• No results found

Die verband tussen die psigososiale welstand en supervisie van Kinder- en Jeugsorgwerkers binne Kinder- en Jeugsorgsentrums

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Die verband tussen die psigososiale welstand en supervisie van Kinder- en Jeugsorgwerkers binne Kinder- en Jeugsorgsentrums"

Copied!
144
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

Die verband tussen die psigososiale welstand en supervisie van

Kinder- en Jeugsorgwerkers binne Kinder- en

Jeugsorgsentrums.

C. Bam

orcid.org/0000-0003-3954-4809

Skripsie voorgelê ter nakoming vir die graad

Magister Maatskaplike Werk in

Kinderbeskerming

aan die Noordwes Universiteit.

Studieleier: Dr. H. Malan

Gradeseremonie: Mei 2019

(2)

VERKLARING VAN TAALVERSORGER

Friday, March 08, 2019

To whom it may Concern

Dissertation: Master of Social

Work in Child Protection

I hereby declare that I have proofread and edited the dissertation of:

Chevonne Bam

Student No.: 23507616

And the dissertation is ready to be handed in.

Kind regards

Miss. Hannelie Pretoruis

hannelie.proefleser@gmail.com

(3)

VERKLARING VAN STUDENT

(4)
(5)

BEDANKINGS

Ek wil graag my opregte dankbaarheid aan die volgende mense opdra:

 Aan my ouers, Billy en Charmaine, baie dankie vir al julle liefde, ondersteuning, motivering en op offeringe. Sonder julle was dit ʼn onmoontlike taak.

 My grootouers, Ouma Yvonne, Ouma Dot en Oupa Martin. Baie dankie vir julle liefde, gebede en aanmoediging. Dankie dat julle my inspireer en geleer het om nooit op te gee nie.

 Aan Nelis Genis, jy is die lig in my lewe. Dankie vir jou geduld, liefde en bystand. Jy is vir my gestuur.

 My familie en vriende wat familie is, dankie vir julle moed in praat, bystand en gebede.  Aan NWU Pukke, al my leermeesters, julle is elkeen iemand wat jul studente tot

hoogtes en sukses bring.

 Aan my mentor, Dr. Malan, daar is nie woorde wat kan beskryf wat u vir my beteken nie. Dankie vir u geduld, liefde en lesse wat ek by u geleer het. U inspireer my en gee my vlerke.

 Aan die Kinder- en Jeugsorgsentrums wat aan die studie deelgeneem het. Sonder julle was die studie nie moontlik nie.

 Aan al die Kinder-en Jeugsorgwerkers, baie dankie vir jul tyd om aan die studie deel te neem. Julle is oneindig belangrik. Elkeen van julle is ʼn engel wat met die hand uitgekies is. Dankie vir julle goeie en harde werk.

Jeremiah 29:11 “. . . Aan my Hemelse Vader, dankie vir die plan wat U vir my het. U liefde vir my is oneindig. My oë is altyd na U gerig.”

(6)

VOORWOORD

Hierdie verhandeling word in die artikel formaat voorgelê volgens die riglyne van die Handleiding vir Meesters- en Doktorsgraad studies (2016) van die Noord-Wes Universiteit.

Die artikel gaan by die Social Work/Maatskaplike Werk joernaal ingedien word. Riglyne vir indiening kan op die volgende bladsy gevind word.

(7)

FOREWORD

This dissertation is presented in the article format according to the guidelines of the Manual of Masters and Doctoral Studies (2016) of the North-West University.

The article will be submitted to the Social Work/Maatskaplike Werk journal. Guidelines for submission can be found on the next page.

(8)

INSTRUKSIES AAN DIE OUTEURS

SOCIAL WORK/MAATSKAPLIKE WERK

Riglyne vir die indiening van ʼn artikel by die joernaal sluit die volgende in:

“Bydraes mag in Afrikaans of Engels geskryf word. Alle artikels moet vergesel van ’n Engelse

opsomming van nie meer as honderd (100) woorde nie. Alle bydraes sal krities deur ten minste twee keurders beoordeel word. Beoordelings is streng vertroulik. Manuskripte sal aan die outeurs teruggestuur word indien die styl nie ooreenstem met die tydskrif se standaard nie. Artikels van minder as twee duisend (2,000) woorde of meer as tien duisend (10,000) woorde sal normaalweg nie oorweeg word vir publikasie nie. Manuskripte moet in Times New Roman, 12pt en dubbel-spasiëring gestuur word. Verwysings moet volgens die Harvard-styl geskied. Verwysings in die teks: Wanneer woordelike sitate, feite of argumente uit ander bronne gesiteer word, moet die van(ne) van die outeur(s), jaar van publikasie en die bladsy tussen hakkies in die teks verskyn, bv. “. . . (Berger, 1967:12).”

(9)

OPSOMMING

TITEL: Die verband tussen die psigososiale welstand en supervisie van Kinder- en Jeugsorgwerkers binne Kinder- en Jeugsorgsentrums.

DEFINISIES VAN SLEUTEL TERME:

Kinder- en Jeugsorgwerkers (KJW): “Professionele Kinder- en Jeugsorg praktyk fokus op babas, kinders en adolessente, insluitende diegene met spesiale behoeftes, binne die konteks van familie, die gemeenskap en lewensruimte van die kinders,” (Curry, Eckles, Stuart, Qaqish, 2010).

Kinder- en Jeugsorgsentrums (KJS): “. . . ʼn fasiliteit wat voorsiening maak vir residensiële sorg vir meer as ses (6) kinders buite die kind se familie omgewing, in ooreenstemming met residensiële programme wat geskik is vir die kinders in die fasiliteit” (South Africa,

2005:ss191(1)).

Psigososiale welstand: Die term psigososiale welstand, verwys na die verhouding tussen psigologiese en sosiale funksionering van die individu (Kleynhans, 2015:2).

Supervisie: “Kliniese supervisie is ʼn interaktiewe proses waar ʼn toesighouer (supervisor) aangestel is om die persoon onder toesig by te staan en leiding te gee in die direkte praktyk van die persoon wat toesig ontvang in die areas van administrasie, opleiding en ondersteuning”

(Munson, 2009:10).

Ondersteuning: Sosiale ondersteuning verwys na ʼn persoon se formele en informele ondersteuningsnetwerk (Van Zyl, 2016:6).

(10)

Die doel van die studie was om die verband tussen die psigososiale welstand en supervisie van Kinder- en Jeugsorgwerkers (KJW) binne Kinder- en Jeugsorgsentrums (KJS) te ondersoek en te beskryf om vas te stel of die KJW genoegsame psigososiale ondersteuning binne die werksplek verkry.

Afdeling A bestaan uit twee (2) gedeeltes. Deel 1 van Afdeling A, fokus op die navorsing oriëntasie en probleem stelling sowel as ʼn opsomming van die navorsingsmetodologie wat gebruik is was die studie uit te voer.

Deel 2 bestaan uit die literatuurstudie wat uitgevoer was. Die navorsingsprobleem van die studie is as volg:

KJW word as die primêre versorgers van kinders binne KJS gesien. Kinders word wetlik in die sorg van KJS geplaas indien daar deur die hof bevind word dat die kinders sorg en beskerming benodig as gevolg van verskeie redes soos kindermishandeling en verwaarlosing. Hierdie kinders is aan trauma blootgestel en dit kan lei tot sekondêre trauma en selfs emosionele uitbranding van die persone in wie se sorg die kinders geplaas word. Dit is dus belangrik dat KJW genoegsame psigososiale ondersteuning verkry om te verseker dat hulle hoë gehalte dienste aan die kinders lewer. Daar is beperkte literatuur en studies beskikbaar oor die psigososiale welstand van KJW. Die probleemstelling het tot een navorsingsdoel gelei en dit was dus om vas te stel of daar ʼn verband tussen die psigososiale welstand en supervisie van

KJW is. Daar was gebruik gemaak van kwantitatiewe navorsingsmetode en kwantitatiewe data insamelingsmetode. Die literatuurstudie het gefokus op die ekologiese sisteem teorie, sorgbehoewende kinders, KJS in Suid-Afrika, KJW, die psigososiale welstand van KJW en supervisie.

(11)

Afdeling B behels die Joernaal artikel wat gestuur word aan die Social Work/Maatskaplike Werk Joernaal. Die artikel bestaan uit die navorsing oriëntasie, probleemstelling, navorsingsmetodologie en die resultate van die studie. Daar was gebruik gemaak van ʼn demografiese vraelys en twee (2) gestandaardiseerde vraelyste om die kwantitatiewe data in te samel. Die een (1) vraelys het gefokus op die psigososiale welstand van KJW en die ander een op die verhouding wat die KJW met hul toesighouer het. Daar is verbande tussen supervisie en die psigososiale welstand van KJW geïdentifiseer om die bevindinge van die studie te maak.

Afdeling C bestaan uit die samevatting en gevolgtrekking van die studie wat uitgevoer is. Daar word ook aanbevelings gemaak aan die betrokke Kinder- en Jeugsorgsentrums, sowel as aanbevelings vir toekomstige navorsing.

(12)

SUMMARY

TITLE: The relationship between the psychosocial well-being and supervision of Child and Youth Care Workers in Child and Youth Care Centres.

DEFINITIONS OF KEYWORDS:

Child and Youth Care Workers: “Professional Child and Youth Care Practice focuses on babies, children and adolescents, including those with special needs, within the context of family, community and living space of the children” (Curry, Eckles, Stuart, Qaqish, 2010 ).

Child and Youth Care Centers: “. . . a facility that provides residential care for more than six children outside the child’s family environment, in accordance with residential programs suitable for the children in the facility” (South Africa, 2005) : ss191 (1)).

Psychosocial well-being: The term psychosocial well-being refers to the relation between psychological and social functioning of the individual (Kleynhans, 2015:2).

Supervision: “Clinical supervision is an interactive process where a supervisor is appointed to assist the supervised person and direct the direct practice of the supervised person in the areas of administration, training and support” (Munson, 2009:10).

Support: Social support refers to a person’s formal and informal support network (Van Zyl, 2016:6).

The aim of the study was to investigate and describe the relationship between the psychosocial well-being and supervision of Child and Youth Care Workers (CYCW) within Child and Youth Care Centers (CYCC) to determine whether the CYCW obtain sufficient psychosocial support within the workplace.

(13)

Section A consists of two (2) parts. Part one (1) of Section A focuses on the research orientation and problem statement as well as a summary of the research methodology used to carry out the study. Part two (2) consists of the literature study that was conducted. The research problem of the study is as follows:

CYCW is seen as the primary caregivers of children within CYCC. Due to various reasons such as child abuse and neglect, children are lawfully placed in the care of CYCC if the children are found in need of care and protection by the court. These children are exposed to a lot of trauma, which can lead to secondary trauma and even emotional burnout of those in whose care the children are placed. It is therefore important that CYCW acquire sufficient psychosocial support to ensure that they provide high quality services to the children. There are limited literature and studies available on the psychosocial well-being of CYCW. The problem statement led to one research objective and thus it was to determine if there was a connection between the psychosocial well-being and supervision of CYCW. Quantitative research metods and quantitative data collection method was used. The literature study focused on the ecological system theory, children in need of care and protection, CYCC in South Africa, CYCW, the psychosocial well-being CYCW and supervision within CYCC.

Section B consists the journal article that will be submitted to the Social Work/Social Work Journal. The article consists of the research orientation, problem statement, research methodology and the results of the study. A demographic questionnaire and two (2) standardized questionnaires were used to collect the quantitative data. The one (1) questionnaire focused on the psychosocial well-being of CYCW and the other one on the relationship the CYCW had with their supervisor. Relationships between supervision and the psychosocial well-being of CYCW have been identified to make the findings of the study.

(14)

Section C consists of the summary and conclusion of the study conducted. Recommendations were also made to the relevant Child and Youth Care Centres, as well as recommendations for future research.

(15)

INHOUDSOPGAWE

DEEL 1: NAVORSING ORIËNTASIE EN PROBLEEMSTELLING. ...1

1.1 Inleiding: ...1

1.2 Probleemstelling: ...6

1.3 Doel van die navorsing: ...7

1.3.1 Doelwitte van die navorsing:...7

1.4 Hipotese: ...7

1.5 Oorsig van literatuur ...7

1.6 Navorsingsmetodologie: ...8

1.6.1 Navorsingsbenadering en ontwerp: ...8

1.6.2 Populasie: ...9

1.6.3 Steekproef en motivering: ...11

1.6.4 Proses van steekproefneming: ...11

1.6.5 Werwing van deelnemers: ...12

1.6.6 Steekproef insluitingskriteria: ...13

1.6.7 Steekproef uitsluitingskriteria: ...13

1.6.8 Data insameling: ...14

1.6.9 Data analise: ...15

(16)

1.7.1 Moontlike ervarings van deelnemers: ...16

1.7.2 Gevare, risiko’s en voorsorgsmaatreëls: ...16

1.7.3 Voordele vir die deelnemers: ...17

1.7.4 Voordele vir die professie en akademiese gemeenskap: ...17

1.7.5 Kundigheid, vaardighede en wetlike bevoegdhede: ...18

1.7.6 Fasiliteite: ...18

1.7.7 Ingeligte toestemming: ...19

1.7.8 Privaatheid en konfidensialiteit: ...19

1.7.9 Bekendmaking van resultate: ...20

1.7.10 Vergoeding van deelnemers: ...20

1.7.11 Stoor van data: ...21

1.8 Betroubaarheid en geldigheid: ...21 1.9 Hoofstuk indeling: ...22 DEEL 2: LITERATUURSTUDIE: ...23 2.1 Inleiding: ...23 2.2 Teoretiese raamwerk: ...23 2.2.1 Mikrosisteem: ...24 2.2.2 Mesosisteem: ...25 2.2.3 Eksosisteem: ...25 2.2.4 Makrosisteem: ...25

(17)

2.2.5 Kronosisteem: ...26

2.3 Sorgbehoewende kinders: ...26

2.4 Kinder- en Jeugsorgsentrums in Suid-Afrika: ...27

2.4.1 Onwikkelingsprogramme: ...29

2.4.2 Terapeutiese programme: ...29

2.4.3 Rekreasie programme: ...30

2.5 Kinder- en Jeugsorgwerkers: ...30

2.5.1 Die rol van binding tussen die kinders en die KJW: ...32

2.5.2 Die terapeutiese verhouding: ...33

2.5.3 Versorging en ontwikkeling van kinders binne hul lewensruimte: ...34

2.5.4 Gedragsbestuur: ...35

2.5.5 Multidissiplinêre spanne: ...35

2.5.6 Administrasie: ...36

2.6 Die Psigososiale Welstand van Kinder- en Jeugsorgwerkers: ...36

2.6.1 Werk organisasie en inhoud: ...38

2.6.2 Eise by die werk: ...39

2.6.3 Sosiale verhoudings en leierskap: ...40

2.6.4 Veiligheid en bevrediging: ...40

2.6.5 Gesondheid en welstand: ...41

(18)

2.7 Supervisie: ...42

2.7.1 Norms en standaarde vir supervisie: ...42

2.7.2 Funksies van supervisie: ...43

2.7.3 Administrasie: ...44

2.7.4 Opleiding: ...44

2.7.5 Ondersteuning: ...45

2.8 Samevatting: ...46

2.9 Aanbieding van die navorsingsverslag: ...46

AFDELING B: ARTIKEL: DIE VERBAND TUSSEN DIE PSIGOSOSIALE WELSTAND EN SUPERVISIE VAN KINDER- EN JEUGSORGWERKERS IN KINDER- EN JEUGSORGSENTRUMS. ...58 NAVORSINGSMETODOLOGIE EN RESULTATE ...58 3.1 Inleiding: ...60 3.2 Probleemstelling: ...61 3.3 Doel:………62 3.4 Navorsingsmetodologie ...62 3.4.1 Deelnemers: ...63 3.4.2 Steekproef strategieë: ...63

3.4.3 Data insameling metode: ...64

(19)

3.4.5 Data analisering: ...67

3.5 Etiese aspekte: ...67

3.6 Navorsingsbevindinge: ...68

3.6.1 Betroubaarheid en geldigheid van skale: ...68

3.6.3 Interverhouding tussen faktore: ...75

3.6.4 Vergelykings tussen groepe: ...76

3.7 Bespreking: ...81

3.8 Gevolgtrekking en aanbevelings: ...83

3.8.1 Aanbevelings aan KJS: ...83

3.8.2 Aanbevelings vir verdere navorsing: ...84

AFDELING C: SAMEVATTING, GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS ...89

4.1 Inleiding: ...89

4.2 Doel van die navorsing ...89

4.3 Navorsingsmetodologie ...90

4.4 Resultate ...90

4.4.1 Psigososiale welstand van KJW ...90

4.4.2 Die verhouding wat KJW met hul toesighouers het ...91

4.4.3 Die verband tussen supervisie en die psigososiale welstand van KJW ...91

(20)

4.5 Beperkinge in die studie ...92

4.6 Aanbevelings en implikasies vir verdere navorsing en praktyk ...93

4.6.1 Aanbevelings vir KJS ...93

4.6.2 Aanbevelings vir verdere navorsing ...93

4.7 Gevolgtrekking ...94

Addendum A: Inligtingsdokument……….……97

Addendum B: Ingeligte Toestemming………..100

Addendum C: Demografiese Vraelys………102

Addendum D:Copenhagen Pshycosocial Questionnaire II………104

Addendum E: Supervisory Relationship Questionnaire……….106

Addendum F:Advertensie………...108

Addendum G: Versoek om toestemming aan KJS….………109

Addendum H: Toestemmingsdokumente van KJS………111

(21)

LYS VAN TABELLE:

Tabel 1 - Psigososiale welstand resultate gebasseer op COPSOQ II ... 73

Tabel 2 - Supervisie resultate ... 74

Tabel 3 - Korrelasies tussen faktore ... 76

Tabel 4 - Geslag T-Toetse ... 77

Tabel 5 - Beskrywende statistieke van etniese groepe ... 78

Tabel 6 - Huwelikstatus ... 80

(22)

LYS VAN FIGURE:

Figuur 1- Psigososiale faktore ...38

Figuur 2 - Aantal deelnemers aan die studie ...70

(23)

AFDELING A: NAVORSING ORIËNTASIE.

DEEL 1: NAVORSING ORIËNTASIE EN PROBLEEMSTELLING.

1.1 Inleiding:

Jaarliks word verskeie bewusmakingsveldtogte en programme om kinders teen verwaarlosing en mishandeling te beskerm, geloods. Kinders word egter steeds daagliks uit hul ouerhuise verwyder weens verwaarlosing en/of mishandeling. Volgens Ward (2006:337) ervaar kinders erge trauma in hul gesinne van oorsprong, sowel as binne die ekologiese konteks van skool, omgewing en gemeenskap, voordat hulle dikwels in residensiële sorg in Kinder- en Jeugsorgsentrums (KJS) geplaas word. Hierdie kinders is heel dikwels ook blootgestel aan verskillende vorms van mishandeling, verwaarlosing, trauma en disfunksionele gesinsverhoudings (Ward, 2006:337). Gevolglik kan hierdie kinders emosioneel meer veeleisend wees en hul psigososiale welstand negatief geaffekteer wees. Die plasing van kinders in KJS word as ʼn laaste versorgings alternatief aanbeveel, aangesien hierdie opsie die ouer-kind verhouding vervang en die kind in die sorg van die staat geplaas word (Schӓfer, 2011:483). Volgens navorsing word min kinders teruggeplaas in hul ouerlike of familie se sorg (Mosia, 2014:5).

Ten spyte daarvan dat residensiële plasings as laaste alternatief aanbeveel word, was daar in 2010 ʼn totaal van dertien duisend twee honderd en vyftig (13,250) kinders in Suid-Afrika se geregistreerde KJS versorg (UNICEF, 2011:53). Volgens die Alternate Report Coalition - Child rights (2017:74) is daar tans geen data beskikbaar om te bepaal hoeveel kinders vir die eerste keer verwyder is as gevolg van verwaarlosing of mishandeling nie. Daar is ook geen data beskikbaar oor die hoeveelheid kinders wat herenig word met hul families na die verwydering nie.

(24)

KJS kan gedefinieer word as ʼn fasiliteit wat voorsiening maak vir residensiële sorg vir meer as ses (6) kinders buite die kind se biologiese familie omgewing in ooreenstemming met ʼn residensiële sorg program vir die kinders in daardie fasiliteit. Dit sluit die volgende fasiliteite uit: gedeeltelike sorg fasiliteite, deurloop sentrums, koshuise, gevangenis en enige instituut wat opgerig is met die doel om onderrig aan kinders te bied (South Africa, 2005: ss191(1)). Om uiteindelik ʼn familie gebaseerde opset in ʼn KJS te skep is dit noodsaaklik dat daar volwassenes

is wat die rol van ouers kan vervul. Hierdie volwassenes word Kinder- en Jeugsorgwerkers (KJW) genoem. Barford en Welton (2010:273) beskryf KJW as “professionele persone wat

deurlopende kontak met kinders en jeug het en daarvoor verantwoordelik is om in hierdie kinders se daaglikse behoeftes te voorsien”.

Vir die doel van die studie is dit belangrik om die omvang van die praktyk van die KJW te verstaan. Die Social Service Professions Act: Regulations: Child and Youth Care Workers, auxiliry Child and Youth Care Workers and student Child and Youth Care Workers. (DSD, 2014 (Act no. 110 of 1978)) het die beginsels vir die omvang van die praktyk vir KJW uiteengesit. ʼn KJW se verantwoordelikhede kan soos volg opgesom word:

a) Versorging, ontwikkeling en gedragsbestuur van kinders waar hulle fisiese, emosionele, geestelike, kognitiewe, sosiale- en ontwikkelings behoeftes beskerm word; b) Ontwikkeling en implementering van programme en beplande aktiwiteite wat gebaseer

is op die kinders en jeug se geïdentifiseerde behoeftes;

c) Assessering van die ontwikkeling van kinders en jeug, sowel as ontwikkelingspel binne hul lewensruimte (“life space”) (lewensruimte kan beskryf word as die omgewing waarin ʼn persoon se daaglikse vloei van aktiwiteite plaasvind (DSD, 2014:6));

(25)

e) Kinder- en Jeugsorg administrasie, beleidsontwikkeling, voorspraak vir kinderregte, konsultasie, supervisie en deelname aan multidissiplinêre spanwerk.

Volgens die verantwoordelikhede vervul die KJW ʼn sleutelrol in die daaglikse aktiwiteite van kinders in KJS. Die welstand van personeel, en spesifiek KJW in die versorging van kinders is dus in die beste belang vir die effektiewe funksionering van enige KJS. Kinders in ʼn KJS het weens die redes van hul verwydering een of ander trauma beleef, en Modlin (2018:3-4) noem dat die effek van trauma op die kinders, individue wat met die kinders werk kan affekteer as gevolg van die emosionele trauma van die kinders en die gedrag wat die kinders kan manifesteer. Dit kan lei tot sekondêre trauma en emosionele uitbranding van KJW (Modlin, 2018:4). Weens die emosioneel veeleisende en dreinerende verantwoordelikheid wat KJW het, kan dit ʼn effek op hul psigososiale welstand hê en is daar ʼn groot risiko onder KJW vir

emosionele uitbranding (Greyvensteyn, 2010:53-54; Van Niekerk, 2010:96). Lakin, Leon en Miller (2008:249) noem dat verdere studies gemotiveerd kan word omrede daar min aandag gegee word in navorsing met die fokus op uitbranding van KJW.

Uitbranding sluit volgens Lakin et al., (2008:250) drie (3) aspekte in, naamlik emosionele uitputting, depersonalisasie en ʼn tekort aan persoonlike prestasie. Emosionele uitputting word as die hoof faktor van uitbranding gesien en kan beskryf word as “die uitputting van emosionele energie en ʼn gevoel dat die persoon se emosionele hulpbronne nie genoegsaam is om sekere situasies te hanteer nie” (Lakin et al., 2008:250; Herbert, 2011:15). Uitbranding kan ʼn direkte gevolg wees van ʼn persoon se psigososiale welstand wat nie van so aard is om alledaagse

uitdagings te hanteer nie. Molepo (2015:291-306), Rusby, Jones, Crowley en Smolkowski (2012:1590-1593), sowel as Greyvensteyn (2010:53), bevestig dat KJW psigososiale-, professionele- en sosio-ekonomiese uitdagings ervaar.

(26)

Volgens Michael (2009:42-43) is supervisie in die veld van Kinder- en Jeugsorg nog onderontwikkeld, en steeds gebaseer op ander professies se waardes, benaderings en oortuigings. Navorsing deur onder meer Fant en Ross, (Michael, 2009:43) verwys daarna dat daar reeds sedert 1979 na supervisie verwys word as die ruggraat in KJS en noodsaaklik is vir KJW om hul daaglikse emosionele eise te hanteer. Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling (DSD, 2014:6) beskryf in die Social Service Profession Act 110 of 1978: Regulations for Child and Youth Care workers, supervisie as “ondersteuning en leiding wat aan ʼn KJW voorsien word om sy/haar ontwikkeling in die werksomgewing te fasiliteer”.

Lewis, Packard en Lewis (2012:11) beskryf supervisie in die werksplek as die bydrae tot ʼn werker se effektiwiteit in dienslewering deur ondersteuning en motivering, ontwikkeling van vaardighede en bevoegdhede, en die nasien van die werker se daaglikse take.

Volgens Delano (2002:51-64) en Michael (2009:48) bestaan supervisie aan KJW uit drie (3) aspekte naamlik administrasie, opleiding en ondersteuning. Die opleiding aspek behels vaardighede, geleenthede vir opleiding, die skep van ʼn atmosfeer waar dit aanvaarbaar is om

foute te maak en daaruit te leer, asook evaluasies met spesifieke doelwitte (Delano, 2002:51-64). Administrasie behels die beplanning van daaglike take en aktiwiteite, sowel as die opstel van alle beleide en dokumente. Ondersteuning in supervisie is volgens Delano (2002:51-64) die belangrikste aspek, maar tog die moeilikste vir die toesighouer om uit te voer. Ondersteuning in supervisie behels motivering, empatie, ondersteuning van besluite, hulp, belegging in persoonlike en professionele groei, die vermoë om die werker se leefstyl in ag te neem en die maak van evaluasies wat ondersteuning bied. Supervisie is dus ʼn bestaande

(27)

Die gebrek aan voldoende supervisie in die veld van Kinder- en Jeugsorg in residensiële fasiliteite is volgens Michael (2009:1) duidelik sigbaar en word ook dikwels deur personeel uitgelig as ’n gaping in hul ondersteuningstelsels. Thesen (2014:116) bevind dat gebrekkige supervisie een van die grootste uitdagings is wat KJW ervaar. Van Niekerk (2010:1) voer aan dat die ondersteuning wat die KJW van die kernrolspelers (maatskaplike werk bestuur of maatskaplike werker) ontvang, ʼn bepalende faktor is van hoe effektief die KJW hul daaglikse

take uitvoer. Michael (2005:1) beklemtoon ook dat supervisie aan KJW gelewer word deur professionele persone wat nie die terapeutiese rol van KJW, erken nie. Gevolglik lei dit daartoe dat supervisie wel plaasvind, maar nie voldoende is vir die KJW se psigososiale behoeftes nie. Delano (2002:51-64) stel dat alhoewel daar tans meer gefokus word op die opleiding van KJW, die toesighouers nie altyd in staat is om die dinamika van die werks-kondisies van die KJW te verstaan nie. Hieruit lei die navorser af dat indien die toesighouers nie die nodige kennis dra van die ekstreme probleme wat KJW ervaar nie, kan dit moontlik ʼn direkte invloed op die KJW

se psigososiale welstand hê.

Van Niekerk (2010:100) bevind verder in die studie dat die KJW se verhoudings met die maatskaplike werk bestuur nie altyd positief is nie, en gevolglik is daar nie genoeg vertroue in die persone wat supervisie dienste lewer nie. Dit kan ook daartoe lei dat indien daar wel supervisie plaasvind, dit oneffektief is. Dit is egter die bestuur se verantwoordelikheid om die KJW by te staan in hul daaglikse opvoeding en versorgingstake van die kinders, die KJW te evalueer vir professionele ontwikkeling en om praktiese en emosionele ondersteuning aan die KJW te bied (Van Niekerk, 2010:39).

(28)

1.2 Probleemstelling:

In ʼn onlangse studie, argumenteer Molepo (2015:152) dat professionele uitdagings wat KJW binne KJS ervaar, ʼn hoofoorsaak van uitbranding by KJW kan wees, en dat dit nie voldoende

nagevors is nie. Volgens van Niekerk (2010:34) het langdurige stres ʼn negatiewe invloed op ʼn persoon se fisiese en emosionele welstand.

Een van die fokuspunte van maatskaplike navorsing is psigososiale probleme (South Africa, 2013:40). “Maatskaplike navorsing bevoordeel die diensbegunstigdes, praktisyns, wetgewende mag, opvoedkundiges en die publiek deur voorkomings en intervensie strategieë te ondersoek. Die studie van sterktes, behoeftes en interpersoonlike verhoudings van families, groepe, gemeenskappe en maatskaplike organisasies, verskaf bewyse vir beter dienslewering en publieke beleide en verskaf riglyne vir navorsingsgebasseerde intervensies” (South Africa, 2013:40).

Die psigososiale welstand van KJW is ʼn kritiese kwessie wat ʼn invloed op die kinders binne residensiële sorg se langtermyn ontwikkeling kan hê asook op die organisasie as geheel (Van Niekerk, 2010:34). Een van die National Development Plan (NDP) se fokus punte is dat daar navorsing gedoen moet word oor kritiese kwessies wat langtermyn ontwikkeling van kinders kan affekteer (National Planning Commission, 2012:26). Volgens Decker, Bailey en Westergaard (2002:74) is effektiewe supervisie, die sleutel tot voorkoming van uitbranding. Rusby et al. (2012:1600) argumenteer ook dat meer verkenning van stres in huis gebaseerde opsette, navorsers sal toelaat om intervensies en beleide te ontwikkel om die positiewe psigososiale welstand van KJW te ondersteun, wat dan moontlik sal lei tot positiewe versorging en ontwikkeling van kinders.

(29)

1.3 Doel van die navorsing:

Die doel van die studie is om die verband tussen supervisie en die psigososiale welstand van KJW binne die werksplek te ondersoek en te beskryf.

1.3.1 Doelwitte van die navorsing:

 Om kwantitatief die huidige psigososiale welstand van KJW te bepaal deur die gebruik van ʼn gestandaardiseerd vraelys.

 Om kwalitatief faktore te verken wat bydrae tot die KJW se psigososiale welstand het.  Om gevolgtrekkings en aanbevelings te maak ten einde die psigososiale welstand van

KJW wat binne KJS werk, te verbeter.

1.4 Hipotese:

Die volgende hipotese kan vanuit die navorsing gestel word: Daar is ‘n verband tussen supervisie en die psigososiale welstand van KJW.

1.5 Oorsig van literatuur

Ten einde die empiriese studie van hierdie navorsing te ondersteun, was ’n literatuur oorsig van Suid-Afrikaanse en internasionale literatuur uitgevoer. Fouché en Delport (2011:134) verduidelik dat voorlopige leeswerk oor ’n onderwerp belangrik is om die navorser te voorsien van kennis wat verband hou met die voorgestelde navorsingsonderwerp. Daarom is beskikbare boeke, artikels en tydskrifte oor konsepte van psigososiale welstand van KJW asook supervisie aan KJW bestudeer om beter kennis oor die onderwerp te verkry. ’n Literatuur oorsig was prominent tydens die begin- en middelstadium van die navorsing om die probleem te verstaan asook om die gaping te identifiseer. Temas wat as deel van die literatuuroorsig ingesluit is, sluit

(30)

in: Kinder- en Jeugsorgwerkers; psigososiale welstand, supervisie en ondersteuning aan KJW. ’n Beperkte aantal bronne spesifiek ten opsigte van supervisie aan KJW is gevind, so ook was daar ʼn tekort aan navorsing gevind ten opsigte van die verbandhoudende aspek tussen die

psigososiale welstand van KJW en supervisie wat hulle ontvang.

Bronne soos artikels, wetgewing, beleide, navorsingsverslae, proefskrifte en die internet is in hierdie studie geraadpleeg. Databasisse wat ook geraadpleeg is om onlangse gepubliseerde joernale of artikels wat verband hou met die studie te identifiseer, sluit die volgende in: Google Scholar EBSCO Host Web, Science Direct, SAGE-publikasies, Suid-Afrikaanse en Internasionale Tydskrifte en Boeke, asook van die outeurs van kinder- en jeugsorgwerk artikels wat in Suid-Afrika geskryf is.

1.6 Navorsingsmetodologie:

Die navorsingsbenadering in hierdie studie was ʼn kwantitatiewe benadering. Die

navorsingsmetodologie sluit in die literatuurstudie, data insameling, data analisering en die voorlegging van die resultate.

1.6.1 Navorsingsbenadering en ontwerp:

Die navorsingsbenadering in hierdie studie sal ʼn kwantitatiewe benadering wees. Fouché, Delport en De Vos (2011:142) noem dat die doel van ʼn kwantitatiewe studie behels om die

verhouding tussen veranderlikes te verduidelik. Babbie (2014:437) verduidelik dat die data numeries ingesamel word en statisties geëvalueer word. Die twee (2) veranderlikes wat in die navorsing ingesluit word, is: psigososiale welstand en supervisie.

Die navorsingsontwerp is die plan waarvolgens die navorser sistematies te werk gegaan het. Die navorser het gebruik maak van ʼn nie-eksperimentele ontwerp.

(31)

Die nie-eksperimentele ontwerp beskryf wat gebeur en ondersoek verwantskappe sonder dat toestande gemanipuleer word (Fouché et al., 2011:156). Die nie-verkennende aard van die studie word verder geïllustreer deurdat ʼn beperkte steekproef KJS gebruik is. Volgens Fouché et al. (2011:156) is die doel van ʼn deursnee studie om ʼn groep mense te ondersoek om vas te

stel indien daar ʼn spesifieke probleem in die groep is, asook die vlak van die probleem. In

hierdie studie wou die navorser spesifiek vasstel of daar tussen-respondent verskille bestaan ten aansien van supervisie en welstand tellings op die vraelyste wat gebruik was.

Die navorsing is beskrywend van aard aangesien die navorser meer spesifieke kennis rakende die verband tussen psigososiale welstand en supervisie van KJW wat in residensiële versorgings fasiliteite werk, te wete kom. Beskrywende navorsing verwys na ’n meer intensiewe ondersoek van die verskynsel en hul dieper betekenis lei tot meer volledige beskrywing (Fouché et al., 2011:156). Dit bied ’n beeld van die spesifieke besonderhede van ’n situasie en fokus op die “hoe” en “hoekom” vrae (Fouché & De Vos, 2011:96). Die navorser

het gepoog om die “hoe” en “hoekom” vrae te beantwoord met die navorsing om die verskynsel te verstaan. Die navorser het dit ook ten doel om nuwe benaderings en insig tot die psigososiale welstand en supervisie van KJW aan professionele persone te verskaf, wat later gebruik kan word in meer omvattende studies. Die stel en toets van ʼn hipotese ten opsigte van die verband tussen die twee (2) veranderlikes stel die navorser in staat om deduktief sekere afleidings te maak uit die data.

1.6.2 Populasie:

Volgens Fouché en Delport (2011:110) moet die navorsingsvoorstel inligting oor die populasie insluit en antwoorde op vrae soos wie gaan deel van die bevolking uitmaak tydens die navorsing, verskaf. Die navorsingspopulasie kan dus gesien word as die individue/sisteme wat gekies is vir die beoogde studie.

(32)

Volgens Rubin en Babbie (2013:160) behels die populasie van die studie die samevoeging van elemente waaruit die steekproef gekies word.

Die navorser het verskeie KJS in verskillende provinsies, onder andere Gauteng, Limpopo, Noordwes, en die Wes-Kaap gekontak om deel van die studie uit te maak ten einde meer verteenwoordiging van KJS in Suid-Afrika te probeer kry. Verteenwoordiging is egter onmoontlik en nie haalbaar in ʼn studie van beperkte omvang nie. Die navorser het dus beoog om slegs ʼn werkbare steekproef te verkry om nie-parametriese analise moontlik te maak.

Volgens verkennende kontak gemaak, blyk dit dat afhangend van die hoeveelheid kinders in ʼn KJS, is daar gemiddeld tussen agt (8) en agtien (18) KJW in diens by ʼn KJS.

Ten einde genoegsame deelnemers vir die studie te bekom, het die navorser verskillende KJS by die studie betrek. Die navorser het toestemming van agt (8) KJS verkry om die navorsing te doen. Die populasie van die studie is soos volg:

Tabel 1 - Populasie

Naam van KJS Dorp Provinsie Aantal KJW

Abraham Kriel Kindersorg Johannesburg Gauteng 20

Huis Hadassa Vredenburg Wes-Kaap 11

Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom Nylstroom Limpopo 12

Herberg Kinderhuis Robertson Wes-Kaap 12

ACVV Bright Lights Somerset-Wes Wes-Kaap 5

Rathabile Children’s Home Klerksdorp Noord-Wes 8

Jakaranda Kinderhuis Pretoria Gauteng 19

Louis Botha Children’s Home Pretoria Gauteng 8

(33)

1.6.3 Steekproef en motivering:

Ongeveer twintig (20) verskillende KJS was gekontak ten einde deel uit te maak van die studie en slegs agt KJS het toestemming verleen om deel te vormaan die studie. In hierdie studie was daar voortgegaan met steekproeftrekking totdat ongeveer vyf en negentig (95) deelnemers ingestem het tot deelname. ’n Doelbewuste steekproefmetode is gebruik. Die waarskynlikheid van normale verspreiding in die profiel van die steekproef word sodoende vergroot. Daar is voorsien dat die steekproef groot genoeg sal wees om ʼn redelike kans vir normaliteit in die

tellings te verkry. Normaliteit sal met betrekking van QQ-Plots en Shapiro-Wilk toetse geëvalueer word.

1.6.4 Proses van steekproefneming:

Die navorser het van doelbewuste steekproefneming gebruik maak. ’n Steekproef bestaan uit elemente of ’n onderafdeling van die bevolking wat in aanmerking kom vir werklike insluiting in die studie. Dit kan ook gesien word as ’n onderafdeling van metings wat gemaak word van ’n bevolking waarin die navorser belangstel (Strydom, 2011 a:223-224).

Volgens Strydom (2011 a:232), is die doelbewuste steekproef volledig gebaseer op die oordeel van die navorser, in die sin dat ’n steekproef saamgestel is uit elemente wat die meeste kenmerke van die bevolking bevat, wat die doel van die studie die beste dien. Volgens Silverman (2000:104), sal die doelbewuste steekproeftrekking die navorser toelaat om ’n saak (die veranderlikes in hierdie studie) waarin die navorser belangstel, te kies. Die totale populasie van die studie wat aan werwing onderwerp was, sluit vyf en negentig (95) KJW in. Die navorser het doelbewus gebruik gemaak van die KJW van die bogenoemde KJS omdat die KJW kenners sal wees op die gebied van hul eie psigososiale welstand.

(34)

Die KJW sal ook uit ondervinding terugvoering oor supervisie kan gee asook watter leemtes en sterkpunte hulle ten opsigte van die supervisie ervaar.

1.6.5 Werwing van deelnemers:

Die navorser het kontak gemaak met die bestuurders van die bogenoemde KJS. Die navorser het die doel en doelstellings van die navorsing aan die bestuurders verduidelik om toestemming te verkry om die studie te mag doen. Die bestuurders het ook as beskermers opgetree en toestemming verleen dat die navorser toegang tot die deelnemers verkry ten einde die navorsing te kan doen. Die navorser het gebruik gemaak van ʼn mediator om die deelnemers te identifiseer

wat sal deelneem aan die navorsing. Die mediators was die maatskaplike werkers of maatskaplike werk bestuurders, wat nie betrokke is by die supervisie van die KJW nie. Elke organisasie se beleid rondom supervisie verskil, dus het die identifisering van die mediator afgehang van die persoon wat nie direk by die supervisie betrokke is nie. Die navorser het ʼn advertensie (Addendum F) aan die bestuurders van die KJS gestuur om by kennisgewingborde aan te bring.

Die mediator het die inligtingsdokument (Addendum A) aan die deelnemers deurgegee met die oog op die werwing van die deelnemers. Die inligtingsdokument bevat alle nodige inligting oor die navorsing. Nadat die mediator die deelnemers oor die navorsing ingelig het, het die mediator die deelnemers drie (3) dae gegee om te oorweeg of hulle aan die navorsing wil deelneem, waarna die mediator weer met die deelnemers kontak gemaak het. Die mediators was werknemers van die KJS en was dus op die perseel gewees en die deelnemers kon persoonlik na die mediator gaan indien hulle toestemming geteken het om aan die studie deel te neem. Die mediator het vooraf ʼn konfidensiële dokument van konfidensialiteit onderteken.

(35)

Die mediator sowel as die deelnemers wat toegestem het om aan die studie deel te neem het geskrewe hul ingeligte toestemming (Addendum B) gegee ten einde aan die studie deel te neem en ʼn tyd en plek was geskeduleer om die navorsing uit te voer. Die verskeie mediators was vooraf deur die navorser opgelei in die instruksies en etiese aspekte van die navorsing.

1.6.6 Steekproef insluitingskriteria:

 Beide mans en vrouens wat in diens van KJS is, is ingesluit aangesien die geslag nie ʼn invloed op die studie behoort te hê nie.

 Slegs deelnemers wat toestemming verleen het om vrywillig aan die studie deel te neem is oorweeg.

 In die geval waar huisouers eggenote/pare is, mag albei aan die studie deelneem waar albei in diens van die KJS is.

 Deelnemers wat langer as ses (6) maande in diens van KJS is, is ingesluit aangesien hulle beskou word as persone wat ondervinding het ten opsigte van ondersteuning binne die werksplek en vraelyste ten opsigte van die psigososiale welstand sal kan beantwoord.

 Deelnemers moet Engels kan lees en verstaan, omdat die vraelyste in Engels aan die deelnemers gegee gaan word.

1.6.7 Steekproef uitsluitingskriteria:

Vrywillige werkers sowel as ander ondersteunende personeel is by die steekproef uitgesluit omdat hulle nie die gepaste populasie vir die studie was nie.

(36)

1.6.8 Data insameling:

As data insamelings metode was die opname prosedure gebruik wat gewoonlik meer kwantitatief van aard is en vereis dat vraelyste gebruik word as data insamelings metode. In die studie is daar van gestandaardiseerde vraelyste gebruik gemaak om data in te samel ten einde die interne geldigheid van die studie, en uiteindelik betroubaarheid te verhoog.

Drie (3) verskillende vraelyste was gebruik om data in te samel. Die demografiese vraelys (Addendum C) is ʼn selfopgestelde vraelys wat bestaan uit tien (10) vrae wat inligting bevat van die KJW. Die vraelys neem ongeveer drie (3) minute om te voltooi.

Die skale wat die twee (2) veranderlikes, psigososiale welstand en supervisie, meet is albei gestandaardiseerde skale. Die COPSOQ II (Kristensen en Borg, 2007) (Addendum D) is gebruik om die KJW se psigososiale welstand te meet. Die vraelys se eerste weergawe is in 1997 ontwerp. Die vraelys is egter in 2004-2005 hersien en daarna is die tweede weergawe ontwerp. Die vraelys het die volgende sub-skale: Eise by die werk, werk organisasie en inhoud, sosiale verhouding en leierskap, die werksplek as geheel sowel as individuele faktore (Kristensen en Borg, 2007:1). Die vraelys bestaan uit vyf en vyftig (55) kortvrae en neem tussen vyftien (15) en twintig (20) minute om te voltooi. Die vraelys is omvattend en meet verskeie aspekte van psigososiale welstand.

Die navorser het ook gebruik gemaak van die Supervisory Relationship Questionnaire (SRQ) (Palomo, 2004) (Addendum E) wat die verskillende aspekte van supervisie sowel as die verhouding tussen die toesighouer en die KJW meet.

Hierdie vraelys bestaan uit agt en dertig (38) kortvrae en die vrae word op ʼn Likert skaal van een (1) tot sewe (7) geantwoord. Die vraelys neem ongeveer vyftien (15) minute om te voltooi. Die vraelys meet verskillende aspekte van supervisie sowel as die verhouding wat die supervisor

(37)

met die werkgewer het. Die vraelys bestaan uit 6 sub-skale nl. Veilige basis, struktuur, toewyding, reflektiewe opvoeding, rol model en formatiewe terugvoering. Vir die doel van die studie was slegs drie subskale (veilige basis, rol model en formatiewe terugvoering) gebruik. Die navorser het met behulp van statistiese konsultasie dienste op die drie spesifieke subskale besluit.

1.6.9 Data analise:

Kwantitatiewe data-analise kan gesien word as ’n navorsingstegniek om data wat ingesamel is te omskep in numeriese vorm en dit aan statistiese ontleding te onderwerp met die doel om die data te verminder in 'n duidelike en verstaanbare vorm (Babbie, 2014:437). Dit word gedoen deur die navorsingsprobleem te bestudeer, te toets en gevolgtrekkings te maak (Fouché & Bartley, 2011:249). Nieuwenhuis (2007:6-7) brei hierop uit dat die verwerking van data in navorsing help met die besinning oor data wat ingesamel is en dit laat die navorser toe om skuiwergate in die studie te identifiseer. Die navorser wou vas stel of daar ʼn korrelasie tussen psigososiale welstand en supervisie is. Die navorsing was nie-parametries van aard. Vir die doel van hierdie studie was kwantitatiewe data ingesamel deur middel van drie (3) verskillende vraelyste wat geanaliseer was deur die IBM SPSS Statistiek weergawe vyf en twintig (25) (SPSS) (IBM Corp, 2017) met behulp van die Statistiese Konsultasiediens van die Noord-Wes Universiteit.

Die ontleding het die navorser in staat gestel om gevolgtrekkings met betrekking tot die betekenis van die bevindinge in terme van literatuur te maak. Aanbevelings kon geformuleer word met betrekking tot die afdelings van die vraelyste en die betekenis daarvan ten opsigte van die psigososiale welstand en supervisie van die KJW.

(38)

1.7 Etiese oorwegings:

1.7.1 Moontlike ervarings van deelnemers:

Volgens Strydom (2011 b:113) is dit noodsaaklik dat navorsers hulleself moet vergewis van wat algemeen aanvaar word as behoorlike en onbehoorlike optrede in wetenskaplike navorsing. Navorsing is gebaseer op wedersydse vertroue, aanvaarding, samewerking en wedersydse verwagtinge. Die basiese reël in etiek is dat die navorsing geen deelnemers enige vorm van skade of leed mag aan doen nie (Strydom, 2011 b:113). Dit sluit fisiese sowel as psigologiese skade in. Dit was belangrik om die deelnemers vooraf in te lig oor wat hulle van die studie kan verwag en hoe dit hulle kan beïnvloed. Die navorsingsproses was sensitief benader en dit is belangrik vir die navorser om te verstaan dat elke individu wat aan die navorsing deelneem, unieke ervaring gaan hê (Rubin & Babbie, 2013:290). Die navorsing het egter nie meer energie vereis as die KJW se daaglikse aktiwiteite nie. Dit was belangrik dat die deelnemers verstaan wat die doel van die studie is en dat die studie daar is om hulle, en ander KJW te help om die uitdagings wat hulle mag ervaar, te hanteer.

1.7.2 Gevare, risiko’s en voorsorgsmaatreëls:

Volgens Bless, Higson-Smith en Kagee (2006:140) is etiek in navorsing ontwikkel om die deelnemers te beskerm teen mishandeling deur die navorser. Etiese aspekte is baie belangrik om te onderneem gedurende die navorsing. Dit is belangrik dat die navorser alle etiese aspekte in ag neem wanneer die navorsing gedoen word.

Om die deelnemers teen enige skade te beskerm, moet sensitiwiteit en fisiese gemaklikheid verseker word tydens die onderhoud (Strydom, 2011 b:115). Daar was ʼn minimale risiko aan die navorsing.

(39)

Die vraelyste wat in hierdie studie benut was, was van so aard dat die deelnemers nie daardeur getraumatiseer sou word nie, omdat dit op die supervisie ervarings van die KJW fokus. Die studie het die psigososiale welstand en supervisie van die deelnemers geëvalueer en vorige ervaringe en emosies kon ʼn rol speel, maar die deelnemers was nie direk met sensitiewe vrae gekonfronteer nie en het die opsie gehad om ʼn vraag waarmee hulle ongemaklik voel, nie te beantwoord nie. Die navorser het die kontakbesonderhede van ʼn gekwalifiseerde maatskaplike

werker op die vraelyste aangebring sodat die deelnemers die maatskaplike werker kan kontak indien hulle voel dat hulle berading nodig het. Daar bestaan ʼn moontlikheid dat die deelnemers fisies moeg kon raak tydens die voltooiing van die vraelyste. Die navorser het breuke tussen die voltooiing van elke vraelys toegelaat waar die deelnemers kon opstaan. Daar bestaan ook die moontlikheid dat die deelnemers kwesbaar kon voel wanneer hulle inligting oor die organisasie deel. Die mediators het dit duidelik aan die deelnemers gemaak dat alle inligting vertroulik is en dat persoonlike inligting van die deelnemers ten alle tye konfidensieel gehou sal word. Die deelnemers het die opsie om gekontak te word en verwys te word indien hulle skale op ʼn lae psigososiale welstand dui.

1.7.3 Voordele vir die deelnemers:

Die navorsing sal geen direkte voordeel vir die respondent inhou nie. Die indirekte voordeel behels dat die KJW moontlik meer ondersteuning in KJS kan verkryindien die navorsing dit aanbeveel.

1.7.4 Voordele vir die professie en akademiese gemeenskap:

 Die deelnemers sal ʼn kans gegun word om oor supervisie te reflekteer en hul respons kan bydra tot beter begrip deur hulle werkgewers vir hul werksomstandighede.

 Die deelnemers kan hulle opinies oor hul eie psigososiale welstand en supervisie gee, sonder dat hulle blootgestel sal word.

(40)

 Om aan die navorsing deel te neem, sal ander professionele persone wat in die veld van KJS werk, moontlik by die navorsing kan baat omdat dit fokus op die psigososiale welstand van KJW asook moontlike aspekte waarop die supervisie moet fokus.

 Die deelnemers sal die geleentheid hê om tot navorsingsveld van maatskaplike werk by te dra. Daar is tans beperkte navorsing oor die onderwerp beskikbaar.

1.7.5 Kundigheid, vaardighede en wetlike bevoegdhede:

Die navorser het etiese goedkeuring by die NWU se HREC komitee (HREC no.: NWU-00009-18-S1) om die navorsing uit te voer. Die etiese komitee maak gebruik van streng riglyne en prosedures om die navorser se navorsingsvoorstel goed te keur en seker te maak dat die studie aan etiese standaarde en vereistes voldoen (Strydom, 2011:126). Die navorser het haar Maatskaplike Werk graad in 2015 aan die NWU, Potchefstroomkampus voltooi. Die navorser is ʼn geregistreerde MA student in Maatskaplike Werk: Kinderbeskerming en het reeds die

gedoseerde deel van die graad in 2016 voltooi. Die navorser het al haar vakke geslaag, insluitend die module in navorsingsmetodologie. Die navorser is by die Suid-Afrikaanse Raad vir Maatskaplike Diensberoepe (SACCP) geregistreer en was vir elf (11) maande in diens by CMR Alberton en daarna vanaf September 2016 tot April 2017 in diens van die Abraham Kriel Kinder- en Jeugsorgsentrum as ʼn residensiële maatskaplike werker. Die navorser het ook opleiding deur die NWU ten opsigte van in-diepte en fokusgroep onderhoudvoering bygewoon.

1.7.6 Fasiliteite:

Die navorsing was afsonderlik op die perseel van elk van die agt (8) verskillende KJS uitgevoer. Deelnemers het individueel toestemming aan die mediators gegee om aan die studie deel te neem.

(41)

Deelnemers wat toegestem het tot deelname aan die navorsing het die geleentheid gekry om die vraelyste in privaatheid by ʼn kantoor by die administratiewe gebou, te voltooi, sonder enige

steurnisse. Die mediators het die vraelyste in ʼn geseëlde pakkie aan die navorser terug gepos.

1.7.7 Ingeligte toestemming:

Strydom (2011 b:116) dui aan dat deelnemers ten alle tye vrywillig aan die studie deelneem en dat geen respondent gedwing mag word nie. Deelnemers moet weet wat die studie behels en dat hulle ʼn keuse het om aan die studie deel te neem.

Die deelnemers het ʼn ingeligte toestemming dokument geteken voordat die deelnemers aan die

studie kon deelneem. Ingeligte toestemming behels dat die deelnemers bewus is van alle moontlike inligting oor die doel van die studie; die verwagte tydperk van die respondent se betrokkenheid; die prosedures wat gevolg gaan word tydens die studie; die moontlik voordele, nadele, gevare en risiko’s waaraan die deelnemers blootgestel gaan word sowel as die

geloofwaardigheid van die navorser (Strydom, 2011 b:116).

1.7.8 Privaatheid en konfidensialiteit:

Die navorser het in die uitnodiging aan die deelnemers genoem dat alle inligting wat versamel word, konfidensieel gehou sal word. Die mediators het tydens die toestemmingsproses aan die deelnemers verduidelik wat konfidensialiteit presies behels. Dit was belangrik dat die deelnemers verstaan dat die inligting wat hulle tydens die navorsing gee, gebruik sal word vir data insameling, maar dat die deelnemers se identiteit konfidensieel gehou sal word, sowel as enige inligting wat die agt KJS kan blootstel. Daar was ʼn nommer aan elk van die deelnemers geallokeer.

(42)

Slegs die navorser het toegang tot die naamlys en die geallokeerde nommer van die respondent gehad. Sou die vraelys op enige lae psigososiale welstand dui, sal die navorser die inligting met die deelnemer deel met ʼn versoek om ʼn berader/gekwalifiseerde maatskaplike werker te kontak. Die deelnemers wat verwys wil word, het vooraf toestemming gegee dat hulle gekontak mag word indien daar enige probleme tydens hul vraelyste waargeneem word. Nadat die inligting verwerk is, sal die navorser die deelnemers kontak indien dit nodig is en dan die persoonlike inligting vernietig.

1.7.9 Bekendmaking van resultate:

Die navorser sal ʼn dokument in ʼn verstaanbare artikel formaat aan die agt (8) betrokke KJS

verskaf sodra die navorsingsverslag goedgekeur is. Daar sal geen inligting in die finale dokument wees wat die deelnemers of die verskillende KJS sal kan identifiseer nie.

1.7.10 Vergoeding van deelnemers:

Volgens Strydom (2011 b:121), word dit as logies gesien om die deelnemers te vergoed vir enige kostes wat hulle aangegaan het om aan die studie te kan deelneem. Dit kan egter ook etiese implikasies inhou indien die navorser die vergoeding in die vorm van groot hoeveelhede geld aan die deelnemers terugbetaal. Dit kan gesien word dat die respondent slegs sal deelneem vir die vergoeding (Strydom, 2011 b:116).

Die navorsing het in die deelnemers se vryetyd plaasgevind om te voorkom dat hulle nie in werksure daarvoor gepenaliseer kan word nie. Die deelnemers was dus nie vergoed om aan die studie deel te neem nie. Die navorser het wel ʼn nota en ʼn versnapper blyk van waardering by

(43)

1.7.11 Stoor van data:

Slegs die navorser het toegang tot die persoonlike inligting van die deelnemers. Die inligting is op ʼn lys getik en word op ʼn wagwoord beskermde rekenaar gestoor. Alle hardekopieë met persoonlike inligting word by COMPRES, navorsings entiteit, gestoor.

Tydens die studie is alle data (elektroniese en harde kopieë) in ʼn geslote kabinet of wagwoord beskermde rekenaar gestoor by die vakgroep Maatskaplike Werk. Na voltooiing van die studie sal genoemde datastelle vir ʼn periode van vyf (5) jaar in die argief van die navorsingsentiteit,

COMPRES, gestoor word. Die data gaan nie die land verlaat nie.

1.8 Betroubaarheid en geldigheid:

Betroubaarheid meet die konstantheid van ʼn skaal. Hoe meer betroubaar ʼn skaal is, hoe minder

foute kom na vore (Rubin & Babbie, 2013:106). Die navorser het gebruik gemaak van die Copengagen Psychososcial Questionaire (Addendum D) (Kristensen & Borg, 2007) sowel as die Supervisory Relationship Questionnaire (SRQ) (Addendum E) (Palomo, 2010). Vir ʼn skaal om betroubaar te wees, moet die Cronbach Alpha tussen nul punt nul (0.0) en een punt nul (1.0) meet (Faul & Hanekom, 2007:12). Volgens Kristensen en Borg (2007:1-28) sowel as Palomo (2010) is albei skale wat gebruik gaan word, betroubaar.

Geldigheid hou verband met die integriteit van die gevolgtrekkings wat gemaak word ʼn

navorsingstuk. Dit kyk of die navorsing meet wat dit veronderstel is om te meet. Albei skale is geldig (Kristensen & Borg, 2007:1-28; Palomo, 2010).

(44)

1.9 Hoofstuk indeling:

Die hoofstukke word soos volg ingedeel:

Afdeling A:Deel 1 - Navorsing oriëntasie en navorsingsmetodologie.

Deel 2 - Literatuurstudie.

Afdeling B: Joernaal artikel wat gestuur sal word na Social Work/Maatskaplike Werk.

Afdeling C: Samevatting, gevolgtrekking en aanbevelings.

(45)

DEEL 2: LITERATUURSTUDIE:

2.1 Inleiding:

ʼn Literatuurstudie word gebruik om boeke, akademiese artikels en ander bronne wat relevant is tot ʼn sekere probleem, area van navorsing of teorie te hersien. Literatuurstudies gee ʼn oorsig

van die bronne wat hersien is en demonstreer aan die lesers hoe die navorsing by die groter veld van studie in pas (Fink, 2014:3). Die studie fokus op die verband tussen supervisie en die psigososiale welstand van Kinder- en Jeugsorgwerkers binne Kinder- en Jeugsorgsentrums. Dit is die ideaal vir kinders om in gelukkige ouerhuise groot te word, tog is dit die realiteit dat daar meer as honderd duisend (100,000) (Malatji & Dube, 2015:110) kinders in Suid-Afrika in KJS geplaas word en selfs grootword, as gevolg van onvoldoende pleegsorg plasings of hereniging met hul biologiese families.

2.2 Teoretiese raamwerk:

Volgens Molepo (2015:46) is die ekologiese sisteem perspektief relevant op die studie van KJW. Molepo (2015:46) argumenteer dat die teorie KJW op elke vlak van hul lewens affekteer en selfs uitdagings kan veroorsaak, veral op sisteme buite hul beheer (soos bv. die makrosisteem). Teorie word geformuleer om ʼn verskynsel te verduidelik, te voorspel en te verstaan, en in baie gevalle word teorie gebruik om bestaande kennis uit te daag (Abend, 2008:173). Abend (2008:173) voer aan dat ʼn teoretiese raamwerk die struktuur is wat ʼn teorie

binne die navorsingstudie ondersteun. Die teorie waarop die studie gegrond is, is die ekologiese perspektief wat in 1979 deur Urie Bronfenbrenner ontwikkel is (Sinceros, 2012).

(46)

Die ekosistemiese perspektief gee ʼn holistiese benadering tot die mens se ontwikkeling in sy

omgewing, sowel as die interaksies wat die mens met sy omgewing het op verskillende vlakke wat moontlik kan lei tot spesifieke optredes (Zastrow & Kirst-Ashman, 2016:51).

Maatskaplike werkers gebruik die ekosistemiese perspektief om mense se gedrag en aanpassing in die omgewing te verstaan (Zastrow en Kirst-Ashman, 2016:20; Molepo, 2015:39). Hierdie teorie is van toepassing op die studie omdat die navorser wil bepaal hoe die KJW in sekere aspekte van hul lewens funksioneer en hoe die KJS deur supervisie, die KJW ondersteun ten opsigte van hul psigososiale welstand.

Dit is belangrik om nie net te verstaan hoe die KJW by die omgewing inpas nie, maar ook hoe die omgewing die KJW beïnvloed (Molepo, 2015:39). Die verskillende sisteme waaruit die ekosistemiese model bestaan is as volg:

2.2.1 Mikrosisteem:

Bronfenbrenner (1979:22) beskryf ʼn mikrosisteem as ‘’n patroon van aktiwiteite, rolle, en interpersoonlike verhoudings wat deur ʼn persoon ervaar word in ʼn omgewing met besondere

fisiese en materialistiese eienskappe’. Hierdie vlak behels die individu se vlak van funksionering, intellektuele en emosionele bevoegdhede sowel as die interaksies tussen die individu en ander mense in die onmiddellike omgewing (Molepo, 2015:51). Die KJW se mikrosisteem sal moontlik bestaan uit hulle gesinne, familie, vriende sowel as die direkte omgewing waarmee hulle daagliks werk insluitend hulle rolle en verantwoordelikhede in die KJS (Mosia, 2014:25).

(47)

2.2.2 Mesosisteem:

Die mesosisteem bestaan uit die interverhoudinge tussen twee of meer omgewings waarin die persoon aktief deelneem (Bronfrenbrenner, 1979:25). Molepo (2015:52) verduidelik dat KJW in hierdie sisteem beweeg tussen hul eie persoonlike lewens, hul daaglikse versorgingstake met die kinders sowel as die multidissiplinêre spanne waarmee hulle te doen kry in die fasiliteit.

2.2.3 Eksosisteem:

Die eksosisteem verwys na een (1) of meer omgewings waar die persoon nie aktief deelneem nie, maar die gebeure binne daardie omgewing ʼn effek op die persoon het (Bronfenbrenner,

1979:25). Die eksosisteem sluit die gemeenskap, munisipaliteite, regeringsentiteite, media, en die vervoersisteem in (Molepo, 2015:54). Die eksosisteem het ʼn effek op die interaksie wat die KJW met die samelewing, skole, gesondheidsdienste ens. het.

2.2.4 Makrosisteem:

ʼn Makrosisteem verwys na ʼn sisteem groter as die ander sisteme. Die makrosisteem sluit

maatskaplike-, sosiale-, politieke- en ekonomiese kondisies en beleide in, wat mense se algehele toegang tot hulpbronne en kwaliteit van lewe affekteer (Zastrow en Kirts-Ashman, 2016:31). Daar is verskeie wette en beleide in plek wat ʼn direkte invloed op KJW se persoonlike sowel as professionele lewe het.

Van hierdie wette sluit die volgende in: Children’s Act 38 of 2005 (South Africa, 2005), UN Convention on the Rights of Children (UN General Assembly, 1989), die Grondwet (South Africa, 1996) en Die Nasionale Norms en Standaarde vir Kinder-en Jeugsorgsentrums (South Africa, 2010). Die ekonomie het ook ʼn invloed op die KJW se inkomste en kwaliteit van lewe.

(48)

2.2.5 Kronosisteem:

Volgens Papalia en Feldman (2012:36) behels die kronosisteem verandering wat oor tyd plaasvind. Dit kan die verandering van strukture binne die familie, of verandering van woning en werksplek insluit.

Elke mens het verskillende sisteme in hul lewens. Die KJW het hul eie unieke persoonlike sisteme sowel as sisteme binne die kinders se lewens wat hulle elke dag moet bestuur. Daar kan duidelik gesien word hoe hierdie spesifieke teorie verband hou met die psigososiale welstand van die KJW en die ondersteuning wat hulle ontvang. Molepo (2015:56) argumenteer dat KJW nie net bewus moet wees van hierdie sisteme binne die kinders se lewens nie, maar dit ook moet bestuur deur ʼn warm en veilige omgewing vir die kinders te skep.

2.3 Sorgbehoewende kinders:

Kinders in Suid-Afrika is ʼn kwesbare groep. Daar was in 2014/15 ongeveer negentien komma sewe (19,7) miljoen kinders in Suid-Afrika, dus meer as ʼn derde van Suid-Afrika se populasie (Statistics South Africa, 2018:28).

Volgens Jamieson, Berry en Lake (2017:54) is daar verskeie faktore wat kinders se ontwikkeling van gesonde verhoudings kan beïnvloed en kan kinders optimaal ontwikkel indien hul versorgers emosioneel beskikbaar en emosioneel aan die kinders kan heg.

Dit is ook belangrik dat die versorger sensitief is vir die kind se fisiese, geestelike, emosionele, maatskaplike en intellektuele behoeftes. Suid-Afrika het baie uitdagings soos armoede, werkloosheid, MIV en beperkte hulpbronne wat ʼn direkte invloed op die versorging van

kinders het (Jamieson et al., 2017:54). Volgens Jamieson et al. (2017:54) leef vyf en twintig persent (25%) van die populasie inarmoede terwyl ses en vyftig persent (56%) van die

(49)

populasie onder die armoede lyn leef. Daar is beperkte statistieke beskikbaar oor hoeveel kinders in Suid-Afrika uit hul ouerlike sorg verwyder is en wat die redes vir verwydering was.

Daar was egter twee en veertig persent (42%) adolessente wat een of ander vorm van mishandeling gerapporteer het en vyf en dertig persent (35%) adolessente wat seksuele mishandeling gerapporteer het (Jamieson et al., 2017:54).

Sorgbehoewende kinders is kinders wat sorg en beskerming benodig. Volgens die Children’s

Act, nr. 38 van 2005 (s150) (Suid-Afrika, 2005) kan ʼn kind sorgbehoewend bevind word wanneer die kind verlaat of weesgelaat is en daar geen ondersteuning is nie; gedrag toon wat nie deur die primêre versorger beheer kan word nie; substans afhanklikheid het; op straat werk of leef; die hoof van ’n huishouding is; of as kind uitgebuit, mishandel of verwaarloos word en

in omstandighede woon wat nadelig is vir die kind se fisiese, maatskaplike of geestelike welstand. ʼn Kind word sorgbehoewend bevind nadat ʼn maatskaplike werker die situasie ondersoek het en daar gronde vir die bevindinge is. Indien die Kinderhof vind dat ʼn kind sorgbehoewend is, word die kind met ʼn hofbevel deur die maatskaplike werker uit hul ouerhuis

verwyder en die kind word tydelik in ʼn plek van veiligheid geplaas.

Hierdie plek van veiligheid kan goedgekeurde plek van veiligheid ouers of ʼn Kinder-en Jeugsorgsentrum wees. Die redes vir verwydering dui daarop dat die kinders blootgestel word aan gebeurtenissie of omstandighede wat trauma vir die kinders inhou.

2.4 Kinder- en Jeugsorgsentrums in Suid-Afrika:

Kinderhuise was oorspronklik opgerig weens maatskaplike kwessies wat na vore gekom het tydens die tydperk van verstedeliking en industrialisering. Gedurende die tydperk het baie mense verhuis ten einde werksomstandigheide en was die kinders dikwels by familielede agtergelaat. Malatji en Dube (2015:110-111) noem dat sommige van die kinders in die sorg

(50)

van uitgebreide familielede verwaarloos of mishandel was. Dit het daartoe gelei dat ʼn groep filantrope ʼn fasiliteit begin het waar daar voltyds na die kinders omgesien kon word.ʼn KJS kan

gedefinieer word as ʼn fasiliteit wat voorsiening maak vir residensiële sorg vir meer as ses (6) kinders buite die kind se familie omgewing, in ooreenstemming met residensiële programme wat geskik is vir die kinders in die fasiliteit (South Africa, 2005 : ss191(1)). Agere (2014:23) voeg by dat ʼn KJS ʼn sisteem is wat uit gespesialiseerde alternatiewe kindersorg programme

met spesifieke standaarde en bestuur strukture bestaan. Voorbeelde sluit in kinderhuise, plekke van veiligheid, veilige sorg sentrums en skuilings vir straatkinders (Jamieson, 2013 a:09).

Vir die daaglikse aktiwiteite van ʼn KJS om suksesvol te verloop is dit nodig dat al die rolspelers binne ʼn multidissiplinêre span werk. Die multidissiplinêre span verteenwoordig ’n

verskeidenheid van dissiplines wat saam werk om effektiewe dienste te lewer aan die kinders en families wat welsyn dienste ontvang (Child Welfare information gateway, 2018). Volgens Van Niekerk (2010:36) sluit hierdie rolspelers die onderwysers, plaaslike polisie, mediese praktisyns, sielkundiges, maatskaplike werkers, die bestuur van die organisasie, sowel as die kinder- en Jeugsorgwerkers en ander dissiplines soos arbeidsterapeute en spraakterapeute in. Jamieson (2013 a:78) noem dat daar behoort een (1) KJW op dagskof vir tien (10) kinders en een (1) KJW per twintig (20) kinders tydens nagskof aan diens te wees.

Daar moet ook verder een (1) maatskaplike werker per dertig (30) kinders wees en een (1) sielkundige per sestig (60) kinders in die fasiliteit.

Elke opset van verskillende KJS verskil. Daar is KJS wat akkommodasie aan die KJW bied en dus vier en twintig (24) uur per dag by die KJS woon. By ander KJS werk die KJW skofte van ongeveer twaalf (12) uur elk. Daar is ook ʼn model waar satelliet huise in die gemeenskap gebruik word, waar ongeveer tien (10) kinders in ʼn huis saam met ʼn huis ouer paar woon wat aangestel is as KJW. Volgens die Childrens’ Act 38 of 2005 (Regulasie75) (South Africa,

(51)

2005) stel drie (3) tipes programme voor wat in ʼn KJS sentrum geïmplementeer moet word. Die drie (3) programme is die ontwikkelingsprogramme, terapeutiese programme en rekreasie programme.

2.4.1 Onwikkelingsprogramme:

Kinders binne KJS toon dikwels ontwikkelings agterstande en is hul mylpale nie op standaard nie weens trauma soos verwaarlosing, verlating, aanranding en so meer, wat hulle voor hul verwydering uit hul ouerlike sorg ervaar het. Volgens Agere (20114:20) behels die ontwikkelingsprogramme “verskillende ontwikkelingsaktiwiteite wat daarop fokus is om

kinders by te staan om toepaslike vaardighede vir gedragsmodifikasie aan te leer sodat die kinders as deel van die samelewing geïntegreer kan word”.

Volgens die Children’s Act 38 of 2005 (Regulation 75) (South Africa, 2005), moet hierdie

programme die volgende insluit: die aanleer van lewensvaardighede, ontwikkel onafhanklikheid by die kinders wat die fasiliteite verlaat, slagoffer bemagtiging, familie bewaring, nasorg, bevordering van die regte van kinders sowel as inkomste genererende aktiwiteite.

2.4.2 Terapeutiese programme:

Kinders binne residensiële fasiliteite het heel dikwels trauma in hul lewe ervaar (Malatji & Dube, 2015:112). Die plasing binne ʼn Kinder- en Jeugsorgsentrum kan as traumaties ervaar

word. Terapeutiese programme help kinders om deur hul traumatiese ervarings te werk, sowel as die bevordering van emosionele en fisiese genesing en welstand (Jamieson, 2013a:14).

Volgens Agere (2014:33) verwys terapie na enige vorm van behandeling van enige geestes of psigososiale afwykings.

(52)

Dit is ʼn belangrike aspek in ʼn strategie om kinders by te staan om vorige traumatiese gebeurtenisse in hul lewens te hanteer. Terapeutiese programme behels die volgende (South Africa, 2005, Regulation 75): ontwikkelings assessering, psigososiale ondersteuning, individuele berading, groepsberading, trauma berading, rou berading, spel terapie en familie berading.

2.4.3 Rekreasie programme:

Hurd en Anderson (2011) definieer rekreasie as ʼn aktiwiteit wat mense geniet en wat sosiale waarde het, waarin hul betrokke raak in hul vrye tyd. Sport, dans, kuns, drama, sang en speletjies moet deel vorm van die rekreasie programme (South Africa, 2005, Regulasie 75).

2.5 Kinder- en Jeugsorgwerkers:

Die Internasionale Kinder- en Jeugsorg vereniging definieer Kinder- en Jeugsorgwerkers soos volg: Professionele Kinder- en Jeugsorg praktyk fokus op babas, kinders en adolessente, insluitende diegene met spesiale behoeftes, binne die konteks van familie, die gemeenskap en lewensruimte van die kinders (Curry, Eckles, Stuart, Qaqush, 2010). Jamieson (2013b:3) voeg by dat KJW die optimale ontwikkeling van kinders bevorder en fasiliteer deur beplande lewensaktiwiteite en programme sodat die kinders effektief in verskillende kontekste kan funksioneer. Garfat en Fulcher (2013:7) en Greyvensteyn (2010:53-55) maak die stelling dat KJW in die ideale posisie is om die mees invloedryke persoon in ʼn kind of familie se lewe te wees omdat daar kwaliteit sorg gelewer word in ʼn omgewing waar die kind beskerm word en

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Burgemeester en wethouders van Aalsmeer maken ingevolge artikel 3.8 van de Wet ruimtelijke ordening bekend dat vanaf vrijdag 30 november 2012 tot en met 11 januari 2013 het

De (kinder)diëtist kan conform aanpak Kind naar Gezonder Gewicht door de CZV ingezet worden voor een aanvullende anamnese en begeleiding op gebied van voeding.. • De

Bijvoorbeeld door aan te zetten dat anderen, waar de Wet Verplichte Meldcode Huiselijk Geweld en Kindermishandeling niet voor geldt, hier wél mee gaan werken.. Te denken valt aan

Waar de gemeenten tot nu toe vooral taken hadden in de aanpak van huiselijk geweld en de preventie van kindermishandeling, zijn ze vanaf 2015 verantwoordelijk voor het hele

Waar de gemeenten tot nu toe vooral taken hadden in de aanpak van huiselijk geweld en de preventie van kindermishandeling, zijn ze vanaf 2015 verantwoordelijk voor het

[r]

Afhankelijk van de leeftijd van uw kind en de soort klachten, wordt voorgesteld of uw kind de eerste afspraak wel of niet mee naar het ziekenhuis komt.. Tijdens deze afspraak worden

Als verfassungsrechtlich belastbar stellt sich vielmehr allein ein Verständnis dar, nach dem alle tat- sächlich bedarfsdeckenden sozialstaatlichen Leistungen