HOOFSTUK VIII.
(SLOT)
AANBEVELINGS.
A. Inleiding.
Waar ons onderwerp
11 •n Sosiologiese ondersoe~:
na die vordering en aanpassing van eerstejaarstudente a~~
•n universiteit" is, kom alreeds beperkinge na vore by
1n sodanige bestudering van die probleem.
Hierdie ondersoek is hoofsaaklik 'n sosiolo- giese benadering van die onderhawige probleem. Die ge- volg is dat die sosiologiese faktore die sterkste beklem- toon word, aangesien die suiwar opvoedkundige en sielkun- dige faktore tot 'n groot mate buite rekening gelaat is.
Die ondersoeker sou graag opvoedkundige en sielkundige gegewens tesame met die sosiologiese faktore verwerk het, dog uit die aard van die
bre~reondersoek kon hierdie leemte nie gevul word nie.
Hierdie ondersoek is verder ook slags beperk tot een Suid-Afrikaanse universiteit. Ten spyte van hier- die leemte is nogtans gepoog om diesosiologiese opname so wyd as moontlik aan te pak.
Hierdie ondersoek is 'n een man poging en gevolg- lik is dit aan talle ander beperkinge blootgestel.
(i) Hierdie ondersoek is die eerste in sy soort in Suid-Afrika en behoort slags as •n rigting- wyser beskou te word.
Baie leemtes is aangevoel en belangrike aspekte moes uitgelaat word as gevolg van die feit dat die sosiologiese ondersoek toevertrou is aan slegs een persoon.
(ii) Die prim~re doel van did ondersoek was om aan te
toon of sekere sosiologiese faktore •n rol by
die vordering en aanpassing van die eerstejaar-
studente aan 'n universiteit speel.
Uit die ondersoek is dit wel deeglik aangetoon en gevolglik kan ons sondermeer konstateer dat sekere sosiologiese faktore wel deeglik in aan- merking geneem behoort te word wanneer ons die probleem van die vordering en aanpassing van die eerstejaarstudente aan
1n universiteit onder die
o~
neem.
Hierdie ondersoek het verder aan die lig gebring dat die verskille in prestasies op die akademiese gebied, tussen die eerstejaarstudente uit die ver- skillende fakulteite en departem.ente nie net af- hanklik is van die aard van die leerstof nie.
Die geslagtelike verskille, matrikulasie-uits~ae,
die aard en die tipe huisvesting, en dies meer, is almal faktore wat deeglike besinning vereis.
(iii) Die vraag-ontleding in hierdie ondersoek is ge- doen met behulp van die Chi-kwadraatmetode.
Korrelasie en ander belangrike statistiese teg- nieke is uitgelaat aangesien die ondersoeker dan met die studente se werklike
verkre~punte moes werk. Korrelasie en daaropvolgende Faktor-
ontleding of Variansie-ontleding, sou miskien meer lig op die saak kon werp. Dit sou miskien die faktore wat die grootste of sterkste verband met slaag en druip toon, beter na vore gebring het.
Die navorsingsbeamptes wat die opvoedkundige en sielkundige faktore moes ondersoek, het die stu- dente se
verkre~punte met behulp van verskeie statistiese tegnieke ontleed.
(iv) Die gegewens van hierdie ondersoek omvat nie alle eerstejaarstudente van die betrokke jare nie;
die rede hiervoor is die feit dat die Studente-
voorligtingskantoor van die Departement Sielkunde,
self naamlyste van die eerstejaarstudente opgestel
het. Di~ naamlyste stem nie ooreen met die van
die universiteitskantoor nie. Dit is van die
navorsingsbeamptes verwag om die reeds versamelde
gegewens te verwerk en gevolglik was die naamlyste
van die Studentevoorligtingskantoor die aangewese
beginpunt. Ten spyte van hierdie tekortkoming kan ons tog aanneem dat 'n redelike groot per- sentasie eerstejaarstudente wel betrek is. Die groepe studente in hierdie ondersoek is dus in werklikheid
1n getroue weergawe van d!e groep
studente wat wel op die naamlyste van die Studen- tevoorligtingskantoor voorkom.
(v) Die 1953-groep eerstejaarstudente wat deur die Studentevoorligtingskantoor hanteer is, het 612 studente betrek en hierdie gegewens is in Hoof- stuk II en Hoofstuk III verwerk.
(vi) Dit het spoedig geblyk dat die 1953 naam.lyste
soos opgestel deur die Studentevoorligtingskantoor baie onvolledige ingevulde leers ingesluit het.
Om enigsins 'n vertrekpunt vir die voorgenome ondersoek vas te stel is hierdie naamlyste en leers geneem en gerangskik volgens kursusgroepe.
Hierna is die volledig voltooide leers uitgesor- teer en is die gegewens vir die twee grootste kursusgroepe, naamlik, die B.A.-groep en die Mediese groep ontleed. Die verdere beplanning, byvoorbeeld die 1954-steekproef, het hierop berus.
(vii) Die 1954-steekproef betrek 25% eerstejaarstudente"
B.
1n Kritiese beoordeling van sommige van die Sosiologiese Faktore.
(i) Ten opsigte van die faktore landelikheid-stede-
likheid met betrekking tot die ouerhuis: univer-
si teitsprestasies, sien ons dat die provinsiale
herkom.s nie veel speling laat vir onderlinge verge-
lyking nie. Van die 85 eerstejaarstudente uit
landelike gebiede, het 51 uit die Transvaal,
14 uit die Oranje Vrystaat, 3 uit Natal, 12 uit
die Kaapprovinsie en 5 uit gebiede wat as
11Elders
11geklassifiseer is, gekom. Die getalle is besonder
klein vir vergelykingsdoeleindes en te veel aan-
dag aan hierdie klein verskilletjies kan baie mak-
lik 'n verkeerde beeld projekteer.
(ii) Met betrekking tot die stedelike herkoms van
die eerstejaarstudente, raak die getalle kleiner.
Uit 'n totaal van 57 eerstejaarstudente kom 53 uit stedelike gebiede in die Transvaal. 'n Verge-
lyking is feitlik onmoontlik, dog die gegewens toon aan dat die meeste eerstejaarstudente uit stedelike gebiede, uit die Transvaal afkomstig is.
•n Rede hiervoor mag die volgende wees, naamlik, dat ons die eerstejaarsbevolking van 'n Transvaalse universiteit geneem het en daaruit •n steekproef getrek het.
(iii) Ons bevindinge toon aan dat die verblyfplekke
van die eerstejaarstudente (in hierdie steekproef) gedurende hulle
ho~rskooljarenie 'n wesenlike invloed uitoefen op hulle universiteitsprestasies nie.
(iv) Met betrekking tot die beroepsgroepe van die ge- sinne waaruit die eerstejaarstudente afkomstig is, het die ondersoeker sy eie indeling gebruik.
Dit het geblyk dat dit uiters moeilik sou wees om van die reeds bestaande indelings gebruik te maak.
Haar hierdie ondersoek beperk is tot die akademiese vordering en aanpassing van die eerstejaarstudente, was ons uitgangspunt eintlik die skolastiese peil wat deur die broodwinner van die gesin bereik is.
Vandaar dat ons, met die hoogste standerd op
skoal behaal deur die broodwinner as uitgangspunt, die professionele kategorie, die klerklike kate- gorie en die ambagslui in
ho~ren laer groepe in- gedeel het.
(v) Die beroepsgroepe en die inkomstegroepe is nie vir die doeleindes van hierdie ondersoek gekorreleer nie.
(vi) Volledigheidshalwe is
1n afdeling ingesluit waar-
volgens die posisie van 'n student in sy/haar
gesin nagegaan is en vergelyk is met sy/haar aka-
demiese prestasies tydens die eerstejaar op die
universiteit.
(vii) Waar hierdie ondersoek in twee dele uiteenval, is die inwoningstoestande van die eerstejaarstu- dente ook in twee groepe verdeel.
Die ondersoek van 1955 1 ) word in die byvoegsel krities bespreek en gevolglik sal slegs die 1954-
steekproef hier ter sprake kom, naamlik:
(a) In die 1954 ondersoek het ons onderskei
tussen die dagstudente en die koshuisstudente.
Die laasgenoemde groep sluit die inwoners van die universitaitskoshuise en die koshuisa van die Onderwyskollege in. Die dagstudente kon 6f by hulle ouers gewoon het, loseer het by fa.miliebetrekkinge, 6f tuis gegaan het by privaatmense, 6f hulle kon op hulle eie in ka.mers of woonstelle gewoon het, 6f hulle ken in privaatlosieshuise of hotelle tuis gegaan het. Dit hat geblyk dat ons dus die dagstudente in twee definitiewe groepe kon verdeel, naamlik, di6 groep wat by hulle ouers woon en did groep wat losiesgelde moet betaal.
(b) Die aanwesigheid van kamermaats en hulle in- vloed op mekaar se akademiese prestasies, dui ook op statistiese beduidende verskille.
(c) Met betrekking tot die buurt van huisves- ting, is in hierdie ondersoek hoofsaaklik klem gel~ op die afstand vanaf die universi- tei t en die rede(s) waarom die eerstejaarstu·- dente daar woonagtig is.
(d) Hierdie ondersoek het ook aan die lig ge- bring dat
1n beoordeling van die geboue waarin die eerstejaarstudente woon, op •n
subjektiewe basis berus. Dieselfde kritiek geld met betrekking tot die beoordeling van die meubels, e.d.m.
1) Opgeneem. en bespreek in Hoofstuk IX, getiteld "Die
:Syvoegsel". Kyk p. 184 en verderaan.
(e) Hoofstuk VI, wat handel oor die sosiaal- pedagogiese aspekte van die eerstejaarstu- dente se universiteitsloopbane, is interes- sant. Hier berus nou wel geen gevolg-
trekkings op statistiese gronde nie, dog dit gee aan ons 'n beeld in verband met die deelname van die eerstejaarstudente aan
sosiale en sportbedrywighede tydens die eerste universiteitsjaar.
(f) Ons het nie genoegsaam aandag geskenk aan die vraagstuk van ontgroening nie. Hierdie aspek verdien, na ons mening,
1n deeglike wetenskaplike gefundeerde ondersoek.
c. Aanbevelings.
Die ondersoeker voel oortuig dat sy onder- soek tekort skiet in vele opsigte, dit wil se, verskeie leemtes is aangevoel en waargeneem. Hieronder volg nou enkele aanbevelings wat direk en indirek uit hierdie ondersoek voortgevloei het:-
(1) Ons bepleit ten sterkste wetenskaplike maatskap- like navorsing aan die Suid-Afrikaanse universi- tei te en ander naskoolse inrigtings. Hierdie navorsing behoort op
1n nasionale grondslag te berus ten einde die beste resultate te ver-wag.
(2) Deeglike en weldeurdagte sosio-ekonomiese opnames is heelwaarskynlik onontbeerlik vir
1n wetenskap- like ondersoek.
(3) Nagraadse studente behoort,na ons mening, ingeska- kel te word by die voorgestelde navorsingspro- gramme. Dit mag teweeg bring dat die sillabusse van enkele vakke of kursusse hersien moet word om voorsiening te maak vir navorsing aan die uni- versi tei t.
(4) Die moontlikheid behoort, na ons mening, onder-
soek te word, waarvolgens soveel departemente
en vakrigtings as enigsins prakties moontlik,
ingeskakel kan word met die oog op wetenskap- like navorsing aan die Suid-Afrikaanse universi- tei te.
(5) Die inwoningstoestande van die studente aan die Suid-Afrikaanse universiteite behoort wetenskaplik ondersoek te word.
(6) Na aanleiding van hierdie ondersoek, wil ons die uitbreiding van koshuisgeriewe, veral ten opsigte van die eerstejaarstudente, sterk bepleit.
(7) Ons het, na aanleiding van hierdie ondersoek, tot die gevolgtrekking gekom dat die bestaande koshuis-
re~lings