• No results found

Bestuur kennis so

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Bestuur kennis so"

Copied!
2
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

23

D

ie wêrelD het

aanbe-weeg van die dae toe land-bou, nywerhede en uitein-delik dienste die groot welvaartskeppers was. Oor die afgelope dekade is dit kennis wat die meeste waarde genereer en is dit die kennis-ekonomie wat ’n volhoubare, mededing-ende omgewing moet skep, sê dr Juani Swart, buitengewone professor in kennis- bestuur by die USB en direkteur van die Work and Employment Research Centre, Bath University School of Management, Engeland.

Die idee dat kennis ’n belangrike rol in die ekonomie speel, is nie ’n nuwe een nie, sê prof André Roux, direkteur van die Universiteit van Stellenbosch se Instituut vir Toekomsnavorsing. “Alle ekonomieë, vandag én in die geskiedenis, is gebaseer op kennis oor hoe om te boer, hoe om te myn en hoe om goedere te produseer.”

Die Amerikaanse nywerheidsreus And-rew Carnegie het voor sy dood in 1919 reeds gesê dat die kennis en vermoë van sy mense die enigste onvervangbare kapitaal van ’n onderneming is, en dat die produk-tiwiteit van dié kapitaal afhang van hoe

doeltreffend mense hulle kennis deel met dié wat die werk moet doen.

“Wat vandag anders is, is die toene-mende intensiteit van die kennis en die spoedige globalisering van ekonomieë,” sê Roux.

Volgens Swart hoort kennisbestuur dus op die strategiese agenda van alle onderne-mings en moet dit inpas by die kultuur, struktuur en bestuursprosesse van die on-derneming.

“Kennis is ontsettend belangrik en dit is uniek. Alle ander hulpbronne kan deur mededingers nageboots word,” sê sy.

“Maatskappye benodig ’n oop kultuur wat organisasieleer en die vernuwing en deel van kennis aandryf. As ’n samelewing moet ons wegbeweeg van ’n kultuur wat sê ken-nis is mag. Kenken-nis is dinamies en hoe meer ’n mens kennis deel, hoe meer leer die in-dividu en die organisasie.”

Maatskappye moet tyd spandeer om te verstaan watter strategiese kennis binne en in die netwerke buite die maatskappy is. Dit help nie om net ’n duur inligtings- tegnologiestelsel te implementeer nie – kennis moet ook toepaslik bestuur word, sê

Swart. > www.usb.ac.za | AGENDA No 2 | 2010

aktueel | KENNisEKoNomiE

pictureS: usb

Bestuur

kennis só

In die moderne ekonomie is dit kennis wat die

wêreld laat wentel, en maatskappye én regerings

het ’n rol te speel, skryf JANA MARAIS.

ENG

www.usb.ac.za/agenda

(2)

Volgens haar is daar ’n omge­ keerde verhouding tussen ken­ nis en tegnologie: hoe meer ge­

spesialiseerd die kennis, hoe eenvoudiger die tegnologie wat benodig word.

“As daar gesoek word na gesofistikeer­ de kennis, kan tegnologie die gebruiker in die regte rigting stuur – byvoorbeeld deur te sê wie die kenner in die onderne­ ming is. Minder gesofistikeerde kennis benodig weer meer gesofistikeerde tegno­ logie soos databasisse,” sê sy.

Personeel moet egter die wil en moti­ vering hê om kennis te deel. In maatskap­ pye waar werkers ’n sterk verbintenis tot die maatskappy het – gewoonlik maat­ skappye met ’n sterk waarde­gebaseerde kultuur – en hulle die ruimte gegun word om met outonomie en vryheid te werk en hul eie kennis te ontwikkel, is dit makliker om ’n suksesvolle kennisbestuurstrategie in te stel, sê Swart.

Werkers moet aangemoedig word om kennis te deel op ’n manier waarmee hulle tevrede is, en daar moet erkenning wees vir die kennis wat hulle deel, sê sy.

“Dit help nie ’n mens fokus op net een van die bemagtigingsmeganismes nie. Eer­ stens moet die strategies belangrike kennis geïdentifiseer word, en daarna moet die maatskappy verseker dat die regte kultuur, tegnologie en struktuur in plek is om die kennisstrategie te ondersteun. Wanneer jy ’n strategiese kennisbestuurstelsel in plek het, moet dit deurentyd geherevalueer en aangepas word om die kennis te hernieu.”

Volgens Marius Ungerer, professor in strategiese bestuur by die USB, speel kennisgebaseerde ondernemings ’n meer sentrale rol in ontwikkelde sowel as ont­

wikkelende lande. Ontwikkelende lande se bydrae tot die kennisekonomie vergroot wel, maar die grootste navorsingsinveste­ ring word steeds deur lande soos Japan, die VSA en nou ook China gedoen.

Hoewel ontwikkelende lande toene­ mend toegang het tot nuwe tegnologieë is toegang alleen nie genoeg nie. “Dit gaan oor meer as om nuwe patente te registreer. Maatskappye moet die kennis hê om nuwe masjiene en tegnologie optimaal te benut,” sê Ungerer. “Die uitdaging van kennisbe­ stuur is om dié kennis geboekstaaf en ge­ deel te kry.”

Volgens Ungerer is Sasol en SABMiller voorbeelde van Suid­Afrikaanse maat­ skappye wat met sukses hul plaaslik ont­

wikkelde en unieke kennis toepas om in­ ternasionaal sukses te behaal.

Die ontluiking van nuwe ekonomiese reuse soos China, wat toenemend in die ontwikkeling van nuwe kennis belê, hoef nie te beteken dat die Weste mettertyd sy mededingende voordeel gaan verloor nie.

“Die vrugte van kennis hoef nie te ein­ dig in ’n spel waar een party glad nie baat nie,” sê Roux. “Enige land, of maatskappy, se uitdaging in die kennisekonomie is om te verseker dat dit aan die voorpunt bly van die generering en ontleding van relevante kennis om (nuwe) hulpbronne op ’n doel­ treffender manier te gebruik om (nuwe) goedere en dienste te produseer.”

Volgens Ungerer speel regerings ’n be­ langrike rol om ’n kennisekonomie te vestig en maatskappye suksesvol te help meeding in ’n wêreldekonomie waar kennis van toe­ nemende belang is. Hy sê die belangrikste insetproduk vir suksesvolle kennisgedrewe maatskappye en ekonomieë is die kwaliteit van ’n land se menslike kapitaal. Dit vra vir ’n gesonde skoolstelsel met veral goeie wiskunde­ en wetenskaponderwys, en vir regerings wat kapitaal vir navorsing en ontwikkeling beskikbaar stel.

Daarby moet gunstige omgewings ge­ skep word wat aantreklik is vir hoëvlak­ kennisbestuursmense om in te werk. Die skep van innovasieparke in Gauteng en Kaapstad is ’n stap in die regte rigting, sê Ungerer.

“Die regering en privaatsektor moet hande vat en Suid­Afrika se unieke kennis saampoel tot voordeel van die land as ge­ heel,” sê hy.

Die belangrikste

insetproduk

vir suksesvolle

kennisgedrewe

maatskappye en

ekonomieë is die

kwaliteit van ’n

land se menslike

kapitaal.

Prof Juani Swart, USB

Prof Marius Ungerer, USB Prof André Roux,

Instituut vir Toe-komsnavorsing, US

aktueel | kennisekonomie

25 www.usb.ac.za | AGenDA no 2 | 2010

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

De oplossing en zeer veel andere werkbladen om gratis te

Laad jezelf op met inspirerende woorden, goede voorbeelden uit de praktijk, een prikkelend debat en mini-workshops over het vergroten van jouw professionaliteit en werkplezier?. Wil

Verder zal het Vlaams luik van het Gene- ratiepact dat overlegd zal worden met de sociale partners, ook nieuwe mogelijkheden moeten scheppen voor oudere werkzoekenden middels zowel

• Van de respondenten die mogelijk of zeker te maken hebben gehad met ouderenmishandeling doet 37 procent een melding binnen de eigen organisatie;. 20 procent doet een

Voor deze respondenten geldt naar eigen zeggen dat er binnen de organisa- tie al voldoende wordt gedaan in de aanpak van ouderenmishandeling: “Op dit moment heeft onze

ontmoed~gen moest. De Brauw werd toen ook gekozen.. Over de gebruikmaking door den Koning van zijn ontbindingsrecht mocht, meende Gefken, de Kamer geen oordeel

(INNOCENTI REPORT CARD 8, pagina 1 UNICEF Innocenti Research Center, 2008).. Whether in health, in education, or in material well- being, some children will always fall

Maar omdat ook in dit debat de angst voor veranderingen door de conservatieven stevig is gevoed, dreigt alles te verworden tot ’ too little, too late’. Het waren niet voor niets