• No results found

Minister open Mayer-uitstalling

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Minister open Mayer-uitstalling"

Copied!
1
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

MINISTER OPEN MAYER-

UITSTALLING

D I E M I N IS T E R van Nasionale Opvoeding Sy Edele dr. P. G. J. K oo rnho f, L.V. het op 13 April 1976 die herdenkingsuitstalling van die werk van Erich Mayer in die Kunssaal van die Nasionale Museum geopen.

In sy toespraak het die Minister Mayer se lewensverhaa! geskets en onder meer gese: “ Erich Mayer se wysgerige etiek van die kuns, wat hy heel die lewe heen bepeins en beskeie in nederige gedagtewisseling gestel het, was dat die kunstenaar die begenadigde vertolker van die spieelbeeld van G od se Skepping is soos dit aan hom o penbaar word. Daarom spreek sy werk van die kenmerkende getrouheid aan die Godgegewe lewe, eg en intens, nie verwikkeld in die E K nie, m aa r gestroop van alle S K Y N tot by die kern van die SYN.

Sy visuele waarneming was weergaloos presies. Dit was asof sy hele wese in die helder songloed van die lang somerdae van ons land gehunker het om te kyk, indringend indrinkend, tot versadiging te kyk asof dit die heel laaste keer sou wees da t sy oe die sonbeligte kuns- werke van G od se Hande sou aanskou. Hy wou elke fynste dimensie van lyn en vorm, elke skakering van kleur, elke nuanse van lewensopenbaring met visionere blik sien. Boweal het hy ’n leeftyd lank onversadig gehunker na die somerrype songloed wat oor goue, wuiwende grasveld, bosveld, skraalveld, soetdoring, mopanie en kremetart le; oor sonbruin rotse, rante en die verre gesigseinders waar wasige, ylblou berge in die blou koepel wegsmelt, wou hy heen kyk; hy wou ook sy geestesoog versadig aan die sierlikheid van steenbok, springbok, blesbok, koede, gemsbok en eland wat ver weg in die goue songloed van grasveld en bosveld gewei het. By horn- self wou hy die beelde vasle en vir ons wou hy dit uitbeeld. M aar sy oe het ook nimmer- rustende gesoek n a die songebruinde Afrikaanse Boer, sy vrou en hul kinders; in vertes het sy oe die langtentwaens en rustige, rooibruin osse, stadig op lang skofte sien verbygaan en die innige verlange het hom oorweldig om met hulle, vir altyd by hulle te wees, een met hulle te wees, onafskeidbaar een met hulle te wees sodat sy grenslose eensaamheid in gemeensaam- heid met hulle kon opgaan. W ant verseker was dit G o d se wil dat hy ver van Badenland en Bodensee moes dwaal op soek na die son, sodat hy in die goue, gloedryke glans vir hulle, Afrikaanse boer, die adel wat uit die aarde van Afrika gegroei het, helder in blakende sonlig sou sien en weet dat dit sy bestemming is om hulle in fynste besonderhede van beeldende kunsvorm vas te le voor die verwoesting en verwildering oor hulle gegaan het en hulle nageslag nie meer sou weet hoe hulle werklik was nie.

Hy het in hulle die aristokrate van Afrika gesien: hy het in beelde getuig hoe rustig en onversteurbaar hulle handel en wandel was,

hoe kalm en kragtig en verfynd hul optrede, hoe selfversekerd hul doen en late, hoe be- rustend in verdriet en hoe vlytig en knap- handig in werskaf, hulle werklik kon wees. Dit is in die honderde potlood-, pen-, kryt-, waterverf- en olieverfvertolkings van die Boere- lewe in al sy fasette wat ons duidelik sien dat hy profeties-visioner die besonderse identiteit en die unieke lewenstyl van die Afrikaanse Boer wou uitbeeld en d a araan dokum entere gestalte gee. Vir Erich Mayer was die kul- tuu r sy kuns en sy kuns is verrykende kultuur. Ek vind dit dan ook besonder gepas dat daar op 20 April vier gedenkseels ter ere van hom uitgereik sal word, naamlik 5c, 10c, 15c, en 20c seels.

As Minister van Nasionale Opvoeding huldig ek Erich Mayer se lewe en werk; in lewe was hy die begenadigde, toegespitste kunstenaar van die grootste arbeidsbeeld wat ook my taak is, naamlik die K U L T U U R van ons volk in al sy openbaringsvorm e.”

Mev. M arga M ayer-G utter, gewese eggenote van Erich M ayer het by die huldigingsgeleent- heid in 'n ko rl toespraak meer om trent h aar lewe saam m et die kunstenaar vertel Op die m eegaande foto verskyn sy hy sommige van M ayer se borduurontwerpe. Vera/ die knoopm atte wat deur M arga en h a ar leer/inge in die Lady Clarendon School for Spinning

and Weaving in Pretoria gew eef is, het aange-

gryp weens die dram aties-ritm iese motivering in die ontwerpe. Twee van hierdie m atte is onder andere vir Suid-Afrikahuis in Londen bestel.

Vakansie onder 'n Krem etartboom .

Hierdie olieverfskildery deur M ayer — vir die uitstalling geleen deur die Pretoriase Kuns- museum — is een van die vier werke wat op die gedenkposseel ( foto onder) afgebeeld is. Tydens die herdenkingsuitstalling is 62 olieverf-, waterverf- en grafiese werke, 4 4 sketse uit die versameling van die Nasionale Kultuurhistoriese en Opelugmuseum in Pretoria, afdrukke van die vier M ayer-gedenkseels asook die oor- spronklike werke wat daarop afgebeeld is en ook m eubelstukke uit M ayer se ateljee en studeerkam er, uitgestal.

Anderm aal bedank ons graag alle persone en instansies wat werke en voorwerpe geleen het en in die besonder die Universiteit van Pretoria, die Pretoriase Kunsmuseum, Filateliedienste, die Nasko-M useum , en mnr. J. F. Tromp van Pretoria.

VO ORBLAD:

Tekening van 'n Boer de ur Erich Mayer. O orspronklike in besit van die Nasionale Kultuur-historiese en Opelugmuseum, Pretoria.

CO V ER P ICT U RE :

Drawing of a Boer by Erich Mayer. Original in the collection o f the National Cultural History and Open Air Museum, Pretoria.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Die spreker wat die toespraak hou, maak van gesigsimbole ( gebare en mimiek) en gehoorsimbole ( spreektaal) gebruik. Oor die vereiste vir goeie spraakgebruik het ons

However, if the eigenvalues (counted with multiplicity) can be grouped into sub- sets of at most K elements, and the distance between the groups is (uniformly) bounded away from

A model is set up in which the nominal yield on 10-year government bonds is explained by the debt- to-GDP ratio, the squared level of the debt-to-GDP ratio, the fiscal deficit,

H3: The negative effects of disclosure of the ambush marketing tactic on consumers’ brand attitude (affective and cognitive) towards the ambushers’ brand, are moderated by

63 Volgens ʼn memorandum van die Kommissie te Lissabon was Pienaar nie ʼn opregte verteenwoordiger van die Boerebelange nie, omdat hy aan die goewerneur- generaal

Botha het daarop ʼn artikel in Brittanje gepubliseer waarin die Britte op hulle plig gewys is om die verslane volk, wat nou hulle onderdane was, te help.. Dit

(op dorpe en in stede) is die Christelik-nasionale onder- wysideaal nagestreef. 136) Gegewens is verkry uit die betrokke skole se feesjaar- blaaie wat tydens elke

Somatic embryos were successfully regenerated from callus tissue of anthers and ovaries extracted from inflorescences of grapevines infected with grapevine fanleaf virus (GFLV)