• No results found

Jaarblad / Hammanskraalse Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Jaarblad / Hammanskraalse Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika"

Copied!
46
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

Mammanskraalst ltologltst Jkool

uan dlt

(2)

Hoeksteen HTS

(3)

ltoorwoord

]In 1962 het die predikante-opleiding wat in Dube

'!begin het na Hammanskraal verskuif. Vanaf 1965 is jaarliks 'n Jaarblad gepubliseer.

Die uitgawe van 1994 is 'n gedenkuitgawe aange-sien die HTS aan die einde van hierdie jaar sluit en opleiding op Potchefstroom sal voortgaan.

Dis onmoontlik om die groot verskeidenheid van aktiwiteite van hierdie tydperk (1962-1994), neerslag te laat vind in die uitgawe. Met die keuse van wat gepubliseer word, is probeer om wat groepe persone, aktiwiteite en instellings betref, so verteenwoordigend moontlik te wees.

Mag hierdie gedenkuitgawe vir almal wat enigsins verbonde was aan die opleiding van die HTS 'n kosbare besit word noudat opleiding bier tot 'n einde kom! Mag die groot stap van vereniging van die HTS en die TSP ryk vrugte dra in die konink-ryk van God!

Prof. M.A. Kruger (Redakteur) 18 Oktober 1994

Adjunk-President F. W. de Klerk en Mev. Marike de Klerk

Adj.-Pres. F. W. de Klerk het die rede gevoer by die laaste promosieplegtigheid by die HTS

(4)

2

thrist talls

lts ...

*

Matt. l0:5a and 7

']"he New Testament church starts with Christ

J calling his twelve disciples to preach and to

practice the message of the kingdom of God. Our text refers to two aspects:

( l) the CHURCH who is called and (2) the CALLING of the church.

1.

The CHURCH who is called

Christ called his twelve disciples and sent them out. When we look at the twelve, what intrigues us is that we discover on the one hand a great diver-sity and on the other a very close unity.

There is, for instance, a great diversity as far as personalities were concerned: James and John, quick to anger; Peter, quick to speak; Thomas, the sceptic.

They also practised different professions: Peter and Andrew, John and James were fishermen, Matthew a tax collector - a profession which the Jews despised because almost all tax collectors were thieves.

The twelve came from different provinces: eleven from Galilee, the so-called backveld part of the country; one from Judea, the province wellknown for cult and culture.

Most interesting, the twelve belonged to different political parties and had different political opin-ions. There was Matthew, the tax collector, the man of the status quo, almost an imperialist, for accepting the rule of Rome. Then there was Simon the Zealot, the patriot, the nationalist - even up to the point of revolution, as Barabbas.

What a combination of personalities, professions, political convictions and cultural backgrounds! Would they ever succeed to unite in preaching and practice?

Yes, they will! How? What secret kept them to-gether? Christ! The calling of Christ. The mission of Christ. The key to church unity is Christ. The closer we stay to Him, the nearer we come to one another. The further we move away from Christ, the further we move away from each other. Another question is: Did the disciples stay what they were? I mean, did Matthew continue stealing and did Simon continue with his revolutionary ac-tivities? No, when Christ has called, it is impossi-ble to continue with sinful practices and activities. Christ brings all sinful practices under criticism. Christians are called to fight and reject all sinful

*

Summary <!f last message delivered by prof. J.H. 1•w1 Wyk attitudes and activities.

When I look to the HTS students and professors today, I discover diversity but also unity. We come from Zaire and Zimbabwe, Mozambique and South Africa; whe have different personalites and cultural backgrounds; may be we are affiliated to different political parties. And yet we are one, one in Christ Jesus, our Lord, who called us together and who sends us into the world?

2.

The CALLING of the church

When we carefully analyse verse 7 we discover a threefold characterisation of the church.

First, the outgoing character. Christ said: "Go". In this context: Go to Israel. After his crucifixion and resurrection He extended the mission: Go to all peoples (Matt 28: 19), to the ends of the earth (Acts 1:8), throughout the world (Mark 16: 15). The church is on the move, it is God's pilgrim people; it can never be static, can never be ar-rived. Mission work is an essential part of the church's task in the world. It must never be for-gotten, nor neglected.

Secondly we can discern the Word character of the church. Christ said: Go and preach. The Greek word being used here (kerugma), refers to a message of victory. Christians do not preach a message of defeat and destruction but they pro-claim a good message, a message of salvation, a message of hope, a message that opens up the fu-ture.

How is that possible? Because it is a message about the kingdom of heaven. It is not a pure po-litical kingdom, which Simon the Zealot, actually all the disciples (and Israel) had expected (Acts 1 :6) - it is therefore not a white or a black king-dom; it is not a church kingdom, for the church must serve the kingdom; it is not a personal dom, for the minister must also serve the king-dom. No. It is the kingdom of heaven, the king-dom of God - which means the same (Matthew mostly referred to kingdom of heaven because he wrote to Jewish Christians who were cautious not to misuse the Name of God and in so doing trans-gress the Third Commandment). Preach the king-dom of God! Preach that God is Ruler, that Christ is King, that in Christ and the Spirit the gracious rule of God has dawned on earth and mankind. It is near, because Christ is amongst us; it is in us because the Holy Spirit lives in us (Luke 17:21). The kingdom of God is here, and yet we are

(5)

ex-pecting the full realisation of it during the end-time. We live in an interim period, between a first realisation and the full realisation, which includes the new heaven and the new earth.

The kingdom of God is the essence and destiny of human history; it stands at the beginning, middle and end of the Biblical message; it lies at the heart of Christ's teaching. There is in this world nothing more important (Matt 6:33, 13:44,45).

It is of such paramount importance that we can almost speak of a "theology of the kingdom". It is precisely that which we have taught at the HTS and what we are continuing to do at the TSP. Thirdly we should refer to the praxis characher

of the church. Christ commanded: Go ... preach ... and heal. Heal ... physically (sick) and spiritually (exorcism). It is true that we cannot any longer fulfil this command literally (for instance, raising the dead), but the intention is very clear: preach and practice. The preaching must be

comple-3 mented by the praxis, faith by action, dogma by ethics. The church has not only a mission dimen-

-sion but also a diaconal one. In fact, it is precisely on account of his actions that a man will be judged by God. If you have done nothing good to the needy, the Lord will say: "Depart from me ... !" (Matt 25:41). And if you have done good, He will say: "Come ... and receive the kingdom ... What-ever you did for one of the least of these brothers of mine, you did for Me" (25:34-40).

We, students, professors, yes all Christians, are called to continue the work of the disciples of Christ. We must go, we must preach, we must act. We serve an everlasting kingdom. We serve God. We follow Christ. We are supported by the Spirit of God. We move forward· in faith, in hope, in love. And we pray: Let your kingdom come! Come, o Lord, come soon, come and complete your work; bring your kingdom to a full realisa-tion. So that God can be all in all.

1Bie MJJ in Misloriese

f

erspektief

Die inhoud van hierdie artikel is in baie gevalle gegrond op herinneringe van die skrywer L.J. Botha (Dube HTS 1959-1989, deeltyds tot 1994)

1.

lnleiding

I. I Hierdie artikel wil allermins voorgee om in die ware sin van die woord die beskrywing van die geskiedenis van die HTS te wees. Daarvoor is immers 'n geskoolde historikus nodig. Ook het daar heelwat bronne-materiaal verlore gegaan met die verloop van tyd.

Afhangende van die doe) van die beskrywing, kan daar met die materiaal voorhande minstens een lywige boek geskryf word.

Hoewel dit vir my 'n besondere voorreg is om

hierdie bydrae te !ewer, moet egter in gedagte ge-hou word dat ek vanaf 1959-1989 voltyds aan hierdie inrigting verbonde was en die gevaar van subjektiewe meninge nie altyd vermy kan word nie. Ook is dit vanselfsprekend dat aspekte van die geskiedenis wat my persoonlike aandeel betref, sover moontlik weggelaat sal word.

1.2 Soos die opskrif van hierdie artikel aandui: ,,Die HTS in historiese perspektief", sal getrag word om in voelvlug die ontstaan en ontwikkeling van hierdie inrigting in oen~kou te neem.

1.3 In die Jaarblad van 1981 het daar reeds 'n artikel van my verskyn wat oor dieselfde onder-werp handel. Aangesien feite feite is, maak ek by herhaling, met vrymoedigheid weer daarvan ge-bruik.

2.

Voorgeskiedenis

Die voorgeskiedenis van die HTS is gewortel in die Sending.

Meer as 'n dekade voordat met die opleiding van predikante vir die ,,jong" kerke te Dube begin is, was wyle ds. (later professor) Hugo du Plessis as sendingleraar reeds besig met hierdie taak. Joja-kim Matlakala was die eerste student wat aanvank-lik eers helper-opleiding ontvang het. Wanneer presies met sy predikant-opleiding begin is, blyk nie duidelik uit die ou sendingnotules nie. Dit blyk egter dat ds. Du Plessis beslis gedurende 1943 al

(6)

4

daarmee besig was. In Julie 1947 het die Sinodale Sendingdeputate Siloam besoek en het hulle Joja-kim na ondervraging en die lewering van 'n preek onder artikel 8 van die Kerkorde beroepbaar gestel. Hiervan skryf prof. dr. J.P. Jooste in ,,Gaan dan heen ... " soos volg: ,,Dit was bepaald 'n hoogtepunt in hierdie opleidingswerk op Siloam. As gevolg daarvan is proponent Matlakala deur die gemeente Siloam beroep en kort daarna in die amp bevestig. Die eerste Bantoe-predikant van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika is gelewer en dit deur ds. Du Plessis te midde van al sy menigvuldige pligte wat hy op die sendingstasie moes behartig" (p 27).

Daarna het verskeie ander kandidate by ds. Du Plessis opleiding ontvang, waarvan, sover ek kan vasstel, Jacobus Matlakala ('n seun van ds. Joja-kim) die eerste was.

In hierdie opleiding moet ons reeds die grondslae sien vir die georganiseerde kerklike opleiding wat later sou volg.

Wat laasgenoemde betref, meen ek, kan ons drie stadiums onderskei nl.

(i) Die pionierstadium (ii) Die ontwikkelingstadium (iii) Die oorgangs- en finale stadium

3.

Die pionierstadium (1956-1961)

Opmerkhk is dit dat in hierdie stadium die oplei-ding van nie-blanke predikante nog steeds as 'n sending-a:i'ngefeeiitheid gesien is wat dan ook deur die Sendingdeputate van die Nasionale Sinode be-heer is.

In 1956 is ds Hugo du Plessis deur die Sending-deputate beroep om voltyds hierdie werk aan te pak. Hy het in hierdie hoedanigheid as ,,dosent" bekend gestaan. Die onmiddellike toesig oor die opleiding is toegewys aan 'n Senaat wat bestaan het uit die voorsitter en 'n paar van die sending-deputate asook die plaaslike predikant van die kerk onder wie die sendingterrein geval het waar die opleiding plaasgevind het. Verder het die plaaslike sendingleraar sowel as die dosent ook daarop ge-dien.

Die Senaat moes aan die Sendingdeputate verslag doen. Laasgenoemde het 'ook die eksaminering en beroepbaarstelling van kandidate wat hul studie voltooi het, waargeneem.

Die dosent was ,,hoof' van die skool, skriba van die senaat en ook nog penningmeester. As enigste dosent was hy vir al die vakke van die vierjarige teologiese kursus verantwoordelik.

Die kursus het bestaan uit die volgende vakke: Dogmatiek (4 jr.), Eksegese (4 jr.),

Openbarings-geskiedenis (3 jr.), Apologetiek (2 jr.), Kategetiek (I jr.), Liturgiek (1 jr.), Pastoraal (1 jr.), Homile-tiek (1 jr.), Kerkreg (4 jr.), Kerkgeskiedenis (3 jr.) en Kategismus (1 jr.).

Dit was inderdaad pionierswerk! Teen hierdie agtergrond moet dan ook die woorde in die rapport van die Sendingdeputate, aan die Sinode van 1958, verstaan word: ,,Os. H. du Plessis is as voltydse dosent aan die inrigting benoem en is vanaf Janu-arie 1956 aan die skool werksaam. Ds. Du Plessis doen baanbrekerswerk, wat ook ryklik geseen word."

Hierdie seeninge blyk onder andere uit die vol-gende sinne uit dieselfde rapport: ,,Die afgelope twee jaar het drie studente van die skool hulle studie as predikante voltooi en 4 as helpers. Op die oomblik is daar 27 studente in die inrigting van wie 20 vir predikant en 7 vir helper studeer. Die verwagting is dat aan die einde van 1957 vier stu-dente hul studie vir predikant sal voltooi."

Die toelatingsvereistes was destyds St. VII en wat die studente betref, het die opleiding op deeltydse grondslag plaasgevind. Die meeste van die studen-te was by kerkrade in diens in verband met sen-dingwerk terwyl 'n paar by ander werkgewers in diens was. Die lewensonderhoud van studente het die skool dus niks gekos nie behalwe reiskoste in 'n paar gevalle.

Die gebou wat as skool en kerklokaal diens moes doen, was vlakby Dube-stasie gelee, sodat studen-te gemaklik per trein daarheen kon reis.

Die studente wat by kerkrade in diens was, het weekliks vanaf Dinsdae tot Donderdae gedurende die voormiddag klas gehad terwyl die klasse van die ander gedurende die aande van dieselfde dae plaasgevind het.

Gedurende hierdie periode was die opleiding van helpers ook nog dee! van die skool se taak. Daar-voor is in 1957 'n Zulu-hulpkrag benoem in die persoon van proponent C. Khoza wat later as predikant van Dube bevestig is.

Aan die begin van 1959 aanvaar ds. Du Plessis 'n beroep as professor in Sendingwetenskap aan die Teologiese Skool te Potchefstroom en word ds. L.J. Botha van Dordrecht as dosent in sy plek beioep. Hierdie beroeping het plaasgevind op 'n vergadering van die Sendingdeputate tydens die Eeufeesviering van die Gereformeerde Kerke te Ri.lstenburg.

Gedurende 1960 was dit vir die skool in sy pio-nierstadium ook nog beskik om letterlik deur vlamme gelouter te word. Net na die Sharpeville gebeure is daar nl. een aand 'n aanval op die

(7)

skool- en kerkgebou te Dube geloods. Die slot aan die hek van die hoe omheining is deur 'n onstui-mige skare met 'n by! stukkend gekap .en die ge-bou is aan die brand gesteek. Gelukkig was die brand net tot 'n gedeelte van die gebou beperk en het die biblioteek sowel as die afgerolde lesings en '.n groot dee! van die meublement behoue gebly. As gevolg van gerugte dat die oproermakers, deur kommuniste aangehits (volgens pamflette wat sprei is), die aand van die volgende dag die ver-woestingswerk wou voltooi, het die dosent en 'n klompie van die studente die volgende dag al die boeke en los meubels met 'n kombi en 'n vrag-motor gaan verwyder. Ty dens die ontruiming moes polisiemanne met sub-masjiengewere by die gebou wagstaan. Gelukkig het die dosent 'n huis op 'n klein Jandgoed in Florida bewoon en kon die skoolbedrywighede daarheen verskuif word totdat die gebou te Dube weer herstel is.

Wat die pioniersperiode betref, moet ook nog melding gemaak word van hulpdiens wat ds. J.H. van der Walt, destydse sendingleraar in Soweto, aan die ~kool gelewer het. Hy was nl. behulpsaam met die dosering van Openbaringsgeskiedenis en het 'Ook gehelp met die preekkolleges ..

. /;

Wat die administrasie betref, het ds. Khoza die biblioteeksake behartig. Daar het egter spoedig 'n dringende behoefte aan doeltreffender voorsiening vir die behartiging van die administratiewe aange-leenthede ontwikkel. Dit blyk uit die rapport van die Senaat aan die Sinode van 1961. Daar lees ons onder andere: ,,Die groei van die skool bring 'n vermenigvuldiging van administratiewe werk mee ... Dit is veral die oortuiging van die dosent, wat al hierdie aangeleenthede in 'n groot mate self moet behartig, dat vir behoorlike administrasie daar mettertyd 'n opgeleide persoon benodig sal word. Die werk van kassier het reeds vir die dosent te veel geword, sodat iemand anders gevind moes word in die persoon van broeder A. van der Walt van Florida gemeente. Weens menigvuldige werksaamhede kon die broeder ook maar net die boekhouding behartig."

4. Die ontwikkelingstadium (1961-± 1973)

4.1

lnspirasie en motivering

Na sy beroeping as dosent na Dube was ds. Botha saam met ds. G.P.L. van der Linde (later profes-sor aan die TSP) op reis na Alberton na afloop van 'n Sendingdeputate-vergadering te Johannesburg.

Op pad het ds. Van der Linde by horn aangedring om die beroep te aanvaar met die doe! om onder andere die bestaande opleiding uit te. bou tot 'n volwaardige Teologiese Fakulteit. Dit was onver-geetlike inspirasie!

5

4.2

'n Oktrooi- of stigtingsakte

Die Sinode van 1961 bet in verband met die teolo-,

giese opleiding 'n baie belangrike besluit met ver strekkende betekenis geneem.

By die behandeling van die verslag van die Sen-dingdeputate het die Sinode soos volg besluit:

,, Toekomstige beleid met die opleiding van nie-blanke predikante.

Die Sinode aanvaar die aanbeveling van die depu-tate en besluit soos volg:

Met voile erkenning en aanvaarding van die begin-sel dat elke kerk ( ook onder die Bantoevolke) die reg het op 'n eie teologiese skool besluit die Sino-de:

(a) Oat aanvanklik gewerk word vir die daar-stelling van een volwaardige selfstandige teolo-giese skool vir die voltydse opleiding van predi-kante en teoloe uit die Gereformeerde Kerk onder die nie-blankes;

(b) dat die verwesentliking van die ideaal van meerdere teologiese skole ,vir die onderskeie et-niese eenhede grootliks sal atbang van die ontwik-keling van die sending en die selfstandigwording van die Gereformeerde Kerke onder die verskil-Jende nie-blanke bevolkingsgroepe waarvoor die sendende kerke die medeverantwoordelikheid sal dra waar nodig;

(c) dat teologiese opleiding met een jaar ver-leng word sodat onder andere 'n kursus in die grondtale van die Bybel voorbereidend geneem kan word - die toepassing hiervan word na die Senaat van die Teologiese Skool vir nie-blankes verwys;

( d) dat die toelatingsvereistes tot die teolo-giese studie vanaf die begin van 1962 na Senior Sertifikaat verhoog word, behoudens uitsonderinge wat die Kuratorium mag nogig ag;

(e) dat deeltydse opleiding per korresponden-sie afgekeur word."

Die oktrooi vind ons dus veral vervat in (a) en (b) van die Besluit.

Die verdere ontwikkeling en verloop van die opleiding sal dus in die Jig h.iervan beoordeel moet

WO~. .

4.3

Die verloop van die ontwikkeling

Die sinode van 1961 het myns insiens die groen Jig vir 'n kragdadige ontwikkeling van die bepaalde teologiese opleiding gegee. .

Een van die belangrike besluite was om vir die Teologiese Skool sy eie Kuratorium in te stel. Hiervan was ds. T.T. Spoelstra die eerste

voorsit-ter. ··

Nog 'n belangrike besluit was om die teologiese skool na Hammanskraal te verskuif. Volgens die

(8)

6

besluit van 1964 het die naam van die skool dan ook geword: ,,Die Hammanskraalse Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afri-ka".

Verder is ook besluit om die helperopleiding aan die skool te staak aangesien dit as die taak van sendingleraars op plaaslike sendingterreine beskou is. Daarmee is ook die gewaardeerde dienste van ds. C. Khoza as hulpdt>sent gestaak.

Die nuut-ingestelde kuratorium het met groot ywer die ontwikkeling van die Skool aangepak.

Daar is onder andere dadelik oorgegaan tot die beroeping van 'n tweede dosent in die persoon van ds. J.L. Helberg wat op 14 Mei 1961 bevestig is. In hoofsaak is die vakke tussen die twee dosente soos volg verdeel: Os. Helberg was verantwoorde-lik vir die vakke van die Ou Testamentiese groep, die Ekklesiologiese vakke, Liturgiek en Kategetiek asook Hebreeus vir die voorbereidende jaar. Os. Botha was verantwoordelik vir die Nuwe Testa-mentiese en Dogmatologiese vakke, Pastoraal en Homiletiek asook Grieks vir die voorbereidende jaar.

In 1962 is die inhoud van die voorbereidende kur-sus aangevul met Afrikaans, Wysbegeerte, Bybel-geskiedenis en Bybelse Aardrykskunde.

Wat die verskuiwing na Hammanskraal betref, kon die nuwe skoolgebou op 3 Februarie 1962 in bruik geneem word. Dit was 'n doeltreffende ge-bou met drie klaslokale, biblioteek, kantore, kom-buis, ensovoorts.

Gedurende die ontwikkeling van die skool moes daar na verloop van tyd twee keer aanbouings plaasvind om te voldoen aan nuwe vereistes. Die verhoogde toelatingsvereistes (na Senior Serti-fikaat) het die getalle van die studente aanvanklik baie nadelig belnvloed. Dit was in so 'n mate. die geval dat die kuratore ook voorsiening moes maak vir moontlike kandidate met St. 8 om vir hul Se-nior Sertifikaat op Hammanskraal te kom studeer deur middel van 'n korrespondensiekursus. Hier-voor is ook hulpkragte gebruik.

Hierdie maatreel het geleidelik vrugte afgewerp. Volgens die rapport van die Kuratorium aan die Sinode van 1967 was die getalle van studente oor drie jaar soos volg:

1964 - 10 (voorbereidend en teologie) 1965 - IO (voorbereidend en teologie) 1966 - 13 (voorbereidend en teologie) In 1969 het die getal gegroei na 16 en in 1975 na 22.

Van belang is ook om te meld dat die Sinode vari

1967 die laaste stap geneem het om die beheer van die HTS los te maak van die Sendingdeputate, toe besluit is dat die Kuratorium van die HTS voortaan deur die Partikuliere Sinodes saamgestel sou word. Vir die ,,daarstelling van een volwaardige selfstan-dige teologiese skool vir die voltydse opleiding van predikante en teoloe uit die Gereformeerde Kerk onder die nie-blankes" (Sinode 1961) is daar, wat die akademiese onderrig betref, binne 'n kort tydsbestek op ondubbelsinnige wyse voorsiening gemaak. Tot en met die Sinode van 1970 is daar op elke Sinodale vergadering die ja-woord vir 'n by

-komende dosent gegee. 'n Mens kan dit nie anders sien nie as dat die Here van gereformeerdes vaardig gemaak het om die Hammanskraalse Teologiese Skool met groot offers uit te bou.

Op grond van 'n besluit van die Sinode van 1964 is ds: L. Floor wat deur die Christelike Gereformeer-de Kerk van NeGereformeer-derland met volle traktement aan die GKSA aangebied is, beroep en op 7 Maart 1965 bevestig. Die Sinode van 1964 het ook besluit dat die dosente van die HTS voortaan die titel van ,,professor" sal dra.

Na die Sinode van 1967 is dr. D.C.S. van der Merwe beroep en op 5 Maart 1965 bevestig. Na die Sinode van 1970 is dr. B. Spoelstra beroep en op 25 Junie 1970 bevestig. Na sy bevestiging het die HTS oor 5 professore beskik en is volgens die vermoe van die GKSA behoorlik voorsiening ge-maak vir die akademiese onderrig en is wat dit be-tref, die . ideaal van 'n ,, volwaardige Teologiese Skool" bereik.

Ook wat die inhoud van die onderrig betref, is tot op daardie stadium (die begin van die sewentiger-jare) goed gevorder.

Wat die voorbereidende studie betref, is gevorder tot 'n drie-jarige kursus na matriek. Studente van clie HTS kon nou by UNISA inskryf en onder lei-ding van die professore van Hammanskraal 'n BA-graad verwerf.

Wat die teologiese studie betref, kon hulle nou by die PU vir CHO inskryf en na BA 'n Th.B.-graad verwerf. Os. R.P.L. Tsotetsi was die eerste swart gereformeerde predikant wat albei hierdie grade verwerf het - die Th.B. in 1975. Teen die einde vah 1980 het reeds ses ander predikante in sy voet-spore gevolg terwyl een, nl. ds. T.C. Rabali die Th.M.-graad met lof behaal het.

Volgens ooreenkoms met die Teologiese Fakulteit van die PU vir CHO volg die studente van die HTS presies dieselfde kursusse vir die Th.B.-graad as die studente van die TSP. Hoewel die gerigtheid van die kursusse verskil het, was die standaard

(9)

dieself-de. Die professore van die HTS tree op as inteme eksaminatore, terwyl die van die TSP as eksteme eksaminatore en ook as moderatore van die vraestelle optree. Langs hierdie weg is gesorg dat die standaard dieselfde bly.

Binne die bestek van

+

14 jaar kon die GKSA met die ontwikkeling van die HTS dus grotendeels die doel bereik wat die oktrooi van 1961 aan horn gestel het nl. ,, 'n volwaardige Teologiese Skool". Die dank en die eer hiervoor kom alleen aan die Here toe wat gewillige harte, die middele en die wee te midde van worstelinge en seeninge gegee het. Ook wat die administratiewe aspek van die skool betref, het daar groot ontwikkelinge plaasgevind. Vanaf 1961 tot 1964 is die administrasie op 'n

deeltydse grondslag agtereenvolgens deur twee sendingleraars, nl. di. J.H. van der Walt en P.J. Coetsee behartig.

Vanaf 1 Februarie 1965 tot einde 1972 het ds. T.T. Spoelstra na emeritering as administrateur van die skool opgetree. Met sy rype ervaring as vroeere sekretaris-penningmeester van die GKSA het hy met groot bekwaarnheid die administrasie op 'n stewige grondslag geplaas waarop voortgebou kon word. Na horn het agtereenvolgens broeders H.J. Coetzee, J. Koelman en L.S. van der Walt hierdie belangrike dee! van die skool se voortgang behartig. Vanaf die begin van 1979 beklee broeder M .J. Kruger op voortreflike wyse die pos van registrateur aan die skool. Hy word bygestaan deur 'n sekretaresse en 'n tikster. Vanaf 1978 beskik die skool ook oor 'n

baie gekwame opgeleide bibliotekaresse in die per-soon van mev. A.S. Kruger.

Ook hierdie ontwikkeling op administratiewe gebj~d

moet inderdaad gesien word as deel van die wor-ding van 'n ,,volwaardige" Teologiese Skool. Wat het hierdie ontwikkelinge die GKSA gekos? Die volgende kan slegs as 'n aanduiding dien. In 1961 was die begrol:ing vir die teologiese oplei-ding £9030.00 = Rl8060.00 vir 3 jaar.

Gedurende die 3 jaar vanaf 1 Julie 1975 - 30 Junie 1978 het die uitgawes van die skool R414085.08 beloop! Gedurende die tagtiger jare het die bedrag gestyg na

+

R 11/i miljoen oor drie jaar.

Hoewel in die ontwikkeling van die skool steeds .

vasgehou is aan die oktrooi dat die HTS behoort aan die GKSA, is daar veral vanaf 1967 ten nouste saamgewerk met die kerke ten behoewe van wie die opleiding van predikante plaasgevind het. Hierdie samewerking het in besonder plaasgevind deur mid-del van deputate wat die drie onderskeie Nasionale Sinodes van die ,,jong kerke" as ,,adviserende kura-tore" kon benoem. Die Sinode van 1967 het nl. be-sluit: ,,Dat die ander Nasionale Sinodes deputate

7 mag benoem wat met die Kuratorium kan skakel in voorkomende gevalle en met wie die Kuratorium'

kan skakel".

Hier moet miskien gemeld word dat hierdie besluit geneem is na 'n versoek vanuit die ,,jong kerke" om ook kuratore te mag benoem.

5.

Die oorgangs-en-finale stadium

Aan die begin van die sewentiger jare het die HTS in sy ontwikkeling ook kentekens van 'n oorgang in verband met sy eintlike identiteit en roeping be-gin toon. Vrae oor die posisie en betekenis van hierdie skool het al begin ontstaan met die ver-skynsel dat die TSP begin het om

JD'

eventuele vakatures professore van die HTS te beroep. Dit het soos volg verloop: '

Prof. J.L. Helberg einde 1971.

Prof. D.C.S. van der Merwe einde 1972. Prof. L. Floor einde 1977.

Hulle plekke is gevul deur:

Prof. L.F. Schulze - 4 Februarie 1972. Prof. J.A. van Rooy - 24 Februarie 1975. Prof. M.A. Kruger - 17 Maart 1978.

In die tagtiger jare het hierdie proses voortgegaan en is na Potchefstroom beroep:

Prof. L.F. Schulze - einde 1980. Prof. B. Spoelstra - begin 1989. Hulle plekke is gevul deur:

Prof. J.H. van Wyk - 20 Maart 1981. Prof. J.M. Vorster- I April 1990.

Wanneer gedink word aan die uitbou van teologie-se opleiding van die HTS en die hoe peil wat bereik is, mag die professore wat hier instrumente in die Hand van die Here was, nie buite rekening gelaat word nie. Dit was manne met uitnemende gawes wat hoogstaande diens gelewer het!

Nadat 'n ooreenkoms met die PU vir CHO bereik is, wat daartoe gelei het dat gegradueerde studente van die HTS aan hierdie Universiteit vir die Th.B. mag inskryf, is die professore van die HTS vir hierdie doel as geakkrediteerde professore van die PU benoem. Dit het egter net vir die Th.B.-studie gegeld, want studente wat daama vir die Th.M. ingeskryf het, moes onder, leiding van die profes-sore van die TSP studeer.

Dit het dus geblyk dat hoewel die GKSA binne na-sionale verband professore beroep wat kragtens art. 17 KO gelyke diens moet lewer en dieselfde bevoegdheid tot die diens moet he, daar tog 'n ongelykheid in roepingsbevoegdheid bestaan het by die professore van die HTS wat nie ingesluit is in die kontraktuele verband wat bestaan ten opsigte van die TSP en die PU vir CHO nie.

(10)

8

Die Sinode van 1976 het daarop opdrag gegee aan die Kuratoriums van die TSP en HTS om tot 'n ooreenkoms te geraak ten opsigte van die uitbrei-ding van die kontraktuele verband met die PU vir CHO.

Op 16 Maart 1978 het kommissies van die twee kuratoriums op 'n vergadering besluit om namens die Kuratoriums die Raad van die PU te versoek om aan die HTS voile akademiese bevoegdhede te hied, ook betreffende die Th.M.- en Th.D.-stu-dies, op so 'n wyse dat ,,die doelstelling van die kerk met die oprigting van die twee onderskeie in-rigtings gehandhaaf sal bly".

Die Sinode van 1979 het in hierdie verband soos volg besluit: ,,Opdrag word gegee aan die Kurato-rium van die HTS om namens hierdie Sinode met die PU vir CHO te onderhandel om 'n kontrak-tuele ooreenkoms te bewerkstellig."

Hieraan het die Kuratore van die HTS so spoedig moontlik uitvoering gegee en die bewilliging van die PU vir so 'n ooreenkoms verkry. Nadat die inhoud daarvan vasgestel is, het dit nog 'n tydjie

geneem voordat die PU uiteindelik wetlike sank-sionering daarvoor van die kant van die owerheid verkry het.

Gedurende die tagtiger- en begin van die negen-tigerjare kon die HTS dus as volwaardige Teolo-giese Skool met voile akademiese erkenning onder die vleuels van die PU sy grootse taak volvoer. Gedurende 1993 het die TSP met die versoek ge-kom dat die HTS by die TSP ingelyf moet word en dus ophou om afsonderlik te bestaan. Teen die be-gin van 1994 het al die Nasionale Sinodes hul in-stemming daarmee en toein-stemming daartoe ver-leen.

Teen die einde van 1994 sluit die HTS dus en word vanaf begin 1995 dee! van die TSP.

'n Interessante vraag, waarop ek nie hier wil probeer antwoord nie, is: Hoe het die HTS aan sy oktrooi met hierdie finale stap uitvoering gegee? Ook wat die wording van die geskiedenis betref, blyk maar steeds dat al ons menslike beplanning beweeg binne die veld van 'n Groter Plan!

lait ltrstt iaanbrtktr

HUGO DU PLESSIS-(1950-1959)

~rof Hoog", soos hy algemeen bekend was

-,,y

sy vrou het horn ook ,,Hoog" genoem - was

een van daardie persone wat in sy leeftyd al 'n legende was. Dit was veral sy onversteurbaar rustige voorkoms, hardnekkige volharding onder moeilike omstandighede, en fyn, milde humorsin wat mense getref het.

Prof Du Plessis was die aangewese persoon om die grondslag te le vir wat later tot die Hammans-kraalse Teologiese Skool uitgebou is. Hy was 'n akademikus van formaat. Selfs in die jare toe hy in die onakademiese atmosfeer van Siloam 'n uitge-breide sendingaksie in Vendaland geloods het, was sy studeerkamer 'n belangrike werkplek. Nie alleen het hy 'n meestersgraad in Volkekunde verwerf nie, maar hy het die hele terrein van die Teologie beheers soos min ander. Belesenheid en insig het by horn hand aan hand gegaan. Die prak-tiese ervaring in diens van die sending het horn ook goed te staan gekom by die opleiding.

Toe hy in 1950 na Johannesburg beroep is, het hy spoedig begin met die opleiding van evangeliste en predikante. Wie anders sou die hoeveelheid werk kon versit wat horn gegun was om te versit? Sen-dingwerk oor die hele Witwatersrand, voorberei-ding van lesings en aanbied daarvan vir

predikant-Koos van Rooy

van student C. Khoza). En van watter teologiese en praktiese insig gee daardie lesings nie blyke nie!

Die werklas is ietwat verlig toe hy in 1955 voltyds as dosent beroep is. Vir die daaropvolgende vier jaar kon hy die opleiding uitbou, totdat hy in 1959 na Potchefstroom beroep en deur professor Louis

(11)

Botha opgevolg is. Dit het nie beteken dat hy minder hard gewerk het nie, want in die vierjaar tot 1959 moes hy nog steeds manalleen al die teo-logiese vakke behartig. Hy het dit met

onderskei-9

ding en seen gedoen, en 'n stewige fondament vir die toekoms van ons teologiese opleiding gele.

-Ons dank die Here vir horn.

lltlf

as

die Rammanskraalse I eologiese Jkool

'n Illpartheidsinstelling?

1lJ

ierdie vraag, wat deur sommige uitdruklik Jllontken en deur ander onomwonde beaam word, is nog nooit finaal beantwoord nie. Wat hier volg, is nie so 'n finale antwoord nie, maar 'n poging om op verantwoorde wyse oor hierdie vraag na te <link.

NEE

Sommige se nee, die HTS was nie 'n apartheidsin-stelling nie. Ten einde hierdie apartheidsin-stelling te motiveer, word dan eerstens verwys na die stryd wat die GKSA aangeknoop het teen die apartheidsregering wat die swart teologiese opleiding in die sestiger-jare na die interkerklike opleiding van die Univer-siteit van die Noorde te Pietersburg wou uitfaseer. 'n Swart tersiere instelling was destyds in blanke gebied verbode). Hierteenoor het die GKSA vir 'n

eie kerklike opleiding aan die HTS gekies. 'n Tweede argument wat genoem word, is dat die HTS vir byna twee dekades 'n stryd met die rege-ring gevoer het om die HTS kontraktueel aan die PUCHO te verbind, 'n ideaal wat eers in 1987 gerealiseer het. Derdens is daarop gewys dat die swart gemeentelike konteks baie van die wit kon-teks verskil. Gevolglik vra die swart opleiding 'n

bepaalde toespitsing ('n ,,eie gerigtheid") op die swart problematiek. Vierdens is genoem dat swart studente in die sestigerjare groot aanpassingspro-bleme aan 'n groot wit universiteit (soos die PU-CHO) sou ondervind het waar slegs studente met matriekvrystelling toegelaat kon word. Studente sonder matriekvrystelling kon dus nie geakkom-modeer word nie en so sou die swart kerke 'n tekort aan predikante kon opbou.

Ongetwyfeld dra sommige van hierdie argumente gewig en getuig dit van 'n eie kerklike oortuiging wat op bepaalde punte teen apartheid ingegaan het. Maar dis nie die voile verhaal nie.

JA

Daar is ander, veral swart Gereformeerdes, wat van oordeel is dat die HTS wel 'n apartheidsin-stelling was. Hulle stel die belangrike vraag waarom daar hoegenaamd twee opleidings moes wees, die een op Potchefstroom opvallend wit en

J.H.

van

Wyk

Re kt or

die ander op Hammanskraal opvallend swart -laasgenoemde dan wat studente betref, want die professore, en die administratiewe personeel, was almal wit. So 'n opstelling verraai tog 'n opvatting van ,,ons skool vir hulle", 'n argument waaraan 'n dubbele kerkbeskouing ten grondslag le en daarvan uitgaan dat etnisiteit kerkwees (en teologiese opleiding) struktureer.

Hierdie siening word verder gemotiveer met ver-wysing na die beheer van en toesig oor die swart teologiese opleiding. Aanvanklik, in die Dube-fase (1956-1961), was die toesig aan die sendingdepu-tate opgedra, maar sedert die ontstaan van die HTS in 1962 is dit aan blanke kuratore opgedra. 'n Volgende ontwikkeling in die tagtigerjare was dat adviserende kuratore uit Sinodes Suidland, Sout-pansberg en Middellande die kuratorevergaderings bygewoon het. Nog later het swart kuratore voile sitting op die vergadering van die Bree Kuratorium gehad wat oor studentesake gehandel het, terwyl die (wit) Smal Kuratorium professore-aangeleent-hede hanteer het. In 1991 het Sinode Potchef-stroom besluit dat Sinode Middellande voile medeverantwoordelikheid aan die HTS kan ontvang, 'n versoek wat in 1985 afgewys is toe Sinode Soutpansberg 'n soortgelyke versoek aan Sinode Potchefstroom gerig het (waarna Soutpans-berg sy medewerking aan die HTS opgese en trouens sy verhouding met die Algemene Sinode van die GKSA gesuspendeer het).

Hieruit blyk hoe 'n bepaalde kerkbeskouing die teologiese opleiding bei"nvloed en gestruktureer

(12)

10

het. Maar is dit die voile verhaal? Moet die antwoord op ons vraagstelling nie eerder gesoek word in die rigting van 'n ja-nee antwoord nie?

JA-NEE

Om te begin: Apartheid, ook kerklike apartheid, het immers lank voor 1948 ontstaan en ontwikkel. So besluit die Sinode van 1869 van die GKSA dat gelykstelling tussen swart en wit ten opsigte van Woord- en sakramentsbediening in dieselfde kerk-gebou ,,nou nog" ongeskik en onmoontlik is - 'n besluit wat uiteraard kontekstueel verstaan moet word. Sinode 1873 herbevestig hierdie besluit (gelykstelling is ongepas en ondoenlik) maar laat die verwysing na ,,nou nog" weg, 'n weglating wat die indruk skep dat 'n sekere permanensie aan die ,,apartheidsbesluit" verleen word. In lyn met hierdie besluite ontstaan daar in 1896 in Venter-stad 'n bruin Gereformeerde gemeente naas die wit gemeente wat vanaf 1875 dateer. Die kleurkwessie sou in 'n mindere of meerdere mate ook hydra tot twee gemeenteskeurings, naamlik die in Bethulie van 1877 en die in Humpata van 1908. Sinodale besluite van 1961-1967 le sterk klem op die ver-skeidenheidsmotief en aparte kerklike inrigting. Eers sedert die sewentigerjare tree 'n wending in wanneer die adviese van die Gereformeerde Ekumeniese Sinode oor kerkeenheid in die GKSA begin deurwerk.

Die kerklike denkraamwerk was vir 'n baie lang periode sterk bei'nvloed deur 'n swart-wit-denk-skema. Afgesien van die ontwerp en ontwikkeling van 'n politieke beleid van apartheid sedert 1948, sou aparte teologiese opleiding hoogs waarskynlik in elk geval gerealiseer het. Die dubbele teologiese opleiding - eintlik was dit die ideaal van die GKSA dat elke volksgroep 'n eie opleiding moes ontwikkel - kon egter op die lang duur nie stand-hou voor prinsipiele teologiese besinning en finan-siele realiteite nie. In die laat tagtigerjare het die TSP reeds sy deure vir studente uit die ressort van Suidland geopen, terwyl die HTS studente uit die ressort van die GKSA opgeneem het. Sinode Potchefstroom 1994 het die epogmakende besluit geneem dat die HTS en TSP moet verenig en Si-node Middellande 1994 het hierdie besluit beaam.

Om saam te vat: Die apartheidsdenke het ongetwy-feld 'n groot invloed op die ontstaan van die HTS gehad, maar in sy voortbestaan het die HTS hoe !anger hoe meer 'n kritieser houding teenoor die apartheidsbeleid ingeneem, 'n houding wat uitein-delik daarop uitgeloop het dat die HTS 'n oop skool geword het.

SAMEVATTING

In Suid-Afrika het die gereformeerde teologie en die gereformeerde teologiese opleiding voor een van sy grootste uitdagings te staan gekom, naamlik om horn voortdurend aan die suigkrag van 'n poli-tieke ideologie en die volkskerkgedagte te ontwor-stel. In die geheel gesien, het die gereformeerde teologie in hierdie opsig gefaal, hoewel hier en daar 'n profetiese stem opgeklink het wat uiteinde-lik tot 'n magtige koor uitgegroei het. Sinode Potchefstroom het in 1991 besluit dat die ideologie van apartheid 'n sonde is en die teologiese regver-diging daarvan 'n dwaling (Act GKSA, 1991: 160, 169). Hierin het die HTS op beskeie wyse 'n by-drae probeer lewer, veral sedert die tagtigerjare. Vir die wit kerke self hou die nuwe situasie van politieke bevryding 'n ontsaglike geestelike bevry-ding in: Die heillose noue verbinbevry-ding tussen (wit) kerk en (wit) staat is immers iets van die verlede. Dit is tans veel makliker vir kerklike vergaderings om 'n groter mate van onafuanklikheid teenoor die regering te handhaaf en die profetiese roeping van die kerk duideliker uit te leef. 'n Groot uitdaging le vir die swart kerke voor, naamlik om nou self die heillose identifikasie van kerk en staat sorg-vuldig te vermy - kritiek wat hulle voorheen teen die wit kerke uitgespreek het. Natuurlik is hierdie formulering nie heeltemal korrek nie, in elk geval nie wat die Gereformeerde Kerke in Suidelike Afrika betref nie. Hierdie kerke het immers hulle voete onherroeplik op die pad van kerklike een-heid geplaas, 'n eeneen-heid wat sowel kerkregtelik (een algemene sinode) as teologies (een teologiese opleiding) vergestalt sal word. Daarom pas die omstrede terminologie van ,, wit" en ,,swart", wat in hierdie artikel vryelik maar eintlik as verleent-heidsterme gebruik is, nie meer in hierdie konteks nie. Wat nou pas, is om die kerk in Bybelse terme te beskryf as volk van God, liggaam van Christus en tempel van die Heilige Gees.

(13)

11

Waar predikante opgelei word, weet ons ...

tllns itkwaamhtid kom uan fod!

~it is wel waar van alles wat ons as Christene

.lJ;J

regkry, dat ons vermoe om dit te doen van God af kom, maar in 2 Korintiers 3:5 en 6 word dit be-sonderlik gekoppel aan die dienswerk van bedie

-naars van die Woord: ,,Ons bekwaamheid kom van God wat ons bekwaam gemaak het om bedienaars van 'n nuwe verbond te wees, nie van die letter nie maar van die Gees."

In die waarheid dat God ons bekwaam maak, word twee aspekte van ons teologiese skole se dienswerk begrond:

*

Die grootsheid en belangrikheid van die oplei-ding, en terselfdertyd

*

die kleinheid en nietigheid daarvan.

Ook vier dekades se werk eers in Dube en toe aan die HTS was om hierdie rede belangrik en tog ook maar nietige mensewerk.

*

Die opleiding van predikante is groot en belang-rike dienswerk. Dit is nie net maar die natuur-like mensnatuur-like vermoens en talente van jong Christene wat ontwikkel moet word nie (al is dit alreeds 'n reusetaak!), maar die opleiding wil studente lei tot die ontdekking van die waarheid dat God se Koninkryk in Christus gekom het! Dit is die nuwe verbond waarvan ,,ons" die be-dienaars kan wees: die koninklike heerskappy van die Here in alma! wat syne is.

Na al die honderde ure se lesings en die Jang nagte en dae se selfstandige studie, en na al die praktiese ervaring wat deel moet wees van die opleiding, moet uiteindelik elke proponent helder en duidelik weet dat dit die Goeie Nuus van God vir die wereld is, en dat hy bevoorreg is om dit te mag verkondig!

Daarom dank ons uit vol harte die Koning van die Kerk dat Hy aan die HTS elke keer broeders professore en ander dosente gegee het wat self briewe van Christus is en deur wie se <liens baie ander die werk kon ervaar van die Gees wat

le-wend maak.

*

Tog was dit wat mense gedoen het, klein en nie-tig! Die eintlike Toeruster van elke dienaar in sy kerk is immers die Gees van God! Hy maak ons bekwaam. Hy vorm en slyp en maak ons bruikbaar.

Toerusting en vorming vir die dienswerk begin

Nico Botha (Voorsitter van die Kuratore 1994)

Ds. Nico en Mev. Rieks Botha

daar waar 'n student leer om gelowig te vra na die wil van God.

Dit is nie mensewerk nie!

Nie mense nie, maar die Woord self staan in die middelpunt.

Die arbeid aan 'n teologiese skool is net dan effektief as die Woord ontsluit word, as die rykdom van God se Openbaring ontgin word en studente hulle in die Woord verdiep en verbly! En as studente ervaring kry van die hantering van hierdie swaard van God se Gees.

Daarom is gebed lewensnoodsaaklik!

Die gebede van die kerke en professore en stu-dente !

Ons bid om verligting van hart en verstand, en vir God se voorsiening en sorg, en om die vrug van sy Gees in eie Jewel

Ons bid dat ons steeds iets sal raaksien van God se plan vir sy Koninkryk in Suider Afrika en wereld-wyd, en dat ons dienswerk. diensbaar sal wees vir die verwesenliking daarvan.

So groet ons Hammanskraal met die gebed vir die voortsetting van die dienswerk op Potchefstroom.

,,Laat soos die geur van wierookbrande my bede wees voor u aangesig; soos offerspys, saans toegerig, my biddend opgehewe hande."

(14)

12

Hammanskraalse Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerke Februarie 1962 tot November 1994

'n Jankbart Itrugblik

Jeap 3 Februarie 1962 is die Teologiese Opleiding 1t1vanaf Dube oorgeplaas na Hammanskraal. Vir die twee en dertig jaar wat verby is, het ons genadige en barmhartige God hierdie inrigting met stoflike en geestelike seeninge versorg en vertroe-tel.

Hy het deur die gelowiges van die hele Gerefor-meerde kerkverband die stoflike middele gegee om hierdie geestelike fontein te laat vloei, sodat daar in die tydperk baie mannebroeders gebeitel en gevorm is om die Blye Boodskap uit te dra. Die goeie Vader het ook deur die jare bekwame en toegewyde Kuratore gegee om toesig te hou oor alle sake, sodat alles ordelik kon verloop en om ook nog die stoflike gawes vir die infrastruktuur van geboue, die versorging van die personeel asook die versorging van die studente verantwoor-delik aan te wend.

Behalwe die noodsaaklike stoflike gawes het die troue Vader ook bekwame en goed toegeruste broeders geroep en bevestig om die ewige waar-heid van die drie-enige God, onvervals oor te dra aan hulle wat die roeping voe! om bedienaars van die Woord te word. Met die opening van die HTS was daar slegs twee leerkragte nl. prof. L.J. Botha (tot 1989) en prof. J.L. Helberg (tot 1970). Die volgende leerkragte bet later bygekom nl. prof. L. Floor (1965-1977), prof. D.C.S. van der Merwe (1967-1972), prof: B. Spoelstra (1970-1989) en prof. L.F. Schulze (1972-1980). Tans is daar nog vier professore nl. prof. J .A. van Rooy vanaf 1975, prof. M.A. Kruger vanaf 1978, prof. J.H. van Wyk vanaf 1980 en prof. J.M. Vorster vanaf 1990.

As ons terugkyk op die moeitevolle en tog ook vreugdevolle arbeid van hierdie tien leerkragte asook die arbeid van tydelike leerkragte deur die jare, kan ons net die Here dank vir die gawes wat Hy aan elkeen gegee het en ons weet dat hulle werk ewigheidsbetekenis tiet.

Ons moet ook die Here dank vir die mensemate-riaal wat Hy in die hande van die professore ge-plaas bet. Vanuit ons hele land maar ook uit die buiteland vanaf Mozambiek, Zimbabwe, Zaire en Uganda het voornemende bedienaars van die Woord na Hammanskraal gekom. Deur die jare

H.G. Kruger Voorsitter van die Kuratore 1977-1993

was daar baie studente wat nie die studie voltooi het nie. Ons vertrou egter dat wat hulle ontvang het, vir hulle steeds 'n geestelike skat sal wees. Vir hulle wat die studie voltooi het, is ons gebed dat elkeen as bedienaar van die Woord kragtig sal arbei tot eer van die Naam van die Here en dat die lidmate geestelik sal groei.

Om die eindproduk te !ewer was nie net geboue, professore en studente nodig nie, maar ook 'n ak-tiewe administrasie om sake vlot te laat verloop. Die administratiewe pligte het reeds in 1965 die vlak bereik dat wyle ds. T.T. Spoelstra as eerste voltydse administrateur aangestel is. Die pos van administrateur is later verander na registrateur. Na ds. Spoelstra het die volgende broeders hierdie groot verantwoordelikheid gedra: H.J. Coetzee (1971-1973), J.H.G. Koelman (1973-1975), L.S. van der Walt (1975-1978), M.J. Kruger (1978-1988) en P.1. Labuschagne (1988-1993). Daar was ook gebruik gemaak van dames in ad-ministratiewe poste soos mev. Ina du Plessis (tikster), mev. Alta Joubert (boekhoudster) en mev. Maxie Labuschagne ( sekretaresse). Mev. Sophie Kruger was onafgebroke die getroue biblio-tekaresse vanaf 1978. Hierdie administratiewe per-soneel se getroue diens word met dankbaarheid ve'rmeld.

Na twee en dertig jaar kyk ons terug met onuit-spreeklike dankbaarheid in ons hart. Ons almag-tige God se hand was van dag tot dag oop en Hy het stoflike en geestelike gawes gegee om sy Naam uit te dra en te verheerlik.

(15)

13

ltnwording in l\oninkryksptrsptktitf

Inleiding

My bydrae fokus nie op die geskiedenis of die ver-lede van die Hammanskraalse Teologiese Skool nie. Daar is baie getuienis daaroor dat die HTS in die harte van ons kerklike gemeenskap 'n beson-dere plek ingeneem het, en 'n buitengewone diens gelewer het. Tog is dit so beskik dat daar nuwe geleenthede oopgegaan het, en dat ons 'n nuwe fase betree. Uiteraard bestaan daar by al die kerke in die kerkverband, en sekerlik veral by die stu-dente onsekerhede en miskien vrese oor die in-skakeling en eenwording met die Teologiese Skool te Potchefstroom. Ek wil met enkele gedagtelyne probeer om perspektief te gee met betrekking tot die nuwe era wat DV vanaf 1995 sal realiseer.

Enkele perspektiewe

0

Eenheid van die kerk

Die eenheid van die Gereformeerde kerke in Suider Afrika het dit vir ons moontlik gemaak en as 'n basis gedien om oor die eenwording van twee teologiese skole besluite te neem. In hierdie opsig kan dit as 'n besondere en unieke situasie beskou word omdat geen ander gere-formeerde kerklike gemeenskap in Suid-Afrika nou reeds daarvoor gereed is nie. Die onder-skeie sinodes het in hul besluite oor die aange-leentheid laat blyk dat opleiding op een plek ook weer die eenheid tussen gelowiges vanuit die verskillende taal- en kulturele agtergronde afkomstig is, kan nie gei'gnoreer word nie, en bring mee dat daar ook in die opleiding hiermee rekening gehou moet word.

Dit is myns insiens belangrik om die konink-ryksperspektief in hierdie verband te beklem-toon. Dit beteken dat die opleiding nie primer kerklik (of op die eienskappe van die kerk soos die eenheid, katolisiteit of ekumenisiteit) of menslik gerig is nie, maar op God en sy ko-ninkryk. Omdat dit veral aan die evangelie van die koninkryk diensbaar wil wees, sal dit ook tot heil van die kerk met al sy eienskappe wees. Die punt is dat die evangelie van die koninkryk aan die eenheid van die kerk logies vooraf gaan, en meebring dat goeie en volledige toerusting van die studente 'n prioriteit is. Ons moet eers die evangelie ken voordat ons weet dat en hoe ons in Christus een is.

0

Teologiese Skool en Universiteit

Tussen 'n teologiese skool en 'n universiteit as instellings bestaan daar wesenlike verskille. 'n

... 111l\.1; u1ste:11u1~ terwyl

die PU vir CHO, hoewel 'n Christelike univer-siteit, '•n akademiese onderwysinstelling is. Dit beteken nie dat 'n teologiese skool nie ook 'n akademiese instelling is nie. Soms word gedirik of gevrees dat die TSP te veel akademies en te min kerklik is. Myns insiens is dit 'n valse probleem om kerklike en akademiese opleiding teenoor mekaar te stel. Dit is ook in stryd met die aard van die Christelike geloof. Geloof vereis immers kennis en vertroue ten opsigte van die Woord van God, en sonder 'n behoor-like akademiese vorming en toerusting sal predikante nie in staat wees om die evangelie in al sy rykdom helder en duidelik aan die kerk van Christus te bedien nie. Die PU vir CHO stel ons in die geleentheid om ons kerklike teo-logiese opleiding enersyds kerklik te laat bepaal en andersyds om goeie akademiese standaarde te handhaaf en te erken. Dit laat ons studente ook deel word van 'n br~er gemeenskap waar die opleiding nie in 'n ongesonde afsondering plaasvind nie; dit bied aan studente die geleent-heid om reeds 'n getuiems en bydrae in hul stu-dentedae te lewer, en tegelyk stel dit ook die eise aan studente om nie deur 'n wereldse gees en atmosfeer meegesleur te word nie.

0

Kerk en politiek

Van die kerk word verwag om horn met kerk-like sake op kerkkerk-like wys~ besig te hou. Myns insiens is dit ook belangrik dat teologiese skole of teologiese dosente en studente dit terdee in

(16)

14

ag moet neem dat hoewel ons vanuit die Woord van God 'n getuienistaak ten opsigte van alle sfere van die samelewing het, ook ten opsigte van die politiek, die teologiese skool nie daar-mee gepolitiseer mag word nie.

As teologiese dosente en studente is ons vanuit die koninkryksperspektief op die toerusting en opleiding van studente in die teologie gerig, en verg dit al ons aandag en energie.

Die tyd waarin ons lewe is uitermate sensitief en steeds grootliks gepolitiseer. Op die kam-pusse van universiteite is daar baie voorbeelde van studente wat hulle meer op politiek as op hulle studies toespits. In die kerk van Jesus Christus gaan dit eerder om ons burgerskap van

die koninkryk van God, en daarom eis dit van ons om die regte perspektief op teologiese stu-dente-wees in gedagte te hou.

Nuwe TSP

Ons het in meer as een opsig 'n wonderlike ge-leentheid en uitdaging voor ons. Ons glo en ver-trou dat ons vanaf 1995 as 'n nuwe TSP in die posisie is om as teologiese skool en as universiteit in die land 'n voorbeeld te kan (en behoort te) stel van gelowige mense wat met nugterheid, visie en vertroue doelgerig 'n sukses gaan maak van hier-die nuwe onderneming. Mag God ons deur sy groot genade daartoe help en ryklik seen.

llit 4flptning van

u ilfoord

ftt

lig

~ ie jaar 1994 het die Hammanskraalse

Teolo-.?!;Jl giese Skool by 'n kruispunt in sy bestaan

ge-bring: die jare van selfstandige groei en diens gaan aan die einde van die jaar oor in die gesamentlike toekoms met die Teologiese Skool te Potchef-stroom. Dit is 'n nuwe era wat aanbreek. Wat egter nooit kan verander nie, is die waarheid en betekenis van die leuse waaronder u u taak tot nou toe onderneem het:

,,Die opening van U Woord gee lig". Onder hierdie leuse het soveel van ewigheidsbete-kenis gebeur:

~f~ Onder hierdie leuse is predikante en bedienaars van die Woord opgelei wat vandag die Jig van die Evangelie aan lidmate oordra. In die uitoe-fening van hulle roeping bou hulle, gevorm aan die HTS, aan die ewige Koninkryk van ons Hemelse Vader.

~f~ Onder hierdie leuse kon die Woord ook vir elke student van die HTS 'n ligglans wees wat die . duisternisse van hul lewenspad verja. Deur die werking van die Heilige Gees kon daar Jig kom en perspektief op daardie innerlike en persoon-like worstellinge wat elke gelowige so goed ken.

~f~ Onder hierdie leuse kon perspektief gekry word oor die wereldnag wat ons alma! omgewe - die wereldnag wat vir soveel studente van die HTS 'n besondere betekenis gehad het in die tyd van geweld en onreg en onrus met die oorgang na die nuwe Suid-Afrika.

Die studente van die HTS het egter hulle grade deur die PU vir CHO ontvang - 'n Universiteit met 'n ewe unieke leuse:

C.J. Reinecke (Rektor, PUCHO)

,,In U Lig"

Waar u vanaf 1995 direk op Potchefstroom sal studeer, is ons bede dat u dit ook as 'n ryklik ge-seende ervaring sal beleef. Mag u !ewe en u arbeid in Potchefstroom die diepste betekenis van die le use In U Lig ervaar.

Aan alma! wat by hierdie promosieplegtigheid bekroon word, gee ons 'n woord van hartlike ge-lukwense.

Aan diegene wat nie heeltemal suksesvol was nie, gee ons 'n woord van bemoediging en aanmoedi-ging om weer met hernude ywer voort te gaan. Aan alma! wat vanaf 1995 in Potchefstroom sal W!!es gee ons die versekering dat ons uitsien om u hier te he en ons beste wense aan u voortgesette studie aldaar.

(17)

15

JHtst llan Jltrinntringt

]11 a soveel jare van verbondenheid aan die HTS

JJlmoet 'n mens inderdaad jou herinneringsme-ganisme hokslaan om binne die bestek van 400 woorde iets daaroor te skryf.

Die beroep: Ek onthou nog soos die dag van gister toe my beroeping na die Teologiese Opleiding te Dube, waaruit die HTS sou groei, plaasgevind het. Dit het op 'n vergadering van die Sendingdeputate, 9 Februarie 1959, tydens die Eeufeesviering van die Gereformeerde Kerke te Rustenburg plaasgevind. Hoe klein het ek daardie dag gevoel ten opsigte van so 'n groot, maar heer-like roeping! Dat ek dit aanvaar het, was alleen maar genadige gehoorsaamheid en vertroue op die Here wat roep.

Die werk: Van agter bekyk lyk dit on-moontlik dat een man alleen al die teologiese vakke aan studente met 'n standerd 7 agtergrond in bevatlike taal moes doseer. Gelukkig kon ek in 'n groot mate gebruik maak van lesings wat wyle professor H. du Plessis reeds uitgewerk het. Ek noem dit met dankbare erkentlikheid.

Die ritte na die hartjie van Soweto (Dube) vir die aandklasse staan my nog helder voor die gees. Vera) daardie aand toe 'n bus my met motor en al 15 meter deur die Jug geslinger het. Dit het vlak voor die Skoolgebou te Dube plaasgevind. Die volgende oomblik was ek omring deur die drywer en passasiers wat wou weet wat ek daar soek. Sake was besig om 'n lelike wending te neem terwyl die paar studente wat daar was probeer keer. Toe het 'n vriendelike swart man, netjies geklee, my aan die arm geneem en deur die oproerige skare tot in die kerkgebou begelei en gese ek moet daar wag totdat die polisie opdaag. Ek weet vandag nog nie wie hy was nie. Maar ek

L.J. Botha sal horn altyd onthou want hy was deur die Here gestuur!

Mede-arbeiders-vriende: Dit was 'n

voorreg om aan die HTS met uitnemende broeders te kon saamwerk. Eers was daar professor Jaap Helberg. Ons het mekaar so goed verstaan dat woorde nie altyd nodig was om agter te kom wat die ander dink nie!

Daarna het gevolg professore Bert Floor, Demps van der Merwe, Bouke Spoelstra, Ludi Schulze, Koos van Rooy, Andries Kruger en Ami van Wyk; - later kon ek in deeltydse hoedanig-heid ook met professor Koos Vorster saamwerk. El keen het op uni eke wyse sy eie bydrae gelewer.

Sal ek ooit die gesig van my vriend Demps

vergeet die dag toe net ons twee by die skool was en ek tydens teepouse ingedagte 'n tafelgebed ge-doen het. En die gedurige kameraadskaplike stry-ery met Koos! (Van Rooy).

Met apologie aan die ander wil ek twee van ons registrateurs uitsonder omdat ek as rektor die voorreg gehad het om met hulle baie nou saam te werk. 'wyle ds. T.T. Spoelstra was vir my 'n vader-vriend en Mechiel Kruger was vir my 'n

broer! ·

Studente petaljes: Hiervan was daar baie waarvan ek maar een wil noem. Tydens 'n studen-teraadsverkiesing het die nuutverkose voorsitter, wat baie trots was op sy bantering van Afrikaans, sy medestudente soos volg toegespreek: ,,My broers dit is vir my rooskleurig om vandag hier voor julle te staan ... "

So het ryk-vergulde genadejare verbyge-gaan - ook die HTS se voortbestaan.

Maar wat 'n dankbare voorreg uit die Hand van die Here om hier te kon dien!

mymtring

Die sekelmaan hang skeet vanaand die horison is rooi gekleur

'n hondblaf wat deur die aandlug skeur.

Hier waar die rook se bloue newel dof maak voor die kar se lig wil in my hart die woorde prewel wat voor swaar gedagtes swig:

Is hul dan ook my medemense wat in die vaal ou huisies woon ... wat vasloop teen die hartseer-grense van knegtewerk en armmansloon?

Geskryf in 1960 na aandklasse in Dube deur L.J. Botha

Ek sien die ligte van lokasies brand Maar binnekant in kelderdamp en waar mense met hul wel en wee . . . [~gterstraat afstuur op ·n ruwe strand... m kamers waar die dofllg skaam n deken . skuimende golwe wat huil en bid om vree . . . [sprei maar in die lede tamme moegheid dra oor ongeregt1ghe1d - en reeds die nag so terwyl hul om die dagbreek vra . • . [laat van ·n nuwe dag, ·n nuwe land terwyl die more aanstonds oor die berge

'n droom wat diep in harte brand! [gly Ek sien die ligte skyn in Dube en Jabavu, en bring 'n woord uit ver verlee

maar nimmer oud en nimmer leeg -dit verdwyn weer as ek ry deur sy inhoud bruis van oordeelswee:

[Meadowlands. O Betsaida, blinde Gorasin Dan die goue skittering wat het tog daar binne in die glorie van Johannesburg! jul trae hart die Woord gedoen?

(18)

16

lod

st liltoord 19ring lig

~ie tyd van ,,sluiting" van Hammanskraal is

ltJtegelykertyd 'n tyd van herinnering. Dit laat my terugdink aan my eie kortstondige dienstyd as kurator aan die skool - vanaf die Sinode in Janu-arie 1961 tot April 1961 - en as dosent vanaf toe tot einde 1970. Die begin was saam met professor Louis Botha -=-eers in Dube naby Johannesburg en daarna op Hammanskraal. Daar moes onder ande-re oor die plek van die skool besluit word, geboue moes opgerig word en 'n leuse moes vasgestel word. Met die leuses van die Potchefstroomse Teologiese Skool en die PU vir CHO in gedagte is aangesluit by Psalm 119: 130.

Daar kan baie oor Hammanskraal se bydrae gese word en ek kan met dankbaarheid getuig van die groot betekenis wat Hammanskraal vir my gehad het. Die nouer saamlewe met die kerke wat daarby betrokke was, was besonder verrykend en het vir my

'n

wyer perspektief geopen op die gemeenskap van die gelowiges. Maar. die belangrikste betekenis van Hammanskraal is sekerlik sy bydrae in die opening van die Woo rd van die Here. Tye en om-standighede verander, soos die ,,sluiting" of ver-skuiwing van die Skool nou bewys, maar die Woord wat op Hammanskraal geopen is, bly bestaan. Die kern van wat geleer is, bly onveran-derd en hou aan getuig. Dit oorwin weerstande na buite en na binne, ook weerstande in ons eie son-dige harte. Hammanskraal was maar 'n werktuig in die opening van die Woord. Die Woord self word nie gesluit nie, hy gaan voort en sy opening gaan voort.

J.L. Helberg (HTS 1961-1970)

Mag die Here die verskuiwing na Potchefstroorn tot 'n seen stel en die lig van sy Woord daarvan-daan nog wyer en helderder laat val in hierdie land sowel as hierdie vasteland. Mag Hy deur sy Woord en Gees vir alma! wat betrokke is, die ko-ninkryksroeping in die wereld en tyd waarin Hy ons geplaas het, duidelik voor oe stel.

(19)

17

,

Jondtr ilanmaliging

Klein en groot

In 1965 het ek met my werk aan die HTS begin. Dit was nog die beginjare van die skool te Ham-manskraal. Alles was nog klein: die getal studente, die personeel, die biblioteek, die administrasie. Dit was die jare saam met professore Helberg en Botha. Ds. T.T. Spoelstra was ons administrateur. Later het ook D.C.S. van der Merwe as ons pen-delprofessor bygekom.

Hoewel klein in getal was die geesdrif groot. Daar is met ywer en toewyding gewerk. En hoe aange-naam was die kontak met die studente!

Mobiele vergaderings

Wanneer die klasse aangebied moet word, kom die vier professore vroeg in die more in Pretoria by-mekaar en dan ry hulle saam met een motor Hammanskraal toe. Langs die ou pad na Warmbad in die motorkar hou ons al ons eerste vergadering. Ons wissel ons preekervarings uit en gesels oor kerklike sake. Die saamry en die saam-eet by die skool was elke keer 'n ondervinding.

Op Vrydae was ek alleen by die skool saam met die administrateur. So teen vier-uur maak ds. Spoelstra sy kantoor reg. Die skryftafel word net-jies opgeruim. Dan vat hy sy sigaar en gesels ons oor allerlei kerklike, politieke en landsake. Uit sy

ryk herinnering het hy heelwat staaltjies opgedis.

Die uitbreiding van die biblioteek

Die getal boeke in die biblioteek was maar gering. Hoe ryk het ons gevoel toe die hele biblioteek van wyle ds. A. Duvenage aan die skool geskenk word. Daardie boeke was almal gemerk. Die dominee het met sy boeke gepraat. In die kantlyn het 'n mens allerlei opmerkings gevind. So onthou ek nog in een van sy boeke oor generaal Hertzog waar die skrywer Van den Heever 'n politieke teenstander van generaal Hertzog aanhaal. Ds. Duvenage het daar langs geskrywe: weer so 'n egte sapstreek.

Julie is te pretensieus

Die eerste jare was ook die jare van groot beplan-ning. Die standaard van die skool moes verhoog word. Die akademiese peil vra om wetenskaplike erkenning. Heelwat samesprekings is in die loop van die jare gevoer met ministers, rektore van

an-der kollegas en swart Tydens

'n onderhoud met die toenmalige rektor van die grootste universiteit in die land het die magtige bestuurder van daardie groot inrigting maar mee-warig sy kop geskud toe ons ons planne aan horn voorle en vra of daar 'n vorm van inskakeling by sy universiteit gevind kan word. Sy opmerking was: ,,Julle daar op Hammanskraal is gans te pre-tensieus."

Maar kyk waar staan Hammanskraal nou? Ons was nie aanmatigend nie. Ons het 'n geloofsvisie gehad. Ondanks baie teenslae en teleurstellings het die Here die skoal ryklik geseen.

Van HTS na TSP

Spottenderwys is die HTS wel eens die toelewe-ringsbedryf voor die TSP genoem. Heelwat pro-fessore het in die loop van jare van Hammanskraal na Potchefstroom verskuif .. Nou gaan die studente ook skuif. Dit is nog maar altyd dieselfde. Die professore gaan voor en die studente volg.

Mag die groot skuif vir die HTS tot groot seen wees. Mag die huidige studente straks in Potchef-stroom met dieselfde ywer werk as hulle voor-gangers in die beginjare op Hammanskraal. Mag God se rykste seen die skoal in sy nuwe fase

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

(a) Die primere afdeling.. Kruger aangesteld werd. Die hoogste standerds waarmee die skool begin het se leerlinge was nou reeds sover gevorder dst daar vir hulle

Information processing and decision-making, which are important topics in both consumer research and cognition studies, have been investigated in terms of three

• Word die Gereformeerde predikant se diens in ’n gemeente gereël deur ’n beroepsbrief by wyse van ’n kontraktuele verbin- tenis, of word dit deur die kerkregering gereël, by

The aim of this study is to investigate whether Game-Based Learning (GBL) will result in higher learning gains when compared to traditional teaching methods; in particular, when

In deze scriptie wordt onderzoek gedaan naar het probleem van de subjectiviteit van de going concern opinion en of dit probleem gedeeltelijk te verhelpen is met behulp van

Besides these two main effects, we expected to find an additive effect whereby advertisements with deceptive claims and humorous content would lead to a more favorable

Further, more research suggests that community based services decrease removal of the child from the family home; strengthen family relationships, coping skills and positive

trefwoorden: Animation Techniques: Motion Control, Motion Capture and Retargeting, Path Planning, Physics based Animation, Artificial Life, Deformation, Facial Animation;..