• No results found

Staatsowerheid en geregtigheid met besondere verwysing na rasseklassifikasie : 'n teologies-etiese studie

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Staatsowerheid en geregtigheid met besondere verwysing na rasseklassifikasie : 'n teologies-etiese studie"

Copied!
386
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

STAATSOWERHEID EN GEREGTIGHEID

MET BESONDERE VERWYSING NA RASSEKLASSIFIKASIE-'n tcologics-cticsc studic

deur Theunis Eloff (B.Jur., Th.B., Th.M.)

Proefskrif goedgekeur ter vervulling van die vereistes vir die graad Theologiae Doctor in Etiek in die Fakulteit Teologie aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoer Onderwys.

Promotor: Professor P.W. Buys Hulppromotor: Professor L. Floor

Pretoria

1988

(2)

VOORWOOIW

Studie is nie iets wat op 'n mens se eentjie aangepak word nie. Talle mense het op besondere maniere bydraes gemaak sodat hierdie studie afgehandel kon word. Suzette, Tania en Cecile moes vir 'n lang tyd 'n "afwesige" eggenoot en pa verdra. Baie dankie vir hulle geduld en lief de en ondersteuning. Dankie veral aan Suzette vir haar kritiese en stimulerende denke en bemoediging wanneer ek dit nodig gehad het. Die opvoeding van my ouers het lank gelede begin - hierdie studie se dankie vir hulle lojaliteil en bemoediging.

My geagte promotor en hulppromotor het baie geduld met 'n "weerbarstige jongeling" aan die dag gele, en ek kan aan beide dankie se vir hulle wysheid en rustige wetenskaplikheid. Aan prof. Buys as promotor veel dank vir die pad wat u bereid was om saam met my te loop.

Hierdie studie is voorafgegaan en begelei deur gesprekke met 'n hele aantal gewillige en behulpsame gespreksgenote. Aan proff. John de Gruchy, Lourens du Plessis, Amie van Wyk en Marinus Wiechers, asook aan drr. Willem Nicol en Koos Vorster dankie vir verskillende insigte, gedagtes en hulp.

Ander persone was op 'n meer tegniese maar onmisbare vlak be-hulpsaam:

• Gerhard Bekker, in wie se woonstel ek kon gaan "wegkruip" wanneer 'n hoofstuk moes klaarkom.

• Chari Joosle, wie se taalkundige vermoens (en teologiese aanvoeling) ek volkome kon vertrou.

* Carel en Marietjie van der Merwe, van wie se raad en hulp (en kos!) ek aan die einde met die drukwerk en redaksionele versorging gebruik kon maak.

Baie dankie vir ju lie onmisbare aandeel.

Die kerkraad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn het by twee geleenthede aan my studieverlof toegestaan. Aan hulle, en in die besonder my kollega dr. Mechiel Venter, 'n woord van hartlike dank vir die moeite wat hulle moes ontsien tydens die tye van studieverlof.

(3)

Die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing het in die vorm van 'n beurs vir deeltydse studie 'n finansiele bydrae tot hierdie studie gemaak. Baie dankie daarvoor.

Ten slotte: net soos wat studie nie in isolasie deurgevoer word nie, word dit ook nie sonder 'n doe) aangepak nie. Hierdie studie is aangepak uit 'n liefde vir die teologie, maar nog meer uit 'n besorgdheid oor die koninkryk van God en die kerk van Jesus Christus. Hierdie studie is darom ook 'n dankbetuiging aan die drie-enige God vir krag en werkverrnoe. Mag dit 'n beskeie bydrae tot die duideliker realisering van die koninkryk in Suid-Afrika maak. En mag die Koning daardeur die eer kry.

Die promotor dee) nie noodwendig alle sienings wat in hierdie proefskrif voorkorn nie

(4)

ABSTRACT

The aims of this study were firstly to ascertain what Scripturally based ethical guidelines (if any) there are by which justice can be brought about on an institutional level, more explicitly by the state authorities, and secondly, to use these guidelines to evaluate the system of race classifica-tion, as primarily embodied by the Population Registration Act (no. 30 of 1950).

A historical study of the relationship of the state authorities and justice followed. Certain relevant and recurring "themes" emerged from this study, e.g. that government has a duty with regard to institutional justice, that persons in office (especially believers) have a special responsibility in this regard, that an order based on law was considered necessary for in-stitutional justice and that laws and judicial verdicts were seen as impor-tant channels and instruments of justice.

Following this, an exegetical study of certain relevant Biblical passages was carried out. These results, coupled with the historical themes, were used to postulate the following "components" of the justice of the state authorities:

• To bring about justice, the creation and maintenance of an order based on law is necessary to protect the Godgiven rights of people.

• There is a delicate balance between order, power and justice, and no one of these may exist without the other.

• Just laws are some of the most important channels and instruments of justice that the state authorities have at their disposal.

• Justice should aim at the highest possible degree of peace.

•_Justice should establish the equality and equal worth of all subjects, both in political life and before the courts.

• ln the balancing of different interests in the community, justice should grant each the greatest possible freedom.

• Justice should make provision for the application of love and fairness in individual cases.

• The moral legitimacy of a government is inseparably linked to the ef-fective execution of its duty with regard to institutional justice.

(5)

un-avoidable personal responsibility to God to bring about institutional justice.

"' The duty of state authorities with regard to justice is not absolute and is limited by the character of state authority and the responsibility of other parts of the community to also bring about institutional justice. The system of race classification, consisting not only of the Population

Registration Act, but also of relevant proclamations and laws operating on basis of racial definitions, was examined next. The theological roots of apartheid and the ideological roots of race classification were then in-vestigated. Attention was also given to the judicial nature and basis, as well as the judicial and practical implications of classification.

Against this background the system of race classification was evaluated ethically by using the abovementioned components of justice. With the possible exception of maintaining order, the system was in no way found to satisfy the demands of justice; and that in its practical consequences it rather brought about and enhanced injustice. The system therefore should be seen as unjust and theologico-ethically unacceptable.

Finally the fact that state authorties have a multidimensional duty with regard to institutional justice was highlighted. It is necessary to work out the separate components of justice more fully in the South African con-text, while also bringing into account the disastrous consequences of sin. Because the system of race classification is unjust and ethically un accep-table, it either has to be adapted or repealed. Although voluntaiy race registration (e.g. statistically) cou Id present no ethical objection, it is im-portant that no such registration should be compulsory. Because of the fact that the system of race classification forms the basis of separateness in the South African society, an alternative for the system is inseparably linked to a more just political dispensation. Further study, focusing on the components of the justice of state authorities, is therefore necessary.

(6)

Voorwoord . . . Abstract . . . . lnhoudsopgawe .

INHOUDSOPGAWE

HOOFSTUK 1: lNLEIDING.

Probleemstelling en objek van die ondersoek . 1.2 Doel van die ondersoek

1.3 Aktualiteit . . . . 1.4 Noodsaaklikheid . . . . . 1.5 Begrensing van die ondersoek

1.6 Metode en uitgangspunt van die ondersoek 1.7 Werkplan . . . . 1.8 Voorlopige begripsbepaling en -verheldering .

II IV VI 1 2 2 4 6 7 8 9 HOOFSTUK 2: STAATSOWERHEID EN GEREGTIGHElD IN DIE GESKlEDENIS. . . 11 2.1 1NLEID1NG . . . 11

2.2 DIE ANTJEKE EN KLASSJEKE DENKE 11

2.2.1 lnleiding . . . 11 2.2.2 Plato . . . l 2 2.2.2.l Geregtigheid (ook in staatlike verband) 12 2.2.2.2 Die doel van die staat en van wetgewing 12

2.2.3 Aristoteles . . . 13

2.2.3.1 lnleiding . . . 13 2.2.3.2 Reg en geregtigheid . . . 14

2.2.3.3 Die ontstaan en doel van die staat 15

2.2.3.4 Staatsowerheid en geregtigheid 15

2.2.4 Cicero . . . 16 2.2.4.1 Inleiding . . . 16

2.2.4.2 Natuurreg, reg en geregtigheid . 16

2.2.4.3 Die staatsowerheid en geregtigheid 16 2.2.5 Samevatting: staatsowerheid en geregtigheid in die antieke

(7)

INHOUD (vervolg)

2.3 VROEG-CHRISTEUKE EN MIDDELEEUSE DENKE 19

2.3.1 lnleiding 19 2.3.2 Augustinus 19 2.3.2.1 Inleiding . 19 2.3.2.2 Reg en geregtigheid 19 2.3.2.3 Die staat . . . . 20 2.3.2.4 Die staat en geregtigheid 21

2.3.3 Thomas van Aquino 22

2.3.3.1 lnleiding . . . 22

2.3.3.2 Reg en geregtigheid . . 22

2.3.3.3 Die oorsprong, inrigting en doe! van die staat . 24 2.3.4.3 Die staatsowerheid en geregtigheid . . . 24 2.3.4 Samevatting: staatsowerheid en geregtigheid by J\ugustinus

en Thomas . . . 25

2.4 DIE REFORMASIE 26

2.4.1 lnleiding . . . 26

2.4.2 Luther . . . 27

2.4.2.l Inleiding: die tweerykeleer 27

2.4.2.2 Die gebruik van die wet 28 2.4.2.3 Reg en geregtigheid 29 2.4.2.3.1 Reg . . . 29 2.4.2.3.2 Geregtigheid . 29 2.4.2.4 Die staatsowerheid 31 2.4.2.4.l Inleiding . . . 31

2.4.2.4.2 Die oorsprong, ontstaan en wese van die staatsowerheicl 31 2.4.2.4.3 Die taak van die staatsowerheid 32 2.4.2.5 Die staatsowerheid en geregtigheid

2.4.3 Calvyn . . . . 2.4.3.1 I nleiding . . . . 2.4.3.2 Die reg en geregtigheid

2.4.3.2.l Die reg . . . . 2.4.3.2.2 Geregtigheid . 2.4.3.3 Die staatsowerheid 2.4.3.3.1 Inleiding . . . 34 35 35 35 35 36 38 38

(8)

JNHOUD (vervolg)

2.4.3.3.2 Die oorsprong, ontstaan en voortbestaan van die

staatsowerheid. . . 38 2.4.3.3.3 Die wese van die staat . . . . 39 ·

2.4.3.3.4 Die taak van die staatsowerheid 40

2.4.3.4 Die staatsowerheid en geregtigheid 41

2.4.3.4.1 Inleiding . . . 41

2.4.3.4.2 Die "mutua obligatio" . . . . 42 2.4.3.4.3 Die regsorde . . . 43 2.4.3.4.4 Wetgewing as geregtigheidskanaal · 43 2.4.3.4.5 Orde, vryheid, vrede en gelykheid . 44 2.4.3.4.6 Owerheidspersone en geregtigheid 44 2.4.4 Samevatting: staatsowerheid en geregtigheid in die denke van

die Reformasie . . . 45 2.5 DIE TWINTIGSTE EEU .

2.5.1 Inleiding . . . . 2.5.2 Die begronding van reg en geregtigheid . 2.5.2.1 Inleiding . . . . 2.5.2.2 Algemene genade, natuur en reg (Kuyper)

2.5.2.3 Christelike natuurreg (Brunner, Wendland, Thielicke) 2.5.2.4 Die wet van Christus (Barth)

2.5.3 Reg en geregtigheid 2.5.3.1 Die regsorde . 2.5.3.2 Geregtigheid . 2.5.4 Die staatsowerheid

2.5.4.1 lnleiding . . .

2.5.4.2 Die begronding en oorsprong van die staatsowerheid 2.5.4.3 Die noodsaak en ontstaan van die staatsowerheid .. 2.5.4.4 Die wese en gesag van die staatsowerheid . . . . . 2.5.4.5 Die doel en taak van die staatsowerheid . . . . 2.5.4.6 Norme vir die uitvoering van die staatsowerheid se taak 2.5.5 Staatsowerheid en geregtigheid

2.5.5.1 Inleiding . 2.5.5.2 Kuyper 2.5.5.3 Barth . 2.5.5.4 Brunner

47

47

49 49 49 50 51 52 52 54 58 58 59 61 63 65

67

69 69 69

7

0

73

(9)

INHOUD (ve1volg) 2.5.5.5 Wendland 2.5.5.6 Thielicke .

2.6 TEMAS UIT DIE GESKIEDENIS .

2.6.1 Die staatsowerheid het 'n taak ten opsigte van institusionele 75 76 78 geregtigheid . . . 78 2.6.2 Die verantwoordelikheid van owerheidspersone 78 2.6.3 Norme vir institusionele geregtigheid . 79

2.6.4 Die regsorde . . . 79

2.6.5 Wetgewing en regspraak . . . 79

2.6.6 Die verdeling van magte/gesag . . . 80

2.6.7 Die beperking van die magte en gesag van die staat 80 2.6.8 Die balans tussen indiwidu en gemeenskap 80 2.6.9 Geregtigheid en sekere andere begrippe 81 2.6.10 Regeringsvorm en morele legitimiteit 81 AANTEKENlNGE BY I-IOOFSTUK 2 . . . 82

HOOFSTUK 3: STAATSOWERHEID EN GEREGTIGHEID

-IN EKSEGETIES-ETIESE PERSPEKTlEF. 100

3.1 INLElDING: SKRIFGEBRUIK EN SKRIFBEROEP . 100

3.1.1 Jnleiding. . . 100

3.1.2 Die Skrifberoep in die etiek . 100

3.1.2.l Die probleem . . . 100

3.1.2.2 Enkele riglyne . . . 101

3.1.3 Die invloed van die verhouding tussen Ou en Nuwe Testament op etiese vraagstukke . . . 104 3.1.3.1 lnleiding . . . 104 3.1.3.2 Die (algemene) openbaringshistoriese verhouding . . . . I 04 3.1.3.3 Die "etiese" verhouding tussen die Ou en Nuwe Testament. 106

3.2 GEREGTlGHEID EN REG IN DIE SKRIF. 108

3.2.l Inleiding . . . 108 3.2.2 Geregtigheid en reg in die Ou Testament 109

(10)

INHOUD (vervolg)

3.2.2.2 Die stam ~q . . . 110 3.2.2.3 Goddelike en menslike geregtigheid . . . . 112 3.2.2.4 Die relasionele aard van geregtigheid binne die

verbondsraamwerk . . . 113 3.2.2.5 Die stam mspt (en sy verhouding tot ~q). . . . 115 3.2.2.5.1 Jnleiding . . . 115 3.2.2.5.2 Die basiese betekenis en betekenisveld van mspt 115

3.2.2.5.3 God se mspt 116

3.2.2.5.4 Menslike mspt 118

3.2.2.5.5 Mspt en ~q.. . 121

3.2.2.6 Die institusionele dimensie van Ou-Testamentiese gereg-tigheid . . . 122 3.2.2.6.1 Inleiding . . . 122 3.2.2.6.2 Die Pentateug en historiese boeke 123

3.2.2.6.3 Die Psalms en Prediker 123

3.2.2.6.4 Die profetiese boeke . . . . 125 3.2.2.6.5 Samevatting . . . 129 3.2.3 Geregtigheid in die Nuwe Testament . 130 3.2.3.l rnleiding . . . 130 3.2.3.2 Die dikaios-woordgroep . . . . 131

3.2.3.2.1 Inleiding: die klassieke wortels en die LXX 131 3.2.3.2.2 Die dikaios-woordgroep: van God en Christus gebruik 132 3.2.3.2.3 Die dikaios-woordgroep: van mense of menslike

sake gebruik . . . 134 3.2.3.3 Die institusionele dimensie van geregtigheid in die Nuwe

Testament . . . 138 3.2.3.3.1 lnleiding . . . 138 3.2.3.3.2 Die "afwesigheid" van direkte opdragte oor die

institusionele dimensie van geregtigheid in die Nuwe

Testa-ment . . . 139

3.2.3.3.2.1 Inleiding . . . 139 3.2.3.3.2.2 Die volk van God . . . 139 3.2.3.3.2.3 God se nuwe manier van heerskappy . 140 3.2.3.3.2.4 Die nuwe aeoon . . . 140 3.2.3.3.2.5 Die verlossingsgerigtheid van die Nuwe Testament 141

(11)

INHOUD (vervolg)

3.2.3.3.2.6 Die diensknegs- en lydensgestalte van die Messias op aarde . . . 141 3.2.3.3.3 Die institusionele dimensie van geregtigheid in die

Nuwe-Testamentiese tyd . . . . · 142 3.2.3.3.3.1 Inleiding. . . . . 142 3.2.3.3.3.2 Die koninkryk van God, die universele

heer-skappy van Christus en die realisering daarvan op alle lewensterreine . . . 143 3.2.3.3.3.3 Die bestaan en erkenning van owerheidsgesag 144 3.2.3.3.3.4 Die kontinufteit tussen Ou en Nuwe Testament

met betrekking tot geregtigheid . . . 145 3.2.3.3.3.5 Die gesag van God se universele wet (die

Dekaloog en die liefdesgebod) en die

universele beligting van die Woord . . . . 146 3.3 DIE STAATSOWERHEID EN DJE SKRIF . . .

3.3.1 Jnleiding: hoe die Bybel die (staats-)owerheid ter sprake bring 3.3.2 Die oorsprong van en noodsaak vir die bestaan van die

staatsowerheid . . . . 3.3.2.1 Die vraag na die oorsprong van gesag . . . . 3.3.2.2 Die noodsaak vir die bestaan van die staatsowerheid . 3.3.2.3 Die oorsprong van die staatsowerheid

3.3.3 Die begronding van die staatsowerheid . . . . 3.3.3.1 Inleiding . . . . 3.3.3.2 Die staatsowerheid in sy verhouding tot God en Christus 3.3.3.3 Samevatting . . . .

3.3.4 Die wese van die staat(-sowerheid) . 3.3.4.1 Jnleiding

3.3.4.2 Bybelse gegewens . . . . 3.3.4.3 Samevatting . . . . 3.3.5 Die taak en doel van die staatsowerheid .

3.3.5.1 Jnleiding . . . . 3.3.5.2 Ou-Testamentiese gegewens

3.3.5.2.1 Eksodus en Deuteronomium . 3.3.5.2.2 Die (ander) historiese boeke . 3.3.5.2.3 Die Psalms . . . . 147 147 151 151 152 154 155 155 156 159 160 160 160 162 163 163 164 164 166 168

(12)

INHOUD (vervolg)

3.3.5.2.4 Spreuke . . . 171 3.3.5.2.5 Die profetiese boeke . . . 172 3.3.5.2.6 Samevatting van Ou-Testamentiese gegewens oor die

taak van die staatsowerheid 173

3.3.5.3 Nuwe-Testamentiese gegewens. . 175

3.3.5.3.1 lnleiding . . . 175

3.3.5.3.2 Die Evangelies en Handelinge 176

3.3.5.3.3Romeine13:1-7... 177

3.3.5.3.3.1 lnleiding: gedagtestruktuur . 177

3.3.5.3.3.2 Gesag, gesaginstellings, ordening en owerhede . 179 3.3.5.3.3.3 Die dienaar van God en sy taak . . 180 3.3.5.3.4 1Timoteus2:1-8 . . . 184 3.3.5.3.5 Ander Nuwe-Testamentiese gedeeltes 185 3.3.5.3.6 Samevatting van Nuwe-Testamentiese gegewens oor

die taak van die staatsowerheid 185

3.3.6 Samevatting: die staatsowerheid en die Skrif . . . 187 3.4 DIE STAATSOWERHEID EN GEREGTIGHEID: GESISTEMATISEERD-ETIES GESTEL. . . 189 3.4.l Tnleiding . . . 189 3.4.2 Die staatsowerheid en institusionele geregtigheid:

same-vatting van eksegetiese resultate . . . 189 3.4.2.1 Jnleiding . . . 189 3.4.2.2 Goddelike en menslike geregtigheid is ten nouste verbind 190 3.4.2.3 Geregtigheid het 'n relasionele aard binne die

verbondsverhouding . . . 190 3.4.2.4 Geregtigheid moet institusioneel gestalte kry,

ook in die staatslewe . . . 191 3.4.2.5 Een van die voorwaardes vir institusionele geregtigheid

is die skep en onderhou van 'n regsorde . . . . 191 3.4.2.6 God gee (ook deur die regsorde) aan mense

regs-aansprake teenoor ander mense . . . 192 3.4.2.7 Institusionele-en (owerheids-)geregtigheid is ten nouste

verbind aan ander relevante begrippe en het daarom

(13)

INHOUD (vervolg)

3.4.2.8 Die noodsaak vir die bestaan en die wese van die staatsowerheid is ten nouste gekoppel aan die

geregtigheidstaak daarvan (en andersom) . . . 193 3.4.2.9 Die geregtigheidstaak is 'n wesenlike dee! van die taak

van die staatsowerheid . . . 194 3.4.2.JO Owerheidspersone het 'n persoonlike

verantwoorde-likheid teenoor God om institusionele geregtigheid

te laat geskied . . . 194 3.4.2.11 Die geregtigheidstaak is ten nouste gekoppel aan 'n

element van "tot voordeel wees" viral die onderdane 194 3.4.2.12 Regeringsvorm en geregtigheid word nie in die

besonder aan mekaar verbind nie, maar goeie raadgewers en verdelings van pligte wel . . . 195 3.4.3 Die historiese aanloop en kontemporere scenario as

agtergrond vir die geregtigheidstaak van die staatsowerheid . 195 3.4.3.l lnleiding . . . 195 3.4.3.2 Riglyne uit die geskiedenis 196

3.4.3.3 Teologiese strominge 196

3.4.3.4 Ideologiee . . . 201

3.4.3.5 Samevatting . . . 206

3.4.4 Komponente van owerheidsgeregtigheid 206

3.4.4.l lnleiding 206

3.4.4.2 Die regsorde . . . 207 3.4.4.2.1 Menseregte . . . 207 3.4.4.2.4 Die beskerming van mensregte en regsaansprake 212

3.4.4.3 Orde en mag 214

3.4.4.4 Wetgewing 217

3.4.4.5 Vrede . . . 218

3.4.4.6 Gelykheid . 220

3.4.4.7 Die balansering van die belange in die gemeenskap

en vryheid . . . . 223

3.4.4.8 Liefde en billikheid . . . 227 3.4.4.9 Morele legitimiteit . . . 229 3.4.4.10 Die verantwoordelikheid van owerheidspersone 232 3.4.4.11 Die grense van owerheidsgeregtigheid . 233 3.4.4.12 Waarheid, versoening en selfverloening. 235

(14)

INHOUD (vervolg) 3.4.4.13 Samevatting

A/\NTEKENINGE BY HOOFSTUK 3

HOOFSTUK 4: STAATSOWERHEID EN GEREGTIGHEID IN

SUID-AFRIKA, MET BESONDERE VERWYSING

236 237

NA RASSEKLASSIFIKASIE. 247

4.1 INLEIDJNG. . . 247 4.1.1 rnleiding . . . 247 4.l.2 Ras in Suid-Afrikaanse wetgewing voor 1950 249

4.2 DIE TEOLOGIESE EN IDEOLOGJESE WORTELS VAN

RASSEKLASSIFIKASIE . . . 250 4.2.l Jnleiding: die verhouding tussen ideologie en teologie 250 4.2.2 Die teologiese wortels van rasseklassifikasie 253 4.2.2.l Inleiding . . . 253 4.2.2.2 'n Historiese oorsig . . . 255 4.2.2.2.l Inleiding:"Christelik-nasionaal" . 255 4.2.2.2.2 Kultuurmeerderwaardigheid . . 256 4.2.2.2.3 Geen rassegelykstelling nie en voogdyskap 257

4.2.2.2.4 Inspraak by die owerheid 259

4.2.2.2.5 Yolkskongresse . . . 262 4.2.2.2.6 Na 1950 . . . 263 4.2.2.3 Belangrike temas in die teologiese regverdiging en

begronding van apartheid (en per implikasie

rasseklassifikasie) . . . 263 4.2.2.3.1 Inleiding . . . 263 4.2.2.3.2 Aanvanklike motivering: Gamsgeslag en baas-kneg-verhouding. . . 264 4.2.2.3.3 Die pragmatiese begronding . . . 264 4.2.2.3.4 God het afsonderlike volke gewil en (deur sy

voor-sienigheid) bewustelik geskep . . . . 266 4.2.2.3.5 God het aan elke volk 'n besondere taak en roeping

gegee vir die uitvoering waarvan dit "apart"

(15)

INI-TOUD (vervolg)

4.2.2.3.6 Die eenheid in Christus is slegs 'n geestelike eenheid 270 4.2.2.3.7 Die afwisseling tussen en "oorgang" van volk na ras . 27 l 4.2.2.3.8 Die geregtigheidsmotief in apartheidsteologie . 274 4.2.2.4 Samevatting . . . 276 4.2.3 Die ideologiese wortels van rasseklassifikasie 276

4.2.3.1 lnleiding. . . 276

4.2.3.2 Die Faganverslag . . . 278 4.2.3.3 Die Sauerkommissieverslag . . . 279 4.2.3.3.l Die agtergrond en ondertone van die verslag 279 4.2.3.3.2 'n Evaluering van die inhoud van die versing, in

die besonder "volksregistrasie" . . . 282 4.2.4 Parlementere debatte oor die

Wetsontwerp op Bevolkingsregistrasie 283

4.2.4.1 Die relevansie van die debatte . . 283 4.2.4.2 4.2.4.3 4.2.4.4 4.2.4.5 4.2.4.6 4.2.4.7 4.2.4.8 4.2.4.9 4.2.4.10

Die Minister se motivering . . .

Die wetsontwerp as maatreel om die Blanke ras/beskawing te beskerm en te handhaaf . Die wetsontwerp as noodsaaklike middel en selfs hoeksteen van die apartheidsbeleid . . . . Die wetsontwerp as "natuurlike" uitvloeisel en konsolidasie van die bestaande rasbewustheid in die Suid-Afrikaanse gemeenskap en wetgewing . Die wetsontwerp en die Kleurlinge . . . . Die "erkenning" van rasseverskille in die wetsontwerp Die totaliteit van die toekomstige invloed van die wetsontwerp . . . .

Die wetsontwerp en die Faganverslag Samevatting . . . . 4.3 DIE INI-IOUD, REGSAARD, REGSGRONDE

EN IMPLIKASIES VAN RASSEKLASSIFIKASlE.

4.3.1 Inleiding . . . .

4.3.2 Die inhoud van die Wet . . . . . 4.3.2.1 Inleiding: 'n oorsig . . . . 4.3.2.2 Die omskrywing van "Swarte" 4.3.2.3 Die omskrywing van "Blanke"

284 286 287 288 289 290 291 292 292 292 292 293 293 294 296

(16)

TNl-IOUD (vervolg)

4.3.2.4 Die omskrywing van "Gekleurde" . 298 4.3.2.5 Samevatting . . . 299 4.3.3 Die regsaard, regsgrond en implikasies van

klassifikasie ingevolge die Wet 299

4.3.3.1 Inleiding . . . 299 4.3.3.2 Die regsaard van rasseklassifikasie 300

4.3.3.2.1 Tnleiding: die begrip "status" in die

Suid-Afrikaanse publiekreg . . . 300 4.3.3.2.2 Rasseklassifikasie as 'n eensydige administratiewe

handeling . . . 302 4.3.3.2.3 Rasseklassifikasie as statusbepalende en -affekterende

beskikking . . . 303 4.3.3.2.4 Samevatting . . . 305 4.3.3.3 Die regsgrond van rasseklassifikasie. 307 4.3.3.3.1 Parlementere soewereiniteit. . . 307 4.3.3.3.2 Regsekerheid en rasseklassifikasie. 309 4.3.3.3.3 Sarnevatting. . . 313 4.3.3.4 Die regs-en praktiese implikasies van rasseklassifikasie 313 4.3.3.4.llnleiding. . . . 313 4.3.3.4.2 Wetgewing waarin na die omskrywings van die Wet

verwys word . . . 314 4.3.3.4.3 Wetgewing waarin rassegroepe gedefinieer word

sonder enige verwysings na die Wet . . . 315 4.3.3.4.4 Enkele praktiese irnplikasies van rasseklassifikasie

in Suid-Afrika 316

4.3.3.4.5 Sarnevatting. . . 320 4.4 EV ALU ER ING VAN DIE STELSEL

VAN RASSEKLASS!FIKASIE. . . .

4.4.1 lnleiding . . . . 4.4.2 Rasseklassifikasie in Suid-Afrika: sarnevattende profiel 4.4.3 Rasseklassifikasie in Suid-Afrika: 'n evaluering . .

4.4.3.1 Rasseklassifikasie as wetgewing, die regsorde, regsekerheid en die verdeling van gesag 4.4.3.2 Rasseklassifikasie en die Godgegewe

regsaansprake van mense . . . . 321 321 322 323 323 324

(17)

INHOUD (vervolg)

4.4.3.3 Rasseklassifikasie, gelykheid, gelykwaardigheid en

gelyke behandeling voor die reg. . . . . . . 325 4.4.3.4 Rasseklassifikasie en die balans tussen orde,

mag en geregtigheid . . . 327

4.4.3.5 Rasseklassifikasie, vryheid en die balansering van

die regte van indiwidu en gemeenskap 328 4.4.3.6 Rasseklassifikasie, liefde en billikheid . . . 329 4.4.3.7

4.4.3.8

Rasseklassifikasie, waarheid, versoening en selfverloening. . . .

Rasseklassifikasie en vrede . . . .

4.4.3.9 Rasseklassifikasie en owerheidspersone se persoonlike verantwoordelikheid ten opsigte van

330 332

institusionele geregtigheid . . . . 333

4.4.3.10 Rasseklassifikasie en die begrensing van die

geregtigheidstaak van die staatsowerheid 334

4.4.3.11 Rasseklassifikasie en die morele legitimiteit van

die Suid-Afrikaanse staatsowerheid 335

4.4.3.12 Samevatting. . . .

AANTEKENINGE BY HOOFSTUK 4

HOOFSTUK 5: SAMEVATTENDE KONKLUSIES.

5.1 INLEIDJNG. . . .

5.2 DIE GEREGTJGHEIDSTAAK VAN DIE

5.2.1 5.2.2

STAATSOWERHEID . . . . Die multidimensionele geregtigheidstaak van die staatsowerheid en die konkrete situasie . . . . Implikasies van die toepassing van die komponente van owerheidsgeregtigheid . . . . ·. . . . 5.3 DIE STEl~EL VAN RASSEKLASSIFIKASlE

BIBLJOGRAFIE BYLAES . . . 336 337 341 341 341 341 343 345 349 368

(18)

llOOFSTUK 1: INLEIDING l .l Probleemstelling en objck van die ondcrsock

Die woord en begrip "geregtigheid" roep verskillende denkbeelde op: dit bin dui op God se geregtigheid in Christus, dit kan dui op die algcmene verhouding tussen mense en dit kan dui op die regsproses en sy uilvoer-ing. Hierdie studie wil 'n ondersoek doen na die begrip "gercgtigheid" binne die konteks van die optrede van die staatsowerheid. Uiteraard sal dit dan gaan oor die Christelike-reformatoriese siening van die staats-owerheid en sy taak. Die vraag is: wat beteken dit vir 'n staatsowerheid om volgens die Skrif geregtigheid te laat geskied? Anders gestel, watter , riglyne is daar in die Skrif oor die optrede van staatsowerhede en hoe figureer die uitvoering van geregtigheid hierin? Vir die doeleindes van hierdie ondersoek sal kortweg van die staatsowerheid se taak ten opsigte van geregtigheid gepraat word.

I lierdeur is ook gesS dat die Skrif wel riglyne gee oor hoe staatsowerhcde

gesien behoort te word en hoe gelowiges teenoor die staatsowerhede

be-l10ort op te tree. Die studie wil ondersoek of daar eliese riglyne bestaan aan die hand waarvan die uilvoering van 'n staatsowerheid se taak mee

geevalueer kan word. Ook word met bogenoemde gesS dat die Skrif wel

sekere riglyne gee oor wat God as geregtigheid beskou en wat nie. Hierdie studie wil hierdie twee sake, geregtigheid en die taak van die staatsowerheid, "bymekaarbring", met die voorveronderstelling dat die staatsowerheid wel (ook) 'n taak ten opsigte van die uitvoering van gereg-tigheid het.

Nadat die (algemene) Skriftuurlike taak van die staatsowerheid ten op-sigte van geregtigheid vasgestel is, word die resultate gebruik om een faset van staatsowerheidsoptrede in Suid-Afrika mee te evalueer. Die keuse wat gemaak is, is die stelsel van rasseklassifikasie, soos wat dit veral in die Bevolkingsregistrasiewet (nr. 30 van 1950) beliggaam word. Daar is tweerlei rede hiervoor: enersyds is dit nodig dat die etiek met al-gemene beginsels en riglyne na die praktyk moet gaan, in hierdie geval die stelsel van rasseklassifikasie; andersyds is die stelsel van rasseklas-sifikasie seker die mees grondliggende wet ten opsigte van die Suid-Afrikaanse politieke stelsel (kyk hieroor verder 1.3, 4.1.2 en 4.3.3.4).

(19)

tNLEIDING

1.2 Doe! van die ondersoek

I licrmee is die doe! van hierdie ondersoek ook gegee: om vas te stet wal die laak van die staatsowerheid ten opsigte van geregtigheid votgens Skrifeise is, hoe hierdie taak in die atgemeen uilgevoer behoort le word en of en hoe die stelsel van rasseklassifikasie in Suid-Afrika aan hierdie geregtigheidsrigtyne voldoen.

Sekere doelwilte kan ook nou reeds onderskei word: * *

*

* * 1.3

om die sienings van 'n aantal leidinggewende teotoe in die ges-kiedenis oor die geregtigheidstaak van die staatsowerheid na te gaan;

om die betekenisveld van die begrip "geregtigheid", sowel as sinonieme en verwante begrippe in die Ou en Nuwe Testament, te bepaal;

om die omvang en grense van die Skrifluurlike riglyne van die taak van die staatsowerheid ten opsigte van geregtigheid eksegeties, en met inagneming van wat die reformatoriese siening is, te bepaal; om die riglyne wat die staatsowerheid behoort te gehoorsaam om geregtigheid te taat geskied, eties uit te werk (in die studie "komponente van owerheidsgeregtigheid" genoem, kyk 3.4.4); om op grond van hierdie etiese riglyne die stetsel van rasseklas -sifikasie (en die Bevolkingsregistrasiewet) te evalueer.

Aktualileit

Oor die aktualiteit van hierdie onderwerp hoef claar in die Suicl-Afrika van die laat twintigste eeu nie twyfel te wees nie. Die veranderings wat gedurencle die laaste dekade op sosio-politieke gebied plaasgevind het, het direk met die begrip (institusionele) geregtigheid te doen. Dit is dus verat die owerhede, in besonder die staatsowerheid, wie se rot in hierdie opsig betangrik is. Dit word algemeen .in reformatoriese kringe aanvaar (vgl. byvoorbeeld art. 36 van die Nederlandse Getoofsbelydenis; Catvyn, Inst. 4 20) dat die staatsowerheid 'n betangrike en groot taak in die reel van verhoudinge tussen sy burgers het, en dat die regverdige reel daarvan

(20)

INLEIDING

met "geregtigheid" te doen het. En in hierdie taak het die staatsowerheid die leiding en raad van gelowiges, ook van die institusionele kerke, nodig. Hierdie aktualiteit het egter ook 'n ander faset. Verskillende kerke uit verskillende kerklike tradisies besin vandag oor wat die taak van die staatsowerheid ten opsigte van geregtigheid is en behoort te wees (vgl. byvoorbeeld Kerk en Samelewing (1986) en die Kairosdokument (1986)). Dit is opvallend dat in die Suider-Afrikaanse situasie tot uiters tee noor-gestelde en teenstrydige konklusies gekom word (Du Plessis, et al., 1987:3 e.v.). Hierdie feit staan ook in die weg van versoening tussen gelowiges en kerke, want die teenoorgestelde sienings van wat die staatsowerheid se taak ten opsigte van geregtigheid is, veroorsaak polarisasie. Hierdie toe-stand maak die studie-onderwerp ook kerklik-teologies uiters aktueel en noodsaaklik.

Die toepassing van die Skriftuurlike eise oor institusionele geregtigheid op die stelsel van rasseklassifikasie het 'n inherente aktualiteit. Es-terhuyse (1981:47 e.v.) beskryf onder die opskrif "GeYnstitusionaliseerde rassediskriminasie in Suid-Afrika" die Bevolkingsregistrasiewet as een van die "sentrale drade" in die netwerk van rassediskriminasie wat sal moet verdwyn. Later skryf hy oor die noodsaaklikheid van strukturele he1vorming in Suid-Afrika en noem hy die beginsels van (ook politieke) regverdigheid, gelyke geleenthede ongeag ras en kleur en vrye assosiasie as noodsaaklike boustene van toekomstige hervorming; beginsels wat nie toegepas kan word solank rasseklassifikasie bestaan nie (1982:95-104). In 1985 skryf 'n bekende Bruin akademikus (onder die skuilnaam "Gus Adams") dat die Bevolkingsregistrasiewet "die basis van diskriminasie vorm", en dat dit selfs 'n wet is wat die groepsbegrip in die politiek "verafgood" (Adams, 1985:12).

In 'n voordrag oor die roeping van die Gereformeerde Kerke in die Suid-Afrikaanse politiek skryf Vorster (1988:10) dat 'n prinsipiele beoor-deling van wette en hulle gevolge in die pad vorentoe uiters belangrik en noodsaaklik is, ook deur meerdere vergaderinge. Die wet wat hy as "die kern van alle rassewetgewing in Suid-Afrika" beskou, is die Bevolkingsregistrasiewet. En alhoewel hy van mening is dat, teoreties

(21)

IN LEIDING

beskou, die wet nie probleme op etiese vlak behoort te lewer nie, wys hy tereg op die praktiese implikasies wat registrasie op grand van ras inhou. Daar is diskriminerende wette wat uit die Bevolkingsregistrasiewet "voortvloei" (1988:10). In hoofstuk 4 sal op die onderskeid tussen die (teoretiese) klassifikasiehandeling en die totale stelsel van rasseklas-sifikasie en sy gevolge gewys word.

Uit hierdie paar verwysings is dit duidelik dat die optrede van die staats-owerheid en die stelsel van rasseklassifikasie in Suid-Afrika n6u verweef is. Daarom is dit vir die teologie (en meer spesifiek die politieke etiek) uiters aktueel om te bepaal of die Suid-Afrikaanse staatsowerheid met hierdie stelsel aan die Skriftuurlike riglyne ten opsigte van institusionele geregtigheid reg laat geskied.

In die veranderende Suid-Afrika van die tagtigerjare kan s6 'n wetenskaplike studie dus 'n bydrae lewer om teologies grater duidelikheid te gee oor 'n omstrede saak. Oat die reformatoriese teologie 'n taak het om in hierdie opsig 'n bydrae te maak, behoort vas te staan.

1.4 Noodsaaklikheid

Hiermee is ook deels ges~ dat dit noodsaaklik is om die studie te onder-neem. 'n Ondersoek na studie-onderwerpe wat handel oor die verhou -ding tussen kerk en staat wat by die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing geregistreer is, het getoon dat daar in die afgelope 18 jaar geen eksegetiese studies oor die bree onderwerp "kerk-staat" voltooi is nie. Sedert 1982 is daar wet enkele onderwerpe met 'n sosiaal-etiese strekking geregistreer en afgehandel (bv. Boesak, 1982; Van der Merwe, 1982; Nicol, 1984; en Vorster, 1984), maar met die uitsondering van een onderwerp (wat by navraag blyk gekanselleer te wees), gee geen studie aandag aan die taak van die staatsowerheid nie, ook nie ten opsigte van geregtigheid nie.

(22)

INLEIDJNG

Daar is wel relatief onlangs uit 'n regsfilosofiese oogpunt aan die juridiese relevansie van (Christelike) geregtigheid aandag gegee, maar nie spesifiek aan die Skriftuurlike riglyne wat hieroor bestaan nie (Du Plessis, 1978). Du Plessis se studie toon wel aan dat Christelike gereg-tigheid ( ook) juridies-institusioneel relevant is, maar is nie daarop gerig om eties aan te toon met watter riglyne en hoe dit deur die staat s-owerheid in sy optrede tot uitvoer gebring behoort te word nie. Dit is eg-ter waar Suid-Afrikaanse studies op hierdie veld eindig. Hierdie gebrek word ook op die bree terrein van die verhouding tussen kerk en staat aangetref. In die tye waarin die gelowige in Suid-Afrika leef, is dit eintlik ontstellend om te sien hoe min teologies-etiese leiding daar op hierdie belangrike gebied is. Hierdie studie sal dus verder wil gaan en wil aan -toon dat die staatsowerheid 'n taak ten opsigte van geregtigheid het, wat hierdie taak is en volgcns watter etiese riglyne dit uitgevoer behoort te word.

Die noodsaaklikheid om s6 'n grondliggende wet as die Bevolkingsregistrasiewet op die veld van die politieke etiek te evalueer, spreek byna vanself. In die Suid-Afrikaanse politieke konteks vorm die groepsgedagte 'n belangrike gesprekstema en verskille hieroor kenmerk die uiteengaan van die beleide van die verskillende politieke groeperinge (vgl. byvoorbeeld die klem wat die Konserwatiewe Party op die regle van die Blanke groep, en die klem wat die Progressiewe Federale Party op die regte van die indiwidu plaas). Vir die politieke etiek is dit dus n ood-saaklik om die Bevolkingsregistrasiewet en die stelsel van rassekl as-sifikasie, as die "institusionalisasie" van die groepsgedagte, prinsipieel le evalueer.

Ten slotte staan die Suid-Afrikaanse teologiese etiek, veral die sosiale en politieke etiek, nog in sy kinderskoene. Saam met die etiek die w€reld oor beleef dit ook 'n krisis (Heyns, 1982:3). Dit is daarom ook noodsaak -lik dat hierdie vakgebied in die Suider-Afrikaanse konteks ontwikkel word en dat die reformatoriese stem hier gehoor word. En waar dit waar is dat etiek in wese (net) met mense te doen het, en dat selfs die (praktiese) onderskeid tussen indiwiduele en sosiale etiek nie die per-soonlike aard van alle etiek mag verdoesel nie, maak dit 'n etiek van die

(23)

INLEfDING

staatsowerheid en geregtigheid nie "onwettig" nie, maar bepaal dit die rigting daa1van: dit moet op mense in gesagsposisies gerig wees. Dit word nie gedoen vir 'n abstrakte "staat" nie, maar vir gelowiges (en ongelowiges!) wat die staatsowerheid in al sy fasette uitmaak.

1.5 Begrensing van die ondersoek

J-lierdie studie sal primer op die vakgebied etiek le, maar sal, vent! in die bepaling van wat die taak van die staatsowerheid ten opsigte van gereg-tigheid is, ook in beperkte mate op die terrein van die eksegese en dog-matiek beweeg - en s6 'n bydrae wil lewer op die terrein van die Skrifleer

en belydenis oor die owerheid, 'n studieveld wat gewoonlik net deur kerkregtelikes betree word en wat eksegeties braak te. Die studie is ver-der toegespits op die sogenaamde "sosiale etiek" en spesifiek die politieke etiek.

Die studie sal nie aandag aan die sogenaamde verhouding tussen kerk en

staat gee nie, al sal die teologiese grondslag van die staatsowerheid wel

aandag kry. Die ondersoek sal ook nie aandag gee aan die kerk en burgers se verantwoordelikheid om aan die staatsowerheid gehoorsaam

en onderdanig te wees nie (vgl. daarvoor Eloff, 1982), maar juis op die verantwoordelikheid van die staatsowerheid teenoor die onderdane

fokus, meer spesifiek ten opsigte van institusionele geregtigheid. Daar sal met die oog op begrensing en afbakening ook nie indringende aandag gegee word aan die bree veld van "sosiale geregtigheid" op alle

samelewingsterreine nie. Onder die geregtigheid wat in verband met die staatsowerheid se taak gebring word, sal hoofsaaklik aandag gegee word

aan die sogenaamde "distributiewe geregtigheid", wat toegespits is op wetgewing, en nie soseer op die "administratiewe geregtigheid", wat meer toegespits is op regspraak, nie.

Ten slotte 1e daar 'n begrensing in die feit dat, om die te bepaalde prinsipiele riglyne vir owerheidsgeregtigheid prakties toe te pas, een veld

en wet gekies is, naamlik die van rasseklassifikasie en die

(24)

TNLEIDING

1.6 Metode en uitgangspunt van die ondersoek

ln hierdie studie sat hoofsaaklik van die bibliografiese metode van onder-soek gebruik gemaak word. Dit sluit nie alleen die gebruik van bronne (van hoofsaaklik dogmaties en etiese aard) in nie, maar ook die e k-segetisering van sleutelbegrippe en -tekste in die oorspronklike Skriftale. Vanwee die feit dat die ondersoek ook definitiewe raakvlakke met veral die regswetenskap (maar ook die staatsleer en politieke wetenskap) het, is aanvullend van onderhoude gebruik gemaak word om vak-wetenskaplike kruisbestuiwing te verkry.

Die Skrifbeginsels "agter" die taak van die staatsowerheid ten opsigte van geregtigheid sal eers bepaal moet word; anders gestel, God se gereg-tigheidsriglyne vir die staatsowerheid as sy dienaar sal bepaal moet word. Hierdie riglyne sal egter volgens die gereformeerde Skrifbeskouing nie per se op vandag se staatowerhede toegepas kan word nie. Die beginsels sal tot etiese norme verwerk moet word, welke norme aangele moet word om die optrede en wetgewing van enige (maar in die besonder die Suid-Afrikaanse) staatsowerheid, en nog meer spesifiek die stelsel van rasseklassifikasie, te toets.

Uit bostaande is ook die navorser se teologiese uitgangspunt en a priori ten opsigte van die etiek duidelik: nie 'n heteronome of outonome etiek nie, maar 'n teonome etiek; 'n etiek wat bou op die Skrif as die gesagvolle Woord van God.

Jn die hantering van verwysings, aantekeninge aan die einde van hoofstukke en ander bibliografiese sake, word van die "Handleiding by die skryf van verhandelinge en proefskrifte" van die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoer Onderwys (vierde hersiene uitgawe, 1988) gebruik gemaak. In ooreenstemming met hierdie riglyne word nie van voetnote gebruik gemaak nie, maar van aantekeninge aan die einde van elke hoofstuk. Vir afkortings van Bybelboeke en Skrifteksverwysings word van die "Ortografiese riglyne" van die Nuwe-Testamentiese Werkgemeenskap van Suid-Afrika (1979) gebruik gemaak. Aangesien daar ook na etlike hofsake en wette verwys word, word 'n lys daarvan in

(25)

IN LEIDING

twee aparte bibliografiese bylaes gegee.

1.7 Werkplan

In die ondersoek sal die volgende werkplan gebruik word:

* Na die inleiding word in hoofstuk 2 aandag gegee aan die staats-owerheid en geregtigheid in die geskiedenis. Enkele leidende figure wat bydraes op die terrein gelewer het, sal aan die orde kom. Hier sal ook na nie-Christelike gegewens gekyk word, soos die Griekse filosofie en die Romeinse regsdenke. Daarna sal aan vroeg-Christelike en Middeleeuse denke, die Reformasie en uitein -delik vyf teoloe uit die twintigste eeu aandag gegee word. Die his -toriese gedeelte dien 'n tweerlei doel: enersyds is dit 'n orientering oor vroeere en bestaande denke; andersyds sal daardeur reeds waardevolle insigte oor die staatsowerheid en geregtigheid na vore gebring word; insigte wat in hoofstuk 3 in spel gebring sal (moet) word.

*

*

Jn hoofstuk 3 word eerstens na die teologiese fundering van beide die staatsowerheid en die begrip (institusionele) geregtigheid binne die konteks van die staatsowerheid ondersoek ingestel. Die "etiese" verhouding tussen Ou en Nuwe Testament (of meer tegnies gestel: die Skrifberoep in die etiek) sal eers aandag kry, om uiteindelik ek-segeties na sekere sleuteltekste en -gedeeltes ondersoek in te stel. Dit sal gedeeltes wees wat of oor die staatsowerheid en sy taak, Of oor institusionele geregtigheid (waarby ingesluit kan word gereg-tigheid deur die staatsowerheid) handel. Op grond van hierdie ek-segetiese resultate en met inagneming van die temas uit die ge-skiedenis (hoofstuk 2) en die kontemporSre situasie sal dan etiese riglyne daargestel word waarvolgens die staatsowerheid se taakuit -voering ten opsigte van institusionele geregtigheid geevalueer kan word. Hierdie etiese riglyne word in die studie "komponente van owerheidsgeregtigheid" genoem.

In hoofstuk 4 sal hierdie etiese riglyne prakties toegepas word op die Suid-Afrikaanse situasie, wat vir die etiek uiters noodsaaklik is (kyk 1.1). Die stelsel van rasseklassifikasie en meer spesifiek die

(26)

INLEIDING

*

l.8

Bevolkingsregistrasiewet (nr. 30 van 1950, soos gewysig) sal aan die hand van die gestelde etiese riglyne krities ontleed en geevalueer word om te bepaal in hoeverre hierdie Suid-Afrikaanse wetgewing (en dus die Suid-Afrikaanse staatsowerheid op hierdie gebied) aan die Skrifriglyne ten opsigte van institusionele geregtigheid voldoen. Hierdie hoofstuk sal dus die "komponente van owerheidsgereg-tigheid" op die stelsel van rasseklassifkasie toepas om tot 'n eie standpuntinname te kom.

Hoofstuk 5 sal die studie se samevattende konklusies weergee, wat die historiese, eksegeties-etiese en praktiese dele daarvan betref, en sekere velde vir verdere studie aantoon.

Voorlopige begripsbcpaling en -verheldering

Die volgende begrippe sal in die ondersoek gebruik word en dit is nodig om vooraf 'n voorlopige verheldering van die inhoud van elk te gee: * staat en staatsowerheid;

* geregtig en regverdig;

* sosiale, institusionele, distributiewe en adminsitratiewe gereg-tigheid.

Daar word, met enkele uitsonderings, deurgaans in hierdie studie van die woord "staatsowerheid" gebruik gemaak. Daardeur word aangesluit by die Skriftuurlik-reformatoriese siening van die (konkrete) owerheid, eer-der as by die abstrakte staat en staatsidee van die rasionalisme. Omdat alle owerhede egter nie in en oor 'n staatsgebied en -huishouding regeer nie (ook universitfae owerhede is gesagsinstellings waaraan gehoor-saamheid deur personeel en studente betoon moet word), word die woord staatsowerheid gebruik om die persone en instellings aan te toon wat, op watter vlak ook al, oor en in die staatsgebied sentrale gesag uitoefen. In die bespreking van die wese van die staatsowerheid (3.3.4) sal hierop breedvoeriger ingegaan word.

Die woord "regverdig" word gewoonlik as byvoeglike naamwoord van die selfstandige naamwoord "geregtigheid" gebruik. Omdat dit etimologies

(27)

IN LEIDING

en na gevoelswaarde egter meer met die selfstandige naamwoord "regverdigheid" gemeen het, word in hierdie studie, waar van die in-stitusionele aspek van geregtigheid sprake is, die stam "geregtig" as byvoeglike naamwoord of bywoord gebruik. Daarom word God ook as die Geregtige beskryf. Die byvoeglike naamwoord "geregtige" gee taalkundig meer uiting aan die institusionele dimensie van regverdigheid/geregtigheid as "regverdig". "Regverdig" kan nfe dit wat my toekom tot uitdrukking bring nie. Wanneer egter gese word dat iemand op iets geregtig is, se dit meer as dat dit wat hom toekom, (bloot) afhanklik is van die ander persoon se (uitlewing van) regver-digheid. En omdat dit wat geregtig is, ook dit is wat elkeen toekom, word die byvoeglik naamwoord "geregtig" gebruik. Hierdie siening word ook bevestig deur die omskrywing van die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (1985). "Regverdig" is dit wat "in ooreenstemming met wat reg is, regmatig, onpartydig, billik, eerlik", asook "goed en deugsaam" (1985:890). Daarteenoor word "geregtig" omskryf as "wat die reg besit" en "wat aan die eis van reg en billikheid voldoen" (1985:272).

Ten opsigte van die verskillende soorte geregtigheid spits hierdie studie horn uiteraard op die sogenaamde sosiale geregtigheid toe: die reg (geregtig) doen en -optree binne samelewingstrukture en nie (net) in in-terpersoonlike verhoudings nie. Daarby is die geregtigheid waaraan aan-dag gegee sat word, 'n besondere soort sosiale geregtigheid, naamlik in-stitusionele geregtigheid. Daarmee word bedoel geregtigheid wat deur gesagsinstellings (in hierdie geval die staatsowerheid) geskep en/of on-derhou (moet) word. Institusionele geregtigheid is "strukturele" gereg-tigheid, die daarstel van 'n raamwerk waarbinne die indiwidu geregtig kan optree (kyk ook 3.2.2.6.1, 3.2.3.3.1 ).

Verder kan van regswee onderskei word tussen administratiewe en dis-tributiewe geregtigheid. Eersgenoemde is toegespits op die geregtigheid wat in wetgewing vergestalt word en die regte en verpligtinge van burgers struktureel (hoofsaaklik deur wetgewing en ordonnansies) "distribueer". Laasgenoemde het meer met die reeling van regsverhoudinge (veral deur regspraak) te doen. In hierdie studie sat hoofsaaklik op die distributiewe aspek van die staatsowerheid se optrede gekonsentreer word.

(28)

HOOFSTUK 2 : STAATSOWERHEID EN GEREGTIGHEID IN DIE GESKIEDENIS

2.1 INLEIDING

Die doel van hierdie hoofstuk is om 'n kursoriese oorsig te gee oor die historiese ontwikkeling van die hoofbegrippe waaromheen hierdie studie draai, naamlik die staatsowerheid en (institusionele) geregtigheid. Dit moet dien as agtergrond vir die eie eksegetiese, dogmatiese en etiese o n-dersoek. Die doel van die historiese ondersoek is dus nie om volledig te wees nie, maar om vas te stel watter temas in die geskiedenis met die twee bene van die studie-onderwerp vervleg was en daardie historiese lyne deur te trek. Daar sal ook in beperkte mate van nie-Christelike gegewens gebruik gemaak word ten einde 'n volledige beeld daar te stet en ten einde die invloed van hierdie denke op latere Christelike denkers aan te toon. Daarom word in die eerste afdeling na die antieke en kl as-sieke denke (Plato, Aristoteles en Cicero) en daarna na die vroeg-Christelike, M iddeleeuse, Reformatoriese en twintigste-eeuse denke o n-dersoek ingestel. Jn die ondersoek van denke na die Reformasie word nie meer aan nie-Christelike denke (soos byvoorbeeld denke voortspruitend uit die Franse Rewolusie en die Marxisme) aandag gegee nie, omdat dit die historiese ondersoek te wyd sou laat word. Bowendien wit hierdie afdeling die hoofsaaklik reformatoriese ontwikkeling op die gebied van die begrippe staatsowerheid en geregtigheid ondersoek en maak dit nie aanspraak om (soos 'n historiese ondersoek) volledig te wees nie.

2.2 DIE ANTIEKE EN KLASSIEKE DENKE 2.2.1 Inleiding

Du Plessis (1978:34) onderskei in die geregtigheidsdenke voor die van Plato en Aristoteles 'n "mitologiserende" fase en 'n "natuur-filosofiese" fase (met die klem op geregtigheid as 'n harmonieuse orde en gelykheid). Eers in wat Du Plessis (1978:59) die "samelewings- en kultuurfilosofiese" fase noem, kom die besef na vore dat geregtigheid 'n "onontbeerlike politiese en samelewingstrukturele bousteen is".

(29)

STAATSOWERHEID EN GEREGT!GHEID IN DIE GESKIEDENIS 2.2.2 Pinto (427-347 v.C.)

2.2.2. l Geregtigheid (ook in staatlike verband)

Plato (Politea 368d) verbind die staatsowerheid en geregtigheid ten nouste aan mekaar: wat ideeel in die mens en sy siel bestaan, kan (moet) ook in groter organisasies bestaan. Om geregtigheid te begryp is dit goed om eers daarna in staatsverband te kyk, waar dit "met groot letters geskryf is" (Politeia 368d). Geregtigheid is dus sigbaar (en moet wees) in die staatsopset en bestaan daarin "that each man must perform one social service in the state for which his nature was best adapted ... to do one's own business and not to be a busybody ... that no one shall have what belongs to others or be deprived of his own ... the having and doing of one's own and what belongs to oneself' (Politeia 433a,b,e;434).1

'n Geregtige staat is dus een waarin die drie groepe in die staat (regeerders, soldate en amptenare, boere en arbeiders) hulle elk by hul funksies bepaal en harmonieer. Dit is in die eerste plek die optrede en deugde van die burgers wat die staat regverdig (of nie) maak. Plato se siening van proporsionele gelykheid verskaf later die "oorgang" tussen geregtigheid as 'n blote deug en institusionele geregtigheid in die staatslewe (Du Plessis, 1978:83-4).

2.2.2.2 Die doel van die staat en van wetgewing

Die staat se eerste doel is nie oorwinnings oor buite-vyande nie, maar 'n oorwinning van die betere, die "geregtige". Die doel van wetgewing kan net wees om interne vrede en samehorigheid te bevorder (Friedlander, 1969:391-2). Die manier waarop hierdie vrede en geregtigheid "in die staatslewe bewerkstellig kan word, is tweeledig:

* deur 'n korrekte waardeskaal in die staatlike lewe te bewerkstellig, onder andere deur aan die burgers "alle goeie dinge" te voorsien (Nomoi 631).

* om die onderdane sover te kry om wette van die staat uit vrye wit te eerbiedig -veral deur opvoeding (Nomoi 627).

(30)

DIE ANTIEKE EN KLASSIEKE DENKE: PLATO

Die belangrikste van die "goeie dinge", waaraan die wetgewer aandag moet gee, is wysheid; maar daarmee saam, as 'n mengsel van wysheid en soberheid aan die een kant en dapperheid aan die ander kant, oak ger eg-tigheid (Nomoi 631 b,c). Geregtigheid word daarom nie net deur die optrede van die onderdane bepaal nie, maar die staatmasjinerie het self 'n verantwoordelikheid ten opsigte van geregtigheid. Dit is oak belangrik dat Plato die geregtigheidstaak van die staat konkreet aan vryheid, vrede en wysheid verbind. Verder beskou Plato (Nomoi 693b) dit as verkeerd om "overpowerful or unmixed sovereignties" aan bewind te laat kom. Met die oog op grater staatkundige geregtigheid behoort daar verdelings van gesag te wees. Die gevolg behoort te wees dat daar nie tirannie of outokrasie ontstaan nie - op sigself 'n uitvloeisel van geregtigheid.

Plato (Nomoi 722d) beskou hierdie geregtigheidsake eintlik as "voorredes tot wette". Daarmee maak hy die belang daarvan nie af nie. Aansluitend by sy standpunt dat die filosowe moet regeer (Crombie, 1962:162), meen hy dat daar in alle wetgewing 'n rigtinggewende prinsipiele aanhef moet wees wat moet help verseker dat wetgewing sy ware en regte doel sal dien. Dit stel 'n waardebepalende (geregtigheids-) rigting vir wetgewing (en dus die staat) vas. Plato (Gorgias 515b,c, 518e, 519) stel wel sekere maatstawwe aan politici/regeerders/ staatsmanne, onder andere om geregtigheid in staatlike verband te laat geskied.

2.2.3 Aristoteles (384-322 v.C.) 2.2.3.l Inleiding

Soos Plato, maak Aristoteles geen skerp onderskeid tussen persoonlike etiek en politiek nie; beide handel oar die verstrengelde onderwerpe van menslike gedrag en assosiasies (McKean, 1973:xxxvii,332). During (1966:435) wys daarop dat Aristoteles nie afsonderlike sisteme vir in -diwiduele en sosiale etiek het nie. Wat vir die indiwidu geld, geld oak vir die samelewing en staat, net op grater skaal (Ethica Nicomachea 1094b 7-10).

(31)

STAATSOWERHEID EN GEREGTIGHEID IN DIE GESKIEDENIS 2.2.3.2 Reg en geregtigheid

In sy omskrywing van besondere geregtigheid s6 Aristoteles (Ethica Nicomachea l 130b, 1131a): " ... one kind is that which is manifested in dis-tributions of honour or money or the other things .... and one is that which plays a rectifying part in transactions between man and man .. :·2a Hieruit is dit duidelik dat Aristoteles hoofsaaklik tussen distributiewe (uitdelende) en ruilgeregtigheid onderskei. Du Plessis (1984:110-1) wys daarop dat die wederkerigheid van Aristoteles se geometriese gelykheid-sopvatting ook die grondslag vorm vir vergeldende geregtigheid, en dat billikheid 'n korrektief in die toepassing van besondere geregtigheid is. In sy verdere uiteensetting van besondere (of "politieke") geregtigheid onderskei Aristoteles tussen natuurlike en juridiese geregtigheid: eersgenoemde is "that which everywhere has the same force and does not exist by people's thinking this or that" en laasgenoemde "that which is originally indifferent, but when it has been laid down is not indifferent, e.g. that a prisoner's ransom shall be a mina ... "(Ethica Nicomachea 1134b 18-22).

Hieruit kan afgelei word dat die natuurreg vir Aristoteles 'n maatstaf is waaraan die positiewe reg (in staatlike verband hoofsaaklik "wette") be-hoort te voldoen, anders bring dit geen geregtigheid nie. Dit beteken dat die staatsowerheid, om sy distributiewe geregtigheidstaak goed na te kom, ook aan die natuurreg gebonde is. Verontagsaming daarvan veroorsaak dat die wetgewer onregverdige reg en wette sal positiveer (Du Plessis, 1984:113). Aristoteles is van mening dat aritmetiese gelykheid nie in die staatkundige lewe kan geld nie. Deug en meriete moet die hoogste gesag in die staat h6, en nie blote (getals-) gelykheid nie (Politica 1280a 10 -1281a 38). Hy s6 dat " ... all men agree that what is just in dis-tribution must be according to merit in some sense ... " (Ethica N icomachea 1131 a 25-27).

(32)

DIE ANTI EKE EN KLASSIEKE DENKE: ARISTOTELES

2.2.3.3 Die ontstaan en doel van die staat

Die staat ontstaan natuurlikerwys uit die proses waaruit huwelike,

gesinne, dorpies en gemeenskappe ontstaan: " ... it is evident that the state

is a creation of nature, and that man is by nature a political animal"

(Politica 1253 a 1-3). Die staat, soos ander gemeenskappe, is op die verkryging van "die goeie" ingestel. Aristoteles benader die doel van die

staat dus uit die oogpunt van mense se behoefte om saam te leef en

mekaar te help (Politica 1278b 205).2b Diiring (1966:478) som

Aris-toteles se siening van die doel van die staat op deur te se dat dit nie in rykdom of heerskappy bestaan nie, maar in 'n waardige lewe vir die mense. Die staat moet die bereikbare lewensgeluk realiseer deur die deelname en die voile ontplooiing van die eienskappe van elke burger. Die staat het dus tweerlei doel: om die mens se sosiale instink te

be-vredig en horn toe te rus om sy persoonlikheidseienskappe te ontwikkel

vir die goeie, sinvolle lewe.

2.2.3.4 Staatsowerheid en geregtigheid

Aristoteles (Politica 1280a e.v.) kom tot die gevolgtrekking dat 'n staatsvorm as sodanig net deels vir geregtigheid kan sorg. lndien daar nie

aan die doel van die staat, naamlik die bereiking van die "goeie lewe" vir die burgers, beantwoord word nie, kan daar nie ten voile geregtigheid

wees nie (1280b 35-40; 1281 a 5-10). Daarom is geregtigheid in staatlike verband nie wat die meerderheid of die rykeres wil nie, maar wat die morele doel (die "summum bonum") van die staat (en sy burgers) vereis.

Hieruit is dit duidelik dat Aristoteles die staatstaak en geregtigheid ten nouste aan mekaar koppel (Diiring, 1966:481). Die politieke mag in 'n

staat moet daarom volgens die eise van geregtigheid verdeel word onder

hulle wat gelyklik die doel van die staat kan dien op grond van wat hulle is of het, beperk tot vry mense, rykes of die adel. Aristoteles maak dus

baie van ewewigtige magsverdeling tussen die verskillende groepe in die

(33)

STAATSOWERHEID EN GEREGTIGHEID IN DfE GESKIEDENIS 2.2.4 Cicero (106-43 v.C.)

2.2.4.l Inleiding

Cicero het, hoofsaaklik as gevolg van sy regsagtergrond, die staats-owerheid se taak ten opsigte van geregtigheid sterk beklemtoon. Van die beginsels wat Cicero gestel het, word vandag nag in Westerse demo-krasiee in stand gehou.

2.2.4.2 Natuurreg, reg en geregtigheid

Cicero was 'n aanhanger van die natuurregsleer (De Re Publica III 22 33; De Legibus I 6 18). Die natuurreg is algemeen geldend en ewig, en hoer as menslike reg en wette. Die ewige natuurreg (lex aeterna) gee oorsprong aan menslike reg (lex naturalis) waaruit mense geregtige reg (ius) moet positiveer. Geregtigheid is daarom ten nouste gekoppel aan die menslike rede, dit wat mense van nature as reg en onreg beskou. Vanwee die feit dat die (ewige natuur-)reg deur die menslike rede aan alle mense gegee is, is geregtigheid aan alle mense gegee (De Legibus I 6 19; 12 33). Daarby 1e Cicero klem daarop dat gelykheid aan geregtigheid gekoppel is en oak nagestreef moet word (De Legibus 118 48).

2.2.4.3 Die staatsowerheid en geregtigheid

Reeds in sy definisie van die staat (De Re Publica I 25 39) skemer Cicero se noue verbinding tussen geregtigheid en die staat deur: " ... a common-wealth is the property of the people ... a people is ... an assemblage ... in large numbers associated in an agreement with respect to justice and a partnership for the common good .. .''3a Hieruit is dit duidelik dat Cicero die ontstaan van die staat sien in die natuurlike, menslike sosiale be-hoefte om gemeenskappe te vorm. Hierdie staatsgemeenskap het vir sy voortbestaan 'n regering nodig - welke regering getrou moet wees aan dieselfde beginsels waaruit die staatsgemeenskap ontstaan het (onder andere geregtigheid, De Re Publica I 26 41 ). Teenoor sy siening van

(34)

DIE ANTIEKE EN KLASSIEKE DENKE: CICERO

geregtigheid as algemene deug (De Officiis, I 43 155), koppel hy gereg-tigheid en gelykheid aan die taak van die staatsowerheid (De Re Publica

32 49). Ten minste die regte in die staat moet gelyk wees, want die staat

is niks anders nie as 'n "vennootskap in geregtigheid".3b

Die doel van staatlike reg is dus om geregtigheid - ook vergestalt in veiligheid, geluk en kalmte -aan elkeen te laat geskied. Daarom beskou

Cicero 'n slaat sonder "geregtige reg" as geen staat nie. Die staat

s-owerheid het die taak om "geregtige reg" te skep uit die ewige natuurreg via die "ingeplante" menslike reg (Du Plessis, 1978:272). Hierdie reg moet die goeie en geregtige gebied en die slegte en ongeregtige verbied (Verdross, 1963:48). Dit is dus duidelik dat Cicero dit as een van die

staatsowerheid se wesenskenmerke sien om geregtigheid te laat geskied

deur die skep van "geregtige reg", wat uiteraard veral (maar nie net nie) wetgewing insluit. Daarom verskuif die klem ten opsigte van geregtigheid by Cicero van "deug vir die enkeling" tot rigsnoer in die staatlike lewe. Wat geregtigheid vir die staat en in die politiek beteken en meebring is belangrik, nie die voordeel wat dit vir die enkeling in die staat het nie (Poschl, 1962:128). Hiermee maak Cicero van geregtigheid primer 'n staatkundige en politieke begrip.4

Cicero (De Re Publica V 3 5) stel daarom sterk geregtigheidsvereistes vir

staatsmanne: hulle moet die reg en die daaruit vloeiende geregtigheid ken en beoefen; dit hou hoofsaaklik die geluk, welstand en materi~le

voorspoed van die burgers in. Die wyse en geregtige regering deur

staatsmanne is 'n voorvereiste vir stabiliteit en orde in die

staatsgemeenskap (De Re Publica Ill 29 41). Die staatsvorm is vir

Cicero wel wesenlik aan die staat se geregtigheidstaak gekoppel (Posch!,

1962:132). Van 'n onregverdige alleenheerser se hy byvoorbeeld dat waar 'n tiran regeer, daar eintlik geen staat is nie, want dan is niks meer die volk se eiendom nie en geregtigheid uitgesluit (De Re Publica III 31 43). Vanwee sy regsagtergrond Ie Cicero (De Legibus III 2 4) ook sterk klem op die belangrike rol wat regsprekende persone in die gereg-tigheidstaak van die staatsowerheid het.

(35)

STAATSOWERHEID EN GEREGTIGHEID IN DIE GESKIEDENIS

2.2.5 Samevatting: staatsowerheid en geregtigheid in die antieke en

klas-sieke denke

2.2.5.1 Alhoewel die ontstaan van die staat(-sowerheid) op

verskil-lende maniere beskryf word, is daar konsensus dat dit 'n

"natuurlike" saak is en uit die behoeftes van rnense voortkorn

(2.2.3.3, 2.2.4.3).

2.2.5.2 Daar is eensternrnigheid oor die feit dat die staatsowerheid 'n

verantwoordelikheid ten opsigte van geregtigheid het. Cicero b e-skou dit selfs as 'n wesenskenrnerk van die staatsowerheid (2.2.2.2, 2.2.3.2 en 2.2.4.3). Daar is ook eensternrnigheid dat staatsrnanne

en regeerders 'n groot (persoonlike) verantwoordelikheid ten o

p-sigte van staatkundige geregtigheid het (2.2.2.1, 2.2.2.2, 2.2.4.4).

2.2.5.3 Aristoteles se ornsk1ywings en onderskeidings van soorle

geregtigheid is belangrik, veral die onderskeid tussen distributiewe en vergeldende geregtigheid (2.2.3.2). Vera! by Aristoteles en Cicero word geregtigheid 'n regs- en uiteindelik politieke en staat -kundige begrip (2.2.3.2, 2.2.4.3).

2.2.5.4 Die manier waarop geregtigheid rnoet geskied, is regverdige

wetgewing en regspraak (2.2.2.2, 2.2.4.3). Die natuurreg speel 'n

belangrike rol in die bepaling van wat geregtig is en by Aristoteles

is dit selfs die rnaatstaf vir wat geregtig is (2.2.3.2, 2.2.4.2). Plato

het dit verder noodsaaklik geag dat daar in alle wetgewing 'n waar -debepalende en rigtinggewende prinsipiele aanhef rnoet wees (2.2.2.2).

2.2.5.5 Een manier waarop voorsiening gernaak kan word vir gereg

-tigheid, is deur verdelings van gesag (2.2.2.2, 2.2.3.4). 'n Ander "waarborg" vir geregtigheid is om die "hoogste goeie" van die staat

en die burgery te bevorder (Aristoteles, 2.2.3.3., 2.2.3.4).

2.2.5.6 Geregtigheid word aan verskillende begrippe gekoppel en in

terrne daarvan beskryf: vrede, vryheid en wysheid (Plato, 2.2.2.2),

gelykheid en billikheid (Aristoteles, 2.2.3.2), veiligheid, geluk en

kalmte (Cicero, 2.2.4.3).

2.2.5.7 Slegs Cicero beskou die staatsvorrn as wesenlik belangrik in

die beoefening van geregtigheid. Selfs hy gee egter nie 'n ideale

(36)

VROEG-CHRISTELIKE DENKE: AUGUSTINUS

2.3 VROEG-CHRJSTELlKE EN MIDDELEEUSE DENKE 2.3.1 Inleiding

Du Plessis (1978:135) wys daarop dat die regsdenke in hierdie tyd die wE!reld-en skeppingsorde as 'n produk van die Godgegewe (natuur-)wet beskou het. Die mens en menslike instellings (ook die staat -TE) word deur hierdie orde omvat. Hierin sluit die vroeg-Christelike en Mid-deleeuse denke steeds by die natuurregsleer van die Grieke en veral Cicero aan. In hierdie gedeelte van die ondersoek sal aan twee hoof -figure aandag gegee word, naamlik Augustinus en Thomas van Aquino.

2.3.2 Augustinus (345-430) 2.3.2. l lnlciding5

Augustinus word deur Duchrow (1983:59) die eintlike vader van die tweerykeleer genoem, vanwee sy skerp skeiding tussen die Civitas Dei en die civitas terrenae (De Civitate Dei 1 1, 14 28). Die stad (staat/ryk) van God is nie 'n geografiese grootheid nie, maar bestaan uit gelowiges. Net so bestaan die aardse staat uit ongelowiges. Die burgerlike staat is deel van hierdie aardse staat (ongeag of daar Christen-owerheidspersone is).

2.3.2.2 Reg en geregtigheid

Augustinus (De Civitate Dei 19 21) erken die Romeinsregtelike "suum cuique" as die basis van aardse geregtigheid. Daarbenewens erken hy die gesag van die natuurreg, 'n natuurlike orde en 'n (reg tot) natuurlike vryheid en gelykheid (De Civitate Dei 19 13,15,16). Hy begrond sekere burgerlike regte in die natuurlike innerlike regsgevoel van mense (Komm. op Ps LVII), koppel hierdie natuurlike regsgevoel aan die woorde van Christus in Mt 7:12 (Ko,_mm. op Psalm LVII) en identifiseer dit met die dubbele liefdesgebod (Duchrow, 1983:275). Daar is 'n "wet van die Skepper" (De Civitate Dei 19 12), wat in die ewige rede ofwil van

(37)

STAATSOWERHEID EN GEREGTIGHEID IN DIE GESKIEDENIS God bestaan en mense beveel om die natuurlike orde te bewaar en nie te versteur nie (Contra Faustum 22 27). Hierdie Goddelike wet beheers die hele skepping en daarvolgens is alle dinge tereg ("iustitiam") na ('n natuurlike -TE) orde ingerig (De Civitate Dei 19 12). Die lex aeterna gebied mense om die natuurlike ordening te onderhou (Yerdross, 1963:63-4). Uit hierdie ewige en onveranderlike wet moet regverdigc wette afgelei word.

Geregtigheid is volgens Augustinus saam met "prudence, fortitude and temperance particular expressions of the 'eternal law"' (Gilson, 1955:77). 'n Menslike wet wat nie regverdig is nie, is dus geen wet nie (De libero arbitrio 1 11,14,15). Die doe! van menslike wette en reg is om die na tuur-like orde teen regskending te bewaar (Sizoo, 1947:17). Ten spyte hiervan loop daar 'n sterk stroom negatiwiteit teenoor aardse reg en geregtigheid deur Augustinus se denke. Dit is menslik prakties onmoontlik om 'n ware regsoordeel te vel, omdat die mens se hart nie gepeil kan word nie (De Civitate Dei 19 6) en "geregtigheid" het vir burgers van die God -delike ryk meer met sondevergewing as met 'n deug te doen (De Civitate Dei 19 27). Ware geregtigheid bestaan slegs in die staat wie se oprigter en heerser Christus is: die Civitas Dei (De Civitat~ Dei 2 21 ).

2.3.2.3 Die staat

In samehang met sy skeiding van die twee stede was Augustinus (De Civitate Dei 18 18) in beginsel negatief oor die waarde van die civitas ter -renae: gelowiges moet dit ontvlug. Hoe groter die omvang daarvan, hoe meer onreg en oorheersing is daar (De Civitate Dei 14 28). En tog het Augustinus (De Civitate Dei 19 21) die (noodsaak van) aardse state erken en by Cicero se definisie daarvan aangesluit. Die. staat is die saak van die volk en die volk is "an association united by a common sense of right and a community of interest" (De Civitate Dei 2 21). Met kritiek op Cicero se definisie gee hy 'n eie omskrywing (van die doel) van staat: "the earthly city... aims at an earthly peace, and it limits the harmonious agreement of citizens concerning the giving and obeying of orders to the establishment of a kind of compromise between human wills about the

(38)

VROEG-CHRISTELIKE DENKE: AUGUSTINUS

things relevant to mortal life." (De Civitate Dei 19 17.) Die tydelike, ver-bygaande staat is 'n ordencnde "noodmaatreel" as gevolg van die sonde (Du Plessis, 1978:149), maar ontstaan en bestaan (voort) deur die voor-sienigheid van God (De Civitate Dei 5 12,11 ).

In die aardse staat is vrede baie belangrik: dis 'n natuurlike drang (De

Civitate Dei 19 12). Duchrow (1983:288) toon tereg aan dat Augustinus,

anders as Cicero, die historiese staat nie in (die burgers daarvan se besef

van) geregtigheid begrond nie, maar in die vrede wat dit meebring. Een

gevolg van die vrede is die "eendrag" (concordia) wat daar in die aardse

staat (moet) bestaan. Augustinus (Epist. 138 10) noem die staat daarom

'n menigte mense wat deur eendragtigheid verbind is. Die burgers van die Goddelike staat moet van hierdie aardse (tydelike) vrede gebruik maak, omdat dit (saam met ander gawes soos fig en lug) deur God aan die mens gegee word (De Civitate Dei 19 13,14). Dit beteken dat die

gelowiges die wette, sedes en instellings wat die aardse vrede dien, nie

moet ophef nie, maar moet bewaar en beskerm (De Civitate Dei 19 17; Duchrow, 1983:280).

Die staatsvorm is nie vir Augustinus belangrik nie (De Civitate Dei 2 21;

Sizoo, 1947:14). Die koning (of ander staatsgesagdraer) moet geh

oor-saam word omdat sy gesag van God af kom (De Civitate Dei 4 33, 5 21).

Augustinus het wel die belang en verantwoordelikheid van Christenkon -ings en -regters beklemtoon (De Civitate Dei 2 19, Epist. 138 15), maar daar is onder kenners verskil van mening of Augustinus die staat as

Christelik gesien of bedoel het (Sizoo, 1947; Duch row, 1983).

2.3.2.4 Die staat en geregtigheid

Al het Augustinus (De Civitate Dei 19 13,14) die staat eerder in terme

van vrede as geregtigheid omskryf, was institusionele geregtigheid vir horn tog (relatief) belangrik. Wette wat nie regverdig is nie, is geen wette nie (De libero arbitrio 1 11) en state wat geregtigheid laat vaar, is niks

anders as rowerbendes nie (De Civitate Dei 4 4). Trouens, sonder ware

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Our application of questionable research practices and publication bias to the (null effect) data of the ManyLabs Replication Project showed that the use of QRP’s increase the

For comparison of training effects, a placebo condition was added in which alcohol stimuli were used but no switching task was performed (Alcohol Non-Switch Condition). Regarding

Dat er bij pre-exposure aan context A meer generalisatie van de bewuste schokverwachting plaatsvond van context B naar context C dan bij pre-exposure aan context B, suggereert dat

Tevens werd met een simpel contrast gevonden dat de LSAS-SR verschilscores van de deelnemers in de in vivo conditie significant verschilden van de scores van de deelnemers in de

Expectations were (1) at the beginning of IRRT treatment, participants in the STAIR/IRRT condition reported significantly lower PTSD symptom severity scores on the CAPS and

enige bevolkingsgroep is die bedelt maar toch die reputatie heeft gekregen ondanks dat zeker niet alle Roma bedelaars zijn; ‘Natuurlijk ergeren veel Roma zich ook aan deze

(1994:48), who argue that little or none has come of the efforts to introduce a more practical approach in science teaching, mainly on account of the fact that the

Hypothese 2a, waarbij gesteld werd dat een advertentie waarbij consumenten van 50-65 jaar door een endorser van 10-15 jaar jonger dan henzelf (±45 jaar) werden