• No results found

le~rs

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "le~rs "

Copied!
14
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

HOOFSTUK I

HISTORIESE AGTERGROND VANAF SULLA

Die vete tussen Marcus Tullius Cicero en Publius

Clodius Pulcher is in 'n groat mate beinvloed deur faktore soos die milit~re, die "tribunicia potestas", gedurige wisseling van mag, die samestellings van die jurie, om- kopery en geweld. Ons sal dus ter inleiding 'n kart historiese oorsig van elk van bogenoemde gee.

Die geskiedenis van die laaste eeu van die Republiek sentreer om die stryd van die groat families van die se- natoriale regerende adel om hulle posisie te behou teen aanvalle van die opposisie. Hierdie aanvalle het sy oar- sprang by die broers Tiberius en Gaius Gracchus. Die vrae wat hulle gestel het, hulle metodes van optrede en hulle voorstelle was hoofsaaklik agrariese hervorming, sosiale regverdigheid, die regte van Rome se Italiese bondgenote, deelgenote in gevegte, kosvoorraad, die administrasie van die reg en die beheer van die arbitr~re mag van die kon- suls en die senaat.1

Dit is ook te midde van hierdie pro- bleme, wat min of meer tot die val van die Republiek voort- geduur het, waarteen die vete tussen Marcus Tullius Cicero en Publius Clodius Pulcher gewoed het.

Die opposisie se saak het berus op die soewereiniteit van die Populus Romanus. Saturninus het die Gracchi se stryd voortgesit. Hy is respektiewelik gevolg deur Livius Drusus, Sulpicius Rufus, Cinna en Garbo en Sulla.1

Hoewel

~. Stockton p. 21; Cic. in sy In. Cat. II c. ~8-23 gee vir ons 'n uiteensetting van ses groepe ontevredenes wat gehoop het op en ryp was vir rewolusie.

(2)

die Romeinse konstitusie aan die Romeinse volk die reg verleen het om enige wet volgens hulle eie keuse te be- kragtig, het hulle geen reg gehad om of 'n wet voor te stel of te wysig nie.

2

Ten spyte van die konflik tussen die optimates en populares, is klem ook gele op generaals en hulle ambi- sies. Sherwin-White stel dit soos volg: "The history of the late Republic was seen as an inevitable proces- sion of great Imperatores each foreshadowing the next."2 Volkstribune was volgens Sherwin-White slegs instrumente in die hande van groot generaals en niks meer.2

Hierdie optog van generaals het seker sy klimaks bereik onder Caesar en Pompeius in wie se skaduwees die stryd tussen Cicero en Clodius afgespeel het.

In die laaste eeu van die Republiek was die militere een van die beslissende faktore in die stryd om mag. Oor die sewentiger jare skryf Gruen in hierdie verband: "

the populai tide, having enlisted the aid of Pompeius the Great, succeeded in sweeping away Sulla's system and in setting the stage for radicals and military men to complete the destruction of the Republic."3

Op politieke gebied toon die vyftiger jare 'n keuse tussen twee: Of onderwerping aan militere dinastie 6f deelname aan die verdediging van die Republiek. Met Pompeius se afwesig- heid van Rome tydens sy bevel teen Mithradates, het hy

'n militere lugleegte agtergelaat wat 'n ideale teelaarde vir krygsliste en sameswerings was.4

As ons kyk na die militere prestasies van onder andere Pompeius, Crassus, Caesar en vele ander en hulle sukses op politieke gebied, kom ons tot die gevolgtrekking dat militere prestasies

2. Op. cit. A.N. Sherwin-White in J.R.S. Vol. 46 van 1956,

1.

3. Op. cit. Gruen p. 10; cf. C.A.H. p. 293.

4. Cf. Perowne p. 159.

(3)

noodwendig gelei het tot politieke status.5

Pompeius het by Sulla geleer dat mag en militere mag druk kan uitoefen op die regering. Pompeius het net sy metodes verfyn deur slegs sy besit van militere mag as bedreiging voor te

hou.6 Dit was hierdie militere baasskap wat Sulla probeer vermy het toe hy as eerste prioriteit van sy hervormings dit ten doel gestel het om die senaat se arms te sterk.

Sulla se doel met die versterking van die senaat was tweevoudig: (a) om ambisieuse generaals met politieke oogmerke af te skrik om oppermag deur geweld te verkry, soos Marcus en Sulla self te werk gegaan het en (b) om die senaat te sterk teen ander instellings, veral teen die tribunaat wat reeds gebruik was om sulke ambisies te bevorder. So het Sulla die tribunaat verswak deur hulle sg. "tribunicia potestas" aan bande te le deur o.a. hulle

"ius intercessionis" in te kort en te ~epaal dat hulle nie vir enige ander amp verkiesbaar mag wees nie.7

Met die oog op ons onderwerp was Sulla se ander belangrikste hervormings: (a) die oordrag van lidmaatskap van die

jurie na die senaat; (b) die vergroting van die geledere van die "quaestiones" en (c) sy hersiening van die "leges"

annales" waar hy ouderdomsbeperkinge vir die "cursus ho- norum" gestel het. 8

Sulla se hervormings was egter te konserwatief want hy het gehoop om daardeur die ou orde te herstel. Sy oplossing was tydelik van aard want" .•. against a shame-

less and successfull general there was no defence." 9 Binne tien jaar het twee van Sulla se eie luitenante n1. Pompeius en Crassus, gesteun deur militere mag, sy k ons t ' t ~ us~e omvergegoo~. . . 10

v

o gens 1

c

aesar e h t

s

u 11 a n~e .

5. Cf. Allcroft p. 246.

6. Cf. R.E. Smith p. 180.

7. Cf. Havell p. 428; Al1croft p. 240; Gruen p. 8; C.A.H.

p. 291; Cicero De Legibus III, 9, 22.

8. Cf. Mommsen p. 304.

9. Op. cit. Allcroft p. 242.

10. Cf. Scullard pp. 87, 97.

(4)

sy politieke A,B,C geken nie: "Sullam nescisse litteras qui dictaturarn deposueri t." Etlike skrywers beskou Pom- peius en Crassus se herstel van die "tribunicia potestas"

in 70 v.C. as die omverwerping van die konstitusie van Sulla.11 Dit was van hierdie "tribunicia potestas" wat Clodius in die vroee vyftiger jare feitlik misbruik ge- maak het om sy onderduimse planne deur te voer. Cicero aan die anderkant, wat 6f nie groot belangstelling ge- toon het in die verkryging van militere mag nie, of miskien nie die aanleg daarvoor gehad het nie, het "auc- toritas", "dignitas" en "gloria" langs ander wee, hoof- saaklik met sy tong probeer verkry.

Omdat die amp van tribuun so 'n essensiele rol ge- speel het in die vete tussen Cicero en Clodius, moet ons

'n historiese oorsig hiervan gee. Waar Sulla die "tri- bunicia potestas" in 'n groot mate beperk het, 12 is dit weer in 70 v.C. deur Pompeius en Crassus herstel. Gruen sien die beperking deur Sulla van die "tribunicia potes- tas" as gevolg van die feit dat Sulpicius Rufus se op- trede in 88 v.C. toe hy sy "tribunica potestas" teen Sul- la gebruik het as die rede vir Sulla se optrede, want laasgenoemde wou nie weer 'n herhaling daarvan he nie.13 Oor Sulla se optrede m.b.t. die tribuniese mag skryf

Cicero: " .•• vehementer Sullam probe, qui tribunis plebis sua lege iniuriae faciendae potestatem ademerit, auxilii ferendi reliquerit."14

Die tribunaat het geen offisiele rol gespeel in die

"cursus honorum" nie. Tegnies gesproke was die "tribu- naat" self nie eers 'n magistratuur nie, maar dit is eint- lik 'n instelling wat deur die plebs in die lewe geroep is en wat hulle belange moes behartig.15

Die karakter van

l l . Cf. Gruen p. 26; C.A.H. p. 292; Scullard p. 97.

12. Cf. Gruen pp. 8, 23; C.A.H. p. 292; Scullard p. 97.

13. Cf. Gruen p. 24.

14. Op. cit. Cic. De Leg. III, 9, 22.

15. Cf. Gruen p. 180; Lintott p. 66.

(5)

hierdie amp het veroorsaak dat menige politici dit vermy het. So het Cicero in sy strewe na 'n respektabele beeld die tribunaat vermy. Die tribunaat, bestaande uit 'n liggaam van tien manne, was 'n status vir manne wat nie uit adellike families afgestam het nie. Dit was 'n ka- naai vir "novi homines" om volksguns te wen asook 'n toe- gang tot ampte in die regerende klas. Romeine van patris-

iese afkoms was nie verkiesbaar tot die tribunaat nie, maar daar was nietemin geen gebrek aan plebeiese nobiles in die tribunaat tussen 78 en 49 v.c. nie. Volgens Gruen het hierdie nobiles 30% van die tribune verteenwoordig.16

Die ampstermyn van 'n tribuun het op 10 Desember in aanvang geneem en die van die konsuls op 1 Januarie. Dit het gevo1glik aan tribune 'n voorsprong gebied om wetge- wing in te dien en vergaderings toe te spreek voordat die nuwe konsuls met hulle amp begin. So het Cicero te staan gekom voor 'n reeks voorstelle deur tribune onder invloed van Caesar en Crassus en hy was verplig om hierdie voor- stelle te opponeer.17

Sedert die bewind van Sulla het tribune verskeie po- gings aangewend om hulle "potestas" te herstel en telkens toon hulle hul verontwaardiging oor die beperking van hul- le magte. As voorbeeld hiervan skryf Sallustius: "L.

Sicinius primus de potestate tribunicia loqui ausus, mus- santibus vobis circumventus est."18

Dit is hier duidelik dat die oligargie gekant was teen hierdie pogings van die tribune. Gruen beweer: "'Tribunicia potestas' has been judged a pivotal matter at issue, advocated by the popula- res, resisted by the oligarchy."19

Skynbaar was Clodius

bew~ van hierdie kloof wat die tribunaat tussen populares

16. Cf. Gruen p. 181.

17. Cf. Heitland p. 83.

18. Op. cit. Sall. Hist. 3, 48, 8; Cf. Sall. 3, 48, 10;

Gruen pp. 24-25.

19. Op. cit. Gruen p. 26.

(6)

en oligargie gevorm het, toe hy in die vyftiger jare die amp van tribuun beklee het. Oor Clodius se verkryging van die tribunaat skryf Gruen soos volg: " ••• the op- portunity to ingratiate himself further with the popu- lace supplied the principal attraction."20

Die jong aristokrasie het die herstel van die "tribunicia potes~

tas" verwelkom want hulle kon dit gebruik as vastrapplek vir hoer ampte.

Die herstel van die tribuniese mag het natuurlik ook poli tieke drulc op die regering verminder. Boonop het die tribunaat altyd ruimte gebied vir optrede wat in enige ander amp onaanvaarbaar sou lyk. Met die herstel van die magte van tribune, is 'n "impetus" gegee aan 'n reeks maatreels deur tribune om die greep los te ruk wat die

senaat beklee het soos deur Sulla bepaal. Hierdie tri- bune het soms gebruik gemaak van fisiese geweld en is soms teruggeslaan met fisiese geweld. 21

Hoe later in die Republiek, hoe sterker het die per- soonlike element begin word. Hier het die tribunaat ook gedien as middel. Havell sien die verband tussen die tri- bunaat em persoonlike ambisie soos volg: " ••• the tribu- nate ••. as the shield of the poor, the instrument of constitutional reform, the obedient tool of the senate and the mighty lever of revolution, has now entered on its last phase as the sharpest weapon in the armoury of individual ambition."22

Ten spyte van die klassestryd het 'n gierige en self- sugtige gesindheid die vrede, publieke en patriotiese

ideale en drome verydel. So het die soldaat vir niks meer gevra as 'n ryk beloning in die vorm van buit en 'n vinni ge

20. Op. cit. Gruen p. 98; cf. Gruen p. 174.

21. Cf. Lintott p. 188.

22. Op. cit. Havell p. 434.

(7)

ontslag nie; die "eques" het net gelewe vir sy beursie;

die gemaksugtige senator vir sy luukse huis, sy tuin en visdam; die gespuis van Rome vra niks meer as die gawes van voedsel en 'n genotvolle dag in die "circus" nie.

Die Romeinse regeerders was te danig betrokke by hulle eie persoonlike sake en h.et nie veel belanggestel om die verantwoordelikhede van 'n regering qp die skouers

7

te neem nie. 23

Persoonlike belange was al in die tyd van Marius opvallend toe hy 'n persoonlike le~r op die been gebting het " •.. as a decisive factor in Roman politics."24 Havell sdnder Cicero en Cato uit as " exceptions to the general self-seeking."25

Die senaat versus die "populares" wat altyd die probleem was, het nou verander na die behoud van die tirannie van die oligargie~ versus die totstandkoming van die tiran- nie van die individu.26

Volgens Dorey het die

le~rs

al meer lojaal begin raak teenoor hulle bevelvoerders en nie meer teenoor die staat nie.27

Die vete tussen Cicero en Clodius het as historiese agtergrond ook 'n gedurige stryd tussen die regerende

oligargie~ wat afgesonderd en selfsugtig gestrewe het na rykdom en mag sender om te skroom teenoor die opposisie wat lewe op die grens van bankrotskap. 'n Ekonomiese wanbalans word geskep waardeur die laer klasse desperaat raak en gereed is om enige misdaad teen die staat te pleeg. Plutarchus skryf dat Rome self ryp was vir 'n rewolusie weens die groat wanbalans in rykdomme en vel- gens hom het dit slegs 'n starnpie nodig gehad om die bal ans t otaal omver te werp en enige avontuursoeker kon

23. Cf. McDonald J.R.s. p. 145; Duruy p. 1.

24. Op. cit. L.R. Taylor p. 17.

25. Op. cit. Havell p. 435.

26. Cf. L.R. Taylor p. 23.

27. Cf. Dorey p. 200.

(8)

8 slaag om so 'n Romeinse Ryk wat na binne verrot was, te

laat tuime1.28

Hierdie groep was dus ontevrede en manne soos Catilina en Clodius het die kuns geken om hierdie oritevrede groepe uit te buit. Heel dikwels het geweld die gang van sake gedikteer. Volgens Lintott word die geskiedenis van die sestiger jare gekenmerk deur her- haalde aanvalle deur die populares op die regerende oli- gargie wie se outoriteit weer geleidelik verswak het met

'n groot generaal in die agtergrond. 29

Omdat Clodius mag nagestreef het deur middel van geweld, moet ons 'n historiese oorsig gee van geweld tydens die laat Republiek. Volgens Lintott het Clodius se politieke krag gele by die manupilering van die stads- plebs tydens vergaderings, waar die stemming nie beslis- send was sonder die gebruik van georganiseerde geweld nie. Lintott veronderstel ook dat Clodius hierdie poli- tiek sou gestaak het as hy eers tot konsul verkies sou word.30

Ten spyte van die feit dat geweld reeds sedert ~33

v.C. 31 keer op keer voorgekom het, het die Romeinse kon-

stitusie nie veel voorsiening gemaak vir die voorkoming of bestryding daarvan nie. Terselfdertyd is die gebruik van geweld aangewakker beide deur tradisie en beginsel en politici het na willekeur van geweld gebruik gemaak sonder om die gevolge daarvan te besef. 32 Die gebruik van pri-

vate geweld was gebaseer op die fundamentele beginsel van self help. Geen "quaestio de vi" het bestaan voor eers die laaste geslag van die Republiek nie. Selfs nie Sulla se wette het hiervoor voorsiening gemaak nie, miskien

28. Cf. Plut. Cic. 10.

29. Cf. Lintott p. 189.

30. Cf. Lintott p. 206.

31. Lintott pp. 212-218 gee 'n reeks voorbeelde van geweld.

cf. Gruen pp. 224, 405; cf. Lintott p. 175.

32. Cf. Havell p. 423; cf. Lintott p. 4.

(9)

omdat Sulla gedink het dat twee ander wette dit insluit, nl. die "lex Cornelia de Sicariis et

veneficiis~

33 asook

die "lex Cornelia de maiestate". Maar in dieselfde jaar as Sulla se dood is 'n nuwe wet wat direk gerig was op

"vis" ingestel. Volgens Cicero was hierdie wet gerig op die geweldadige opstand van Lepidus in Italie omdat dit die ganse struktuur van die staat bedreig het; " •••

de vi quaeritis; quae lex ad imperium, ad maiestatem, ad statum patriae, ad salutem omnium pertinet, quam legem Q.

Catulus armata dissensione civium rei publicae paene extremis temporibus tulit.34

Die Catilina-samesweerders is aangekla onder die "lex Plautia de vi."35

Die opstand van Lepidus het die "lex Lutatia de vi" tot gevol~ gehad.

Volgens Gruen was die "lex Lutatia" gerig op "vis contra rempublicam" en die "lex Plautia" gerig op "vis contra privatos."36

Afgesien van die feit dat geweld nie juis gestuit is nie omdat dit diep gewortel was in die Romeinse karakter,

" .•• the surge of violence in the late Republic was all the more difficult to control as the state lacked a proper police force."37

As gevolg van hierdie konstitusionele gebrek het die gewoonte ontstaan dat private mag toegelaat is om geskille te besleg asook opposisie tussen amptenare met "imperium" en tribune van die plebs. 'n "Senatus consultum ultimum" was 'n tydelike oplossing maar die eintlike oplossing teen geweld was om amptelik 'n prokon- sulere leer te ontbied - iets wat werklik plaasgevind het na die moord op Clodius in 52 v.c. toe chaos uitgebreek het en geweld 'n klimaks bereik het.

33. Cf. C.A.H. Deel IX p. 307.

34. Op. cit. Cic. Pro Cael. c. 29; cf. C.A.H. IX p. 312.

35. Cf. Sall. Cat. 31, 4.

36. Cf. Gruen p. 226.

37. Op. cit. Lintott p. 4; cf. Lintott p. 89; Gruen p~ 448.

(10)

10 Omdat stadsgeweld sy hoogtepunt onder die politiek van Clodius bereik het, moet ons kortliks kyk na die aard en tegniek daarvan. Stedelike geweld het sekerlik ook bygedra tot die burgeroorlog: "et in urbe a foro temp- tamenta civilium bellorurn."38

Caesar, Clodius en Milo het alrnal hulle geweld georganiseer vir 'n spesifieke doel: " ••• and i t was fair that their deeds were de- scribed in the language of military operations."39

Hoe- wel geweld baie ontwikkel het en toegeneem het in die

tyd van Cicero, moet ons dit nie sien as 'n verandering van onskuldige misdaad nie, maar as 'n groei na organi- sasie en beplanning.

Die meeste geweld het plaasgevind tydens vergaderings wat gehou is of vir verkiesings, of vir wetgewing of

tydens verhore. Dan is geweld gebruik om die verrigtinge stop te sit of om die vergadering tot 'n gunstige beslis- sing te dwing.40

Daar was verskeie metodes om deur ge- weld die vergadering te stop. So het Caepio in ~00 v.C.

die "pontes" vernietig, asook die stemlokale. So het Clodius ook in 61 v.c. 'n variasie van hierdie taktiek gebruik.40

'n Ander metode was om d.m.v. 'n bende die hele vergadering op te breek.41 Soms is 'n "veto" of 'n

"obnuntiatio" deur geweld teengegaan. 42 'n Ander tegniek was om alle ongewenstes uit te sluit deur alle ingange

te beset.

'n Ander metode was geweld gerig op individue in die vorm van moord of intirnidasie. So het Clodius in 58 v.c. en daarna van terrorisme gebruik gemaak " •.• to

38. Op. cit. Tac. Hist. i i , 38; cf. L.R. Taylor p. 5.

39. Op. cit. Lintott p. 67; cf. Cic. Att. IV, 3,3.

40. Cf. Lintott p. 69; Cic. Att. 1, 14, 5; Lintott P·

41. Cf. c. Gracchus in 121 v. c.; Saturninus in 100 v.c.

en Clodius in 57 v.c.

42. Vide exempla Lintott p. 70.

43. Cf. Lintott p. 72; Cic. Post Red; Sen. 18; Sest. 53 204.

(11)

11 inhibit those who were engaged in rescinding his acts ... 44

Geweld moet nie met die Romeinse plebs geassosieer word nie - dit het oorwegend voorgekom onder die politici, want die meeste gevalle van geweld het ontstaan as gevolg

van politieke stryd, iets waarin die proletariaat voor- waar nie 'n leidende rol gespeel het nie: 11 Mobs partici- pated as adherents of politicians, not as advocates of class interest ... 45

In hierdie verband skryf Sallustius:

... ceterum nobilitas factione magis pollebat, plebis vis soluta atque dispersa in multitudine minus poterat ... 46

Die Romeine se aanvaarding van geweld in 'n sekere sin het tot gevolg gehad dat gewetenlose politici soos Clodius dit uitgebuit het. Die herhaalde gevalle van geweld het heelwaarskynlik baie werkloses onder die proletariaat aangespoor om hulle uit te verhuur aan die hoogste bieder: " .•• duces multitudinum qui pretio rempublicam vexare soliti erant ... 47

Waar die 11 nobilitas 11 as erflikheidsfaktor vroe~r 'n groot rol gespeel het in die verkryging van die hoogste ampte, het toestande in die laat Republiek, veral in die tyd van Clodius, in hierdie verband ietwat verander deur- dat 11 ambitus 11 telkemale 'n deurslaggewende faktor was met die uitslag van verkiesings en hofsake asook die ver- kryging van sekere ampte.48

Waar Sulla die lede van die jurie slegs tot die senaat beperk het, was verontwaardige

"equites 11 nou weer gretig om hulle posisie in die 11 iudi- cia11 te herower. Hieroor skryf Gruen: " ••• corruption

44. Op. cit. Lintott p. 73.

45. Op. cit. Gruen p. 444; cf. L.R. Taylor pp. 21, 67.

46. Op. cit. Sallustius Iug. 41, 6.

47. Op. cit. Sall. Cat. 50, 1.

48. Cf. Gruen p. 3; Clodius en die Bona Dea-saak p. 60, 61.

L.R. Taylor p. 67; Gruen pp. 160, 212.

(12)

d om1nate . d . d' . 1u 1c1a 1 d ec1s1ons. . . " 49 Volgens Gruen was som- mige van Sulla se senaatslede arm en kwesbaar genoeg om hulle skuldig te maak aan omkopery. 50 Cicero in sy "In

Verrem"en "Pro Cluentio" gee vir ons taltyke voorbeelde van korrupsie. Uit die 64 lede wat in 70 v.c. uit die senaat ontslaan is, was twee van hulle skuldig aan kor- rupsie: "Duos solos video auctoritate censorum adfines ei turpitudini iudicari."51 Gruen gee vir ons etlike voorbeelde van individue wat hulle skuldig gemaak het aan "ambitus."52

Volgens Mommsen het korrupsie in die howe metter- tyd 'n gewoonte geword: " ••• bribery was so universal that the commission as to extortions might be regarded as an institution .for taxing the senators returning from the provinces for the benefit of their colleagues that remained at home."53

Een van die belangrikste doelstellings van die hervormers van 67 v.c., was om die "optimates" se mag van omkopery te verminder. Crassus met sy magtige rykdomme het maklik daarin geslaag beide in die howe en verkiesings, deur belowende politici te gebruik soos Catilina, Caesar en Clodius - nie een van hulle eintlik aanvaarbaar vir die "boni" nie.

"Ambitus" wat voor die Ciceroniaanse tydperk al aan die orde van die dag was, het nou in Cicero se tyd 'n instrument van verkiesingsveldtogte geword. Die Lex Cal- purnia het egter bepaal dat iemand wat hom skuldig maak aan "ambitus" tydens verkiesingsveldtogte, heeltemaal

49. Op. cit. Gruen p. 29.

50. Cf. Gruen p. 30; Hawthorn: Greece and Rome (~ 9 6 2) pp. 53-60.

51. Op. cit. Cic. Pro Cluentio 127.

52. Cf. Gruen pp. 31, 32.

53. Op. cit. Mommsen p. 355.

(13)

van die amp uitgesluit sou word en dit het ook 'n gelde- like boete op so 'n persoon geplaas: " ••• aliquanto postea severior lex Calpurnia et pecunia multavit et in perpetuum honoribus iussi t carere darnnatos." 54 Ook

" ••• superioribus temporibus damnati lege Cornelia hoc genus poenae ferebant, ut magistratum petitione per decem annos abstinerent."55

- Hierdie bepaling was egter in die vroee republiek van toepassing.

Sulpicius Rufus poog in 63 v.C. om die "lex Calpurnia"

te vervang met strenger strafmaatreels vir "ambitus". Hoe- wel Cicero dit aanvanklik teegaan, het hy op die ou end Sulpicius se voorstel gesteun en so kry ons die sogenaamde

"lex Tulia de ambitu" wat o.a. Sulpicius se voorstelle insluit waarvolgens 'n persoon skuldig aan "ambitus" ver- ban word.56

Die tydperk van verbanning was bepaal vir tien jaar. Klem is ook meer gele op die aard van "ambi- tus" self, waar voorheen meer klem op die straf van "am- bitus" gele was: " ••• the lex Tulia spelled out the lines between innocent acts and conscious violations."57 Die

"lex Tulia" het daadwerklik van krag gebly tot ongeveer 56 v.C. - teen daardie tyd het verkiesingsrnisbruike ver- strik geraak in geweld en intirnidasie. Volgens Gruen was aanklagte "de ambitu" dikwels die gevolg van 'n persoonlike vete. 58

L.R. Taylor sien ornkopery as die rnees algemene rnis- bruik tydens eleksies, daarnaas intirnidasie van sternme deur middel van geweld. 59

"Ambitus" waaraan Clodius. hom skuldig gemaak het, het in 'n sekere sin bygedra tot die

54. Op. cit. Schol. Bob. 78, Stangl.; cf. Asconius 69. (Clark) 55. Op. cit. Schol. Bob. 78, Stangl.

56. Cf. Gruen p. 222.

57. Op. cit. Gruen p. 222.

58. Cf. Gruen pp. 272, 211-212.

59. Cf. L.R. Taylor p. 67; Dorey pp. 34, 200.

(14)

14 vete tussen Cicero en Clodius.60

'n Historiese gebeurtenis wat 'n groot invloed op die vete tussen Cicero en Clodius gehad het en wat hier- die vete direk voorafgegaan het, was Cicero se onder- drukking van die opstand van Catilina. Cicero se tereg- stelling van die Catiliniese samesweerders was juis die swaard waarmee Clodius 'n paar jaar later sy heftigste aanvalle op Cicero geloods het. Waar Catilina 'n rewolu- sie beplan het en dit vroegtydig deur Cicero in die kiem gesmoor is, het Clodius wat in 'n sekere sin 'n opvolger van Catilina was,61

daarin geslaag om 'n rewolusie te be- werkstellig. Deur Cicero se teregstelling van die Cati-

liniese samesweerders het hy aanvanklik baie steun gewen en is hy beskou as "pater patriae." Dit het hierdie

"nevus homo" se status aansienlik verhoog, maar die wyse waarop Cicero die opstand gehanteer het, het 'n wending

in sy politieke loopbaan gebring. Sy aanvanklike sukses het by hom 'n ideaal geskep om 'n verstandhouding tussen die senaat en die "equites" teweeg te bring en te bevorder d.m.v. sy sg. "concordia ordinum. "62

Cicero was egter op hierdie stadium nie ten volle bewus van die feit dat die aristokrate 'n gemene groep was wat daarna gestrewe het om hulle bevoorregte posisie te behou en dat dit vir hulle net om hulleself gegaan het. Daarom het sy "concordia ordinum" begin verbrokkel, boonop weens die eise van Cae- sar, Pompeius en Crassus. Ons sal aantoon dat Clodius se Bona Dea-Skandaal Cicero se "concordia ordinum" eintlik direk beinvloed het en tot in sy fondament geskud het.63

60. Vide pp. 20, 60, 61.

6~. Vide pp. 55, 20.

Richards p. 74.

62. Cf. Marsh p. ~69; Haskell p. 162.

63. Cf. Scullard p. 116; Vide p. 52

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

toekomsplanne van die Mandaatregering met betrekking tot die Duitse skole uiteengesit. Op l April 1920 sou al1e Duitse skole en koshuise deur die Regering

Die skool doen meer as vaardighede bybring en kennis oordra en juis daarom stel die ouers die eis dat die skoolopvoeding by die van die ouerhuis moet

“Geef aan God alle eer”, klonk door de nacht, zongen eng’len luid en blij.. Door dit Kind in

Daarom word invloed van Fries aangeneem vir gc~lose voltooide deelwoorde in die heden- daagse N ederlandse volkstaal ( kyk Schonfeld, Historischc Grammatica t'an hct

De heer Rhodes se: "dat hij, v6ordat hii de zaak wilde zien uitmaken, eerst verlangt te weten dat de "fatsoenlike" Hollands- sprekende bevolking voor de zaak was,

De waargenomen verschillen in vogelbestand tussen beide landen zijn soms toe te schrijven aan de verschillen in landschap of KLE’s, maar vaak ook niet. Er werken dus voor veel

Voorlopig Definitief Concept

Herinrichting Molenweidtje (tijdelijke situatie gedurende