• No results found

Cape Town Experience. [CD resensie]

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Cape Town Experience. [CD resensie]"

Copied!
2
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

125 ervaring van hoogstaande gehalte. Genoemde kwaliteite dra ook by tot ’n suksesvolle uitvoering van Franck se uitgebreide Prière (Gebed), ’n tegnies moeilike werk, oorwegend piano, met Andante sostenuto as tempo-riglyn.

Die cd-boekie bevat insiggewende programnotas asook inligting oor die orrels en die kunstenaar – alles ondersteun deur prag-foto’s. ’n Toevoeging wat orreliste veral sal geniet, is die vermelding van registrasiekeuses vir elke orrelstuk Heel laaste word ook die persone vermeld wat by die tegniese versorging van hierdie uitreiking betrokke was. Gehalte was hier die wagwoord.

Gerrit Christiaan de Gier, wat alreeds ’n aantal CD-uitreikings op die kerfstok het, bevestig met hierdie produk weer eens dat hy ’n gerekende uitvoerende kunstenaar is: tegnies vernuftig en musikaal, met ’n besondere aanvoeling vir die dramatiese, uitbundige en ingetoë elemente in die musiek. Hierdie CD behoort vir almal wat dit hoor, aangename luistergenot verseker. (Vir verdere inligting: organist@jacobikerk.nl.)

G

rant Bräsler, een van Suid-Afrika se mees prominente orreliste, het vroeër vanjaar ’n langverwagte cd opgeneem op die historiese orrel van die St. George’s-katedraal. Die orrel, hoofsaaklik gebou deur William Hill, besit ook ouer pypwerk uit die vroeë 19de eeu, en daar is selfs komponente wat dateer uit ’n 17de eeuse Father Smith-orrel. ’n Pragtige program wat die moontlikhede van hierdie instrument belig, en Bräsler se talent as ervare musikus en instrumentalis onderstreep, word ten uitvoer gebring.

Die program word geopen met ’n interessante komposisie, naamlik die Grave – Animato uit Whitlock se Orrelsonate in C-mineur open die program. Whitlock, wat ’n deeglike musiekopleiding ondergaan het onder komponiste soos Stanford en Vaughan Williams, en naam gemaak het as kerk- en konsertorrelis, het uiteindelik in die kusoord Bournemouth tereg gekom as munisipale orrelis. Hier moes hy orreluitvoerings gee, optree saam met die munisipale orkes en dikwels keurspele van populêre dansmelodieë speel by die Bournemouth Pavillion. Al hierdie invloede is merkbaar in sy komposisies – die meeste daarvan kleinskaalse werke. Die Orrelsonate, saam met die Simfonie vir orrel en orkes, is sy enigste uitgebreide komposisies, en word beskou as

CAPE TOWN EXPERIENCE

Organ of St George’s Cathedral, Cape Town

P. Whitlock: Organ Sonata in C minor (Grave – Animato); H. Temmingh: Three Pieces for Organ (Intrada – Cantilena –

Toccata); C. Franck: Choral No. 2 in B minor; E. Elgar:

Organ Sonata in G major, Op. 28 (Allegro maestoso – Allegretto – Andante espressivo – Presto).

Grant Bräsler (orrel)

WILLOWHAYNE RECORDS WHR034 (CD 63:57) Engelse kommentaar ingesluit

(2)

126

besondere mylpale in die ontwikkeling van Engelse musiek gedurende die vorige eeu.

Henk Temmingh se Three Pieces for Organ (1995) is waarskynlik reeds bekend weens ’n Priory-uitreiking daarvan ’n paar jaar gelede. Dit is nogtans verblydend dat Bräsler ook hierdie werk opgeneem het, want dit verdien nog wyer bekendstelling. Die fanfare-opening van die Intrada trek onmiddellik aandag met die prominente tongwerksolo. Die Cantilena, daarenteen, steun weer op die sagste registers van die orrel met ’n sagte 2’-solo op die pedale. Hierdie siklus word majestueus afgesluit met ’n tokkate waarin daar teruggegryp word na die Franse invloede van die middel 19de eeu.

Die Trois Chorals van César Franck is ’n gewilde siklus wat wêreldwyd uitgevoer word en male sonder tal opgeneem is. Bräsler se interpretasie van die Choral in B-mineur verdien vermelding, danksy keurige registrasiekeuses en die nodige tegniese vernuf.

Die laaste werk op die program is Elgar se monumentale Orrelsonate in G-majeur, Op. 28. Hierdie belangrike werk in Elgar se œuvre is binne slegs twee weke gekomponeer en gee reeds ’n ‘orkestrale’ voorskou van die Enigma-variasies en die twee simfonieë wat op die orrelsonate sou volg. Vanaf die indrukwekkende opening, deur die liriese en melankoliese momente van die Allegretto en Andante espressivo tot die majestueuse Presto-finale, slaag Bräsler daarin om die simfoniese karakter van hierdie werk effektief te verklank.

Die CD-boekie bevat programnotas, asook inligting oor tegniese aspekte rondom die opname, die orrel met sy disposisie, en laastens van Bräsler self. ’n Foto van die kunstenaar en die katedraal (slegs ’n gedeelte) verskyn op die agterkant. ’n Mooi foto van die 4-manuaal speeltafel verskyn op die voorblad.

Met hierdie opname is ’n langverwagte klankdokumentasie van ’n historiese orrel in ’n Suid-Afrikaanse katedraal moontlik gemaak. Die feit dat die kunstenaar ’n Suid-Afrikaner is en sedert 2013 ook die orrelis en koormeester van hierdie bekende Kaapstadse argitektoniese baken, maak van hierdie uitreiking ’n ware “Cape Town Experience”. Vir verder inligting: www. willowhaynerecords.com of grant@sgcathedral.co.za.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Dimanche 27 janvier 2008, vers 15h00’, la police et autres services de sécurité civile et militaire ont organisé, au domicile de Mme Aimée Kabila Mulengela, sis avenue de

politici, die huiverig stonden ten opzichte van De conclusie kan word ingrijpen van de overheid in de maatschappelijke na 1945 optredende so ontwikkeling, en zonder verzet

9 Indien een kandidaat meer antwoorden (in de vorm van voorbeelden, redenen e.d.) geeft dan er expliciet gevraagd worden, dan komen alleen de eerstgegeven

of mindere mate in afsonderlike skole aangebied om te verseker dat daar langs hierdie weg in die onderwys 'n beter benutting van die swaksiende se gesigsres

Een ander deel van deze (beoogde) operationele activiteiten die —al dan niet onder de noemer opleiding/training of gereedstelling— geacht worden zonder grondslag of

Een vraag die CD&V'ster Sonja Becq vandaag in De Morgen opwierp: "Het is toch niet de bedoeling dat euthanasie straks een recht wordt?".. Becq herhaalde daarna

De heer Torfs is het ermee eens dat er meer bevoegdheden naar de regio’s moeten, maar als het Vlaamse discours betekent dat je heel radi- cale, gespierde machotaal moet verkopen,

Na een felle discussie wordt besloten dat men aan deze Duitse amb- tenaar (die in zijn hart veel meer voelt voor de traditionele Belgische machten, het franskiljo- nisme