende sessies.

3.6.3.3 Navorsingsdeelnemers

Aanvanklik is 'n groep swanger meisies byeengebring om skriftelik response op vyf vrae rondom die swangerskap te verskaf. Die data wat daaruit voortgevloei het was egter ontoereikend, derhalwe is besluit om die vrae by wyse van gesprekvoering in fokusgroepverband met 'n groep swanger meisies voor te hou.

Onderhoude is uiteindelik met 12 swanger tieners aan twee hoerskole gevoer. Die onderhoudvoering in fokusgroepverband het aanvanklik probleme opgelewer: dit was moeilik om die meisies vir die fokusgroepbespreking byeen te bring. Dit was vir die ondersoeker duidelik dat die meisies sku was vir die blootstelling tydens so 'n gesprek. Wat spesifiek die redes vir die traagheid was, kon nie vasgestel word nie. My vermoede wat voortvloei uit my bekendheid met die konteks is dat die teenkanting moontlik kon wees as gevolg daarvan dat:

• die ondersoeker 'n wit vrou is;

• die onderwysers die ondersoek as inbreuk op die onderrigtyd beskou het; en • die meisies nie blootgestel wou word nie; nieteenstaande die feit dat die

versekering gegee is dat vertroulikheid ten aile tye gehandhaaf sou word.

As Afrikaanssprekende onderwyseres was ek deurgaans bewus van die ongelyke magsverhouding wat tussen my en die swart swanger skoolmeisies bestaan het. 'n Deel van die onderhoudvoering is weg van die skoolterrein gehou en wei by 'n privaat woning om sodoende rustigheid by die meisies te probeer skep. Slegs twee van die twaalf meisies het nie tekens van weerstand getoon nie. Alhoewel die afsprake vooraf goed gereel is met die betrokke onderwysers asook met die swanger leerders, is weinig van hierdie afsprake nagekom. Die afsprake is egter opgevolg en die meisies is toe gedurende

(10)

skoolure byeen geroep vir gesprekvoering. Ek het weereens aan die meisies verduidelik waaroor die ondersoek gaan en baie moeite gedoen om die deelnemers op bulle gemak te probeer stel en 'n gunstige werksverbouding te bewerkstellig. Die deelnemers is telkens daarvan verseker dat bulle nie persoonlik blootgestel sou word nie. Aanvanklik was die deelnemers terughoudend, maar soos wat die sessies gevorder het bet die meisies meer op bulle gemak begin voel en meer spontaan aan die gesprekke deelgeneem.

3.6.3.4 Fokusgroep-onderhoude en navorsingsvrae

Die gesprekke is in fokusgroepverband gedoen (Anderson, 1993; Greeff, 2005; Millward, 1995; Nieuwenhuis, 2007c) om vas te stel of die meisies verwerp voel en of die gevoelens met hul swangerskap verband hou of aan andere, vroeere verwerpingsbelewinge toegeskryfkan word.

Die doel wat die fokusgroepgesprekke gerig het was daarop gemik om die meisies die geleentheid te gee om oor hul ervaring tydens hul swangerskap en hul belewing van die reaksie van ouers, onderwysers en maats op die swangerskap te praat. Ten diepste wou ek vasstel of die meisies verwerp voel. Verder wou ek in die gesprekke vasstel wat die redes was wat daartoe aanleiding gegee het dat bulle swanger geword het en hoe bulle vanuit bulle situasie die toekoms sien.

Die volgende vrae is tydens die fokusgroepbespreking aan die deelnemers gestel: • Wat bet daartoe aanleiding gegee dat jy swanger geword bet?

• Wat was die reaksie van jou ouers toe bulle verneem dat jy swanger geword het? Hoe word jy bygestaan nou dat jy swanger is?

• Wat was die reaksie van die onderwysers en jou maats toe bulle van JOU

swangerskap verneem het?

• Hoe dink en voel jy oor die situasie waarin jy jou tans bevind, asook oor die toekoms?

(11)

Die meisies is voor die tyd ingelig dat die gesprekke op oudioband opgeneem sou word. Van tyd tot tyd moes van die gespreksinhoud deur 'n vertaler in die groep ('n swanger meisie wat deel was van die groep) in Sotho vertaal word om duidelikheid te verseker. Die oudio-opnames is later verbatim getranskribeer.

3.6.4 Data-analise en interpretasie

Transkripsies (Bylaag 15) van die fokusgroeponderhoude is aanvanklik verskeie kere deeglik deurgelees om 'n baie goeie aanvoeling te ontwikkel vir die nuanses, atmosfeer en ge'impliseerde betekenisse daarin vervat. Daama is betekeniseenhede in die data ge'isoleer en beskryf. Die volgende stap was die integrering van betekeniseenhede in patrone (temas) (Babbie, 2007) wat in die lig van die navorsingsvraag ge'interpreteer is. Twee sielkundiges is by die data-analise betrek ten einde geloofwaardigheid te verseker. Literatuur en aantekeninge in die navorsingsjoemaal is ook gebruik om hierdie induktiewe proses te begelei (Creswell, 1994).

3.6.5 Kwaliteit

Soos wat betroubaarheid en geldigheid voorvereistes is vir kwantitatiewe navorsing, so verseker geloofwaardigheid, oordraagbaarheid en samehang die kwaliteit in kwalitatiewe navorsing (Lincoln & Guba, 1985).

• Geloofwaardigheid:

Hoe geloofwaardig die uitslag van 'n stuk navorsing is, hang af van die deeglikheid van die navorsing (DeVos, 2005; Flick, 1998). In my poging om 'n geloofwaardige weergawe van die belewenisse van die deelnemers te konstrueer, het ek diverse navorsingsbronne (Vraelys 3 en fokusgroepgesprekke) gebruik en twee ander sielkundiges by die beplanning van die navorsing en ook by die data-analise betrek (Morrow, 2005).

(12)

• Oordraagbaarheid:

Oordraagbaarheid verwys na die toepasbaarheid van die navorsing in ander kontekste (Lincoln & Guba, 1985). Hoewel dit nie die doel van kwalitatiewe navorsing is om bevindinge te veralgemeen nie, maar eerder om in-diepte, verweefde beskrywing en interpretasie van die deelnemers se ervarings te konstrueer (Nieuwenhuis, 2007), kan essensiele kenmerke van menslike belewenisse in verskillende kontekste tog ooreenkom en sal verskeie ervarings van deelnemers tog weerklank vind in die ervarings van swanger skoolmeisies in ander kontekste.

• Samehang en omvattendheid:

Samehang verwys na die logiese samehang van alle aspekte van die navorsing en die puntenerigheid waarmee die navorsingsproses behartig is, asook na die duidelike uiteensetting van die verband tussen die literatuurbevindinge, die deelnemers se kontekste, die breer samelewingskonteks en die navorser se konstruksies. Goeie samehang bring geloofwaardigheid mee (Lincoln & Guba, 1985).

3.7

TERUGSKOUENDE KOMMENTAAR

In hoofstuk drie is 'n beskrywing van die navorsingsdeelnemers, die uitvoerbaarheid en metode van die ondersoek en die navorser gegee. Daarbenewens is 'n uiteensetting van die insamelingswerkswyse beskryf, asook 'n verduideliking gegee van hoe die data-analise sal plaasvind. Van besondere belang is die uiteensetting ten opsigte van die onderhoudvoering wat in fokusgroepverband met 'n aantal swanger tienermeisies gevoer is. Die aandag is gevestig op die probleme wat ondervind is om die swanger respondente byeen te bring vir die onderhoudsessies.

(13)

RESULTATE VAN DIE ONDERSOEK

In hierdie hoofstuk word die bevindinge van sowel die kwantitatiewe as die kwalitatiewe data aangebied.

4.1

RESULT ATE VAN DIE KWANTITATIEWE NA VORSING

4.1.1 Vraelys 1: uiteensetting van die data

Vraelys 1 (Bylaag 1) van die ondersoek is 'n opname-tipe vraelys wat daarop ingestel

is om van 341 graad 11-leerders as respondente te verneem wat na hul mening die

redes vir ongehude tienerswangerskappe is. Soos voorheen in hoofstuk 3 gemeld is, is

hierdie vraelys deur die ondersoeker self opgestel aan die hand van literatuur met betrekking tot die oorsake van tienerswangerskappe. Aangesien hierdie slegs 'n

meningsopname en nie 'n meetinstrument as sulks is nie, is betroubaarheidsbepalings

(Cronbach Alpha-indeks) me van toepassing nie. Tabel 1 dui 'n

frekwensieverspreiding aan ten opsigte van die oorsake van tienerswangerskappe wat verder uiteengesit word in tabel Figuur 1.

Tabell: Portuurgroep se redes vir tienerswangerskap

Vraelys-item Aantal respondente per item ( n=341) %-respondente Hoogste voorkeur 12 176 51.6 5 171 50.1 15 155 45.4 13 144 42.2 17 137 40.1

Vraelys-item Aantal respondente %-respondente per item (n=341)

Laagste voorkeur

11 8 2.3

4 6 1.7

(14)
(15)

-Item 12:

Die gebruik/misbruik van alkohol en/of chemiese stowwe. Hierdie keuse van die respondente dat alkohol- en/of dwelmgebruik 'n bepalende rol in vroee seksuele aktiwiteit en gevolglik in tienerswangerskap speel, stem ooreen met die bevinding van Armistead, Kotchich en Forehand (2004) wat dit as 'n hoe-risikofaktor vir voortydige seksuele gedrag aantoon, asook van Botha (2006) wat dit as 'n rede vir tienerswangerskap bevind.

Item 5:

Onkunde: sommige meisies se kennis aangaande seksuele sake is gebrekkig aangesien hulle nie deur hulle ouers/voogde ingelig word nie. Hiedie keuse van 50.1% van die respondente dat onkunde ten opsigte van seksuele sake en geen voorligting deur primere opvoeders oor seksuele gedrag 'n belangrike rede vir premature swangerskap is, stem ooreen met bevindinge van Farber (1991) en Armistead, (2004), terwyl Bodibe (1994) en Kigozi (2006b) daarop wys dat ouers/voogde versuim om met hulle dogters oor seksuele sake te praat. Onkunde by die tienermeisie is dus deels te wyte aan ontoereikende ouerbegeleiding met betrekking tot 'n belangrike ontwikkelingstaak in adolessensie.

Item 15:

Die tienermeisie se seunsvriend plaas haar onder groot druk om seksuele omgang toe te laat. Die instemming word vertolk as bewys van die meisie se liefde. Hierdie keuse van die respondente dat die tienermeisie onder druk staan om haar liefde te bewys, ontvang besondere nadruk in die literatuur: Baron en Byrne (1996); Jewkes, Vundule, Maforah en Jordaan (2001); en Richter en Mlambo (2005) is dit almal eens dat hierdie toedrag 'n beduidende rol speel in voortydige seksuele omgang en ongehude swangerskap by skoolgaande meisies.

Item 13:

Daar heers ontoereikende huislike omstandighede, armoede tuis en in die gemeenskap. Navorsing dui daarop dat tienerswangerskappe meer dikwels in swak ekonomiese omgewings voorkom (Cockburn, 1994; Harris 1998; Masisi 2002; Shaw, Lawlor & Naman, 2006). Hiedie keuse van die respondente dui ook op die huidige

(16)

indruk wat in gemeenskappe bestaan, naamlik dat daar voordeel te verkry is uit die staatstoelaag wat vir swanger meisies beskikbaar gestel word.

Item 17:

Tieners tref nie voorsorg deur die gebruik van voorbehoedmiddels nie, aangesien hulle glo dat die voile genieting van die seksuele deur hierdie middels aan bande gele word. Die negatiewe houding wat tieners, veral jong mans openbaar jeens die gebruik van voorbehoedmiddels, word as oorsaak van voortydige swangerskap bevind (Baron

& Byrne, 1996; Bezuidenout, 1998; Dommisse, 2008; Ehlers, 2003; Rumpel, 2004; MacLeod, 1999; Sananayake & Faulkner, 2003). Hierdie keuse van die respondente stem ooreen met dit wat in die algemene omgang by adolessente leerders gevind word, naamlik dat 'onverantwoordelike houding ten opsigte van vrye seksuele verkeer met 'n gepaardgaande argelose houding jeens die gebruik van enige vorm van voorbehoedmiddels, die heersende styl in adolessente seksuele gedrag is. Papalia, Olds en Feldman (2009) bring die nie-gebruik van kondome onder veral manlike adolessente in verband met seksuele risikogedrag. Hulle wys daarop dat risikogedrag 'n kenmerk van jeugdiges is en dat dit verband mag hou met beide die onvoltooide ontwikkeling van die adolessente brein en die hormonale drifbelewing van seksuele ontwaking. V erder word morele ontwikkeling en selfs sekere vertoongedrag van die adolessent ten opsigte van sosiale selfbeeldontwikkeling in verband gebring met risikogedrag.

Wat die drie items met die laagste responsgetal betref word daarop gewys dat die inhoud van hierdie items nie op noemenswaardige wyse in die literatuur wat in hoofstuk 2.3 aangebied is, voorkom nie, naamlik: item 11 wat handel oor ontoereikende skolastiese prestasie; item 4 wat handel oor kinderverwekking as aanduiding van voorspoed; en item 18 wat handel oor die verband tussen kinderverwekking en politieke status. Hierdie drie items is in die vraelys ingesluit op grond van die feit dat in die gewone gespreksomgang met tieners hierdie sake genoem word as moontlike redes vir tienerswangerskappe in hul gemeenskappe.

In die kwalitatiewe ondersoek word gepoog om vas te stel of die uitstaande redes vir tienerswangerskappe wat deur die portuurgroep aangedui is, ook na vore kom in die verklarings van die swanger meisies self.

(17)

A B

c

4.1.2 Vraelys 2: uiteensetting van die data

Die bedoeling met Vraelys 2 (Bylaag 3) is om die gesindheid van 341 graad 11-leerders teenoor voortydige swangerskappe van mede-11-leerders in die skool te ondersoek. Soos voorheen genoem is (hoofstuk 3), is hierdie vraelys deur die ondersoeker self opgestel. Die Cronbach Alpha-betroubaarheidskoeffisient is 0.74 wat dui op aanvaarbare betroubaarheid vir gebruik in hierdie ondersoekgroep. Die geldigheid van die vraelys is bepaal met behulp van STATISTIKA se Sepath-opsie van 'n strukturele vergelykingsmodel. 'n Aanvaarbare passing word aangedui wanneer die Steiger-Lind RMSEA-indeks laer as 0.1 is (Browne & Cudeck, 1983). In hierdie geval is die grense tussen 0.08 en 0.09 wat net binne die aanvaarbaarheidsperk vir gebruik in hierdie ondersoekgroep val, maar met voorbehoud dat resultate versigtig vertolk moet word. Tabel 2 vertoon die beskrywende statistiek, betroubaarheid en geldigheid.

Tabel2: Beskrywende statistiek, betroubaarheid en geldigheid van vraelys

N Gemiddeld Min Maks Std.Afw. Cronbach A

Denke 341 17.95 9.00 24.00 3.37 Gevoel 341 16.03 7.00 25.00 3.25 Gedrag 341 13.97 6.00 24.00 2.88 Totaal 341 47.95 30.00 70.00 7.46 0.74 SEPATH: Lower90% Point Upper90% Confidence Estimate Confidence Bound Bound Steiger-Lind RMSEA 0.077 0.087 0.097 Index

Die gemiddelde tellings van hierdie ondersoekgroep in Tabel2 dui aan dat hulle meer afkeurende denke as gevoelens en gedrag teenoor die swangerskap van mede-leerders het, hoewel al drie aspekte ( denke, gevoel en gedrag) 'n negatiewe respons aandui.

(18)

Verdere itemontleding dui daarop dat respondente afkeurende gedagtes oor die verskynsel het, maar dat hul gevoelens meer verdraagsaam of begrypend is, hoewel 'n

mate van terughoudendheid voorkom. In die kwalitatiewe ondersoek word gepoog om te bepaal of hierdie gesindheid van die portuurgroep deur die swanger meisies ervaar word en aanduidend kan wees van verwerpingsbelewing.

Die afkeur in denke teenoor die swanger meisies word veral by die volgende items van Vraelys 2 (Bylaag 3) in orde van intensiteit benadruk:

Item 1 A:

Item 3 A Item 5 A Item 3 C Item4 C

Tienerswangerskap word duidelik toegeskryf aan roekelose en onverantwoordelike gedrag.

Die tiener het geen respek vir haarself of vir andere nie.

Die swangerskap is 'n verleentheid vir die hele skoolgemeenskap. Die respondente skryf die verskynsel aan oningeligtheid toe. Die swanger meisie hoort tuis te bly tot mi die bevalling.

Hierdie denkpatroon van die respondente teenoor tienerswangerskappe skep 'n negatiewe beeld. Op welke wyse hierdie denke in gevoel en gedrag jeens die swanger meisie tot uiting kom, word in afdeling 3 van Vraelys 2 gereflekteer.

Wat die gevoel van die respondente teenoor die swanger meisie betref, dui die statistiek op matigheid tot terughoudendheid soos wat dit in die volgende items weerspieel word: Items 6 C

7C

8C 9C 10

c

'n Redelike begrip jeens die swanger meisie word uitgespreek 'n Matige gevoel van simpatie word verklaar.

Vriendelik, maar terughoudend teenoor die swanger meisie. 'n Redelike besorgdheid om te help soek na 'n oplossing.

'n Matige gevoel is aanwesig om die swanger meisie nie algeheel bloot te stel nie.

Die algehele gevoel van die respondente teenoor swanger skoolgaande meisies is redelik begripvol, maar nie uitermatig so nie. Daar is 'n terughoudendheid te _bespeur.

(19)

Wat betref die optrede van die respondente teenoor die swanger meisie lyk dit met die eerste oogopslag of die gunstige C-tellings (36%) positiewe optrede teenoor die swanger meisie reflekteer. Met nadere beskouing word dit egter duidelik dat die items wat hoe C-tellings bereik 'n mate van afsydigheid uitwys. Wat die gunstige D-tellings betref (35%), blyk dat 'n simpatieke houding teenoor die swanger meisie bestaan, maar wei s6 dat andere eerder in interaksie met haar moet gaan.

Items 11 C Die optrede is beleefd, maar nie spontaan nie.

12 C Die optrede teenoor die swanger meisie se vriende is beleefd, maar tog afsydig.

13 C Die onderwysers is simpatiek en ondersteunend, maar nie noodwendig die respondente nie.

14 C Die verantwoordelikheid word na die volwassenes in die gemeenskap verskuif.

12 D Die verantwoordelikheid word na die swanger meisie se vriende verskuif.

14 D Die verantwoordelikheid word na die breer gemeenskap verskuif. 15 D Die verantwoordelikheid word na die kerklike gemeenskap verskuif.

Terugskouend word dit duidelik dat die respondente negatief dink oor voortydige swangerskap op skool; dat hulle matig simpatiek voel teenoor die swanger tiener; dat 'n matige, tog terughoudende en verplasende optrede teenoor die swanger skoolgaande nagehou word.

4.1.3 Vraelys 3: uiteensetting van die data

Vraelys 3 (Bylaag 5) is op die ongehude swanger skoolgaande meisie gefokus. Die bedoeling van die vraelys is om vas te stel of daar sprake van verwerpingsbelewing v66r die swangerskap was (Items 1-15), asook om te bepaal wat die vlak van verwerpingsbelewing tydens die swangerskap (Items 16-30) was. Vraelys-items 31-35 fokus op die swanger tiener se toekomsverwagting.

Hierdie vraelys is ook deur die ondersoeker self opgestel volgens gevolgtrekkings wat uit die literatuurstudie gemaak is. Die betroubaarheidsindeks daarvan is egter so laag

(20)

(0.32) dat geen verdere statistiese verwerkings gedoen is nie. Slegs v1r interessantheidshalwe kan sekere tendense spekulatief aangetoon word.

Wat die tendense in Vraelys 3, items 1-30 (Bylaag 5; Bylaag 7) betref, is die volgende aspekte van belang: die 28 swanger meisies dui aan dat hulle v66r die swangerskap asook tydens die swangerskap redelik aanvaar gevoel het deur hulle portuurgroep, onderwysers, en veral deur hulle ouers (Bylaag 7). Wat hier van belang is, is dat hierdie data verskil van die inligting wat tydens die onderhoudvoering in fokusgroepverband aan die lig gekom het. In hoofstuk 5 van die ondersoekverslag word juis op hierdie botsende gegewens gefokus en die moontlike redes daarvoor aangevoer.

Wat betref die response op Vraelys 3, items 31-35, is dit opvallend dat die swanger meisies redelik tevrede is met hulle huidige voorkoms, dat hulle doelgerig dink en handel, asook dat 'n redelike positiewe toekomsverwagting by hulle aanwesig is (Bylaag 7). In hoofstuk 5 word die toekomsgerigtheid, soos dit tydens die onderhoudvoering in fokusgroepverband aan die lig gekom het, weer bespreek.

4.2

RESULTATE VANDIEKWALITATIEWENAVORSING

4.2.1

Ter verheldering

In die onderhoudvoering wat met 12 swanger skoolgaandes aan Tsolo High School in Bophilong, asook Vaal Christian Secondary School in fokusgroepverband gevoer is, is die volgende vier vrae aan die groep voorgehou. Die gesprekvoering is op band opgeneem en verbatim neergeskryf(Bylaag 15):

Item 1: Wat het daartoe aanleiding gegee dat jy swanger geword het?

Item 2: Wat was die reaksie van jou ouers toe hulle vemeem het dat jy swanger is? Wat is die aard van die steun watjy vanjou ouers ontvang noudatjy swanger is?

(21)

Item 3: Wat was die reaksie van jou vriende, onderwysers en die gemeenskap toe hulle vemeem het dat jy swanger is?

Item 4: Wat dink jy oor jouself in hierdie situasie en oor die toekoms?

4.2.2 Resultate van die onderhoudvoering in fokusgroepverband

4.2.2.1 Orientering

Die gesprekke is verbatim vanaf die band getranskribeer. Uit hierdie transkripsie is duidelike temas ge'identifiseer en in tabelvorm gekodeer (Tabel3, bladsy 86).

Die meisies se antwoorde wat in fokusgroepverband gegee is, word in dialoogvorm saamgevat as eksemplaar en wel in Engels aangesien dit die voertaal by die onderskeie skole is. Uiteraard is van skuilname by die dialoog gebruik gemaak. Die onderskeie temas wat in Tabel 3 verskyn, word in die dialoogeksemplaar teruggevind. Die twee woordvoerders in die dialoogeksemplaar verteenwoordig twee tendense wat sterk uit die fokusgroepgesprekke na vore gekom het, naamlik een van meer ondersteuning, minder negatiewe gevoelens en 'n beter "prognose", teenoor die teenpool van duidelike verwerpingsbelewing, diep negatiewe affek en swakker uitkomsverwagting of "prognose". Die dialoogeksemplaar gee 'n aanduiding van hoe die gesprekke verloop het: dat dit adolessente aan die woord is en wel in gemaklike tienertaal, terwyl plek-plek in die dialoog direkte aanhalings uit die transkripsie weergegee word.

4.2.2.2 Tabel 3: tematisering van die 12 meisies se antwoorde

By die lees van Tabel3 is die volgende van belang:

Daar het bepaalde temas in die fokusgroepgesprekke na vore gekom, naamlik afsondering, hulpeloosheid, intrapersoonlike belewing en interpersoonlike belewing wat die hooftema van verwerpingsbelewing toelig. Positiewe asook negatiewe kommentaar verskyn in die tabel. Die aantal response van die respondente per tema word ook tussen hakies aangedui.

(22)

fokusgroepgesprekke

INTERPERSONAL I

I

ISOLAl'ION

SHOCK EASES INTO ACCEPTANCE NOTHING CAN BE DONE NOW (6)

OCK TO ACCEPTANCE (3)

SUPPORT (3)

UPPORT AND ACCEPT (2)

DISAPPOINTMENT IN CHILD (2) BLAMES CHILD (2)

FEELINGS OF HUMILIATION (2) RELATIONSHIP WITH FATHER

PHYSICAL ABUSE (3) UNINVOLVEMENT (3)

RELATIONSHIP WITH TEACHERS DISAPPOINTMENT (1)

MALE TEACHERS-DISCRIMINATE (3) DISRESPECT-PRIVACY NOT RESPECTED (1) NEGATIVE (2)

RELATIONSHIP WITH PEERS JUDGEMENTAL (4)

TREAT THEM DIFFERENTLY (2) MOCKING AND GOSSIP-ASHAMED (5) ALREADY MOTHER'S CRITISIZE (2) RELATIONSHIP WITH FRIENDS- BOYFRIENDS

INTRAPERSONALI

I

FATHER SUPPORTS CHILD (2) PTANCE (2) GOD'S GIFT (1) POSITIVE SUPPORT OF PARENTS (3) (3) TO REDEEM ONESELF (5)

FEELS FORCED- BOYFRIEND'S 1ST CHILD (2) THREATENED OVER ABORTION (1)

PHYSICAL ABUSE (1) CLINICS -ABORTIONS DISCRIMINATION (3) NO ASSISTANCE (3) VERBAL ABUSE (2) SCARED TO GO TO CLINICS NEGATIVE RESPONSIBILITY

NO CONCERN FOR OTHER'S FEELINGS (3) KEEPS QUIET- SCHOOL REGULATIONS (1) DEFENSE MECHANISMS- NO CARE ATTITUDE (2)

HELPLESS SELF BLAME (1)

FEELS HURT AND ABANDONED (2) DISAPPOINTED IN ONESELF (1) REJECTED AND ALONE (5) NO FUTURE (1)

PERCEPTION CRITICISM AS GOSSIP (5)

FEELS DIFFERENT FROM OTHER'S (3) BELIEVES RUMOURS ARE SPREADING (1)

00 0"\

(23)

4.2.2.3 Die weergee van die gespreksresultate in dialoogvorm as eksemplaar

LEBOHANG: Hey Girl, what's up?

KATLEHO: Not good, Girl, you won't believe it, my mother is still on my case

about my pregnancy. She says she is very disappointed in me and I let her down!

LEBO HANG: I don't get it! Initially my mother was shocked at the news of my

pregnancy, but now she is fine with it. She says there is nothing we can do about it now, but to accept it although it was a stupid thing to do and I agree, it was a stupid thing to do.

KATLEHO: My mother keeps on blaming me. She says it is because of the type

of guys I have been dating. She keeps on humiliating me. I don't care that I am pregnant; it is my mother who has the problem. She keeps on telling me that I should have listened to her and if I dated someone she suggested, it would not have happened. I cannot take it any longer, I feel so embarrassed and humiliated. If she loved me, she would have accepted it and stood by me.

LEBOHANG: Well, luckily I have the support of my parents. They are really trying

to be there for me. What did your father say?

KA TLEHO: Father? Are you kidding me? He is not around, but my stepfather

beats me up. He hits me nearly everyday and we keep on fighting!

LEBOHANG: That's not good, Girlfriend- I am so lucky. Oh, I was very scared to

tell my father at first, but when I eventually did tell him he was also very shocked, but at least now he has accepted it. He said it was not going to help if he shouted.

KATLEHO: And your boyfriend?

LEBOHANG: He is the one who wanted to have a baby in the first place, so he is

fine with it and he supports me. How about you Girl?

KATLEHO: Well, he is the one who wanted the baby in the first place. I wanted

to go for an abortion, but he said if I did, it would be over between us. I was scared so I didn't go through with it. I should have kept quiet and gone ahead with it. Now the teachers at school are also on my case constantly, making all sorts of comments.

(24)

KATLEHO: One of the male teachers keeps on looking at me strangely when he enters class. Another teacher shouted at me in front of the class asking me why I didn't use a condom; why did I have to make a child? Other teachers keep on asking me all these questions: What did your mother say? What does your boyfriend do for a living? And one teacher even poked me in the stomach! Do your teachers also do that?

LEBOHANG: I was scared to tell anybody at first, especially the teachers. I thought

they might ask me not to come back to school. When I did speak to one of the teachers, I was called into the office to see the principal, but she was very kind. I think the teachers get angry because they know us and they see potential in the learners and therefore are afraid for our future. I think they are just disappointed and concerned. KATLEHO: Maybe you are right, but why do people treat us differently from the

other learners? Even my classmates discriminate against me. They are always talking behind my back, especially the boys. They call me all sorts of names like "bitch" and stuffl

LEBOHANG: I know. Even the girls who have children of their own are criticising

me and asking me if I got pregnant because I want the grant. Why do they victimize us? Maybe they realise all the sacrifices that await us.

KA TLEHO: It hurts so bad when everybody gossips about you. Last night I just

cried and cried . My friends are mean and they talk behind my back. The boys in class mock me and they make me feel ashamed.

Sometimes I think I should have gone through with the abortion. LEBOHANG: But Girl, abortion is wrong! When you become pregnant then you

should accept it because it is a gift from God. I could never do that!

KATLEHO: I should have done it, but the people at the clinic, even the doctors, are very negative. They do not give me support at all! I was so scared when I first went there. One nurse assaulted me - she slapped me and she kept on asking me all these questions, making comments like "Ag sis man, how old are you?"

LEBOHANG: Right on Girl. I guess we have to take responsibility for our actions. With the support of my parents I can get a job and look after my

(25)

child. I am going to show people that I can make a success even if I have a child. Although I sometimes feel alone and I do sometimes blame myself for what happened, but I have to accept it and move on. There is nothing I can do about it now.

KATLEHO: I don't care what people say. They won't buy my child's nappies. It's

my life!

LEBOHANG: I know Girl. I sometimes get the feeling that us black people don't support each other. They keep on talking behind my back and have lots to say about the fact that I am pregnant. Aren't they supposed to help us. I thought that was the whole purpose of"Ubuntu". I mean I was brought up with that famous saying, "It takes a village to raise a child". I don't feel that, Sister. It just makes me very sad and rejected, but at least I have the future to look forward to and I will make it.

KATLEHO: I sometimes feel so helpless as if nobody cares. I am alone and even my boyfriend and I experience problems. But I guess I will have to accept it and just hope that he will support me. I cannot force him.

We girls must just accept that men are that way.

LEBO HANG: Girl just hang in there. You can still finish school.

KATLEHO: I don't know about that. I feel so disappointed in myself. I had such a great future planned, but now I don't see it happening.

LEBO HANG: So why did you get pregnant then? Did you not have enough

information about sex?

KATLEHO: I had enough information, but I wanted to try it for myself. Little did I know. I never thought it would happen, but now that it did I am angry and rejected and alone. I am so sick and tired of all the gossip and discrimination.

LEBOHANG: Well, we made mistakes and we have to take responsibility for our actions. There are people who do support us. Therefore, it is up to us to create a future for ourselves. I am going to finish school and I still want to go to university. I will show everybody that I can make it!

(26)

4.2.2.4 Enkele opmerkings met betrekking tot die inhoud soos vervat in die transkribering, Tabel 3, asook die dialoog as eksemplaar

Alvorens enkele opmerkings gemaak word rondom die inhoud soos vervat in die transkribering (Bylaag 15), Tabel 3, asook die dialoog, word weereens kortliks verwys na die vrae na aanleiding waarvan die onderhoud in fokusgroepverband gedoen is: navraag oor wat daartoe aanleiding gegee het dat die meisies voortydig swanger geword het; die ouers se houding en optrede; die houding en optrede van die portuurgroep, onderwysers en gemeenskap; die meisies se siening van hulself tydens die swangerskap, asook hulle toekomsverwagting.

Dis opvallend dat die meisies tydens die onderhoudvoering twee uitstaande redes vir hul swangerskap aandui wat ook deur Vraelys 1 (Bylaag 1) se response uitgewys word, naamlik onverantwoordelike optrede te wyte aan onkunde rondom die seksuele, asook onverantwoordelike optrede wat toe te skryf is aan die nie-gebruik van doelmatige voorbehoedmiddels. Daarbenewens voer die swanger meisies redes aan wat nog deur die literatuur uitgewys, nog deur die respondente by Vraelys 1 as belangrik beskou word: dat hulle hulle maagdelikheid wou prysgee; dat 'n baba die familieband voort sit; dat God die baba as 'n geskenk gee.

Dit word weereens onder die aandag gebring dat die inligting wat tydens die onderhoudvoering in fokusgroepverband verkry is, in botsing is met die meisies se response op Vraelys 3, items 16-30 (Bylaag 5; Bylaag 7). Hulle response op die vraelys dui nie emstige verwerpingsbelewing aan nie, terwyl in die onderhoude verwerpingsbelewing wel by die swanger tienermeisies aanwesig is - dat dit in die besonder deur die skole- en bree gemeenskap tot stand gebring is. Die gure optrede van vriendinne, portuurgroepseuns veral, onderwysers en dele van die gemeenskap is uiters negatief deur die meisies ervaar. Derhalwe is dit duidelik dat sterk ooreenkomste teenwoordig is tussen die gespreksinhoude wat tydens die onderhoudvoering in fokusgroepverband verkry is en die data wat deur die graad 11-respondente by Vraelys 2 (Bylaag 3) verskaf is. Die houding teenoor tienerswangerskap is oor die algemeen afwysend van aard; gevolglik is die verwerpingsbelewing wat deur die meisies tydens die onderhoude aangedui is te wagte.

(27)

Die aandag word daarop gevestig dat die swanger meisies, met enkele uitsonderings, nie noodwendig melding daarvan maak dat hulle v66r die swangerskap by die skool of in die gemeenskap verwerp gevoel het nie.

Hoewel die meisies aanvanklik vreesbevange was om die tyding van hulle swangerskap aan die ouers bekend te maak en ofskoon die ouers oorheersend negatief

gereageer het, is die situasie mettertyd aanvaar en word die meisies tot 'n mate deur

die ouers bygestaan. Slegs by enkele respondente is gevoelens van verwerping wat die huisomgewing betref, gevind. V erder moet aangedui word dat daar met 'n enkele uitsondering, nie noemenswaardige tekens van verwerping v66r die swangerskap tuis ervaar is nie; met ander woorde, die swangerskap word nie noodwendig toegeskryf aan 'n reaksie op ongunstige huislike omstandighede nie.

'n Aspek wat tydens die onderhoudvoering na vore gekom het, is of aborsie in die vroee stadium van swangerskap oorweeg is. Tot 70% van die meisies bevestig dat hulle so 'n drastiese handeling oorweeg het, maar dit nie tot uitvoer kon bring nie.

Desondanks die ongunstige swangerskapsituasie, is die meisies oorwegend positief op die toekoms ingestel. Oor die algemeen het die swanger meisies hulle berus by die swangerskapgebeure en is daar 'n mate van gelatenheid by hulle te vind. Hierdie inligting stem ooreen met die gegewens wat uit Vraelys 3, items 31-35 (Bylaag 5; Bylaag 7) te voorskyn gekom het.

4.3

TERUGSKOUENDE KOMMENTAAR

Die kwantitatiewe navorsmg het aan die hand van drie formeel gestruktureerde

vraelyste geskied. Benewens die vasstelling van die redes vir tienerswangerskappe

(Vraelys 1), is besondere aandag gegee aan die houding van 'n groep graad 11-leerders verbonde aan sewe sekondere skole teenoor voortydige swangerskap, met betrekking tot denke, gevoelens en optrede teenoor swanger skoolmeisies (Vraelys 2).

Wat die redes vir voortydige swangerskappe betref, is die volgende aangedui: volgehoue gebruiklmisbruik van chemiese middels; onkunde; portuurdruk; swak

(28)

sosio-ekonomiese omstandighede tuis; en vermyding van voorbehoedmiddels. Die data dui daarop dat die portuurgroep voortydige swangerskap by skoolgaandes a:fkeur. Ofskoon hulle gevoelens en optrede teenoor swanger skoolmeisies as matig begripvol bestempel kan word, is dit so dat daar oor die algemeen 'n afsydigheid en afgetrokkenheid betrokke is.

Ofskoon die betroubaarheidsindeks van die response op Vraelys 3 (Bylaag 5) wat deur 28 swanger skoolgaandes voltooi is, laag is (0.32), is sekere spekulatiewe tendense tog aangetoon. Die doel met die vraelys was om vas te stel of die swanger meisies reeds v66r die swangerskap verwerping beleef het; die mate van verwerping tydens die swangerskap; en om die aard van hulle toekomsgerigtheid vas te stel.

Die onaanvaarbaar lae betroubaarheidsindeks van die response op Vraelys 3 het die besluit om die kwantitatiewe data deur 'n kwalitatiewe ondersoek in die vorm van onderhoude met 12 swanger skoolmeisies in fokusgroepverband op te volg, verder ondersteun. Die onderhoudvoering is aan die hand van vier stimulusvrae gevoer, naarnlik redes vir die swangerskap; reaksie en houding van die ouers/voogde jeens die swanger melSles; reaksie en optrede van die portuurgroep/vriende/onderwysers/maatskaplike omgewing teenoor die swangerskap; en die meisies se denke oor hulself asook die aard van hulle toekomsgerigtheid. Bevindinge dui primer daarop dat twee tendense uit die onderhoudvoering duidelik is, naamlik aanwysbare verwerpingsbelewing, negatiewe affek en swak uitkomsverwagting by van die meisies wat veral te wyte is aan die optrede deur die portuurgroep, onderwysers en gemeenskap, enersyds; en andersyds word enkele positiewe trekke tog wel by die meisies opgemerk, veral wat betref hulle toekomsverwagting.

In die volgende hoofstuk word 'n samevatting van die ondersoek aangebied; verbandhoudende gevolgtrekkings gemaak; asook enkele aanbevelings aan die hand gedoen.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Tradisio- neel het meisies die mokopu gedans as hulle gaan pampoentjies en groenmielies pluk, maar dit word vandag nie meer in hierdie konteks gedans nie maar

stelsels van internskap of soortgelyke begeleidingsmodelle wat in oorsese lande ge1mplementeer word, om die aspiranton- derwyser beter toe te rus vir sy

Die oudi ti ewe perseptuele tekorte wat bestaan het, is na die toepassing van .die hulpverleningsprogram oorko~ In heelparty van die ouditiewe funksies het die

In die aanduiding van enkele vorme van buitengewoonheid word veral klem gele op die minderbegaafde en begaafde leerlinge, waarvoor in die gewone skool op

Die personeel moet van die waarde van die werk wat hulle verrig, bewus gemaak word, hulle moet erkenning ontvang vir wat hulle doen, daar moet meer

Die primere doel van hierdie ondersoek was om die invloed van bemeesteringsleer in kleingroepsituasies op die leer- prestasies vari milieugestremde kinders te

Daar word vandag verskeie terme gebruik om die probleem van swak lesers te beskryf, naamlik leesvertraagdheid, agterlikheid in leesvaardighede, woordblindheid,

staan in dienste van 'n maatskaplike aard. 10) Vanwee die belangrikheid van taal as denk- en abstraheringsmedium (vgl.. ling van die kind deur ouers, onderwysers,