• No results found

Inheemse bome vir die tuin

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Inheemse bome vir die tuin"

Copied!
3
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

INHEEMSE BO ME

VIR DIE TUIN

P .C . Zietsm an

K A R E E B O M E

N anabessie, W ild C u rra n t Rhus dentaia Die nanabessie het oor die algemeen 'n struikagtige groeivorm , m aar in som m ige gebiede word dit 'n boom van tot 6 m hoog. /?.

dentata kom in al vier die provinsies voor. Die

uiteenlopende h ab itatte w a a rin die boom voorkom, kan wissel van 'n berghang in die Karoo tot langs 'n w aterstro o m in die Drakensberge.

Die nanabessie se blare is tipies did van die meeste /?/7<vs-spesies. Elke blaar is onderverdeel in drie blaartjies w aarvan die middelste een langer as die ander twee is. Die blaartjies is aan die onderkant ligter van kleur as aan die bokant. Veral opvallend is die redelike lang hare w a t op die prominente hoof- en syare aan die onderkant van die blaartjies voorkom. Did eienskap wissel egter tussen individuele bom een die blare varieer van totaal haarloos tot baie harig.

Klein geel-groen blomme met 'n soet reuk word van September tot November in trosse gedra. Die ronde bruin-rooi vruggies w at in Desember gedra word, vertoon baie kleurvol saam met die nuwe koperkleurige blare. Die vrugte is eetbaar, m aar word byna slegs tydens droogtes op groot skaal deur die sw art volk benut.

Die boom is in 'n redelike mate bestand teen ryp en droogte en sy grootte en vorm maak hom 'n goeie keuse vir die tuin.

Suurtaaibos, Rhus m acowanii

Suurtaaibos, S o u r Taaibos Rhus m acow anii Die suurtaaibos kom in die oostelike gedeeltes van die Republiek voor en word in al vier die provinsies aangetref. In die Vrystaat is die verspreiding van did boom beperk tot die noord- oostelike gebied.

Die groeivorm van die suurtaaibos varieer van struikagtig tot bome w a t selfs so hoog a s 9 m kan word. Die takke van die bome is neerhangenden die blare het 'n satynagtige voorkoms. Die blare is tiperend van die /?/7t/s-spesies m aar mag soms vier of vyf blaartjies per blaar he. Die bearing van die eiervormige blaartjies is dikwels duidelik sigbaar aan die onderkant.

Klein geel blommetjies word van Desember tot April in trossies van tot 4 cm lank gedra. Die vrugte word van Januarie tot Junie gedra en verkleur van geel-groen na rooi as dit ryp word. Die groeivorm van die boom, sowel as die redelike bestandheid teen ryp maak hom 'n geskikte boom vir die tuin.

R. m aco w an ii kan maklik met/?, pyroides verw ar

word, m aar verskil opm erklikvan laasgenoemde daarin dat dit nie stingeldorings het nie.

(2)

Taaibo&'Rhus pyroides

Die taaibos kom in 'n groot verskeidenheid uiteenlopende habitatte voor en kom in die Vrystaat algemeen op klipkoppies en langs dreineringslyne voor.

Die groeivorms wissel van struikagtig tot groot spreidende bome. Die blare is tipies drieledigen jong blare het soms fyn haartjies op. Die bas van die stam en ou takke is donker bruin en did van die jong takke groen. Harde reguit stingeldorings kom algemeen op die jonger takke voor. Die blomme is baie klein en is geel-groen van kleur. Dit word in digte trosse van tot 2 0 cm lank van Oktober tot Februarie gedra. Die rooi vruggies w at van November tot Mei gedra word, is 'n gesogde dis vir 'n verskeidenheid van voels. Die boom met sy digte voorkoms is ideaal vir die tuin. Afhangende van die streek is die boom immergroen of bladwisselend. Die bome floreer as hulle genoeg w ater kry en is droogte- en rypbestand.

Koeniebos, K uni-bush Rhus burchelli

Die groeivorms van R. b u rch elli(vroeer bekend as

R. undulata) varieer van laag groeiende struike

tot bome van ongeveer 5 m hoog. In die Vrystaat

Verskillende blaarvorms van die Koeniebos, Rhus burchelli.

wissel die groeivorm van 'n struik met 'n ronde voorkoms tot rrieerstammige bome. Die blare is ook, tipies van die Rhus spesies, drieledig en alhoewel die blaarvorms verskil, is die algemene vorm w at in die Vrystaat aangetref word 'n kleinerige blaar w aarvan al drie blaartjies insnoerings op die punt het. Die jonger blare is dikwels blink en taaierig en het 'n golwende voorkoms. Die blomme is baie kjein, onopvallend en word van Februarie tot April gedra. Die ewe onopvallende vrugte, w at van M a a rt tot Junie gedra word, se kleur wissel van groen tot rooi. Die eetbare vrugte word deur 'n verskeidenheid voels benut.

Ondanks die effens deurmekaar voorkoms van die boom kan hy in die tuin geplant word. Die bome groei redelik v in n ig e n kan straw w e rypen droogte verduur.

W itk a re e , W h ite karee: Rhus pendulina

Die witkaree (vroeer bekend as R. viminalis) is in die Vrystaat beperk tot rivierlope in die suidelike dele w a a rd it geassosieerd met die inheemse wilg

(Salix m ucronata) voorkom. R.. pendulina word

tot 10 m hoog en skep met sy neerhangende takke dieselfde indruk as 'n treurw ilg (Salix

babylonica).

Witkaree, Rhus pendulina

Klein blommetjies word van September tot Januarie gedra. Die klein ronde vruggies w at rooi verkleur as hulle ryp word, word van Desember tot Mei gedra. Die blare is drie-ledig en het dieselfde voorkoms as did van R. lancea.

R. pendulina kan maklik met die karee, R. lancea

verw ar word, m aar word onderskei op grond van blaarkleur en vrugvorm. Die blare van R.

pendulina is liggroen van kleur en die vrugte is

bykans koeelrond. Daarteenoor is die blare van R.

lancea donker groen en die vruggies opsigtelik

afgeplat.

(3)

Die boom, met sy neerhangende takke, is uiters geskik as tuinplant. Alhoewel die boom redelik bestand is teen ryp en droogte groei hy vinnig as daar baie w ater beskikbaar is.

D aar is ongelukkig m in bekend oor die tuinboukundige aspekte van die meeste van ons inheemse plante. Dit kan hoofsaaklik daaraan toegeskryf word dat ons nou eers oortuig is van die sinvolheid om inheems te plant. Dit mag dus die moeite loon om bome w at in die omgewing voorkom ook in die tuin te plant. Ongelukkig is slegs enkele algemene inheemse bome by

kwekerye beskikbaar. Die Botaniese Tuine van die verskillende streke kweek bome en ander plante w at in die streke aard en w at van tyd tot tyd aan die publiek beskikbaar gestel word.

Alle sketse uit PAIGRAVE (1977) en PALMER & PITMAN (1973).

B IB U O G R A F I E

DIREKTORAAT 8 0 S B 0 U 1983. Boom van die jaar. Pamftet 3 0 4

FOX. F.W & NORWOOD YOUNG M E 1982 Food from the veld. Johannesburg Delta Books.

PALGRAVE, K.C 1977. Trees of Southern Africa. Kaapstad: Struik

PALMER. E & PITMAN. N. 1973 Trees o f Southern Africa II. Kaapstad A A . Balkema. VENTER. M .J T . 1 9 7 6 Bome en struike van die O ran/e- Vrystaat. Bloemfontein:

P.J cte Villiers.

VON BREITENBACH, F 1974 Suid-Kaapse bosse en bome. Pretoria Staatsdrukker.

3fg e « g g g jB S S g « g ggS8S8Ssss» g S B B K g S B S S B B B S B B S S S S S S B B S R S B S fiS S B S S B S S S S S S S S S S S S S S S S S S S S S S S S S S S £

PRIKKELPOP SE

DOEN EN LATE

J .P . W atson

Haar massa is ongeveer 18 kg w at haar die grootste van al haar familielede in Afrika maak en verder is sy snags aktief. Bedags mag jy haar verras w aar sy voor haar huis in die son le. Van geselskap hou sy nie, m aar verkies om alleen te wees. Dit is nie haar geaardheid om stil en besadig te wees nie, inteendeel, haar bewegings veroorsaak ratelagtige en krapperige geluide. Sy is 'n vegetarier en vleis eet sy selde of ooit en dan ook net as dit al goed be lee is met 'n maaier hier en daar. Die kos word verorber met byklanke van

'n gekraak, geknaag en 'n geklap.

H aartuiste is in klipskeure of in gate in diegrond w aa r vlooie en ander parasiete floreer. Die kleingoed, gewoonlik een tot drie, word in 'n tuiste met 'n grasvoering in die wereld gebring. Tydens hulle aankoms is die klein karnallies al so goed ontwikkel dat hulle oe oop is, hulle kan rondloop en hul voortande is al ongeveer 5 mm

lank. Laasgenoemde kan 'n probleem wees vir Prikkelpop, maar gelukkig weet hulle w aar hulle melk vandaan kom. Die melkkliere is op haar bors, net agter die voorarms.

Aantreklik is Prikkelpop nie. 'n M an kan haar nie sonder handskoene aanpak nie en sy is in staat om haar man te kan staan. Keer haar in 'n hoek vas en raak vrypostig en vatterig, rys sy haar swart en w it, stywe, stekelagtige hare orent en m a a k w a a r s k u w i n g s g e l u i d e . O m di 6 w aarskuw ings te ignoreer, het pynlike gevolge. Aantreklik is sy nie, haarg esig en tan d e isdi6 van

'n knaagdier en verder het sy 'n lang, roomkleurige snor en haar liggaamsaroma laat

veel te wense oor. ^

Wie is Prikkelpop? 'n Foto van h a ar verskyn op bladsy 24.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Die spreker wat die toespraak hou, maak van gesigsimbole ( gebare en mimiek) en gehoorsimbole ( spreektaal) gebruik. Oor die vereiste vir goeie spraakgebruik het ons

atoombomme kan vasgestel en gemcet word, het dr. Joseph Ha- milton, van die universiteit van Kalifornie, verklaar, maar die gevolge van 'n kiemoorlog kan nie

I want to put this into practice by presenting several case studies on distinct musical cultures: the common-practice European tonal music, North- Indian classical music and

The approach to estimate daily actual evapotranspiration time series using available RS data and routinely collected meteorological data, and the hydrological model HBV to

Afdeling B: Dte vrae (items) aan skoolhoofde om die bestuurstrategiee (hante- ringstrategiee) !e bepaal wat tans deur hoofde in skole toegepas word om on- derwyseresse met

Through a clear understanding of the variables that influence and impact on job demands, job satisfaction, and intention to leave amongst employees in this

Die Dameskomitee het egter nooit aanbeveel dat die Pietersburgse konsentras iekamp verskuif moes word nie en daar is geen gegewens in die amptel ike dokumente

Toe dit in Augustus 1877 blyk dat daar 'n groot tekort op die Patriot is en die voorsitter, ds Du Toit, moedeloos wou word, het Hoogenhout die G.R.A. moed ingepraat, want van