• No results found

Thom, H.B. 1980. DF Malan. [Boek resensie]

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Thom, H.B. 1980. DF Malan. [Boek resensie]"

Copied!
2
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

THOM, HB:

DF Malan, Tafelberg, Kaapstad, 1980. R15. 366

bled.ye.

Prof Thorn is 'n deurwinterde historikus en iemand wat reeds met sy biografie oor Gerrit Maritz (1947) bewys het dat hy 'n besondere meester van hierdie genre is. Die biografie oor dr Malan is op intensiewe diepte-na-vorsing en 'n baie goeie persoonlike kennis van dr Malan gebaseer. Prof Thom het trouens groot dele van die geskiedenis waaroor hy skryf persoonlik deurlewe en as 'n leiersfiguur daarin 'n rol gespeel. Tog bring dit geensins mee dat die biografie die karakter van 'n memoir of 'n huldigi.ngswerk aanneem nie. Dit is 'n ewewigtige, deurdagte en gevoelige werk waarin dr Malan se sterk en swak punte na vore kom. Die politieke gebeure wat bespreek word, is sensitiewe ge-beure waaromheen baie emosies opgebou is en steeds opgebou word: die vlagstryd, die Ossewa-Brandwag, die apartheidsbeleid en die republikeinse strewe. Prof Thom behandel die sensitiewe temas met 'n aan-voeling en 'n historiese rypheid wat boei. Oil laat 'n mens die boek neersit met die gevoel dat jy werklik ver-ryk is en dat jy 'n vee I beter begrip van politieke ge-beure en die mens Malan het.

Prof Thom se hantering van die botsing tussen dr Malan en die Ossewa-Brandwag is hiervan 'n goeie il-lustrasie. Daar is geen poging om, soos vandag graag

gedoen word, die OB in terme van

terroriste-organisasies of radikalisme te sien nie. Tog probeer die skrywer ook nie die negatiewe 'lan die OB \(e~o()ese\ \ nie. Onder leiding van Hans van Rensburg het die OB 'n

(2)

pad ingeslaan wat versoening met dr Malan en die Nasionale Party onmoontlik gemaak het. Prof Thom toon aan hoedat daar 'n fundamentele verskil in uit-gangspunt tussen die twee leiers bestaan het. Van Rensburg met sy geloof in diktatoriale optrede en weinig gevoel vir die Christelike eise van dr Malan, teenoor dr Malan die toegewyde Christen en opregte demokraat.

Die biografie is vir die onderwyser besonder bruikbaar in die klaskamer. Oit is in pragtige vlot Afrikaans ge-skryf wat leerlinge met groot gamak sal lees en wat nie met feitlike besonderhede oorlaai is nie. Die tematologiese indeling is in afgeronde hoofstukke ver-deel wat dit vir die onderwyser moontlik maak om leer-linge net uitgesoekte hoofstukke te laat lees. Die boek bied ook geleentheid om vir leerlinge prikkelende op-dragte oor dr Malan as persoon te gee. Laat hulle bv.

gaan vasstel of dr Malan werklik so stram en stroef was as wat sommige spotprente hom voorgestel het. Of laat hulle gaan vasstel of dr Malan stadig van begrip was,

bietjie dom soos die Opposisie graag gespot het. Was dr Malan en Hans Strijdom werklik vyande is 'n ander prikkelende paragraafopdrag vir leerlinge.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Here, we report on 45 individuals with Malan syndrome (14 being mentioned in a table without clinical data (Tatton-Brown et al., 2017), the others unpublished), provide

As recently as his final book, 2000's Boss Cupid, Gunn's poetry still mixed melancholy with the rush and buzz of electric youth.. Outside of the American Beatniks, he was

Norman Vincent Peale, die gelooft dat een mens door positief denken zijn eigen werkelijkheid schept, heeft het voorwoord voor dit boek geschreven. Verder wordt het boek van

De mens moet zijn inherente psychische krachten in werking stellen om zijn doel te bereiken: “Laat Licht op de aarde neerdalen, is een directe oproep aan de Bron van Licht en ook

Over hen heeft de tweede dood geen macht, maar zij zullen priesters van God en van Christus zijn, en zij zullen met Hem als koningen regeren, duizend jaar lang” (Openbaring 20:6).

De Kalachakra Tantra wordt voorgesteld als een waardige en verheven bijdrage voor wereldvrede, het vreedzaam naast elkaar leven van alle levende wezens,

Zij zul- len totaal misleid zijn omdat zij de waarheid van de Bijbel verworpen hebben: “En daarom zal God hun zenden een kracht der dwaling, dat zij de leugen zouden geloven; opdat

“Want wandelende in het vlees, voeren wij de krijg niet naar het vlees; Want de wapenen van onze krijg zijn niet vleselijk, maar krachtig door God, tot neerwerping der sterkten;