• No results found

Book review/Boekresensie

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Book review/Boekresensie"

Copied!
2
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

Book reviews

205

CJ Nöthling, Kroniek van die Suid-Afrikaanse Weermag (1912-1994): ’n

herdenkingspublikasie. Pretoria: SAMHIK, 2012, ISBN 978-09870233-3-9.

184 bladsye.

Hoewel die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) eers om middernag op 26-27 April 1994 tot stand gekom het, strek die geskiedenis van Suid-Afrika se gewapende magte veel verder terug. Nadat Suid-Afrika as ʼn verenigde (uniale) staat op 31 Mei 1910 tot stand gekom het, het die Unie van Suid-Afrika se eerste weermag – bekend as die Unie-Verdedigingsmagte (UVM) – amptelik op 1 Julie 1912 tot stand gekom. Aanvanklik het die UVM net uit grondmagte bestaan, wat dus hoofsaaklik vir landwaartse verdediging aangewend kon word. Hierdie magte het met groot onderskeiding aan die Eerste Wêreldoorlog (1914-1918) deelgeneem. Reeds in 1913 het die Zuid-Afrikaansche Mediese Dienst tot stand gekom, in 1920 ook die Suid-Afrikaanse Lugmag, en in 1922 Suid-Afrika se vlootmag. In 1957 is die naam van die UVM na dié van Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) verander.

Die honderdjarige herdenking van Suid-Afrika se gewapende magte in 2012 het, helaas, grootliks ongesiens verbygegaan. Deur hierdie geleentheid onontgin te laat verbygaan, het die SANW ’n gulde geleentheid verspeel om positiewe publisiteit vir die Weermag te genereer en die belangrikheid van ’n professionele, goed opgeleide en gedissiplineerde Weermag te beklemtoon – en dus ook hoekom die politici die nodige fondse vir die behoorlike instandhouding van die Weermag moet voorsien. Twee geakkrediteerde akademiese tydskrifte het wel spesiale uitgawes aan ’n eeu van militêre geskiedenis in Suid-Afrika gewy – kyk in hierdie verband Scientia Militaria: South African Journal for Military Studies 40(3), 2012 en die Journal for Contemporary History/Joernaal vir Eietydse Geskiedenis 37(2), Desember 2012.

In 2012 het ook die publikasie wat hier onder bespreking is, naamlik afgetrede SAW-kolonel FJ Nöthling se Kroniek van die Suid-Afrikaanse Weermag

(1912-1994): ’n Herdenkingspublikasie, die lig gesien. Nöthling het in 1994 en

1995 ’n publikasie getiteld Geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Weermag in twee dele gepubliseer. Die “nuwe” 2013-publikasie omvat alles wat reeds vroeër in die tweedelige publikasie verskyn het, hoewel dit hersien en hier en daar effens uitgebrei is. Soos die vorige publikasie, is dit in A4-formaat gedruk en gebind (sagteblad), met geen illustrasies nie, behalwe vir die ou SAW-embleem in kleur op die voorblad en ’n foto van die outeur op die agterblad.

Dit is, soos die outeur self in die Voorwoord erken, geen omvattende akademiese werk nie. Dit is inderdaad bloot ’n kroniek, soos die subtitel ook tereg aandui, en dus ’n selektiewe samevatting van die belangrikste gebeurtenisse in die UVM en later SAW se geskiedenis van 82 jaar; met ander woorde, vanaf 1912 tot 1994. In die eerste hoofstuk word ’n kort oorsig van die UVM/SAW se voorgeskiedenis, 1652 tot 1912, verskaf. Hoofstuk 2 word aan die stigting en

(2)

JOURNAL/JOERNAAL 38(2) December/Desember 2013

206

eerste jare van die UVM gewy; hoofstuk 3 handel oor die UVM se rol tydens die Eerste Wêreldoorlog, waaronder die veldtogte in Duits-Suidwes-Afrika, Duits-Oos-Afrika, aan die Europese wesfront en in Palestina; hoofstuk 4 beskryf die tussen-oorlogse jare, 1918 tot 1939; hoofstuk 5 die UVM se rol tydens die Tweede Wêreldoorlog (1939-1945), insluitend die veldtogte in Abessinië, Noord-Afrika en in Italië. In hoofstuk 6 word die naoorlogse jare vanaf 1945 tot 1959 aan die bod gestel. Vervolgens word die SAW se geskiedenis in die vorige eeu se sestigerjare (hoofstuk 7), sewentigerjare (hoofstuk 8) en tagtigerjare (hoofstuk 9) chronologies hanteer, met spesiale verwysing na die oorlog in Suidwes-Afrika/ Namibië en in Angola (1966-1989) en daarna die SAW se laaste jare, 1990 tot 1994, in hoofstuk 10. In die kort slothoofstuk (hoofstuk 11), lewer die outeur (kursories) kommentaar oor, onder meer, die Suid-Afrikaanse Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) se hantering van die voormalige SAW.

CJ Nöthling se Kroniek van die Suid-Afrikaanse Weermag (1912-1994) verskaf ’n magdom basiese inligting omtrent die UVM en SAW en kan dus as ’n handige naslaanwerk gebruik word. Hopelik sal dit iemand, wat nie veel weet van die geskiedenis van Suid-Afrika se gewapende magte nie, aanspoor om meer omtrent dié boeiende, dog ook omstrede, geskiedenis te lees. (Kyk in hierdie verband ook die bronnelys, pp. 177-183.) Veel meer indringende en analitiese navorsing moet egter nog oor Suid-Afrika se land-, lug- en seemagte gedoen word, insluitend ook oor die post-1994 SANW. Dìt vorm deel van die uitdagings van die toekoms.

André Wessels

Departement Geskiedenis, Universiteit van die Vrystaat en Besoekende Genoot, Australian Defence Force Academy

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

H2b: “Persuasion knowledge zal het hoogst zijn bij traditionele media, daarom zullen consumenten het merk beter herinneren bij single-medium met de combinatie TV-TV”..

Simple main effects on inferred influence showed that only the painter of the abstract focal painting appeared significantly more influential in a different style context than in

They include “Translation of internal guidelines into work flow fragments", “Integration of decision support based on external guidelines", “Pro- cess mining to prove

Die doel van die studie was om eerstens ʼn uiteensetting te gee van waaroor transnasionale geskiedenis handel; om tweedens ʼn lewensbeskrywing van ʼn individuele

Tot slot was de driewegsinteractie tussen conditie, valentie en BIS/BAS groep eveneens niet significant wat impliceert dat deelnemers in de verschillende BIS/BAS groepen in

Eigen vertaling: Spanje in crisis […] is uitgegroeid tot een bron van negatieve berichten […] Wat er met Frankrijk gebeurt toen de rellen in de migranten buitenwijken ontstonden,

Table 2 Correlations between Introversion, Openness to Experience, Concentration, Preference for Solitude, Daydreaming, Meta-Cognition and Ingenuity.. The direction of

The analysis of the second hypothesis showed strong evidence that the ambidexterity- performance relation could indeed be explained by those ambidextrous freelancers that have